Verlede week het ek ‘n ongelooflike Openbaring Aangaande Leuens met jou gedeel en hoe AS jy daaroor nadink, dit sal dien om jou vreugde te steel en jou ook daarvan weerhou om ‘n goeie verteenwoordiger as Sy bruid te wees. En as Sy bruid, moet ons anders wees want as ons enige leuen lewendig hou sal ons skuldig voel oor iets wat eenvoudig nie waar is nie en dit is wat hierdie week se boodskap is.

Soos wat ek gesĂȘ het in Week 26 “Openbaring Aangaande Leuens” het ek aangehou om vir die Here te vra of iets waar was deur die beginsel in Psalm 139:23-24 te gebruik— “Deurgrond my, o God, deurgrond my hart, ondersoek my, sien tog my onrus raak. Kyk of ek nie op die verkeerde pad is nie en lei my op die beproefde pad!”

So ver terug as wat ek kan onthou, wanneer iemand my van ‘n fout vertel wat ek het of my op enige wyse korrigeer, neem ek eers aan dat dit waar is. In plaas daarvan om dit af te skud en te dink dat dit moontlik nie waar KAN wees nie, want ek wou nog altyd net ‘n beter persoon wees, vir Hom en toe ek baie jonk was, om beter vir my ouers te wees. Dankbaar, wetende dat Hy met my praat, het my gehelp om egte gesprekke met Hom te hĂȘ, so nou, is dit so eenvoudig soos om Hom te VRA of iets waar is.

Jy het ook hierdie selfde vermoĂ«, liewe bruid, so maak hierdie die mees belangrikste gewoonte van jou lewe. Vra Hom oor alles—veral wanneer jy dinge hoor. Hy weet alles en tensy dit nie jou besigheid is nie of iets waaroor Hy liewer nie wil hĂȘ jy bekommerd moet wees nie, sal Hy jou duidelikheid gee en jou help om die waarheid te ken. En natuurlik, ons almal weet dat die waarheid ons sal vry maak—vry van so baie dinge.

Nou, terug na die waarheid toe, wanneer ons gesĂȘ was van ‘n fout of gekorrigeer was. As wat ook al gesĂȘ was waar IS, selfs ‘n klein gedeelte daarvan—dan wys Hy my eenvoudig hoe om te verander, sonder enige vorm van skuld hoegenaamd. In paas daarvan, is wat Hy deel altyd gevul met vrede, opgewondenheid en hoop.

*So as jy ooit iets anders voel, nie in vrede of opgewonde of hoopvol is wanneer jy Hom iets vra nie, dan is dit nie van Hom af nie, oukei?

Ongelukkig, hierdie keer, het ek ‘n menigte eposse gehad wat my gevra het of wat hulle gehoor het waar is—dikwels haal hulle nie aan watter deel van die lang opnoeming van leuens hulle na toe verwys nie. So dikwels vind ek dat ek toelaat dat een of meer van die leuens my binnedring, soos om ‘n lastige vlieg of muskiet in my brein in toe te laat wat rond zoem en my aandag aftrek.

Alhoewel ek heeltemal onseker is van hoe dit gebeur het, het ek begin om misleidende skuld te voel. Misleidend omdat alles wat gesĂȘ was gebaseer was op ‘n foutiewelike geloof wat vol gate was en heeltemal opgemaak was. En weer, is skuld nooit van God af nie. (Om jou te help om dit te verstaan, lees asseblief, Lewensles Week 4-6 “Skuldigbevinding” “Toesmeer” en “Aanklaer”).

Wat ook so kommerwekkend is, is dat ek geen idee gehad het dat ek hierdie misleidende skuld op myself geneem het nie. Gou het dit gevoel asof ek ‘n swaar drukkende las dra—om nie eens te noem dat deur enige valse skuld te eis of besit daarvan te neem nie, beteken dit dat die werklike skuldige party nooit skuld of berou sal voel nie of die oortuiging sal kry wat nodig is om hulleself reg met God te kry nie. (Weer, om jou te help om dit te verstaan, lees asseblief Lewenslesse Week 4-6 “Skuldigbevinding” “Toesmeer” en “Aanklaer”).

Volgende week sal ek met jou deel hoe ek vrygestel was van misleidende skuld wat my uitgemergel het.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui