Te veel van ons Ministers, en ander vrouens (wat aanhoudend oor hulle HM praat), wys teenoorgestelde  tekens—dat hulle Hom nie regtig sien as hulle Man nie, daarom het ek Vind My Hemelse Man geskryf.   

Die volgende ding wat ons agterkom het, na die vreugde wat ons ervaar as ons Sy liefde verstaan, soos met baie getroude paartjies, begin die vrou al die praatwerk doen en luister bittermin na haar nuwe Man. In hierdie Weeklikse Boodskap, hoop ek om die oplossing hiervan te benadruk met vandag se Lewensles.

Net soos in enige verhouding, gaan dit nie net daaroor om MET iemand te kan praat, jou gedagtes, jou idees en emosies te deel nie. So is dit dan ook met jou verhouding met die Here.

Soos met enige goeie huwelik, doen die man in die begin eerste al die praatwerk. Jy lees Sy Woord, Sy Liefdesbriefies aan jou, Sy beloftes aan jou, Sy visie vir jou toekoms en wat Hy oor alles glo. Ongelukkig, sodra die nuutheid afneem, word jy meer van ‘n vrou as ‘n bruid. Jy begin om al die praatwerk te doen, al die besluite te maak, en binnekort is jy terug na die “ou jy”.  

Om jou liefde lewendig te hou en Sy bruid te bly, moet jy stop, luister en Hom oor dinge vra—net soos jy in die verlede gedoen het. Sodat julle tesame, ‘n regte en nie ‘n eensydige (of ‘n windskewe), liefdevolle en suksesvolle verhouding kan hĂȘ.

So dikwels, is ons hartseer en ontmoedig wanneer ons geestelike volwasse vrouens hoor deel, hoe hulle dit of dat gedoen of gevoel het, maar dan sien ons dat hulle nooit deel, wat die Here vir hulle gesĂȘ het om as oplossing behoort te doen nie.

Hulle doen oor en oor dieselfde dinge of doen iets ander in die hoop dat dit sal help, of ongelukkig lei hulle omdat hulle hul negatiewe emosies saam met hul dra. Wanneer daar, reg langs hulle, Iemand is wat al die antwoorde het.

Normaalweg moet ons terug skryf en vra, “So, wat het die Here vir jou gesĂȘ om te doen?” wanneer dit dan bewys word dat hulle eenvoudig nie ‘n goeie bruid is nie, maar wel ‘n onafhanklike vrou geword het —en hulle die feit afskeep dat hulle wel ‘n Man het. 

Dit is eenvoudig dwaas om nie met Hom oor alles te praat en oor alles te vra nie! Nee, veral nie wanneer jy aan die einde kom of jouself verward bevind nie (of jy ander met jou nonsens verwar nie). Gaan na Hom toe met alles, vir alles en jy sal vind dat jou paaie reguit en vreugdevol is omdat jy regtig saam met Hom reis!

Laat my jou ‘n voorbeeld gee. So ver terug as toe ek my huwelik in 1989 die eerste keer herstel het en almal “teen”my naderende egskeiding gebid het, wat ek gehoor het my man aanhangig gemaak het. Tog, vir een of ander rede, het ek nie dieselfde passie gehad en nooit gelei gevoel om daarteen te bid nie.  

Verbysterd, het ek eenvoudig gestop en die Here GEVRA, “Gaan die egskeiding deurgaan?” Waarop Hy geantwoord het, “Ja, maar jy kan op My vertrou.” So ek het. Eenvoudig!

Toe nadat ek gevra het, en Sy antwoord gehoor het, het ek die volgende week teruggegaan na my klein groepie toe en die vroue het gesĂȘ dat hulle “teen” my egskeiding bid, waarop ek toe gesĂȘ het: “O, julle hoef nie. Die Here het gesĂȘ dat dit sal deurgaan, maar ek moet op Hom vertrou.”

Gelukkig, het ek net een vrou gehad wat “teen” my gekom het (wie ek later gevra het om te gaan as gevolg van ander kwessies wat ons met haar gehad het). Sy het my terregewys en geskree, “Jy moet GLO!! En jy moet DAARTEEN bid!!” Duidelik het sy glad nie omgegee oor Sy Wil nie en as Christene word ons dikwels gevra om “deur ‘n dal van doodskaduwee” te gaan sodat ons ‘n getuienis kan lewer. En ek twyfel of sy ooit gestop het om na Hom te luister. In plaas daarvan, het sy haar eie agenda gehad soos sommige van julle ook nog steeds het. 

Dit beteken dat, teen die tyd wat jy jou Herstel Reis voltooi het, jy behoort te weet en opgelei te wees om Hom eenvoudig te VRA oor alles, soos:

Gaan die egskeiding deurgaan?

Wat wil jy hĂȘ moet ek daaromtrent doen (vul die spasie in)?

Hoekom sukkel ek met (noem hulle) gevoelens?

Het ek (die persoon) vergewe en indien wel, hoekom hou ek aan om oor (die persoon) te dink?

Die Lys is eindeloos!! My lys is eindeloos. Van die oomblik wat ek wakker word tot ek gaan slaap, en selfs in die middel van die nag wanneer ek wakker word—praat ek met Hom en luister ek wanneer Hy met my praat.

Om te help om dit te bewys, hier is my absolute gunsteling verse oor hierdie onderwerp wat jy moet merk en lees totdat elke beginsel in jou siel gebrand en gebrandmerk is.

Jesaja 45:11 (AFR53)— “So sĂȘ die Here, die Heilige van Israel, en sy Formeerder: Vra my aangaande die toekomstige dinge; ...”’

Jesaja 42:9-10 (AFR53) — “Kyk, die vorige dinge het gekom, en nuwe dinge verkondig Ek; voordat hulle uitspruit, laat Ek julle dit hoor. Sing tot eer van die Here ‘n nuwe lied, sy lof van die einde van die aarde af.”

Jesaja 30:21 (AFR53)— “
en jou ore sal ‘n woord agter jou hoor wat sĂȘ: Dit is die weg, wandel daarop! Wanneer julle regs of wanneer julle links wil gaan.” Maar jy moet luister.

Jesaja 48:6 (AFR53) — “Van nou af laat Ek jou nuwe dinge hoor en geheime wat jy nie geweet het nie.”

Dit beteken dat jy na Hom toe moet gaan en Hom vra wat Hy dink, hoe Hy voel en wat HY wil hĂȘ julle moet doen, as ‘n paartjie. En dit begin met eenvoudige dinge:

Here, wat wil UhĂȘ moet ek vandag aantrek? Here, hoe wil U hĂȘ moet ek my hare doen?

Here, wat is U planne vir ete vanaand?

As dit nie jou normale daaglikse roetine is nie, dan kan ek eerlik vir jou sĂȘ jy mis uit! Hy sal vir jou dinge wys wat mooi aan jou lyk—dinge wat jy gedink het jy nooit sou dra nie. Jy mag ook dalk iets dra wat nie by die weerberig pas nie, maar omdat Hy weet hoe die weer regtig gaan wees, sal jy aangetrek wees daarvoor!

En as jy nie genoeg klere het nie, mag Hy jou dalk vra om ĂȘrens te stop om te koop! Ek is bekend daarvoor om in die winkels in te stap en by myself te dink “Wat doen ek hier!?!?” En Hom dan te vra (soos wat ek altyd doen en wat ek my kinders geleer het om te doen), “Here, wys my net wat jy wil hĂȘ ek moet koop. Wat U vir my uitgesoek het en hoekom U my hiernatoe gelei het.” Op meer as een geleentheid het ek dinge gehad wat eintlik na my toe gespring het of in my trollie gegooi is.

Een keer het ek iets nodig gehad vir ‘n nuwe kleindogter, maar sy het reeds SOVEEL gehad dat daar niks was wat ek gedink het sy nodig gehad het nie. Ek het my trollie by die gang afgestoot en ‘n hanger het vasgehaak, en ‘n ontwerpers borslappie het ingevlieg. Ek het vir ‘n kort rukkie verstom daar gestaan en gedink “Wat het gebeur? Maar ek het toe geweet dat ek dit moes koop en my Skoondogter kon nie ophou om my te vertel dat dit PRESIES was waarvoor sy gesoek het, maar kon dit nie vind nie! En om alles te kroon, amper altyd sal dit wat Hy ons wys (of in ons trollie gooi), so ‘n groot winskopie wees—om te bevestig dat dit van Hom af is. 

Tweedens moet ek sĂȘ dat dit nog steeds vir my hartverskeurend is wanneer ek sooooooveel vrouens sien, wat so ver op hulle HR gekom het, maar wat nog steeds vergeet dat GOD die mens geskape het (dit begin met die eerste mense, Adam en Eva) vir gemeenskap!! En ook dat die Here ‘n Man is, geskape is as ‘n Man en daarom hunker Hy, en wil Hy, gemeenskap hĂȘ met Sy bruid. Selfs met alles wat Hy gedoen het, konnekteer jy nog steeds nie regtig nie en spandeer jy nie tyd deur oop kommunikasie met Hom te hĂȘ nie. Baie praat “oor” Hom, en eis dat Hy meer is as wat Hy regtig in hulle lewens is.  

Kom ons wees eerlik, die Here is ‘n Heer, wat beteken Hy sal doodstil sit en wag terwyl jy aanhou babbel—jou selfs toelaat om jou eie ding te doen. Hy sal wag totdat jy jouself in ‘n groot genoeg gemors kry en Hom dan uiteindelik Sy gedagtes vra. Net dan sal jy die waarheid ken en vrygeskeld word van jouself. 

Jesaja 55:8-9 (AFR53)— “’Want my gedagtes is nie julle gedagtes nie, en julle weĂ« is nie my weĂ« nie, spreek die Here’ Want soos die hemel hoĂ«r is as die aarde, so is my weĂ« hoĂ«r as julle weĂ« en my gedagtes as julle gedagtes.’”

Spreuke 3:5-6 (AFR53)— “Vertrou op die HERE met jou hele hart en steun nie op jou eie insig nie. Ken Hom in al jou weĂ«, dan sal Hy jou paaie gelykmaak.”

Jesaja 64:4 (AFR53)— “Van ouds af tog het niemand dit gehoor of verneem nie, geen oog het ‘n God gesien wat werksaam is vir wie op Hom wag nie, behalwe U.” 

So kom ons gaan terug na jou verhouding met die Here, wat sou gebeur het as jy ‘n persoon gehad het wat om jou rondhang maar hulle het nooit gestop om te LUISTER of te VRA hoe jy gevoel het of wat jy weet nie? Verwerp miskien. Wel, Hy voel dieselfde. 

As jy nooit gestop het om te LUISTER of te VRA hoe Hy voel of wat Hy weet nie (selfs al ken Hy die antwoorde op alles!!) watter tipe verhouding sou jy gesĂȘ het, het jy? Klink dit nie na dieselfde huweliksverhouding wat jy afgebreek het met jou AM voordat jy hiernatoe gekom het nie?

Laat my verduidelik, dikwels gee die Here nie vir my die antwoorde nie, maar sĂȘ eenvoudig, “Vertrou My” en dit is meer as genoeg vir my om te laat gaan en eenvoudig te weet dat Hy dit onder beheer het. Dit is so bevrydend. Toe ek die eerste “‘n Wyse Vrou” geskryf het, het dit my geleer hoe om die vrou vir ‘n aardse man te wees—wat ek geleer moes word voordat ek getrou het. Tog was dit nie totdat ek daardie selfde beginsels in my verhouding met my Hemelse Man toegepas het dat ek gevind het hoe my lewe verander het en toe het ek so vry en gekoester gevoel deur Hom.

Selfs al was vandag se les langer as gewoonlik, STOP nou (of stel ‘n datum vir later vas) om te sela wat jy geleer het, met ander woorde, oordink alles. EN maak seker dat jy nie net sal dink oor wat jy geleer het nie, maar dat jy ‘n datum met jou Man vasstel om alleen saam met Hom te wees en VRA Hom om met jou te deel hoe hierdie boodskap op jou van toepassing is en enigiets anders wat jy Hom kan VRA. Sit dan stil en luister. En hou jou liefde lewendig deur daagliks so te lewe.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui