Waarom Sou Hy So Optree

Vandag se Belofte: “So ver as die ooste is van die weste, so ver verwyder Hy ons oortredings van ons.”  Psalm 103:12

Luister na Yvonne se ☊ Lofverslag

Hierdie naweek kon ek my broers en susters vir die eerste keer sien sedert ons land se inperkings begin het. Dit mag dalk nie vir jou soos veel klink nie, maar ons is baie geheg aan mekaar.  Ek is die jongste van 5 kinders en ons sien mekaar gewoonlik een keer per maand en my broer het vir ‘n ruk in Europa gebly en ek het hom nog nie eers gesien sedert hy teruggekeer het nie.

Ek was opgewonde want ek het toestemming van my voormalige man (VM) gehad dat my kinders ook daar kon wees en hy het gesê dat dit vir hom makliker sou wees om hulle by my suster se huis af te laai want ek sou te vroeg gery het vir hom om die kinders huis toe te bring. Op die manier sou ek alreeds by my suster se huis gewees het en kon hy hul net soontoe vat.

Alhoewel die kinders nou gedurende die week by my is, gaan hulle nog steeds oor naweke na hul pa toe, dit gee vir my baie nodige tyd saam met my Hemelse Man.  Op hierdie Sondag het my dinge net nie uitgewerk soos EK DIT BEPLAN het nie.  Oppad na my suster toe het my voormalige man (VM) my gebel en gesê dat hy by my suster se huis is en gevra waar is ek.  Ek sou nog so 20min gery het tot daar en omdat ek nie wou gehad het hy moet wag nie, het ek vir hom gesê hy kan die kinders by my suster se huis los. 

Toe ek by my suster se huis gekom het, het sy my vertel dat sy hom genooi het vir koffie en sy woorde was: “Ek wens ek kon”, sy het gesê dat sy die trane in sy oë kon sien want hy het nie vinnig genoeg omgedraai nie.

Ek het gedink sy oordryf die storie ‘n bietjie, nie dat ek dink my suster sal nie, maar jy weet, hoekom sou hy so reageer.  Ek het eers na die gesien dat my suster se goedhartigheid hom moes geraak het en dat hy duidelik nie seker was hoe sy sou reageer as sy hom gesien het nie.  Met my daar sou dit nooit gebeur het nie, so my Hemelse Man het geweet wat my planne sou wees selfs al het ek nie. 

Die volgende dag, het my voormalige man (VM) my gebel en bevestig wat die Here vir my gewys het, dat my suster se goedhartigheid regtig sy hart geraak het en daardie oggend het ons paar goed bespreek en hy het gehuil en ek het hom verseker dat alles wat gebeur het nie net sy skuld is nie, dat ek net soveel skuld het aan die vernietiging van ons huwelik, self meer.

Dames, weet julle wat was sy antwoord?  Hy het vir my gesê dat hy nie met my saamstem daaroor nie.  Hy het verder gegaan en gesê dat gedurende ons huwelik, ek hom altyd gegee het wat hy nodig gehad het, maar dat hy nooit vir my gegee het wat ek nodig gehad het nie.

Wat?!? Dit was presies die teenoorgestelde van wat hy vir my gesê het toe hy my verlaat het.  Hy het vir my gesê dat hy die huwelik probeer red het maar dat ek nie vir hom kon gee wat hy nodig gehad het nie.  Is ons Hemelse Man nie absoluut fantasties nie!! Ek het nie genoeg byvoeglike naamwoorde in my woordeskat om Sy goedheid te beskryf nie, Sy liefde, Sy omgee vir my.

Dames, wees aangemoedig dat as jy nou op ‘n plek is waar jy moet hoor wat jy alles verkeerd gedoen het om verantwoordelik te wees vir die vernietiging van jou huwelik, erken dit. Praat met die Here, laat Hy jou wys wat jy verkeerd gedoen het en laat Hy jou dan vergewe.

So sal Hy ‘n nuwe blaadjie omslaan en Hy sal jou sondes verwyder so ver as die ooste van die weste af is.  Nog ‘n voordeel is dat Hy jou sal help om nie die ander persoon se sondes teen hulle te hou nie, want as Hy in staat is om joune te verwyder wie is jy dan om ander aan hulle sondes te herinner.  En dan, sodra Hy dit gedoen het, sal: “Hy sal jou onskuld laat deurbreek soos die lig, en die regverdigheid van jou saak soos die middagson."

~ Yvonne in Suid Afrika
Volg #Yvonne Follow #Yvonne
Ek is 'n tiende vennoot. Leer meer.

 

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!