Verlede week het ons die onderwerp van leuens begin bespreek en wat ons uiteindelik “verkies” om te glo. Om te hervat, nadat ons ‘n week geneem het om te stop en te Sela oor hierdie gedagte, om dit werklik in ons harte en murg te laat absorbeer, laat ek my eie ervaring met jou deel.  

Die onlangse leuens wat teen my gekom het—wat jy sien Hy ten GOEDE gebruik het vir my om hierdie lewensles te verstaan en met jou te deel, Romeine 8:28—wat ek onmiddellik geweet het was so vreemd en eienaardig vals, ‘n paar weke later—het ek gevind dat ek eintlik wonder of enige deel van die leuen waar is!

Gelukkig, soos ek gewoond is om te doen, hou ek daarvan om elke leuen weer, en weer, en weer na my HM toe te neem, om my van valse skuldgevoelens te bevry. Tot net twee dae gelede, toe ek Hom hoor sĂȘ het: “Erin my Liefling, kan jy nie sien dat as jy ‘kies’ om oor die leuens na te dink, sal jy gou deel van die leuen begin glo. En as jy selfs die kleinste deel van daardie leuen glo, wat jy weet nie waar is nie, maar absurd nie waar is nie, omdat dit nie eens op enige feite of waarheid gebaseer is nie—dan is jy niks anders as diegene by wie die leuen ontstaan het en wie dit gepropageer het nie. Jy gee ook krag aan die vyand net soos wat hulle gedoen het."

Sien jy hoe moeilik dit vir my was om my gedagtes daarom gedraai te kry?

Laat ek jou ook 'n absurditeit gee sodat jy ‘n makliker manier het om te verstaan, want dit is wat ek Hom gevra het om volgende te doen.

So, kom ons sĂȘ iemand het vir jou gesĂȘ jou oĂ« is blou, alhoewel jy weet dat jou oĂ« bruin is? Jy kan begin deur inskiklik te wees: “O, regtig, blou?"

Dit is nie dat hulle gesĂȘ het, “Wanneer jy dit aantrek lyk jou oĂ« blou" nie, of “In hierdie lig, word jou oĂ« ‘n skakering van blou" nie, maar in plaas daarvan gee hulle vir jou geen verduideliking nie.

So dan gaan die leuen voort om in jou kop rond te draai, en met tyd begin jy om te wonder, “Is my oĂ« blou?” en begin jy jouself verbeel dat jy miskien blou skakerings in jou oĂ« sien.  

Ja, hierdie voorbeeld is ietwat absurd, maar ek glo dat as jy jou HM vra om jou te herinner aan ‘n leuen wat oor jou vertel is, iets wat jy eerlikwaar weet nie waar is nie, maar jy het oorweeg dat dit moontlik waar kan wees, dan hoop ek hierdie openbaring kan daardie leuen tot rus bring.

Moet nie laat enigiets wat oor jou gesĂȘ word, of iets wat jy oor iemand anders gehoor het, erodeer hoe jy voel nie—en toe te laat dat wat ook al gesĂȘ word jou vreugde steel nie. Wanneer iets waar is, dan weet jy dit. Dis nie om iemand te oordeel  nie (want dit is vir God om te doen, selfs ons HM het  nie aarde toe gekom vir daardie doel nie), en wat jy hoor maak jou vreugdevol en vreedsaam. 

"Verder, broers, alles wat waar is, alles wat edel is, alles wat reg is, alles wat rein is, alles wat mooi is, alles wat prysenswaardig is —wat deug of lofwaardige saak daar ook mag wees—daarop moet julle julle gedagtes rig. En wat julle van my geleer en ontvang het, en gehoor en gesien het, dit moet julle van my geleer en ontvang het, en gehoor en gesien het, dit moet julle doen. En God wat vrede gee, sal by julle wees” (Filippense 4:8-9).

As Sy bruid, moet ons anders wees. As Sy bruid, wil ons nie enige leuen lewendig hou nie, nog minder in vals skuld val oor iets wat eenvoudig nie waar is nie (dit is waaroor ek volgende week sal deel). In plaas daarvan om “krag aan die vyand” te gee, moet ons seker maak ons gebruik positiewe, liefdevolle krag, SY LIEFDE, SY waarheid om onsself en ander vry te stel.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui