★★★★★

Vandag wil ek direk in ‘n konsep spring wat kom saam met ‘n menigte beginsels wat ek glo so belangrik is om te leer en te verstaan (om sodoende) vry te bly —vry om Hom en Sy Woord ten volle te ervaar.

Baie van dit waarop ons staatmaak is ons “gevoelens” —en soos ons as vrouens weet, ons gevoelens is wat die meeste van ons dryf.

Die manier waarop ons elkeen geskape is, was perfek soos dit sĂȘ in Psalm 139:14—”Ek wil U loof, want U het my op 'n wonderbaarlike wyse geskep. Wat U gedoen het, vervul my met verwondering. Dit weet ek seker.”

Met dit in gedagte, hoe meer ons verstaan hoe ons werk, hoe ons gemaak was, hoe meer, glo ek, sal ons in staat wees om voordeel te trek uit ons dikwels onvoorspelbare emosies. Hy wil hĂȘ ons moet onsself as vroue verstaan, om sodoende in staat te wees om aan ander vroue bediening te gee op ‘n “verstaanbare manier”, en ook om te leer om nie net in te gee of uiting te gee nie, of te probeer om self ons emosies te hanteer nie. In plaas daarvan is ons diep gevoelens net nog ‘n rede hoekom ons Hom so desperaat nodig het. 

Kom ons begin met die gevoelens wat ons het wanneer ons droogmaak. Dikwels wanneer ons droogmaak, kom ons onder skuldigbevinding of skuld. Die verskil tussen hierdie twee emosies is dat gewone of normale emosies, skuld, nie goed voel nie.

Skuld val onder negatiewe emosies, en veroordeling is dikwels die metgesel of nadraai van skuld. So aangesien hierdie negatiewe gevoelens is wat oor ons kom, waar of van wie dink jy kom hulle vandaan?

Reg, die vyand.

Negatiewe gevoelens van skuld of veroordeling, is NIE van God af nie.

Gevoelens van skuld en veroordeling en watter gedagtes ook al volg, is glad nie wat die Here vir jou sĂȘ nie. So deur jouself eenvoudig te vra HOE jy voel en om vas te stel of daardie gevoelens negatief is, kan jy dadelik weet waar daardie gedagtes en gevoelens vandaan kom, NIE van Hom af nie! In plaas daarvan is hierdie negatiewe gevoelens leuens en iets wat jy moet afskud soos ‘n slang. (Lees Handelinge 28:5 en boekmerk jou gunsteling weergawe.) 

Hierdie is dieselfde gevoelens wat ek vermoed Adam en Eva moontlik gevoel het, dis hoekom hulle weggekruip het vir God. Omdat ‘n ander metgesel van skuld en veroordeling skande is en skande forseer jou om weg te kruip. Weg te kruip vir ander mense, weg te kruip vir God en jou (daarvan beskuldigde) sonde weg te steek. 

Tog, dit is presies wanneer ons na ons Vader toe moet gaan, of naby aan ons Hemelse Man moet knuffel. Ieder en elke keer wat ons in die moeilikheid is as gevolg van iets wat ons aanvoel ons verkeerd gedoen het, moet ons eerder na die Vertroosting en waarheid toe hardloop wat ons nodig het, as weghardloop daarvan.

En dit is wanneer ons moet identifiseer waar die gevoelens vandaan kom: is hulle goed of negatief? Dit is dan wanneer ons eerder NA die Een toe hardloop wat ons kan reghelp en die waarheid gee, as weghardloop van Hom af. En wanneer ons dit doen sal ons Sy liefde ervaar wat “alle vrees verdryf” en ook ‘n “menigte” sondes bedek en waarvoor Hy gesterf het “toe ons nog sondaars was.”

Wees vooraf gewaarsku, die vyand wag altyd om enigiets goeds te vernietig waaraan jy geboorte gegee het. En as hy nie toestemming het om dit te steel nie, sal hy iets slim doen—hy sal eenvoudig negatiewe emosies op jou gooi, wat jou sal laat voel asof jy wil wegkruip, sodat hy dan kan opvolg met meer van sy slim planne. 

Gelukkig, sodra ons die Here se liefde ten volle ervaar het en ons Hom regtig as ons Man ervaar en aan Hom vasklou, sal ons nie onsself toelaat om van Hom geskei te wees nie, of toelaat dat hierdie negatiewe gevoelens binne ons bly nie. Dit is hoekom as Sy bruid, moet ons oefen en dan met vroue deel wat nie weet hoe om eenvoudig na Hom toe te gaan nie, praat met Hom oor alles, laat Hom toe om ons lief te hĂȘ, om Sy vergifnis te voel en sodat Hy ons kan help om dinge reg te stel met wie ook al.

VANDAG, eerder as om te sukkel, of te ly, of om te probeer om jou gevoelens te beheer, neem vandag elkeen van jou gevoelens na jou Hemelse Man toe. Hy sit net daar langs jou en wag om Sy waarheid van liefde en vergifnis te deel en jou te vertel van al die wonderlike planne wat Hy vir jou toekoms het—as jy net alles wat jy nodig het na Hom toe sal vat.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui