LEWENSLES WEEK 7

Almal van ons het leuens wat aan of oor ons vertel is wat Hy baie graag wil opklaar deur vir ons liefdevol die waarheid te wys. As Hy wel die sneller as waar openbaar, bly net ontvanklik en moet nooit weghardloop van Sy liefde wat onvoorwaardelik is nie. Onthou dit was “terwyl ons nog sondaars was” wat Hy ons as Sy bruid gekies het.

Vir so lank het ek gevoel ek is die grootste sondaar wat leef, as ek tog net kan verander en ook nie so sensitief is nie en hoe meer ek probeer verander het, hoe meer het dit vir my gevoel dat ek nie reg kry om te verander nie, maar ek het dit op my eie krag probeer doen en ook baie leuens oor myself geglo. Vandag werk ek saam met my Hemelse Man sodat Hy verander wat Hy in my wil verander en as ek nog sukkel met sensitiwiteit hardloop ek na Hom toe daarmee.

Ons behoort op dieselfde liefdevolle wyse te reageer as Sy antwoord wanneer Hy vir ons ons foute uitwys. Ons hoef NIE op ons gesigte te val en te smeek om vergifnis nie, of ons geestelike klere te skeur nie, of as oor onsself te gooi nie. Ons hoef ook nie na Sy bebloede kruis te hardloop nie. In plaas daarvan, wil Hy sy arms om ons vou. Hy wil eenvoudig die las wat ons dra LIG, net soos ‘n liefdevolle Man sou.

Hierdie was vir my so bevestiging van wat my Hemelse Man hierdie week vir my gesê het, dat ek nie hoef te smeek nie, want vir so lank smeek ek, maar ek hoef net my Hemelse Man te vertrou en Hy wag met oop arms vir my. Dis so fantasties dat ek geen las meer hoef te dra nie, selfs toe ek sukkel om te vergewe en dit net na Hom toe neem, toe is Hy die een wat my daarmee help en ja dit is toe dat daardie swaar las van my skouers afgeval het.

So, weereens, STOP en gaan maak dit reg. Soos Hy sê, “Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus kry vir julle gemoed. My juk is sag en my las is lig” (Matt. 11:29). Hy wil jou las lig en eenvoudig daardie ongemaklike juk breek.

Maak vandag ‘n verbintenis dat van hierdie punt vorentoe, elke keer wat iets ongemakliks opkom, jy dit na Hom toe sal neem—sodat Hy jou kan bevry van die LEUN of van die las van onbelyde sonde.

Wat 'n verligting dat ons enige iets na die Here toe kan neem, ek maak vandag daai verbintenis om alles na Hom toe te neem, selfs as iets ongemaklik is, want ek wil nie daardie las dra wat in elk geval te swaar is om te dra nie.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui