MY BEMINDE KIND – 19 JUNIE

As ma gee ons, ons kinders 'n groot voorsprong in die lewe as ons hulle leer om hulle dag met die hulle Vader te begin. Liefste kind, ek hoop jy geniet hierdie dagstukkie met jou ma en weet net jy kan staatmaat op jou Vader se beloftes:

“Onthou die beloftes aan u dienaar, want U het my laat hoop. U belofte laat my weer lewe, dit vertroos my in al my ellende.” Psalm 119:49-50

Geliefde liefling kind, het jou Vader vir jou 'n belofte van hoop gegee? Waar het jy hierdie belofte gebêre? Is dit diep in jou hart weggesteek? Word dit dag en nag oordink? (Psalm 1:2) Is dit gereed op jou lippe om te antwoord wanneer iemand jou vra "om ‘n verduideliking te gee oor die hoop wat in julle lewe?" (1 Petrus 3:15)

Beloftes van jou Vader sal jou troos wees in elke moeilikheid waarmee jy te doen het. Sy beloftes, en Hy alleen sal jou laat opleef totdat die belofte vervul is. Koester Sy Woord. Sy Woord is gevul met Sy beloftes aan jou.

2 thoughts on “MY BEMINDE KIND – 19 JUNIE”

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui