Verlede week het ek jou gelos om Hom te vra waaroor Hy met jou wil praat en gesê dat ek dieselfde sou doen. Ek vertrou dat Hy, inderdaad, iets spesiaal vir jou gehad het, omdat Hy vir my gehad het. Hy het my gelei om deur die eerste hoofstuk van “Versit Berge” te gaan.

Deur dit te lees het dit my nie net laat lag nie—dit het my eintlik so verwonderd laat voel dat ek dit met verskeie vrouens in my lewe gedeel het, want daardie hoofstuk was oor die doen van die “onmoontlike”!!

Die rede waarom dit vir my so ongelooflik is, is dat ek en my dogter Tara, die onmoontlikheid in die gesig staar dat sy haar visum kry om Brasilië toe te gaan, selfs al het ons haar kaartjie in Oktober gekoop om Japan te verlaat. (Hopelik, is julle almal vennote so julle het gesien hoe haar Verloofde haar rondom die wêreld neem en haar voorberei vir die man vir wie sy haarself gespaar het; indien nie, praat met jou HM om ‘n vennoot te word).

Nou vir hierdie week se boodskap. Toe jy die titel gelees het, het jy hierdie drie woorde “Oë was Oop” erken en besef dat dit uit Genesis 3:7 geneem is? Dit is hierdie week se titel, want dit is wat my HM gebruik het om die skielike en aaklige hartverskeurende veranderinge wat ek in so baie van ons kosbare eks-predikers gesien het, te verduidelik.

Nadat ek gedeel het “Hoe Eva Bedrieg Was”, was dit wat met ‘n paar gebeur het, hulle  “Oë was Oop”—nie regtig oop vir die waarheid nie, maar vir die lelikheid van die “wêreld” waarvan ons HM ons as Sy bruid wil spaar.

Ons weet dat voor dit, terwyl hulle in die tuin gewoon het, het beide Adam en Eva voortdurende saligheid geniet as gevolg van die Teenwoordigheid van Hom terwyl hulle in perfekte harmonie in samesyn was. Ongelukkig, die oomblik toe hulle gekies het om die leuen te glo, het albei “se oë oopgegaan” en onmiddellik sien ons hoe albei skaamte voel. Skielik het hulle gehardloop, weggekruip vir die Een, wie net oomblikke vantevore, die een was saam met wie hulle vrylik geloop het en elke perfekte skepping geniet het en selfs saam gebly het in algehele harmonie.  

Tog, as gevolg van hulle verlore onskuld, het hulle nie meer op dieselfde manier na Hom gekyk nie, is hulle verban om in saligheid te lewe en het hulle in die hardheid van die wêreld gelewe.

Om die resultate van die “Klein Leuens” te sien wat so baie voormalige lede verkies het om te glo, is soveel beroof van die onskuldige, onbesorgde en die verliefde gloei, wat ek aanskou het dat dit hulle verlaat het. Jy kan dit in die toon van hulle eposse hoor, die tekort van lof en dit aanvoel in die gesukkel—gesukkel van hierdie lewe, wat ons as Sy bruid, nie behoort te voel nie—wat ek eerlikwaar nie voel nie.  

Nietemin, niemand is immuun nie. Op verskeie geleenthede, het beide ek en Tara gepraat oor hoe naby ons elkeen aan die afgrond was en as ons in daardie afgrond geloer het, kan ons onsself nie flous om te dink dat ons immuun is om self in daardie lokval te val nie. Dit het ‘n groot poging geneem om om te draai en ons gedagtes terug te skuif en op Hom te fokus, na Hom te smag en Hom te smeek om ons te help om dieper en passievol op Hom verlief te raak en te vra dat dit tot ‘n groter mate van liefde en bewondering vir Hom sal wees as wat ons ons ooit verbeel het moontlik was. Wat, Hy natuurlik, gedoen het.

Gou na ons gevra het, het Hy ons elkeen oor die skok gehelp en ons het Hom toe gevra vir meer van Hom en Hy het vir my ‘n splinternuwe liefdeslied gegee om vir Hom te sing. Ek het begin om ons vele liefdesliedjies hard te sing soos wat ek in die dorp rondgery het en dinge gedoen het en dit het daartoe gelei dat as ek wakker geword het, het ek hulle in my kop en hart gesing. Baie gou het ek weer dieselfde onbeteulde vreugde as ‘n smoorverliefde bruid gevoel. “Ek behoort aan die man wat ek liefhet, en die man wat ek liefhet is myne” “die liefde verteer my.” Hooglied 6:3, 5:8.   

Liefling bruid, dit kan hoegenaamd enigiets wees wat veroorsaak dat jy in die versoeking kom om bedrieg te word, veral omdat ons vrouens vatbaar daarvoor is, daarom moet ons altyd onder die beskerming van ons Man bly. En nog ‘n groter bedreiging, wanneer jy bedrieg word, is om op die plek te kom waar jou oë oopgaan—nie om groter dinge te sien soos die slang en leuenaar berug is om te sê dat dit gaan gebeur nie—maar wanneer jy jou oë oopmaak en ander sien dat jy jou vreugde verloor het wat almal eens op ‘n tyd in jou kon sien. ‘n Vreugde wat jy eens op ‘n tyd geken en gekoester het. Om verlief te wees is waar ek wil bly, aangesien die teenoorgestelde my met ‘n bedrukte voorkoms sal los, wat ek in volgende week se boodskap sal deel.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui