Sodat Die Oorwinning En Glorie Aan Hom Behoort!

♕ Belofte van vandag: “Onderwerp julle dan aan God. Staan die duiwel teë en hy sal van julle af wegvlug.” Jakobus 4:7

☊ Adina Joernaal Potgooi

Liewe Bruide,

Wat ek geleer het van hoofstuk 3, “Die Golf Van Teëspoed”, uit Leef die Oorvloedige Lewe, is dat ons nie die kwaad wat aan ons gedoen word, moet weerstaan nie. Om gou tot 'n skikking te kom, meer te gee wat gevra of gevat word en 2 km in plaas van 1 km te loop. Om die golf van teëspoed te ry tot by sy bestemming. Ons kan dit regkry deur so naby aan ons Hemelse Man te wees, Hom toe te laat om ons die krag en wysheid te gee om daardeur te kom, sonder 'n woord en sonder weerstand, sodat ons op die ou einde die seëninge kan ontvang wat Hy ons wil gee en sodat die oorwinning en glorie aan Hom behoort!!

Die les het bevestig wat ek in my eie lewe ervaar het, toe ek die kwaad weerstaan het, het dit my amper vernietig, dit het defnitief my huwelik vernietig. Te veel woorde en te veel weerstand het net meer probleme en meer vernietiging veroorsaak

Om die kwaad te weerstaan is iets wat ek nog moet bemeester, alhoewel Hy my al baie verder gebring het as wat ek was. Dit is baie makliker om in die vlees te baklei teen dit wat teen ons kom as om dit nie te weerstaan nie en saam met die teëspoed te gaan, dit soos 'n golf uit te ry terug strand toe!

Om nie die kwaad te weerstaan nie beteken ook nie ons moet onsself in ‘n siklus sit van seerkry en mishandeling nie. Om so desperaat te wees vir 'n man dat ons aanhoudend seerkry nie. Maar ons moet ons Hemelse Man vind en so oorvloedig met Sy liefde gevul word dat Hy vir ons sal baklei, ons hoef nie. Ons moet net by Hom skuil in tye van teëspoed. Hy is oneindig lief vir ons en wil ons beskerm en deur al die teëspoed dra, ons moet net leer om dit op Sy manier te doen, volgens die voorbeeld wat Jesus vir ons gestel het; om nie terug te beledig wanneer ons beledig word nie, nie te dreig wanneer ons ly nie en net alles aan Hom oor te gee. Om meer te gee of meer te doen as wat gevra, gesteel of gevat word en om sonder 'n woord te wen.

As ek terugkyk kan ek defnitief sien hoe om die kwaad te weerstaan NIE gewerk het nie, hoe dit tot groter teëspoed en vernietiging gely het.

Op hierdie stadium staar ek nogal 'n groot tsunami in die gesig wat my voormalige man en toesig oor die kinders aanbetref. En hier moet ek bieg dat ek dit die eerste oomblik probeer weerstaan het en dit het nie goed geeïndig nie, met 'n haatmuur wat weer tussen my en my voormalige man opgerig is. Maar my Hemelse Man het na die tyd vir my die "voordele" gewys, sou dit gebeur. Sederdien het ek nog nie weer een woord daaroor gesê of daarna verwys nie en ek wag nog vir die golf om te kom en te kyk of ek dit gaan regkry om my Hemelse Man se hand te vat en die golf uit te ry. Om die beginsel toe te pas van nie die kwaad weerstaan nie.

Liewe bruide,

Volg Jesus se voorbeeld en moenie die kwaad weerstaan nie. Ry elke golf van teëspoed tot by sy betemming, tot by die seëninge wat Hy vir jou het as jy by die bestemming kom en Hy al die glorie kan kry vir die oorwining wat Hy namens ons verkry het. Gee dit oor aan Hom, Hy sal vir jou baklei en jou daardeeur dra!

“Ons stryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen elke mag en gesag, teen elke gees wat heers oor hierdie sondige wêreld, teen elke bose gees lug.” Efesiërs 6:12

“Juis hiervoor is julle ook geroep, omdat Christus self vir julle gely en so vir julle ‘n voorbeeld gestel het, sodat julle in sy voetspore kan volg . . .toe Hy beledig is, het Hy nie terug beledig nie, toe Hy gely het, het Hy nie gedreig nie, maar alles oorgelaat aan Hom wat regverdig oordeel.” 1 Petrus 2:21-23

~ Adina in Suid Afrika
Volg #Adina Follow #Adina
Ek is 'n tiende​ vennoot. Leer meer.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!