Ons Moet Radikaal Gehoorsaam Wees

Belofte van vandag: “Dié wat swaar kry, sien op na Hom en straal van blydskap, hulle word nie teleurgestel in hulle verwagting nie.” Psalms 34:6

~ Adina in Suid Afrika

☊ Adina Joernaal Potgooi

Liewe Bruide,

In hierdie hoofstuk (Glo in God Vir Groot Dinge, Leef die Oorvloedige Lewe) het ek geleer dat ons moet God glo en vertrou vir groot dinge. En om dit te bereik moet ons radikaal gehoorsaam wees aan Hom. Ons moet strewe na iets hoër, Sy liefde, na Hom. Net Hy kan ons huidige situasies omdraai AS ons radikaal gehoorsaam is.

Ons moet God glo en vertrou vir groter dinge, uitkoms of omkeer. Ons moet radikaal gehoorsaam wees, radikale lewens lei, om dit te bereik. Ons moet in Hom glo om dinge nie ner vir ons nie maar ook vir ons kinders om te draai of groot dinge vir ons te doen.

Ons moet strewe om hoër dinge te bereik, om Hom te bereik en ten volle in Sy liefde te lewe. Ons moet streef daarna om ons gehoorsaamheid na nog 'n hoër vlak te neem. Maar ons sal teenstand kry en baie, daarom moet ons ons oeë op Hom gevestig hou, onder Sy vleuels skuiling vind, Hom soek, sodat Hy ons kan deurtrek en vir ons baklei.

Op die ou einde van die dag is dit waaroor ons lewens gaan, om die eindbestemming te bereik by ons Here, ons Hemelse Man. En intussen moet ons op Hom vertrou om ons deur elke beproewing te help, na Sy leiding te luister sodat ons daardeur kan stap en gehoorsaam wees sodat ons ander kant kan uitkom en die groot dinge wat Hy vir ons het, te kan omhels.

Menslik gesproke lyk my en my kinders se toekoms nie so rooskleurig nie, veral nie finansieel nie, maar nadat ek hierdie les gelees het, het ek weereens besef dat ek Hom moet glo en vertrou om ons deur hierdie situasie te trek en sodoende en die groot dinge te verkry wat Hy vir ons het. Maar dit gaan radikale gehoorsaamheid van my kant af kos om ons daar te kry.

Om te glo dat Hy vir ons groot dinge beplan, vir my en my kinders. Om regtig nader aan Hom te kom elke dag vir Sy leiding en om te weet wat Hy vir my beplan en wil hê elke dag en dit dag vir dag uit te leef en nie te dink aan môre nie want dit is in Sy hande. Hy het groot dinge vir my en my kinders maar ek moet gehoorsaam wees, teenkanting verwag en net by Hom skuiling vind.

Liewe Bruide,

God het groot planne vir ons, 'n toekoms en 'n hoop, maar ons moet in Hom glo daarvoor. Ons moet aan Hom vasgryp en gehoorsaam wees aan Hom sodat Hy ons kan deurtrek na die groot en wonderlike dinge wat Hy vir ons het!. Teenstand sal ons kry op hierdie pad na gehoorsaamheid, maar met Hom by ons kan ons deur elke beproewing gaan en aan Hom vashou en Hom glo vir groot dinge!

“By U, HERE, skuil ek. Laat my tog nooit teleurgestel staan nie! Bevry my, want U is getrou” (Psalm 31:1).

“Dié wat swaar kry, sien op na Hom en straal van blydskap, hulle word nie teleurgestel in hulle verwagting nie” (Psalms 34:6).

“By U, Here, skuil ek, laat my tog nooit teleurgestel staan nie!” (Psalms 71:1)

“Dié wat jou verdruk het sal na jou toe kom en buig, almal wat jou met minagting behandel het, sal by jou voete kniel . . .” (Jesaja 60:14).

Volg #Adina Follow #Adina
Ek is 'n tiende​ vennoot. Leer meer.

Volg ons #LAL Tag om die Lofpryse uit hierdie lewensveranderende boek te lees.

Leef Die Oorvloedige Lewe is as ‘n Aanlyn Kursus beskikbaar!

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!