MY BEMINDE – 3 JULIE

Nie net is hierdie oggend toewydings vir my mooi vir ons kinders nie, ek geniet dit net so. Die Here sê tog ons moet glo soos kinders, so geniet dit saam met my:

“Die Here is naby die gebrokenes, Hy help die moedeloses” (Psalm 34:19).

Geliefde kind, is jou hart gebroke? Jy is nie alleen nie. Die Here sê dat Hy naby is!! Ons moet onthou dat maak nie saak of ons geliefde weg is nie, maak nie saak of ons vriende en familie ver weg is nie―ons kosbare en getroue Here is naby aan ons!

Geliefde kind, kyk verby die eerste deel van hierdie vers na ‘n meer ongelooflike belofte wat Hy aan ons gemaak het, aan dié wat glo. Hy sal ons almal wat moedeloos is, red. Dankie, Here!! Ja, wanneer ons voel asof ons nie meer kan aangaan nie, wanneer ons moedeloos is, dit is wanneer die Here sal opdaag en ons red. Al lyk dit asof Hy lank neem, kyk op, want jou verlossing kom nader. Die Here is naby en sal jou binnekort red as jy nie opgee nie.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui