Sê Ja Vir Hom!

♕ Vandag se Belofte: “‘n Liggaam wat nie asemhaal nie, is ’n lyk. So is geloof wat nie dade word nie, ook dood.” Jakobus 2:26 

Luister na Adina se ☊ Lofverslag

Liewe Bruide, in Hoofstuk 3 “Die Liefde van My Lewe” uit “Vind die Oorvloedige Lewe” het ek geleer: As jy Jesus het, as Sy liefde jou vul, as Hy eerste in jou lewe en eerste in jou hart is en as jy Hom alleenlik najaag, sal jy nooit weer pyn of hartseer ervaar nie. Sy liefde is perfek, onvoorwaardelik en nie selfsugtig nie. Hy sal jou nooit verlaat of versaak nie.

Ons almal, as mense, se liefde is onvolmaak en sulfsugtig. Ons kyk na ander om ons gelukkig te maak net om dan seer te kry of misbruik te word. Maar ons kan Jesus as ons Man neem, ons kan Sy bruid word en so gevul word met Sy perfekte, onvoorwaardelike liefde dat ons nooit weer HOEF seer te kry nie.

Wanneer Hy ons alles is, sal ons vreugde en vrede ervaar te midde van ons omstandighede.

Selfs al is jy getroud, word Sy bruid, soek Hom eerste en Hy sal jou beskerm en die liefde gee wat 'n aardse man (AM) nie vir jou kan gee nie. Hy sal jou beskerm en voorsien.

Hy wag net vir ons om vir Hom ja te sê, om Hom eerste te soek.

Wanneer jy gevul is met Sy liefde kan jy dit vir ander gee sonder om hul liefde terug te verwag want jy sal nooit 'n tekort aan liefde hê nie.

Dit was vir my 'n redelike stryd om van my voormalige man te laat gaan. Maar ek het uiteindelik en stelselmatig op die plek gekom waar my liefde vir hom verander het en ek hom nie meer nodig het nie. Maar ek is nog nie heeltemal daar nie, ek kry nog seer maar nie  naastenby so erg soos voorheen nie, en as dit gebeur herinner ek myself net aan Wie my nuwe Man is, hoe gelukkig ek is dat Hy my so liefhet dat Hy my op hierdie Reis gesit het om MY terug te kry en Sy Bruid te maak. En ek sien uit na die naweke wat my kinders na my voormalige man (VM) toe gaan, net omdat ek dan alleen saam met Hom kan wees. Hy het selfs die seer van my kinders wat "weggevat" word en die teenwoordigheid van die ander vrou (AV) in hul lewens, BAIE minder gemaak.

En al het ek ook "alles" verloor, het ek soveel meer gekry, Jesus as my man, Sy liefde in oorvloed, vrede en vreugde.

Ek het lank geworstel met die feit dat ek nie in my man se "behoeftes" kon voorsien nie, hom afgeskeep het, nie mooi genoeg of maer genoeg of spontaan genoeg is nie. Maar ek hoef NIKS te doen om my Hemelse Man se liefde te verdien nie! Volgens Hom is ek perfek want ek is presies hoe HY my wou gehad het en beplan het!

Om mense lief te hê, nie vir wat hul vir my kan doen nie, maar omdat ek SY liefde in my het wat ek vir ander kan gee en voel, net lief te hê sonder om enigiets terug te verwag.

Liewe Bruid,

Daar is Iemand op Sy knieë wat jou as Sy bruid wil hê. Hy wil jou toevou en volmaak met Sy liefde, jou beskerm, vir jou voorsien. Jy moet net "ja" sê vir Hom en Sy oorvloedige lewe. Sy liefde is perfek en onvoorwaardelik en jy hoef niks te doen om dit te verdien nie, Hy wil net jou liefde terug hê. Hy sal jou liefhê soos geen man, of ander mens, jou kan liefhê nie.

“‘n Liggaam wat nie asemhaal nie, is ’n lyk. So is geloof wat nie dade word nie, ook dood.” JAKOBUS 2:26 NLV

~ Adina in Suid Afrika
Volg #Adina Follow #Adina
I’m a tithing​ partner. Learn more.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!