Verlede week het ons bespreek hoe om nie net op ‘n begripvolle wyse met ander saam te leef nie, maar om dit te doen as ‘n manier om hulle lief te hĂȘ, wat ek hoop jy alreeds begin uitoefen het. Hierdie week wil ek graag nog ‘n beginsel bespreek wat almal van ons as Sy bruide kan aanneem en in ons lewens toepas, geneem uit hierdie bekende verse.

Spreuke 3:5-6— “Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staatmaak nie. Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop.”

Jesaja 30:21—”Wanneer jy die regte koers verlaat, sal jy agter jou ‘n stem hoor sĂȘ: “Hier is die pad, loop hierlangs.”

Gister toe ek my kleinseun gevra het waarmee hy besig was, het hy vir my gesĂȘ dat hy ‘n sweefbord vir sy verjaarsdag gekry het (by sy ander ouma en oupa) en dat hy geoefen het om dit te ry. Ek het hom gevra hoe goed hy doen en hy het geantwoord “ek moet net meer op die bord vertrou. Meeste mense probeer om dit te balanseer deur te leun, maar dit het ‘n ingeboude balanseringsmeganisme. So deurdat hulle probeer om dit gelyk te maak, veroorsaak dit dat hulle afval.”

Toe ek huistoe ry, het ek aanhou dink hoe soortgelyk dit aan ons geestelikheid is. God het ‘n ingeboude belanseringsmeganisme maar in plaas daarvan om op God te vertrou leun ons en val af. Ons HM gebruik Sy liefde om ons te leer hoe Hy wil hĂȘ ons moet navigeer, hande-vry en bekommenis-vry, om om die wĂȘreld se moeilikhede te stuur. En dit sal ons tekort aan vertroue of onbeteuelde vertroue wees wat die beslissende faktor sal wees oor hoe goed ons op ons reistogte reis.   

Dit gaan nie net oor ons nie, gaan dit? Wanneer on reis, is dit belangrik om in gedagte te hou dat mense ons dophou (2 KorintiĂ«rs 3:2). So hoe goed of hoe swak ‘n gelowige deur die lewe reis, word aanhoudend dopgehou. So wanneer ons buitengewoon goed reis, is dit ‘n feit dat almal sal stop om in verwondering te kyk—net soos die jong mense wat ‘n sweefbord bemeester het. Ek onthou die eerste keer toe ek een gesien het, dit was by ‘n buitemuurse winkelsentrum en ek het in verwondering daar gestaan terwyl ‘n paar tienerseuns op sweefborde in en uit die skare gevleg het. Almal het in verwondering en ontsag gestop.

Aangesien ons Sy bruide is, stel jou voor hoe asemrowend dit sal wees om jou vriende, familie en vreemdelinge te wys hoe dit is om in en uit moeilikhede te sweef, om die bekommernisse van hierdie wĂȘreld te navigeer en te ontduik? Dit is nie moeilik of onmoontlik nie. Dit neem net ‘n dag-vir-dag, oomblik-by-oomblik toewyding en vasbeslotenheid om te oefen hoe om te ry en sweef terwyl jy deur Sy liefde opgehou word.

Alhoewel hierdie borde nie werklik “sweef” of van die grond af lig nie, het die wetenskap reeds die manier hoe om op te lig ontdek. Soos wat jy hierdie 90-sekonde video kyk, luister in terme van geestelik eerder as fisies. Hoverboards are Real

Aangesien Hy ons groep het om Sy bruide te wees, laat ons toelaat dat Sy liefde ons omring om ons op te lig, bo te dra en te sweef oor die wĂȘreld se moeilikhede. Laat Sy liefde alle bewyse van ons tekort aan vertroue uit die weg ruim, soos wat ons “op die Here vertrou” en nie op ons eie insigte staatmaak nie. Laat ons ‘n lewe van geloof leef tot op die punt dat dit ander wat ons lewens aanskou, sal aanmoedig om die oorvloedige lewe van ‘n bruid haarself te wil hĂȘ.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui