★★★★★

Ons het verlede week gesĂȘ dat meeste (indien nie almal) van ons een of ander sneller het wat ons op ‘n negatiewe manier laat afgaan. En ek het belowe dat ons hierdie week oor snellers sal praat.

Onlangs het een van my kinders dieselfde reaksie uitgestal oor iets wat ek gesĂȘ het, hulle het gedink (of miskien is gevoel ‘n beter woord) dat ek hulle “onnosel” genoem het. Natuurlik, wat ek gesĂȘ het was nie naby aan hulle onnosel noem nie. Wat ek gedoen het was om ‘n vraag te vra, ek het hulle iets gevra wat hulle laat voel het asof ek hulle dit noem. So ek het gestop en gevra, “Wie het julle onnosel genoem?” Toe het ek voortgegaan en hierdie getuienis met hulle gedeel.

Jare gelede was ek daarvan beskuldig dat ek NIE ‘n Wyse Vrou werkboek gevolg het nie, wat ek in die vele hoofstukke geskryf het nie en my uitgedaag het deur te sĂȘ, “as enigiemand geweet het wie die regte Erin was, sal almal weghardloop!!” Aanvanklik het ek dieselfde gedoen as enigiemand anders, ek het gevoel asof ek skuldig bevind was, maar was regtig veroordeel of beskuldig (maar destyds het ek nie besef dat aangesien dit negatief was, ek dit na die Here toe moes vat nie). So, in plaas daarvan, het ek harder gewerk, probeer om beter te wees, meer te doen en myself te verlos. Treurig nĂȘ?

Toe, eendag, het “werke” gelukkig net te veel vir my geword. Weereens, omdat ek eenvoudig net moes doen, maar het ongelukkig nie geweet hoe nie—uitgeput en naby aan breekpunt (ek is seker jy weet hoe dit voel), het ek HOM eenvoudig GEVRA. “Here, is dit waar? Volg ek nie die WV nie? As ander die regte “ek” ken, sal hulle weghardloop of aaklig van my dink?”    

Wat volgende gebeur het sal ek nooit vergeet nie. Liefdevol, stadig, asof die wĂȘreld net daar gestop het, het Hy my gevra deur met die laaste hoofstuk van die WV boek te begin:

Erin, leer jy jou kinders soos wat jy sĂȘ in “Jou Moeder se Leringe?” 

Ek het gestop om te dink en ek moes sĂȘ: “Ja, Here.”

Erin, vertrou jy My met jou jou vrugbaarheid? Het jy hoegenaamd enigiets gedoen om swangerskap te voorkom?

Ja Here, ek het op Jou alleen vertrou.

Erin, werk jy buite jou huis? Het jy die geringste versoeking gevoel as jy winsgewende en belangrike posisies aangebied was?

Here, Jy weet ek sou nie droom of dit oorweeg om buite die huis te werk nie.

Aan en aan het Hy gevra totdat ons by Eerste Liefde gekom het...

Erin, wie is eerste in jou lewe? 

O, Liefling, Jy is!

Erin, waar WORD jou huis herbou?

Op Jou Here, Jy is my Rots.

Deur van hoofstuk na hoofstuk te beweeg, het my Liefling my bevry deur die waarheid aan my te openbaar. Van daardie oomblik af het die beskuldigings gestop; die vrees om te werk om te verkry wat ek gedink (of gevoel) het ek tekort skiet, was weg—saam met elke “sneller.” Toe ek later deur dieselfde persoon beskuldig was en later—deur ‘n menigte mense oor die opkomende jare, het niks waarvan ek beskuldig was (verwant hiermee) of wat ooit gesĂȘ was, my ooit weer ontstel of dieselfde reaksie teweeg gebring nie. 

Dit is om “te sterf aan self” uit te oefen. As daardie ding binne jou dood is, kan enigiemand dit skop of daarop spoeg, net soos wat jy ‘n dooie persoon kan skop of spoeg, maar niks sal hulle ontstel nie, reg?  

Was daar tye wat ek iets na die Here toe geneem het waaraan ek NIE onskuldig was nie? Natuurlik! En dit is wat ons volgende week sal bespreek. 

Maar, voordat jy weghaas, STOP en neem ‘n oomblik om alleen saam met die Here te wees en vra Hom oor enige “snellers” waarop jy dalk mag reageer. 

Almal van ons het leuens wat aan of oor ons vertel is wat Hy baie graag wil opklaar deur vir ons liefdevol die waarheid te wys. As Hy wel die sneller as waar openbaar, bly net ontvanklik en moet nooit weghardloop van Sy liefde wat onvoorwaardelik is nie. Onthou dit was “terwyl ons nog sondaars was” wat Hy ons as Sy bruid gekies het.

Ons behoort op dieselfde liefdevolle wyse te reageer as Sy antwoord wanneer Hy vir ons ons foute uitwys. Ons hoef NIE op ons gesigte te val en te smeek om vergifnis nie, of ons geestelike klere te skeur nie, of as oor onsself te gooi nie. Ons hoef ook nie na Sy bebloede kruis te hardloop nie. In plaas daarvan, wil Hy sy arms om ons vou. Hy wil eenvoudig die las wat ons dra LIG, net soos ‘n liefdevolle Man sou. 

So, weereens, STOP en gaan maak dit reg. Soos Hy sĂȘ, “Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus kry vir julle gemoed. My juk is sag en my las is lig” (Matt. 11:29). Hy wil jou las lig en eenvoudig daardie ongemaklike juk breek.

Maak vandag ‘n verbintenis dat van hierdie punt vorentoe, elke keer wat iets ongemakliks opkom, jy dit na Hom toe sal neem—sodat Hy jou kan bevry van die LEUN of van die las van onbelyde sonde. 

Alhoewel ek vorentoe wil beweeg deur elkeen van julle te help om vry van sonde te wees, vir meeste van julle wat op julle Herstel reis saam die Here gereis het en wat alreeds die gebrokenheid ervaar het wat vereis word (die oorgawe en om oor die Here se voete te huil soos wat Maria Magdalena gedoen het), voel ek regtig aan dat die meeste van ons snellers en “seer” punte glad nie sonde is nie. So dit is hoekom ek aanvoel dat Hy ‘n bietjie meer met ons wil praat oor die aanklaer en hoe hy op ‘n slim manier ons laat voel soos ‘n sondaar deur versoeking, wat ons Lewensles vir volgende week sal wees.    

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui