Moenie Self Iets Probeer Doen Nie

♕Belofte van vandag: “Ook in die weg van u oordele het ons U verwag, o Here! Tot u Naam en tot u gedenknaam gaan die begeerte van ons siel uit.” Jesaja 26:8

~Adina in Suid Afrika

☊ Lofverslag van Adina

Liewe Bruide,

Partykeer is ons met minder as ons volle seëning tevrede omdat ons nie na ons HM (Hemelse Man) kyk om ons te seën nie, maar na ander of propeer om self oplossings te vind.

Wanneer ons iets nodig het, is ons geneig om self aan oplossings te dink. Dalk moet ek 'n lening aangaan of geld leen of iemand vra om my te help of harder werk. Maar ons gaan nie eerste na ons HM toe en vra Hom om ons te help nie.

En wanneer ons Hom wel vra vir die oplossing of dit wat ons nodig het, vertrou ons Hom nie altyd om wel te voorsien of om vir ons die oplossing te gee nie. Ons verloor ons geloof en vertroue, luister na ander of kyk vas in wat ons kan sien. Dan begin ons weer menslike oplossings soek wat ook 'n seëning kan bring, maar nie naastenby wat ons sou gekry het as ons aangehou het om ons HM te vertrou nie.

Ek is ook baie skuldig hieraan, ek vra my HM maar kyk dan vas in omstandighede of my bankrekening en wil dan SELF iets probeer doen wat my beroof van die volle seëning wat ek kon kry as ek tot die einde vertrou het. Maar ek het Hom ook al end uit vertrou met situasies en die wonderlike seëninge gesien wat daaruit kom.

Daar was al paar keer wat my bankrekening en koskas ewe leeg was en al wat ek kon doen was om Hom te vra en te vertrou, en elke keer wat ek tot op no. 99 gewag en vertrou het, het Hy deurgekom en wonderbaarlik voorsien.

Ek gaan hierdie beginsel [“Moet nie Met Minder Tevrede wees nie”] toepas deur Hom meer te soek vir alles wat ek nodig het en Hom dan meer te vertrou, maak nie saak hoe sleg dinge lyk nie.

Liewe Bruide,

In alles vra jou HM (Hemelse Man) en vertrou Hom in alles. Wag dan, bly glo, bly vertrou, moenie self iets probeer doen nie en moenie kyk en luister na ander nie. Hy het ongelooflije seëninge vir jou, moenie met minder as dit tevrede wees nie.

"Tot u Naam en tot u gedenknaam gaan die begeerte van ons siel uit.” Jesaja 26:8

"Die man van God het baie kwaad geword vir die koning en gesê: 'Jy moes vyf of ses keer geslaan het, dan sou jy Aram heeltemal verslaan het, maar nou sal jy Aram net drie keer verslaan.'" 2 Konings 13:14-19

Volg #Adina Follow #Adina
En Adina is 'n tiende vennoot. Leer meer.

Volg #AmM om die Lofpryse uit hierdie lewensveranderende boek te lees

Armoede Mentaliteit is as e-boek en sagteband in ons boekwinkel beskikbaar!

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!