Wat Net Hy Kan Doen

Vandag se Belofte: "En my God sal in elke behoefte van julle ryklik voorsien volgens sy wonderbaarlike rykdom in Christus Jesus." Filippense 4:19

Luister na Adina se ☊ Lofverslag

Vandag wil ek my Hemelse Man loof en prys vir wat Hy vir my familie gedoen het, en nog steeds doen.

Maar eerstens, my ma is in 2001 oorlede, en my pa in 2008. My tannie, aan wie ek baie geheg is van kleins af, is my peetma. Ons bly in dieselfde dorp en hulle het vir my ongelooflik baie beteken deur die egskeiding, en daarna.

My peetma is die mede-eienaar van 'n kleuterskool (Early Childhood Development) in ons dorp. Gedurende die eerste fases van die inperking agv die Corona virus, moes hul toemaak soos al die ander skole.

Baie ouers was half vies omdat hul toegemaak het, maar hulle MOES toemaak net soos al die skole en besighede. Van die ouers het ook hul kinders uit die kleuterskool gehaal soos wat die inperking verleng is en weer verleng is. Baie ouers kon nie meer betaal nie agv werksverlies of geen of verminderde salarisse. Privaat ECD sentrums ontvang geen subsidie of hulp van die staat soos gewone skole nie, en hul is afhanklik van die ouers se fooie. My tannie-hulle het die fooie verminder gedurende die tydperk tot die absolute minimum.

Ten spyte hiervan moes die kleuterskool se huur, water en ligte, salarisse en instandhouding nog betaal word. Maar ons HM (Hemelse Man) het voorsien en kon hul UIF eis vir die personeel gedurende die tyd en net genoeg geld het ingekom om die rekeninge te betaal gedurende die inperking.

En nou, met die nuwe inperking vlak en baie bakleiery met die Departement, kon kleuterskole landwyd, die week oopmaak.

Ons almal het so gebid vir hulle en dat hulle nie permanent sal toemaak nie. En uit my HM (Hemelse Man) se groot genade en voorsiening, kon hul weer oopmaak! Drie kleuterskole in ons dorp moes hul deure finaal sluit, wat mens weereens laat besef wat die impak van die Corona virus is. My peetma-hul het amper 100 kinders verloor maar hul kan weer oopmaak met genoeg kinders om hul aan die gang te hou.

Sodra jy ons HM (Hemelse Man) se bruid word, sal Hy ook vir jou familie sorg. Hy is fantasties en vir Hom is absoluut enige iets moontlik. Hou net vas aan Hom, moenie kyk na wat rondom jou aangaan nie, want Hy werk in die agtergrond, Hy baklei vir ons en ja, Hy hoor ons gebede. En as dit voel asof niks gebeur nie, WAG en rus in Hom, want op die perfekte tyd, sal dit waarmee Hy besig is, openbaar word. Ons hoef niks te vrees nie, gee net alles vir Hom en laat Hy doen wat net Hy kan doen.

"En my God sal in elke behoefte van julle ryklik voorsien volgens sy wonderbaarlike rykdom in Christus Jesus." FILIPPENSE 4:19

"Niks is vir God onmoontlik nie.” LUKAS 1:37

~ Adina in Suid Afrika
Volg #Adina Follow #Adina
I’m a tithing​ partner. Learn more

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!