MY BEMINDE KIND – 20 JUNIE

Vandag se oordenking is vir my weer so mooi, asseblief lees dit saam met jou kind (baie keer is ons so in ons eie seer vasgevang dat ons vergeet dat ons kinders hulle eie seer het en dis so mooi manier om hulle te leer om aan hulle Vader se liefde en vertroosting vas te hou).

“Jy sal dit sien en van vreugde straal, jy sal bewe van blydskap, want die rykdom van die see word joune, die skate van die nasies kom in jou besit.” Jesaja 60:5

Geliefde kind van God, onthou dat Hy belowe dat jy ongelooflike seëninge sal sien wat nog nie gesien en gerealiseer het nie. Jou hart wat tans seer is, die hart wat pyn en smag, sal in 'n oomblik splinternuut wees, met 'n hart wat bars van opgewondenheid en lof uitroep wanneer almal binnekort sal sien. Ons gesigte sal skyn met die liefde van die Here, gesigte wat Sy gelykenis en geluk weerspieël.

Geliefde kind, dit alles sal na jou toe kom. Jy hoef nie uit te gaan en te soek of daarvoor te werk nie. Nee, liewe kind, die seëninge word aan ons gegee hoe meer ons na Hom soek en verlang; elke keer wat ons Sy aangesig soek—nie Sy hand nie, maar Sy aangesig. Dit is die verandering wat Hy vir ons soek.

Geliefde kind, moenie die pad na geluk en vrede soek nie. Soek eenvoudig na Sy gesig, hou Hom styf in jou arms vas sodat wanneer die wêreld na jou kyk, jou gesig sal blink, en die verlorenes ook nooit weer dieselfde sal wees nie.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui