Sy Voorsiening Tydens Inperking

Vandag se Belofte:  “Hy sal vir julle sorg deur vir julle te gee wat julle nodig het. Dit sal Hy doen omdat julle aan Jesus behoort.” Filippense 4:19

 

 

Luister na Atarah se ☊ Lofverslag

 

Ek is baie opgewonde om my heel eerste Lofverslag in Afrikaans te skryf!!

My moeder taal is Engels daarom wil ek net verskoning vra as ek nie baie goed skryf of spel foute maak 🙂

My Hemelse Man is die heel beste!! Ek wil nie die geleentheid mis om Hom lof te gee vir Sy ondersteuning en voorsiening gedurende die covid 19 inperking periode.

Ons is nou in fase een maar ek dink terug na toe ons op fase vyf was en die hele land op ‘n standstil gekom het... Ek onthou daardie eerste maand toe my aardse man by die huis moes bly en dinge so onseker was vir almal in die wereld!

Ek wil my Hemelse Man net dank want my aardse man is weer terug werk toe omtrent drie weke later. Dit was nie so vir soooo baie mense wat eers baie weke of twee of drie maande later werk toe kon gaan het. Baie mense moes half tyd werk en ‘n salarisverlagings neem.

Ek wil my Hemelse man net prys want toe my aardse man terug werk toe gegaan het was alles weer normaal vir sy maatskapy, niks groot het verander en produksie ensovoorts het aangegaan soos normaal en die werknemers het hulle normale salaris gekry.

Gedurende die inperking het my aardse man nie sy hele salaris gekry maar dit was genoeg om kos op die tafel te sit en genoeg vir ons as ‘n familie om die tyd saam te geniet en ons kon selfs braai ‘n paar keer.

Ek het die besluit geneem om ‘n werker by die huis te wees na my egskeiding en hertrou, ja bruide my Hemelse Man het my huwelik herstel en jy kan oor dit lees in my BIO en my herstel huweliksgetuienis. Omdat ek sooo baie geleer het hier toe ek die kursusse neem het my lewe verander en my Hemelse man het my gelei en my die wysheid en leiding gegee om n werker by die huis te wees.

So vir my persoonlik het niks verander, my inkomste het nie verander so die inperking het my nie geraak nie!! \o/

Ons is nou op fase 1 en ek is baie dankbaar vir die moeilike tye van masker dra en handdesinfeksie en sosiale distansiëring want dit het my geleer om dankbaar te wees nou dat ons op fase 1 is en ons ekonomie nou heropen en nie so baie mense siek raak met die virus nie. Ek is dankbaar dat dit voel soos lewe nou aangaan na ‘n bietjie meer normaal ten spyte van die handdesinfeksie en sosiale distansiëring. Baie mense is nou terug werk toe en ek is seker dit is n groot verligting. Dankie Hemelse Man!!

Dankie Hemelse Man!! Ek is sooo verlief op jou!! Jy is my alles en vir altyd!!

Bruide ons Hemelse Man wil he dat ons die Oorvloedige Lewe leef. Hy wil nie he dat ons sukkel omdat hy sy lewe vir ons gegee het om die Oorvloedige lewe te leef!!

Hier is baie kursusse wat jou soveel wysheid en kennis kan gee om jou Oorvloedige lewe te leef en om in Sy liefde en voorsiening te leef want ons is Sy bruide en Hy is baie verlief op ons :))

“En tog wag die Here nog altyd vir ’n kans om julle te wys hoe goed Hy vir julle is. Hy is reg om enige oomblik in te gryp omdat Hy julle jammer kry, want die Here is ’n God wat reg laat geskied. Dit gaan goed met elkeen wat op Hom vertrou.” Jesaja 30:18

“Hy sal vir julle sorg deur vir julle te gee wat julle nodig het. Dit sal Hy doen omdat julle aan Jesus behoort.” Filippense 4:19

Onse Hemelse Man is geduldig en hy wag vir ons om medelye vir ons te wys en hy wil vir ons sorg nie uit ons behoeftes maar uit SY oorvloed!!

~ Atarah in Suid Afrika
Volg #Atarah Follow #Atarah
Ek is 'n tiende​ vennoot. Leer meer.

 

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!