Verlede week het afgesluit deur jou te vra om iets twee keer te lees: Ek word nie omgepraat of bedrieg nie—nog minder behoort JY ook nie— NET omdat [ons] ‘n ware Man het. 

Eva was bedrieg, maar Adam is wie gesondig het, wat verduidelik word in die eerste boek van die Bybel, die boek van Genesis, waar ons leer van Eva wat deur die slang bedrieg was (na wie ek verkies om na te verwys as die vyand). Ons leer hoe die vyand ingesluip het en vir Eva iets vertel het wat ‘n leuen was. Die verleiding begin deur haar vas te vang met twyfel “het God dit regtig gesĂȘ
”, en dan word dit gevoed deur Eva waar sy dan byvoeg wat God gesĂȘ het sy, “kan nie kyk nie” en die sonde is voltooi wanneer sy nie net eet wat verbode is nie, maar sy bied dit aan Adam, wat gelei het tot die val van die mensdom. So, dit was Adam se sonde, deur Eva wat bedrieg was.

Ek bring dit alles op omdat ek met jou wil deel wat gebeur het toe ek my HM gevra het hoe en hoekom die eks-predikers bedrieg was. Eers het Hy my herinner aan waar daar staan: BAIE sal vir my sĂȘ...Het ons dan nie” (sien Matt. 7:22-23), wat bewys dat dit nie die ongelowiges is nie maar dat dit BAIE Christene sal wees wat eerlik geglo het dat hulle gedoen het wat hulle as “goed” beskou, tesame met die huidige “Christelike” leefstyl wat hulle ongetwyfeld sal red. Tog, as jy lees wat dit sĂȘ—dit gaan eerder daaroor dat HY sĂȘ “Ek het julle nooit geken nie”—omdat Hy ONS persoonlik wil ken—soos ‘n man wat sy vrou intiem “ken.” 

Soos wat baie van julle agterkom kort nadat julle hier aankom, is dat RMI nie ‘n bediening is wat gefokus is om huwelike te herstel nie, eerder, was die herstel van huwelike nog altyd die “net” wat Hy gekies het om vrouens in te vang wat in pyn is en Sy liefde nodig het. Hy het nodig om ons en moet ons Eerste Liefde wees. As dit haar AM “aardse man” is wat sy bly soek, dan, soos Hy sĂȘ, sal Hy verwyder of voortgaan dat mans hulle vrouens verafsku. Dit is nie my opinie nie, maar wat Hy in Psalms 88:9,19 sĂȘ.

Dit is wanneer ons in owerspel is en na enigiemand of enigiets behalwe HOM verlang en wanneer ons uitbeweeg onder die beskerming van ons HM... wanneer ons maklik mislei kan word—’n plek, ‘n posisie, ‘n denkwyse waarin ek nooit wil wees nie. En dit is nie net om my onthalwe nie. As ‘n moeder, ‘n ouma en ‘n prediker, moet ek seker wees dat die pad wat ek loop, maak nie saak hoe nou dit word of hoe moeilik dit is om te reis nie, dit moet wees met Hom wat my hand vashou. En almal wat my goed ken sal jou dieselfde ding vertel: ek leef hierdie manier, elke dag, elke oomblik. Ek kan eerlik nie, nie net sal nie, maar kannie op enige ander manier lewe nie. Ek sal nie oorleef nie.

So, dan is dit wanneer enige een van ons, onsself oopmaak na die krag van bedrieging —wanneer ons van sy liefde wegdwaal as gevolg van ons ontrouheid aan Hom. En tog, kan ons net so gou, in Sy arms opgeneem word deur Sy Naam uit te roep met ‘n hart wat hunker na Hom. Moet dit ASSEBLIEF nooit ooit vergeet nie. Maak nie saak wat jy gedoen het nie, maak nie saak hoe ver jy weggedwaal het nie, Hy is reg langs jou en hoop dat jy na Hom uitreik.

Kan jy of ek bedrieg word? Ja, elkeen van ons kan maklik in misleiding verval en sonder om ‘n Man te hĂȘ wat ons altyd om of deur die slaggate van iets so gevaarlik kan navigeer, is dit waar ons sal bly. Dit is hoekom God liefdevol ‘n onversadigbare begeerte in vrouens geplaas het, om na ons mans te hunker, wat, per slot van sake, nie deel van die vloek is nie, maar Sy beskerming—daarom is ons geseĂ«nd om ons HM te hĂȘ wat sonder sonde was en is 😊 Dit gaan altyd terug na Hom toe, doen dit nie?

So, vra jou HM hierdie week of daar enigiets is waaroor jy nie vrede het of opgewonde of hoopvol is nie, sodat Hy die saak kan regstel dat wat gesĂȘ is nie van Hom af is nie.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui