Soek Die Klein Wolkies

♕ Belofte van vandag: “Na die sewende keer het hy kom sê: ‘‘n Wolkie so groot soos ‘n man se hand kom uit die see uit op.” 1 Konings 18:44

☊ Adina Joernaal Potgooi

Liewe Bruide,

Ek wil met julle deel wat ek geleer het uit Leef die Oorvloedige Lewe, Hoofstuk 5. Vetrou op die Here, glo Hy sal dit vir jou doen. Kyk soos Elia vir die klein wolkies en vetrou soos hy dat dit die groot reen gaan bring.. jou wonderwerk! Hy het my geleer om geloof te he, maak nie saak hoe dinge lyk nie, want geloof is om te glo vir dit wat ons nie sien nie. Ons moet uitkyk vir die klein wolkies en glo dit gaan ons wonderwerk bring. En ons moet Hom loof en prys vir elke klein wolkie en vir die groot reen wat dit bring.

Dit is partykeer baie moeilik om te bly glo as omstandighede sleg en hopeloos lyk. So anders as waarvoor ons hoop en glo. Maar ons moet bly glo in dit wat ons nie sien nie en glo dat elke wolkie ons winderwerk bring. En Hom bly loof en prys vir alles!

Ek sal bly lofverslae deel vir elke klein wolkie...Hom voortdurend te loof en prys en al die glorie te gee vir elke wolkie.

Liewe Bruide, kyk vir klein wolkies, glo dat dit jou wonderwerk bring. En hou aan om Hom te loof en prys vir alles.. Goed of sleg, prys Hom daarvoor.

Volg ons # LOL-etiket  om die LOF uit hierdie lewensveranderende boeke te lees.

~ Adina in Suid Afrika
Volg #Adina Follow #Adina
Adina is 'n tiende​ vennoot. Leer meer.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!