Vandag word ek die “begeertes van my hart” gegee, net so skielik en heeltemal onverwags omdat, soos alle mans, ons Man lief daarvoor is om ons te seĂ«n met wonderlike verrassings. Ek is gretig om weer “bediening te gee” eerder as om 99.9% van my tyd aanlyn te spandeer met administratiewe werk. Ek weet nie hoe Hy dit doen nie, maar dit is net een klein rede waarom ek voortdurend in VERWONDERING van Hom is—net een van die miljoen maniere wat bewys dat ons HM ongelooflik is—hoe Hy dinge orkestreer om te gebeur wanneer jy dit in die minste verwag.  

Laat ek vir jou nog een van die vele voorbeelde gee wat ek met jou kan deel, en wat Hy vir my gefluister het soos wat ek gretig uit my hart begin skryf het.

Omtrent ses maande gelede het ek tyd saam met my twee jongste, ongetroude dogters spandeer (my ander 5 kinders is gelukkig getroud), albei wat ‘n merkwaardige verjaardag sou vier. Uit my mond, het ek myself iets hoor sĂȘ wat ek gedink het “Waarom sĂȘ jy dit?!??!” Wat ek gedoen het was om aan te bied om hulle saam op ‘n spesiale-een-keer-in-’n leeftyd reis te stuur. Ek het nie dit wat ek gesĂȘ het teruggetrek nie, wetende Wie hulle wou seĂ«n, hulle Vader, so natuurlik, het ek saamgespeel. 🙂

Terwyl hulle opgewonde met mekaar begin gesels het, was my gedagte, “Sjoe, wel, nou hoe gaan ek hiervoor betaal” en toe onmiddelik veroordeel gevoel—Armoede Mentaliteit het op daardie stadium as ons HG Weeklikse Boodskap gehardloop. So, al wat ek kon doen was om te lag, en dit is toe ek regtig geweet het, “Dit is alles Sy idee,” so ek het net geweet dat alles okay sou wees.

Die datums het uitgedraai om nie eens een keer beplan of aan gedink te word nie, maar was net gebaseer op Sy leiding. Dit het uitgedraai dat die ongelooflike prys vlugte (‘n klein fraksie van wat ek gedink het dit mag wees) en waar hulle uiteindelik gebly het (weereens, die helfte wat hotelle gekos het toe toe ek laas daar was en Hy het vir my ‘n klein twee slaapkamer woonstel gewys!!)—die datum waarop hulle uiteindelik vertrek het sou my vader se verjaardag gewees het!! En asof dit nie genoeg was nie, hulle het op my jongste dogter se 21ste verjaardag teruggekeer!! Jy sien!! Vir solank hulle lewe, elke keer as een van hulle (of ek) daaroor dink of praat—sal ons altyd die datums van hulle  spesiale-een-keer-in-’n-leeftyd reis saam onthou!

O, en my lawwe bekommernis oor hoe om daarvoor te betaal. Wel, terwyl hulle daar was, het ek ‘n epos van ‘n intieme vriendin gekry waarin sy vir my gesĂȘ het dat die groot donasie wat sy onlangs gegee het, ‘n dankie van haar en haar man af was! Sy het gesĂȘ sy wou dit vir my “persoonlik” gee omdat ek gehelp het om haar dogter se huwelik te herstel. Is dit nie ongelooflik nie? Ek kan nie onthou dat dit ooit voorheen gebeur het nie. Maar wat nog meer verbysterend was, was dat ek nooit persoonlik enige van die geld gevat het nie, so dit het gebly waar ek wou gehad dit moet bly, in die bedieningsfondse waar dit baie meer doen. Kan jy glo dat my persoonlike rekening nooit laer gelyk het nie, nooit nie—ook nie toe hulle my persoonlike kaart vir enigiets ekstra gebruik het nie. Die waarheid is, ek kan dit nie verduidelik nie, ek kan regtig nie.

Waar, ek gee nie baie aandag aan geld nie, ek het nooit nie en twyfel of ek ooit sal. Dit lyk asof ek blind is vir hoeveel nulle of kommas daar in ‘n bedrag is. Dit is soort van hoe ek nie kleur kan sien nie, ek is ietwat “kleurblind” wanneer dit by velkleur kom soos so baie vir my vertel het toe ek baie gereis het en so baie van ons RMI lidmate,vennote en bedienaars ontmoet het. Wat nou baie lekker is, is dat Tara vir my reis en sy is LIEF daarvoor.

Hey, weet jy wat dalk pret mag wees? Miskien sal ek nou tyd hĂȘ nadat Hy die getalle van ons bedieningspan verminder het, en so baie is besig om hulle eie bedienings te begin vir my om ‘n paar fotos te deel toe ek gereis het, wat my so dikwels aan ‘n lewensles herinner het wat ek met jou kan deel. Wel, as dit Hy is sal dit maklik gebeur, is ek reg! 

Wat ek eintlik in die vooruitsig gestel het is dat my weeklikse boodskappe ‘n geleentheid is vir my om my absolute GUNSTELING beginsels te deel waarvolgens ek lewe! Dinge wat ek sien my dogter Tara volgens lewe en wat ek nou met my twee kleinseuns deel langs wie ek bly. Miskien kan ons beide doen!

Kom ons maak asof ek langs jou bly. En soos wat ek met my Skoondogter Kasey doen, ons kom net enige tyd van die dag bymekaar, dikwels sonder om ‘n kam of borsel deur ons hare te trek, geen grimering, dikwels in nagklere (omdat ons albei lief is daarvoor om by die huis te wees) en dan kan ons praat en so opgewonde raak oor watookal die Here besig is om te doen. Sien jy kans daarvoor?  

En o, maak soos my jongste dogter Macy maak, nooi al jou vriende. Ek spandeer skaars tyd alleen saam met my dogter omdat sy altyd vra of sy hierdie vriendin of daardie vriendin kan saamnooi. Goed, ek hoop jy is so opgewonde soos ek en laat my vooraf sĂȘ dat julle in is vir ’n bederf omdat ek nog steeds, en selfs meer, smoorverlief is op my HM as vantevore. Somtyds snak ek na my asem en kry trane in my oĂ« wanneer ek dink net hoe “verlief” ek is en hoe “verlief” Hy op my is! En ek hoop dat jy dit uiters aansteeklik vind! Tot volgende week, ek stuur al ons liefde vir jou!

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui