Moenie Opgee Nie, Gee Oor

♕ Belofte van vandag: “My juk is sag en My las is lig” Matteus 11:30

☊ Adina Joernaal Potgooi

Liewe bruide,

Ons almal kom op die punt, of voel partykeer om op te gee. Maar wanneer ons daar kom moet ons stil staan en besef dat ons te veel laste wil dra. Ons moenie opgee nie maar oorgee, al ons laste aan Hom oorgee. Wanneer Hy ons laste dra kan ons maklik die pad verder stap, sonder die onnodige gewig.

Wanneer ons voel om op te gee, beteken dit dat ons te veel laste op onsself neem. Ons moet alles wat ons probeer dra vir Hom gee sodat Hy dit vir ons kan dra, sodat ons vry kan wees, vry om die pad gemaklik te stap, langs Hom.

As ons opgee en van die pad af wegdraai waarop Hy ons gesit het sal ons nooit die goeie wedloop klaarmaak en die oorwinningskroon verkry nie. Ons sal in hierdie lewe beproef word maar ons moet bly wees oor elke beproewing want dit leer ons om uit te hou, te leer en nader aan Hom te kom en ons geloof te bou. Maar Hy is altyd by ons om ons te help en te help dra aan die laste wat ons so graag op onsself wil neem.

Ek sukkel self om alles altyd oor te gee, om beheer oor dinge te laat gaan en raak dan moeg en kwaad as dinge nie uitwerk soos ek wou gehad het nie. Hierdie les (Leef die Oorvloedige Lewe, Hoofstuk 4) het my net weereens laat besef dat ons moet oorgee, nie opgee nie, net alles oorgee sodat Hy dit vir ons dra.

As ons alles probeer dra en elke probleem of krisis self probeer oplos gaan ons net moeg word en opgee, terugdraai en nooit die wenstreep bereik nie.

Ek moet alles vir Hom gee, en alhoewel ek alreeds so baie vir Hom gegee het, is daar nog steeds dinge wat EK wil beheer, wat ek nog steeds wil dra. En selfs die klein daaglikse dinge moet ons vir Hom gee. Die klein jakkalsies wat daagliks oor ons pad kom kan ook alles bydra om ons moeg te maak en ons moet ALLES vir Hom gee. Alles wat daagliks kan bydra om ons so moeg te maak dat ons nie die goeie wedloop kan klaarmaak nie.

Liewe Bruide,

Elke keer wat ons moeg word, wil opgee moet ons dink aan Jesus wat alles verduur het om Sy wedloop te voltooi en uiteindelik Sy prys verkry het, Sy oorwinnaarskroon en Sy plek aan Sy Vader se regterhand.

Ons moenie oorgee en terugdraai nie, ons moet als vir Hom gee, elke las, en die wedloop voltooi sodat ons ook ons prys kan verkry.

“My juk is sag en My las is lig” Matteus 11:30

“’En nou praat ek asof ek van my verstand af is: ek nog meer! Ek het harder gewerk, ek was meer in die tronk, ek is meer dikwels geslaan, ek was dikwels in doodsgevaar. Vyf maal het ek van die Jode die gebruiklike straf van nege en dertig houe gekry, en een maal is ek met klippe gegooi, drie maal het ek lyfstraf gekry, en een maal is ek met klippe gegooi. Drie maal het ek skipbreuk gely en een maal het ek ‘n dag en nag in die oop see deurgebring.’

‘Ek was dikwels op reis en in gevaar: daar was gevare van riviere, gevare van rowers, gevare van my volksgenote en gevare van heidene, gevare in die stad en gevare in die veld; gevare op see en gevare onder vals broers. Daar was vir my harde werk en swaarkry, dikwels nagte sonder slaap, dikwels honger en dors; en dikwels was ek sonder kos, sonder skuiling of bedekking teen die koue.’

‘Behalwe dit alles was daar nog die daaglikse bekommernisse, die besorgdheid oor al die gemeentes. As iemand swak is, voel ek asof ek self ook swak is?’” ( 2 Korintiërs 11:23-29).

~ Adina in Suid Afrika
Volg #Adina Follow #Adina
Ek is 'n tiende​ vennoot. Leer meer.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!