Twee weke gelede het ek my boodskap afgesluit deur te hoop dat elkeen van julle (weer of vir die eerste keer) onbeteuelde vreugde as Sy smoorverliefde bruid sou ervaar. Eis hierdie vers as jou eie, “Ek behoort aan die man wat ek liefhet, en die man wat ek liefhet is myne” “die liefde verteer my.” Hooglied 6:3, 5:8.

Liefling bruid, was jy in staat om die versoeking te weerstaan om deur die versoeker bedrieg te word? Het jy onder jou HM gebly? Om smoorverlief te wees is, soos ek gesĂȘ het, waar ek hunker om te bly.

Sonder die vreugde in my hart, is daar geen twyfel dat die “gloed” of die “skoonheid” waarop ander kommentaar lewer, (wat niks te doen het met my voorkoms nie maar Wie se gesig ek weerkaats)—dat die teenoorgestelde beslis sal plaasvind—wanneer jy ingee aan die versoeking nadat jy te lank na ‘n leuen gekyk het. As ek verkies om na leuens te kyk en daarop te fokus, in plaas daarvan om op Sy gesig te fokus, sal ek sonder twyfel ‘n bedrukte voorkoms hĂȘ, wat is wat ek in hierdie week se boodskap wil deel.

Om terug te gaan na die Bybel in Genesis 3, nadat die vrou bedrieg was en die man gewillig gesondig het, weet ons dat hulle uit die Tuin verban is. Die samesyn wat hulle eens op ‘n tyd met God gehad het, is weg en dit word onmiddellik weerspieĂ«l in die verhouding tussen die man en sy vrou (wat die eerste keer is wat die man God en sy vrou blameer vir sy sonde).

Dan ongelukkig, word die tekort aan verhouding wat hulle met God in die Tuin gehad het, toe hulle saam met Hom rondgedwaal het, oorgegee aan hulle kinders, hulle seuns. Gou daarna in Genesis 4 sien ons dat God kommentaar lewer oor Kain se bedrukte voorkoms en soos ons weet, is die waarskuwing wat Hy gegee het nie gevolg nie. Tog, is ek vol vertroue dat elkeen van ons die wysheid in God se waarskuwing sal besef en notisie daarvan sal neem. ‘n Bedrukte voorkoms, omdat ons gesigte ons harte weerspieĂ«l, sal tot sonde lei. Sonde gepleeg.  

Dit is iets wat ek my kinders geleer het om te doen. Ek het nooit slegte houdings toegelaat nie of ‘n gesig wat enigiets in hulle harte weerspieĂ«l wat gehanteer moes word nie. Dankbaar het hulle elkeen voordeel getrek uit hierdie opvoeding en het hulle en hulle gades my bedank. ‘n Slegte houding beteken ‘n hart wat nie reg is nie. Moet dit nie in jouself of jou kinders toelaat nie. Vergifnis sal ontslae raak van woede.

Laat my ook verduidelik dat sonde anders is as ‘n blote oortreding soos wat ons geleer het “As iemand weet wat die regte ding is om te doen en hy doen dit nie, is dit sonde” (Jakobus 4:17).

Baie van ons het dalk gemis om regtig te “sien” of agter te kom wanneer ons mans die liefde in hulle harte verloor het—as iemand dalk die druppende kraan van ons twisgierigheid uitgewys het. Of miskien het ons hulle frustrasie, wat op hul gesig weerspieĂ«l was opgemerk, maar het niks daaromtrent gedoen nie, maar in plaas daarvan ons twisgierigheid behou. Nietemin, hierdie “blik” van frustrasie en ontevredenheid is wat ek glo die owerspelige vrou soek, om op haar slagoffer toe te slaan en na die put toe te lok, wat hy geen idee het dat hy op die punt staan om in te val nie. 

Maar wat van ons?

Is ons immuun daarteen om ook in wanhoop te val; in sonde te verval? Weet jy dat baie vrouens wat herstel soek vir hulle huwelike ook swig voor die leuens van die vyand,  van familie en vriende, dat hulle huwelike “op een of ander manier” onmoontlik is, wanneer God se Woord duidelik stel dat niks onmoontlik met Hom is nie? 

Ek het persoonlik verskeie dierbare lieflike vriende geken wat ingegee het om die “klein leuens” te glo wat begin het toe hulle “Uitgeloer Het” en “die Deur Oopgemaak” het. Wanneer hulle in plaas daarvan om “in die Storms te Slaap” op die dek gestaan het en na die golwe gestaar en gevrees het soos wat hulle oor hulle gebreek het. Moet nooit vergeet “Eva Was Bedrieg” en dat ons net so of selfs meer kwesbaar is. Ek wil nooit besef dat my “OĂ« Oop Was” vir die hopeloosheid wat my ‘n maklike prooi kon laat wees om weer te trou, om myself weer as ‘n egbreekster te bevind of enige aantal sondes wat met “Christene” gebeur en veral met leiers waarop die vyand die meeste gemik is om te vernietig.   

Elke dag, gedurende die dag, oomblik vir oomblik praat ek met my HM in my hart. Of dit bloot is wat om aan te trek, wat om te eet vir ontbyt of wanneer dit ‘n besluit is wat ek moet maak of 'n probleem wat ek moet oplos—om naby te bly en gedurig “verlief” te wees sal nie net ‘n bedrukte voorkoms voorkom nie—maar sal toelaat dat ons gesigte STRAAL en Sy liefde aan almal weerkaats!! 

Gaan hierdie week jou voorkoms na. Is jou oĂ« nog steeds so helder, jou glimlag nog net so breed, die toon van jou stem nog net so opgeruimd soos die dag wat jy besef het dat jy ‘n HM het wat jou liefhet ten spyte van wat ander gesĂȘ het of in jou gesien het? As dit bedruk is of afgeneem het, wil ek jou aanspoor om die dae te begin onthou voor jy Hom intiem ontmoet het en dan iedere en elke seĂ«ning te tel. Doen dit dwarsdeur die dag. Tel hulle wanneer jy gaan slaap en tel hulle weer wanneer jy wakker word. Kyk dan na die gesig wat jy in die spieĂ«l sien. 

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui