Vandag die 8ste Oktober verklaar ek as 'n nuwe begin, nie net vir ons as bediening nie, maar vir jou kosbare vrou.
Maak seker jy gaan kyk na die skrywe van ons Vennootskap Belofte vir 2026 Viering – Verhouding teenoor Godsdiens op Encouraging Women.
Soos Yvonne gedeel het: ons kosbare Here het ons geroep om Sy Woord eerste te stel — nie die verwysings of kommentare nie, maar Hom alleen.
Wanneer ek terugkyk op my lewe, besef ek hoe dikwels dit net oor godsdiens vir my gegaan het. Nou verstaan ek waarom ek so lank met ’n seer hart geloop het, maar alles het begin verander toe dit ’n ware verhouding met ons Kosbare Geliefde Here geword het. En dit is wat ek vir elke vrou wil hê—om Hom te ken, nie net as ’n stel reëls of rituele nie, maar as haar Eerste Liefde.
Liewe Janine,
Vandag 10 Oktober 2025 verklaar ek saam met jou as ‘n nuwe begin.
Hy is al wat ek nodig het.
Hy is al wat ek wil hê.
As ek Hom het, het ek alles.
Dankie vir jou boodskap kosbare Sarah, Hy is werklik al wat ons nodig het en as ons Hom het, het ons werklik alles.
Vanoggend lê ek en dink hoe ek altyd vir die Here my lysie kon gee en vandag is ek ok om nie meer ‘n lysie in te gee nie (natuurlike het ek nog versoeke), maar dis makliker om vir Sy wil te vra, want ek weet dat ek weet dit die heel beste vir my is. En dis so lekker plek om te wees, die Engelse woord is “content” in waar ek is.