LL77 “Verbitterd of Beter”

Ek wil baie graag hierdie podcast met julle deel oor verbittering. Al is die podcast Engels is dit so kragtig dat ek voel dit moet gedeel word.

Dit is so maklik om verbitterd te raak oor huweliksprobleme, goed wat in ons kinderlewe gebeur het, of enige ander situasie wat ons seergemaak en gebroke gelos het. Maar met vergifnis (wat partykeer net met Sy hulp moontlik is) en Sy ware genesing en liefde, kan ons sonder verbittering verder stap. En om waarlik te kan vergewe en van die verbittering ontslae te raak, is soos ‘n ton klippe wat van ons skouers afval en ons vry maak. Vry om die oorvloedige lewe te leef wat Hy gesterf het om vir ons te gee.

Hier is die skakel na die podcast deur Erin Thiele: https://youtu.be/ZjJdnZeireY

Dan wil ek ook graag Atarah van Suid Afrika se podcast deel oor dieselfde onderwerp: https://youtu.be/uDZ0xnYFaCs

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

1 thought on “LL77 “Verbitterd of Beter””

  1. Dit is fantasties, dankie dat jy dit met ons gedeel het Adina. Dit was so groot seëning wat Erin en Atarah gedeel het. Sjoe, dit is so moeilik om nie bitter te word nie en ek dink nie ons kan dit doen sonder Hom nie. Baie dankie dat julle, julle harte met ons gedeel het.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui