MY DANKIE Sê LOFPRYSING

Baie dankie Here dat U my na RMI toe gelei het en baie dankie vir alles wat ek by RMI, deur U Hand leer. Baie dankie dat U my lewe deur RMI verander het.

Baie dankie dat U my lei wat om te plaas en baie dankie vir elke de laaste een wat die pos hier kom lees. Baie dankie vir elke een wat U na RMI en na Uiteindelik Hoop toe lei. Dankie dat U hand oor hierdie hele bediening is. Baie dankie vir elke een wat U nog na hierdie bediening toe gaan lei.

Baie dankie vir elke getuienis en baie dankie vir die getuienisse wat nog oppad is. Baie baie dankie vir elke herstelde huwelik, baie dankie vir elke toekomstige herstelde huwelik. Baie dankie vir die genesing wat hier plaasvind deur U genadige hand. Baie dankie vir die voorry sitplek om dit te kan aanskou, dankie vir die voorreg. Baie dankie vir elke een wat ek deur hierdie bediening ontmoet.

Baie dankie vir al U liefde en dat U ons lei. Baie dankie dat ons die voorreg het om U as ons eerste Liefde te ontdek.

Ek is ongelooflik lief vir U en so dankbaar vir alles.

2 thoughts on “MY DANKIE Sê LOFPRYSING”

  1. Baie dankie Here dat ek Janine kon ontmoet en baie dankie vir haar hart dat sy jou werk wil doen. seen haar en hierdie befiening wat jy haar gegee het. Ek is ook baie opgewonde en dankbaar vir elke person wat jy hier na toe Lei. En ek is ook baie dankbaar dat ek RMI gevind het. Dankie vir Al die seeninge 🙌

    1. Aaahhh liefste Atarah, dankie, ek sê ook baie dankie dat ek jou kon ontmoet, mens weet net die vrouens van RMI is almal in mekaar se lewens ingestuur en wat ‘n voorreg. Ek weet die Here is besig met baie groot dinge in RMI en ons is so bevoorreg om deel daarvan te kan wees.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui