★★★★★

Verlede week het ek afgesluit toe ek gedeel het dat ek gehoop het om vorentoe te beweeg deur julle elkeen te help om vrygestel te word van sonde. Nietemin, glo ek dat vir meeste van julle, spesifiek diegene wat lank genoeg saam die Here op jou Herstel Reis gereis het (nadat jy reeds ‘n seisoen van gebrokenheid ervaar het wat vereis word, gekoppel met die manier waarop Maria Magdalena oor die Here se voete gehuil het), voel ek regtig aan dat meeste van ons snellers en “seer” punte glad nie “sonde” is nie. En dit is hoekom ek aanvoel dat Hy vandag wil hĂȘ dat ons meer oor die aanklaer moet leer. ‘n Bietjie leer hoe hy op ‘n slim manier ons soos ‘n sondaar laat voel deur versoeking.   

‘n Paar weke gelede, terwyl ek deur ‘n Lofverslag gelees het, om die inhoud goed te keur, het ek ‘n lofverslag van ‘n bedienaar gelees wat heeltemal te vaag was. En alhoewel ek alreeds begin werk het aan ‘n opkomende Weeklikse Boodskap, geskeduleer vir die 14de September, waar ek hoop om ‘n bietjie wysheid te deel aangaande die “sloot van te vaag of te diskreet wees,” wat die teenoorgestelde sloot is van waar almal (of meeste) van ons uitgehang het—deur ‘n tekort aan diskresie ten toon te stel...  

Laat my nou dadelik sĂȘ sodat jy nie hoef te wag as die vyand jou nie in die sloot kan hou waar meeste vrouens leef nie, hy sal jou sekerlik nie net lekker laat reis op die nou pad nie. Byvoorbeeld; die vyand sal jou eerder valslik beskuldig dat jy ‘n tekort aan diskresie het totdat jy retireer en retireer, en nader en nader aan die rant aan die ander kant beweeg—tot, met een finale stootjie, jy terugtree en in ‘n sloot val waar wat jy sĂȘ of skryf SO “diskreet” is dat dit geheimsinnig word of so swaar versteek is—sodat wat jy te sĂȘ het, basies nutteloos is.  

Jammer, ek het afgegaan op ‘n kort geestelike uitstappie, maar ek is nou terug  

Waaroor ek wou skryf, en waarvan ek hoop om jou vry te stel, is iets wonderliks wat die Here my jare gelede gewys het oor die ware betekenis van versoeking.

Dit het begin toe ek *kwaad geraak het wanneer ek kommentaar gelees het van “skoliere” wat gesĂȘ het dat Jesus in die versoeking gelei was om te sondig, wat beteken Hy het oorweeg om te “sondig” Geen manier!

Net omdat Satan vir Jesus rotse gewys het, en hom daaraan herinner het dat Hy rotse in brood kan verander, of van die krans kan afspring, dink jy eerlikwaar vir een oomblik dat Jesus dit “oorweeg” het om te reageer op die vyand se versoekings, of selfs net gedink het om dit te doen!?!?! Natuurlik NIE! 

En vir meeste van julle, wie werklik Sy bruid geword het en Hom as jou Man ervaar het, nie een van julle oorweeg versoekings wat jy hoor of voorstel in jou gedagtes nie.

Vergewe my, maar ek moet jou op nog ‘n kort uitstappie neem, en verduidelik oor *regverdige woede, woede aangesien ek hierbo gepraat het van woedend wees. Tog, daar is so ‘n ding soos regverdige woede, maar baie min vertoon regverdige woede. Hoe jy sal weet is wanneer dit uitvloei of woede veroorsaak oor die onskuldiges. Wat jou sal help om te onderskei wat dit beteken, is om hierdie vers vir ‘n week of twee te oordink.  

Spreuke 24:11-12— “Red diĂ© wat na hulle dood toe gesleep word, diĂ© wat val-val oppad is om doodgemaak te word as jy nie keer nie.

As jy sou sĂȘ: ‘Ons weet daar niks van af nie’, sal God wat die gedagtes toets, weet wat die waarheid is.

Hy wat oor jou wag hou, Hy weet en Hy vergeld ‘n mens vir wat hy gedoen het.”

*As jy op Spreuke 24:11-12 klik sal jy twee goeie kruis verwysings sien wat ook sal help.

Goed, nou terug na ons hoof tema: die Ware betekenis van Versoeking. 

Baie jare gelede toe ek Hom gesoek het vir wysheid, het die Here ‘n voorbeeld gebruik van my wat Walmart toe loop (wat destyds naby aan my huis was) en Hy het my in my verbeelding iemand laat sien wat in die bos skuil en na my toe uitroep, wat probeer om ‘n “goedkoop” fiets aan my te verkoop. ‘n Fiets wat ek instinktief geweet het, gesteel moes wees.

Ja, selfs al het ek hom gehoor roep terwyl ek besig was om sy versoekings te ignoreer terwyl ek probeer het om vinnig weg te loop, daardie persoon was nog steeds besig om my te probeer “versoek”. Reg? Dit beteken ek was versoek. Ja, Jesus was versoek, maar nie Hy of ek sal ooit oorweeg om te doen wat die versoeker vra of voorstel nie. Reg?

Dit is net wanneer ek dit verstandelik of in my hart oorweeg om in te gee tot daardie versoeking, dat sonde bevrug word. Dit is soos ek wat die idee vermaak.

“...verlei deur sy eie begeertes wat hom aanlok en saamsleep. Daarna as die begeertes bevrug geraak het (Die definisie van begeer is ‘n “hunkering” na iets wat verbode is), bring dit die sonde voort; en as die sonde ryp geword het, loop dit uit op die dood. Moenie julleself mislei nie, my liewe broers.” Jakobus 1:14-16*.  

Nog ‘n manier om aan die soort versoeking te dink is wanneer ons dit oorweeg om die versoeking te vermaak—soos om ‘n kat in jou huis toe te laat. As jy ‘n kat in jou huis toelaat, selfs net een keer, sodra jy dit inlaat, net EEN keer, sal dit elke keer ‘n manier vind as jy die deur oopmaak—selfs net ‘n sentimeter!! 

Dit is dieselfde met sonde, selfs om sonde een keer te oorweeg, of dit basies in jou gedagtes te vermaak, sal ‘n kraak geskep word wat ‘n volslae versoeking sal veroorsaak, waarmee jy oor en oor en oor sal moet stoei. So moet NIE sonde “vermaak” nie, nooit nie. En as jy sonde het wat jou versoek, maak die deur toe en sluit dit, draai dan om en doen iets GOED om jou aandag af te trek.

Psalm 34:15—“Bly weg van die kwaad af en doen wat goed is, soek vrede en jaag dit na!

Die Boodskap—“Vermy slegte dinge. Doen net goeie dinge aan ander.

Lewe in vrede met mense.”

So STOP nou en Sela oor wat jy geleer het, met ander woorde, oordink alles. EN wees seker dat jy nie net dink aan wat jy geleer het nie, maar dat jy tyd maak om alleen saam met jou Man te spandeer en vra Hom om met jou te deel hoe hierdie les op jou van toepassing is.🙂 

*Neem ‘n oomblik om op ELKEEN van die bybelverse (hier bo) te klik, want die kruis verwysings sal jou help om die betekenis ten volle te begryp. Ook, as Engels nie jou eerste taal is nie, gebruik die funksie en gaan deur die aftrekkieslys.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui