Hierdie hierdie hoofstuk skryf die briljante skrywer Adina Jacobs hoe sy haar Hemelse Man gevra het om haar te help om stil te bly en haar vrede te behou. Ons kan dit nie sonder ons Hemelse Man doen nie, net Hy kan ons help dat ons, ons vrede hou. Toe Adina skryf dat dit 'n reis was, waarop sy moes gaan, sodat sy heeltemal kan oorgee, laat dit my besef dis hoe ek in moeilik situasies wil optree, want daai onvoorwaardelike vertroue in die Here is wat ons almal moet hĂȘ en Adina is vir ons 'n briljante voorbeeld dat mens dit saam met die Here kan doen.
Hoofstuk 5
âNet Hy kan harte draaiâ
Gedurende die week voor die finale afspraak met die psigiater, die een wat ek en Kevin moes bywoon, moes ek regtig God Soek om my in vrede te hou. Dit was die afspraak wat sou bepaal of die kinders by my sou bly of by Kevin gaan bly, maar ek het geweet Wie het reeds die finale besluit geneem. Ek moes dus regtig op my Hemelse Man staatmaak om my wil vir Syne oor te gee en my te help deur wat ook al uit hierdie afspraak sou kom.
Die dag het uiteindelik aangebreek en toe ek soontoe ry, dit was dit 20min se ry, het ek net met my Hemelse Man gepraat om my te help, in vrede te hou en om my mond toe te hou, maak nie saak wat gesĂȘ sou word nie. Ek was baie senuweeagtig en ek het Hom nodig gehad om my daardeur te kry, want ek kon dit nie in my eie krag doen nie.
Toe ek daar aankom, was Kevin reeds daar en ons moes vir die psigiater wag. Ons het beleefd gegroet maar daar was niks verder om te sĂȘ nie, so daar was 'n ongemaklike stilte tussen ons, maar dit was oukei, ek het met my Man gepraat. Sy het uiteindelik opgedaag en ons het ingegaan...
Ek moet deel dat dit waarskynlik die tweede ongemaklikste situasie was waarin ek was, die eerste was die afspraak met Kevin se prokureur. Hoekom ek dit sĂȘ is oor wat die psigiater vir Kevin gesĂȘ het terwyl ek daar gesit het.
Sy het vir ons gesĂȘ die kinders wil by ons albei bly, toe draai sy na Kevin en sy het vir hom dinge begin vertel soos egskeiding is nooit die antwoord nie en die kinders wil ons saam hĂȘ. Toe vertel sy hom van haar pa wat haar ma vir 'n ander vrou verlaat het en die gevolge daarvan. Kevin het nie 'n woord gesĂȘ terwyl sy met hom gepraat het nie. Dit het my ongemaklik gemaak, want ek het geweet waar sy hart is en dit was nie by my nie, so niks wat sy gesĂȘ het sou 'n verskil maak nie, net Hy kan in die situasie werk as dit Sy wil is om te herstel en net Hy kan harte verander.
Toe begin sy met ons praat oor die beste plan vorentoe. Kevin wou hĂȘ die kinders moet dadelik by hom gaan bly en van skool verander, maar op daardie stadium was dit die middel van die jaar en sy het vir hom gesĂȘ dit sal nie in die beste belang van die kinders wees nie, want dit is nie net om van skool te verander nie, dit is om van 'n Afrikaanse eerstetaalskool na 'n Engelse eerstetaalskool te verander. En toe stel sy 'n week-week-toesigplan voor, maar ons het nie in dieselfde dorp gebly nie, toe vra sy my of ek bereid sal wees om te trek en ek het ja gesĂȘ as dit is wat die beste vir die kinders is. Maar vir die res het ek net stil gebly en die gesprek was meer tussen Kevin en die psigiater, ek het gevoel asof ek na 'n fliek kyk.
Kevin het gesĂȘ hy sal die kinders by my laat bly om die skooljaar klaar te maak, maar hy kan nie bekostig om kruideniersgeld te betaal nie, hy het ook ingestem dat 'n week-week-toesigplan die beste vir die kinders sal wees. Maar hy was bang dat ek nie vir die kinders kos sou kon koop in die tyd wat hulle by my sou bly tot die einde van daardie jaar nie, maar ek het hom verseker dat daar vir ons voorsien sal word en die kinders nie honger sal ly nie. Ek het nie geweet hoe nie, maar ek het geweet my Hemelse Man sou voorsien. Kevin het ingestem en dit was die einde van die afspraak en ons het vertrek. Niks was regtig afgehandel nie, maar daar was 'n plan.
'n Paar dae later het Kevin my besoek en ons het 'n gesprek gehad, hy het gesĂȘ solank ek kan voorsien, moet die kinders by my bly om die skooljaar klaar te maak. Hy het ook gesĂȘ dat hy sal aanhou om my huur en nutsdienste te betaal selfs wanneer die kinders by hom bly, totdat ek dalk eendag kan bekostig om dit self te betaal. Hy het my ook gevra of ek wil trek sodat ons 'n week-week toesigplan kan volg en ek het vir hom gesĂȘ dat ek daaroor sal bid en as dit Sy wil is, sal Hy dit vir my moontlik maak om te trek en alles te voorsien en dat ek oukei is met alles wat hy besluit het. Dinge tussen ons op daardie stadium was vreedsaam, daar was geen bakleiery nie, alles as gevolg van die beginsels wat ek toegepas het. Ek het ingestem tot alles wat hy gesĂȘ het en dit was die einde van die âtoesigstrydâ. Sover ek weet, wat daardie dag besluit is, is slegs per e-pos aan Kevin se prokureur gestuur en die oorsproklike skikking is nog steeds van krag.
Ek wil net byvoeg dat Kevin tydens die afspraak met die psigiater niks sleg van my, of vir my gesĂȘ het nie. Hy het net heeltyd gesĂȘ ek is ân baie goeie ma en dat dit niks daarmee te doen het dat ek ân slegte ma is nie. Ek het stilgebly en net kortliks die vrae wat aan my gerig is beantwoord met minimale woorde.
Dit was dus die begin van die laaste paar maande totdat die kinders by hul pa sou gaan bly. Dit was 'n reis waarop ek moes gaan wat Hy genadiglik voorsien het sodat ek heeltemal kan oorgee en rus in Hom kan vind. Maar meer oor hierdie reis in die volgende hoofstuk.