Ons Moet ‘n Aanbevelingsbrief Wees

Belofte van vandag: “Julle is self ons aanbevelingsbrief, geskryf op ons harte, vir almal om te lees en te verstaan” 2 Korintiërs 3:2

☊ Adina Lofverslag Potgooi

Liewe Bruide,

Uit Hoofstuk 6, Leef die Oorvloedige Lewe, het ek geleer dat ons moet alles waardeur ons gaan grasieus van Hom af moet vat en grasieus daardeur gaan. Maak nie saak wat dit is nie. Sy genade is groot genoeg vir ons om nie te wys hoe ons voel nie, nie tekere te gaan nie, maar dit soos Sy Bruid te hanteer. Ons moet alles na Hom toe vat en slegs alleen in ons gebedshoekie op Sy skoot uitmekaar val.

Die Here, ons Hemelse Man, se genade is groot genoeg sodat ons grasieus deur enigiets kan gaan. Ons moet slegs by Hom, in ons gebedshoekie uitmekaar val, maar uiterlik moet ons 'n aanbevelingsbrief wees vir Hom, Sy Liefde en Sy ongelooflike genade.

As ons wel voor ander uitmekaar val of te kere gaan oor iets, gaan ons later spyt wees daaroor en ander se opinie van ons gaan dalk verander, selfs al verstaan hulle of probeer hul verstaan.

Daar gaan dalk dinge wees wat ons nie kan wegsteek nie en wat ander van gaan uitvind of weet, maar nog steeds, hoe ons dit hanteer gaan vir hulle 'n voorbeeld moet wees, 'n aanbevelingsbrief.

Maak nie saak waardeur ons gaan nie, ons moet ons hartseer, pyn, frustrasie of selfs woede net met ons HM deel en niemand anders nie.

Ek het al voorheen baie uiting gegee aan my frustrasie, woede of hartseer voor ander. En op die ou einde kom jy jouself meer te na en ander se opinies oor jou verander. Gedurende die slegste tye in ons huwelik nadat ek van die ander vrou uitgevind het, het ek baie ontplof en dinge gese waaroor ek later spyt was, of gedoen.

Maar nou weet ek van beter en weet nou dat slegs my HM hierdie frustrasie, pyn en seer moet aanhoor, alleen saam met Hom. Net Sy genade en Liefde is groot genoeg om vertroosting en verligting te bring.... En net Hy kan waarlik help.

Liewe Bruide,

Ons moet 'n aanbevelingsbrief wees, 'n voorbeeld vir ander sodat hulle kan sien hoe Sy bruid optree in enige situasie waarin sy haarself bevind.

Sy genade is groot genoeg vir ons en Hy is altyd daar , gereed om ons by te staan, maak nie saak wat oor ons pad kom nie. Ons kan alles grasieus hanteer deur net by Hom uitmekaar te val en al ons trane vir Hom te gee...

~ Adina in Suid Afrika
Volg #Adina Follow #Adina
Adina is 'n tiende​ vennoot. Leer meer.

Volg ons #LOL Tag om die Lofpryse uit hierdie lewensveranderende boek te lees.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!