Verlede week het ons geëindig met my wat jou vra om die uitdrukking op jou gesig na te gaan en om dan jou seëninge te tel sodat die gesig in die spieël stralend sal wees! Hierdie week wil Hy hê dat ons hoër op beweeg. Wetend dat ons as Sy bruid op die bergtop gebly het, of soos ‘n dakwoning hoog bo die stad saam met Hom, as blote sterflinge, is dit maklik om ‘n bietjie ongemaklik te voel wanneer Hy ons hande vat om ons hoër op te laat beweeg. Alhoewel dit ‘n baie meer uitgestrekte uitsig is hoe hoër ons gaan, tog, as ons afkyk kan die hoogte ons ‘n bietjie duiselig laat voel.  

Alhoewel ek in fisiese terme beskryf het hoe om op te beweeg, praat Hy in werklikheid met ons in geestelike terme—vandaar ons duiseligwekkende hoogte, waar ons voel ons wil Hom styf vasgryp of selfs ons gesigte in Sy bors begrawe—die gevoel is net so werklik.

Vir die afgelope week of langer het die Here my gevra om dinge te doen wat, soos wat ons dikwels sê, “buite my gemaksone” is. Waar ek gemaklik is, nietemin, gaan my nie toelaat om deur Hom gebruik te word op ‘n manier wat Hy beplan het nie. Dieselfde geld vir jou.

Laat my jou ‘n voorbeeld gee. Ek is heeltemal gemaklik om net eenvoudig instemmend te wees, net om saam met die stroom te gaan.  So wanneer Hy my vra om die outoriteit uit te oefen wat Hy my gegee het, verkies ek om dit nie te doen nie. Nietemin, kies ek gedurig om vorentoe te tree eerder as om terug te trek. Natuurlik, is dit Sy stabiele arm waaraan ek vashou en om voortdurend vol in Sy liefdevolle gesig te kyk en altyd stil genoeg in my gees te bly om Hom te hoor sê: “Vertrou My.”

Nadat ons die eerste tree hoër opneem, as ons onmiddellik Sy volmaakte plan sien ontvou, voel ons onsself sweef. Ons gesigte straal net soos wat myne gisteraand gedoen het. Vroeër daardie dag het die Here vir my gesê om my kar vir ‘n paartjie te gee wie ek geweet het nie ‘n gepaste kar vir hulle huweliksherdenking gehad het nie. Om heeltemal eerlik met jou te wees, ek het ineengekrimp toe Hy my dit vertel het. Alhoewel dit bekend is dat ek ‘n bietjie te vrygewig is, deur my kar te gee en my sonder vervoer te los saam met die risiko van ‘n ongeluk, het dit deur my gedagtes gevlieg. Nietemin, toe Hy my gebied het om “nou te gaan” het ek my sleutels gegryp en vertrek om my kar vir die paartjie te gee. 

Nadat ek hulle huis verlaat het, het ek gesweef, as gevolg van die feit dat alhoewel hulle stomgeslaan was, baie geraak en in trane deur my aanbod, het hulle my laat weet dat die vrou se moeder haar kar vir hulle aangebied het. As hulle moeder nie onlangs die olie laat verander het en die kar gewas het nie sou hulle die aanbod aanvaar het. Die uitkoms het bevestig dat ek nie verkeerd was toe ek Hom gehoor het nie, wat weer, my hart laat sweef het en ‘n groot glimlag op my gesig gelos het (ek glimlag nou). En alhoewel hierdie stap meer in die kategorie van die “klein jakkalsies” soort was, as hulle geïgnoreer was, niks naby aan ander dinge wat Hy my voorheen gevra het om te doen buite my gemaksone nie, klein jakkalsies, om die waarheid te sê, help ons langs ons oorvloedige lewensreis, doen hulle nie? 

Tog, om hierdie voorbeeld te balanseer, het ek resultate gehad wat ver minder opwindend was. In plaas daarvan, het die resultate om op te stap en op Hom te vertrou, om in staat te wees om hoër op te beweeg, my meer as ‘n bietjie teleurgesteld gelos. Wanneer die resultaat nie is soos wat jy gehoop het nie, is dit wanneer jy begin twyfel en bevraagtken dat wat jy gedoen het Sy plan was. “Het jy Hom gemis? Doen ek dinge in die vlees? Hoekom? O, hoekom sweef ek nie?”

Lewe sonder spyt is ‘n algemene gebeurtenis in vandag se selfsugtige en selfgesentreerde wêreld, so soos ek, glo jy heel waarskynlik dat deur spyt te hê, beteken dat ek en jy meer omgee om te doen wat reg is, om meer oor ander as onsself om te gee. Maar doen dit?

Volgende week sal ons ‘n nuwe lewensles leer en verken “Lewe die Lewe sonder Spyt”, so maak seker om met jou HM te praat oor hierdie onderwerp noudat jy hierdie week se les volledig bespreek het soos wat Hy jou aanbied om hoër op saam met Hom te beweeg. 

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui