HERSTEL JOU HUWELIK – HOOFSTUK 5

Soek eers. God moet eerste prioriteit wees in jou lewe, soek Hom eerste in die oggend en gee Hom eerste plek in jou hart. “Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word” (Matt. 6:33).
God moet ons eerste liefde wees. Ek moet erken toe ek jonk was, was al my fokus op my man en ja ek wens ek kon dit oordoen, want as ons God ons eerste liefde maak, val ons hele lewe net in plek. Laas week was daar baie klem gelê op HY LEI MY, dat ons dit heel eerste moet sê as ons wakker word en wat ‘n wonderlike versekering dat Hy my lei, ek hoef nie op my eie insigte staat te maak nie.

Wat gebeur waaneer ons iemand meer liefhet as vir God? Wat doen Hy om jou hart terug te draai na Homself? Indien jy, jou eggenoot meer as God liefhet, dan sal God jou eggenoot van jou verwyder. “U [God] het my bekendes ver van my verwyder, my iets afskuweliks gemaak vir hulle; ek is ingesluit en kan nie uitkom nie. U [God] het vriend en metgesel ver van my verwyder; my bekendes is duisternis” (Ps. 88:9, 19). Moenie huweliksrestorasie voor God plaas nie; jy moet God eerste in jou lewe plaas!
Hierdie is vir my so belangrik, want ek was so verkeerd jare terug om net huweliksrestorasie bo enige iets anders te soek, ek voel werklik dis ‘n baie groot fout wat gemaak het en ek wil ander vrouens waarsku om asseblief nie daardie selfde fout te maak nie. God moet eerste in jou lewe wees, dis ‘n plek wat God verdien bo alles, want wat help dit jy kry huweliksrestorasie sonder God, dit gaan dan nie blywend wees nie. En dis die fout wat baie van ons maak, want ons dink huweliksrestorasie is die oplossing, maar om God heel eerste te plaas is die grootste oplossing. So asseblief moenie net huweliksrestorasie soek en faal om God eerste te plaas nie.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui