Hierdie week het Hy dit goed gevind om ons weeklikse boodskappe na ‘n nuwe onderwerp te verander, iets waaroor ek al ‘n paar dae nagedink het. Eintlik, is dit ‘n nuwe openbaring waaroor ek nagedink het, wat ek nie seker is of my gedagtes dit al geabsorbeer het nie. Dit is die onderwerp van leuens en wat ons uiteindelik “kies” om te glo”.

Leuens wat aan ons vertel is, is iets waaraan ek gereeld sedert laat Maart gedink het (as gevolg van toe ek persoonlik en ons bediening onder aanval gekom het). Tog is dit hierdie nuwe openbaring wat my laat smag om die impak van hierdie nuwe waarheid ten volle te verstaan om dit met al julle kosbare lidmate, Sy bruide, te deel.

Hopelik, sal Hy my help om dit goed genoeg aan jou te verduidelik sodat jy dit ook in jou hart sal kan oordink—en sodoende sal jy dit nie net kan begryp nie, maar ook die waarheid daarvan kan omhels.

Die waarheid is, daar word leuens orals vertel en hulle word meer en meer verregaande. Wat verbasend vir my is, is dat leuens amper verwag word, amper (‘n) “gegewe” en in sekere opsigte selfs verduur en aangemoedig (word). Dit kom selfs in die lewens van “Christene” voor, omdat sommige rasionaliseer of vir hulleself lieg dat iets die waarheid is, wanneer dit ‘n FEIT is, dat dit ‘n leuen is.  

Jy mag dit dalk in jou eie lewe ervaar het. Jou AM “aardse man” mag dalk vir jou gelieg het en op dieselfde tyd vir homself gelieg het, soos deur te sĂȘ dat hy nooit lief vir jou was nie en later, selfs erken dat dit ‘n leuen was en dat hy dit geweet het toe hy dit gesĂȘ het. Ek kan jou nie vertel hoeveel HHG “Herstelde Huweliks Getuienisse” die einste ding sĂȘ nie.

Jy het dalk ook ervaar dat daar leuens oor jou vertel word. Baie deel oor hoe hulle AM en AV “ander vrou” hof toe gaan en hulle leuens word geglo sodat ‘n egskeidings- of toesigbeslissing kan deurgaan. Het jy dit al ooit ervaar? En maak nie saak hoeveel jy ander probeer oortuig dat dit ‘n leuen is nie—mense kies om iets te glo wat so aaklig vals is, so verkeerd, wat jou verstom los.

Dit is een rede hoekom die Here ons gewys het hoe om te lewe wanneer hy in 1 Petrus 2:21-23 sĂȘ “Juis hiervoor is julle ook geroep, omdat Christus self vir julle gely het en so vir julle ‘n voorbeeld gestel het, sodat julle in Sy voetspore kan volg . . .toe Hy beledig is, het Hy nie terug beledig nie, toe Hy gely het, het Hy nie gedreig nie, maar alles oorgelaat aan Hom wat regverdig oordeel.” dit sĂȘ ook uit Sy mond het daar nooit ‘n leuen gekom nie.” En Jesaja 53:7— “Hy is mishandel, maar hy het geduldig gebly, hy het nie gekla nie. Soos ‘n lam wat na die slagplek toe gelei word en soos ‘n skaap wat stil is as hy geskeer word, het hy nie gekla nie.”

Die wat Hom vervolg het, het geweet dat Hy op hierdie manier sou reageer. Wetende dat Hy nie sou baklei nie, dat Hy nie sou probeer om Homself te verdedig nie of die rekord regstel nie. In plaas daarvan, het hy verkies om God te vertrou dat Hy ‘n plan het, ‘n doel en dankie dat GOD het, anders waar sou ons almal wees? En dit is hoekom ek altyd kies om God se plan te vertrou deur sy voorbeeld te volg. Alhoewel ek graag die rekord sal wil regstel, tensy iemand op ‘n manier vra wat ek weet dat hulle eerlik vra en die waarheid nastreef (Mat. 7:7), maak ek nie my mond oop in enige verdediging nie. 

So wonderlik as wat hierdie gedagte is, is dit nie die openbaring wat ek probeer absorbeer het nie. Dit is die grondwerk of fondasie en iets wat ek dink ons almal moet oordink, omdat HIERDIE beginsel, om nie ons monde oop te maak in verdediging nie, iets so vreemd is, dat dit selfs absurd onder gelowiges is. So kom ons stop en Sela oor hierdie gedagte om dit toe te laat om regtig in ons harte en murg te absorbeer.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui