HERSTEL JOU HUWELIK – HOOFSTUK 5 VERVOLG…

Wie opreg wandel. Sodra jy gehoorsaam, sal God jou eggenoot se hart draai. “Die koning se hart is in die hand van die HERE soos waterstrome: Hy lei dit waarheen Hy wil” (Spr. 21:1). Onthou net “Wie opreg wandel, sal gehelp word . . .” (Spr. 28:18).
En moenie verskoning maak vir jou huidige rebellie deur te sê jou man is nie teenwoordig nie, en hoe kan jy aan iemand onderdanig wees wat nie by die huis is nie? Jy moet gehoorsaam wees aan dit wat jy moet doen en dit wat jy moes gedoen het terwyl hy nog daar was!
Ek weet ek is self skuldig hieraan, so baie van ons sê my man is in elk geval nie getrou nie en in elk geval nie by die huis nie, so hoe kan ek aan hom onderdanig iwees, maar dis God wat sien of ons werklik onderdanig is en op die ou end moet ons alles vir God doen.

Hierdie is so belangrike gebed, asseblief lees dit weer saam my sodat ons skoon voor die Here kan staan:

Lees en Bid Psalm 51 hardop: “Was my heeltemal van my ongeregtigheid en reinig my van my sonde. Want ék ken my oortredinge, en my sonde is altyddeur voor my. Teen U alleen het ek gesondig en gedoen wat verkeerd is in U oë, sodat U regverdig kan wees as U spreek, rein as U gerig hou. Ontsondig my met hisop, dat ek kan rein wees; was my, dat ek witter kan wees as sneeu. Verberg U aangesig vir my sondes en delg uit al my ongeregtighede. Skep vir my 'n rein hart, o God, en gee opnuut in die binneste van my 'n vaste gees.Verwerp my nie van U aangesig nie en neem U Heilige Gees nie van my weg nie. Gee my weer die vreugde van U heil, en ondersteun my deur 'n gewillige gees. Ek wil die oortreders U weë leer, dat die sondaars hulle tot U kan bekeer. Red my van bloedskuld, o God, God van my heil! Laat my tong U geregtigheid uitjubel. Here, open my lippe, dat my mond U lof kan verkondig. Want U het geen lus in slagoffer nie, anders sou ek dit gee; in brandoffer het U geen behae nie. Die offers van God is 'n gebroke gees; 'n gebroke en verslae hart sal U, o God, nie verag nie!

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui