Vir Die Toekoms Wat Hy Vir Hom Beplan

♕ Belofte van vandag: “Jy moet dit inskerp by jou kinders en met hulle daaroor praat as jy in jou huis is en as jy oppad is, as jy gaan slaap en as jy opstaan.” Deuteronomium 6:7.

☊ Yvonne Lofverslag Potgooi

Ons het laas week in ons Wyse Vrou Gemeenskap Vergadering die les gedoen: Die Maniere van haar huishouding en ek wil my Hemelse Bruidegom al die lof en eer gee.

Toe ek net getroud was, wou ek nie kinders hê nie. Ek sou ook nooit kon dink dat ek van die huis af sou wou werk nie. Dit was vir my lekker om tussen baie mense te wees.

Wow, hoe die Here my verander het en wat ek eintlik vir julle wil vertel is die vrugte van die verandering. Vandag werk ek van die huis af en soos julle alreeds weet gee ek tuisonderrig.

My seun is altyd baie eenkant en sodra daar drie of meer mense om hom is, dan trek hy heeltemal terug. Met die gevolg is, die enigste tyd wat hy regtig gesels is as hy alleen is saam met iemand.

Laas naweek het ons vir die eerste keer in 6 maande by my sussie gaan kuier. Ons het almal gesels en toe die kinders uitgaan om te gaan speel toe sê my sussie vir my dat sy nie kan glo hoe baie my seun verander het nie.

Waar hy voorheen net skaam sou glimlag as hulle iets vir hom sê het hy nou terug gesels en selfs 'n grappie met hulle gemaak!

Omdat ek die heeltyd in sy geselskap is, het ek nie regtig die verandering raakgesien nie, maar toe ek regtig gaan sit en met my Hemelse Man daaroor praat, het Hy my gewys hoe Hy my seun verander en voorberei vir die toekoms wat Hy vir Hom beplan.

“Jy moet dit inskerp by jou kinders en met hulle daaroor praat as jy in jou huis is en as jy oppad is, as jy gaan slaap en as jy opstaan.” Deut. 6:7.

Hierdie is 'n vers uit die les en ek weet dat 'n groot gedeelte van my seun se verandering is omdat ons heeldag geleentheid het om die Here in te bring in ons gesprekke en Sy woord is wat die verandering bring.

~ Yvonne in Suid Afrika
Volg #Yvonne Follow #Yvonne
Ek is 'n tiende​ vennoot. Leer meer.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!