Sonder Hom Kan Ek Niks Doen Nie

♕ Vandag se Belofte: “Ek is oortuig dat God die goeie werk wat Hy in julle begin het, sal voortsit totdat Hy dit voltooi op die dag wanneer Jesus Christus terugkom.” Filippense 1:6 

Luister na Adina se ☊ Lofverslag

Ek wil my Hemelse Man nou net loof en prys! Hy is altyd by my en help my so baie! En sonder Hom kan ek niks doen nie!

Ek het die week my eerste vertaling gedoen en ek is so dankbaar dat dit goed gegaan het en dat almal gelukkig was daarmee. MAAR dit is nie ek nie, dis my Hemelse Man!! Ek vra Hom altyd om my te help en as ek vashak en sukkel om bv. ‘n sin so te vertaal dat die boodskap behoue bly EN sin maak, stuur ek ‘n vinnige skietgebedjie op en gewoonlik kom die AFR sin net by my op, of die woord waarna ek soek. Ek het nooit gedink ek sou so iets soos vertaling en proeflees kon doen nie aangesien tale nooit my gunsteling vakke was nie, maar deur Hom is ek tot alles in staat!! Dit is net Hy wat dit deur my doen en ek is net die instrument!!

Maar Hy het my ook gister deur ‘n redelike moeiike dag gedra en gehelp, dit was my voormalige skoonma se 70ste verjaarsdag en my voormalige man (VM) het ‘n groot familie byeenkoms vir haar gereël. Dit was die eerste keer sedert die egskeiding wat ek nie betrokke was by so geleentheid nie. My voormalige man het die kinders kom optel om saam te gaan en dit het soos nog 'n verwerping (vir 'n oomblik) gevoel toe hulle wegry.  Die wete dat die ander vrou (AV) daar was het ook nie gehelp nie.  Ek en my voormalige skoonma het altyd goed oor die weg gekom, ja daar was hier en daar iets wat gekrap het maar ons het minstens twee keer per week gepraat en ek het haar altyd ingesluit by alles van die kinders. Dit was maar redelik moeilik gewees maar my Hemelse Man het my daardeur gedra en ek het later weer heeltemal gelukkig en tevrede gevoel.

Dan is daar ook nog die werk wat my Hemelse Man in my broer doen. Net kortliks, my broer het vir lank nie in God geglo nie en gedink die Bybel is net mooi stories wat iemand opgemaak het. Ek kon nooit met hom oor God of die Bybel praat nie, maar het later net stilgebly en net vir hom gebid en by my Hemelse Man se voete gelos, “Wen sonder ‘n Woord”. Na my broer ook deur ‘n moeilike tyd gegaan het, hy het oa. na 25jr sy werk verloor agv afleggings, was ek nogal baie bekommerd oor hom veral gedurende die inperking, hy is nie getroud nie so was alleen. Ons het mekaar baie gebel en so deur die gesprekke deur het hy my begin vertel dat hy in God glo en dat mens ‘n verhouding met Hom moet hê. Ek het amper op my rug geval. Maar hy is nog nie heeltemal daar nie, hy lees nog nie die Bybel nie maar hy luister as ek vir hom iets uit die Bybel vertel. Hy praat baie met die Here. Hy is selfs besig om vir ‘n vriend van hom wat wil skei, te vertel dat dit nie is wat God wil he nie ens., ens. Ek kon dit nie glo nie maar dit het net weereens vir my bewys dat ons Hemelse Man wel ons gebede verhoor en ook werk in ons familie doen as ons Sy bruid is! Hy het ‘n goeie werk in my broer begin en sal dit klaarmaak!! Maar intussen forseer ek niks op hom nie, as 'n gesprek lei daartoe, sal ek oor die Bybel of die Here praat en wat Hy in my lewe doen, maar verder is hy in my Hemelse Man se hande!

“Ek is oortuig dat God die goeie werk wat Hy in julle begin het, sal voortsit totdat Hy dit voltooi op die dag wanneer Jesus Christus terugkom.” Filippense 1:6

“'Ek kan alles doen deur Hom wat my krag gee.” Filippense 4:13

~ Adina in Suid Afrika
Volg #Adina Follow #Adina
I’m a tithing​ partner. Learn more.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!