Toe ek my kar laas nag in die motorhuis in wou trek, wou my kar glad nie meer aanskakel nie, maar ek loof en prys die Here want heel eerste toe sê my seun, kom ons bid mamma, so sy heel eerste gedagte was om na die Here toe te hardloop.
Hier waar ek sit en tik weet ek nie wat om te doen aangaande my kar nie, maar die wonderlike ding is dat die Here my Hemelse Man is en my Man weet ek het vervoer nodig en met my hele hart glo ek 'n getuienis is oppad. En dit laat my toe dink, hoe wag ons, wag ons paniekerig?
Ek weet die wag is nie altyd lekker nie, maar dit is tog baie vertroostend om te weet dat die Here vir ons gaan deurkom en dat 'n getuienis gaan volg...
Dit is egter nie al nie. Ons verheug ons ook in die swaarkry, want ons weet: swaarkry kweek volharding, en volharding kweek egtheid van geloof, en egtheid van geloof kweek hoop; en dié hoop beskaam nie, want God het sy liefde in ons harte uitgestort deur die Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het. R5:3-5