★★★★★

Daar is 'n paar moeilike verse in die Bybel, maar net soos dit sĂȘ dat om na 'n pĂȘrel te soek winsgewend is, so ook is daar sommige beginsels wat verborge is, wat te dikwels nie oor gepraat word nie.

Terwyl ek vanoggend na hierdie vers in 2 Samuel (hieronder) gesoek het, was ek verbaas dat dit my so lank geneem het. Eerlikwaar, dit het my vir ewig gevat om dit te kry, maar ek het net geweet dat ek dit oor en oor moes lees en dit in verskeie weergawes bestudeer, om die dieper betekenis te vind.

Die rede hoekom dit so belangrik was dat ek hierdie vers vind en bestudeer, is omdat daar ‘n juweel daarbinne is wat ek geweet het Hy in my hart geplaas het na nog ‘n lasterlike aanval na my gegooi was, persoonlik en in die openbaar. Die eerste vers (hieronder) wat saamval met hierdie beginsel, wat ook die fondasie kan lĂȘ vir jou om die moeiliker vers daarna te volg, is om nie die “kwaad” te weerstaan nie, waarvan Jesus gepraat het in . . .

Matteus 5:38-39 AFR83― “Julle het gehoor dat daar gesĂȘ is: ‘‘n Oog vir 'n oog en 'n tand vir 'n tand.’ Maar Ek sĂȘ vir julle: Julle moet julle nie teen 'n kwaadwillige mens verset nie. As iemand jou op die regterwang slaan, draai ook die ander wang na hom toe.”

2 Samuel 16:11-13―“Verder het die koning vir al sy amptenare en vir Abisai gesĂȘ: ‘My eie bloedkind soek my lewe. Daarom moet julle hierdie Benjaminiet met rus laat dat hy maar vloek, want die Here het hom die opdrag gegee. [Miskien let] die Here op my ellende en beloon Hy my met iets goeds vir vandag se vervloeking.’ Dawid en sy mense het toe pad langs verder getrek. SimeĂŻ het ĂĄl teen die berghang langs geloop en vloek en klippe gooi en stof opskop. Moeg het die koning en sy geselskap by die Jordaan aangekom en daar 'n bietjie gerus.”

Miskien is die woord wat ek jare gelede gememoriseer het, die woord wat ek gesoek het, wat gedefinieer word as: dalk, toevallig, sinonieme: dalk, moontlik, vir al wat jy weet, dit kan wees, dis moontlik, denkbaar.

Stof word interessant genoeg dikwels as ‘n voorstelling van skande en rou in die Bybel gebruik. Dit is hoekom diegene wat geliefdes verloor het, dit oor hul koppe gegooi het en waarom ons aangesĂȘ word om dit van ons voete af te skud.

Laat my verduidelik dat dit die tydperk in Dawid se lewe was toe hy van sy eie seun, Absalom, weghardloop het wie hom wou vernietig. Ongelukkig, noudat die dae al hoe slegter word namate ons nader aan die eindtyd kom, sal meer en meer goddelike ouers ongelukkig hierdie hartseer moet beleef.

Tog wat ek vandag wil hĂȘ jy moet sien in hierdie wonderlike beginsel wat so pynlik moeilik is vir ons om te doen, en tog soos elke ander beginsel wat ons kan aangryp en dan omhels is dat deur dit te omhels, ons onmeetbare belonings ervaar.

Nie net weier Dawid om die kwaad te weerstaan nie, maar hy keer ander om dit te stop. Die  rede word gevind wanneer hy wonder hoekom. Miskien


“Miskien let die Here op my ellende” wat Dawid hoop hy van God sal kry. Eerder as om aanvalle te keer, kyk hy na God om vir hom iets goeds terug te gee. En soos ons weet, die ware, blywende en kragtigste seĂ«ninge kom nie van die mens of hierdie wĂȘreld af nie, dit kom van God af.

Soos ek aan die begin gesĂȘ het, al hoe meer en meer lasterlike aanvalle is persoonlik en in die openbaar na my gegooi. Die hoof rede hoekom Hy vir my gesĂȘ het ek hierdie aanvalle moet ondervind, is omdat Hy op die punt staan om hierdie bediening hoĂ«r te vat. Ek is nie seker of die aanvalle ook help om ons nederig te maak nie en ook nie of dit ons forseer om nader aan die Here te beweeg omdat ons Hom nodiger gaan hĂȘ nie, en of omdat dit eenvoudig die vyand is wat probeer om te keer wat God op die punt staan om te doen nie. As ek moet raai, glo ek dit is al drie hierdie redes en moontlik, en selfs meer, is ek nog nie geestelik volwasse genoeg om te verstaan nie. Nietemin, ek wil in staat wees om nie net die beginsel te aanvaar nie, maar om dit te omhels. Nie net vir my eie beswil nie, maar vir wat ek glo Hy wil doen en hoe hoe Hy RMI en haar ministers selfs meer wil gebruik.

In alle eerlikheid kan ek sĂȘ: “Ek sĂȘ nie dat ek dit alles al het of die doel al bereik het nie, maar ek span my in om dit alles myne te maak omdat Christus Jesus my reeds Syne gemaak het. Broers, ek verbeel my nie dat ek dit alles al het nie. Een  ding doen ek: ek maak my los van wat agter is en strek my uit na wat voor is. Ek span my in om by die wenstreep te kom, sodat ek die hemelse prys kan behaal waartoe God my geroep het in Christus Jesus.” Fillipense 3:12-14

Wat van jou?

In vandag se wĂȘreld, selfs in die kerk, praat niemand oor hierdie moeilike beginsel nie of leef dit uit nie. In plaas daarvan word ons geleer dat ons onsself moet verdedig en dat die kwaad wat aan ons gedoen word, ons gaan vernietig.

Natuurlik IS dit waar, dit is nog ‘n deel van die vyand se planne, maar dit is nie so vir die gelowige wie geroep is om ‘n hoĂ«r roeping te leef nie. En dit is ook nie so dat ons as gelowiges, geprys kan word of ander beĂŻndruk nie, maar dit goed hanteer vir die doel om die Here toe te laat om Sy Goeie Nuus in die getuigskrif van ons lewens te skryf. Die getuigskrif van ons lewens wat mense elke dag lees.

Dit beteken dat ons ons lewens so moet leef dat die wĂȘreld sien dat selfs al is die vyand uit om ons seer te maak en te vernietig, saam met Hom, kan ons daardeur loop en nie net daardeur kom nie, maar op die ou einde voordeel daaruit trek. Dit, dierbare mens, word eenvoudig ‘n getuienis genoem, wat belangrik is vir ons om te verkry om sodoende ander te help om die goddelose te oorkom.

Die Openbaring 12:11— “Hulle het self die oorwinning oor hom behaal danksy die bloed van die Lam en die boodskap waarvan hulle getuig het; en hulle het nie hulle lewens so liefgehad dat hulle onwillig was om vir Hom te sterwe nie.”

*Let ook op, jou getuienis begin of eindig nie met die herstel van jou huwelik nie. Jou getuienis is elke keer as een van Sy beloftes vervul word en jy ‘n les leef, jy’n beginsel leef en Goeie Nuus het wat gedeel moet word om aan diegene bediening te gee wat honger, dors en desperaat is.

Hierdie lesse begin met klein gerugte binne julle eie families, waar jy werk of in jou buurt. Wanneer jy die kleiner beledigings deurkom sonder om jouself te verdedig, sal Hy voortgaan om jou en die vlak van aanvalle te bevorder om jou sodoende op nog ‘n hoĂ«r vlak te gebruik.

Ja, omdat ons mens is, verkies ons lof en eerbewyse van ander, maar wanneer ons dit het, is ons ons gevaarlik naby om God se vyand te word.

“Weet julle nie, julle ontroues, dat vriendskap met die wĂȘreld vyandskap teen God is nie? Wie 'n vriend van die wĂȘreld wil wees, wys daarmee dat hy 'n vyand van God is.” (Jakobus 4:4)

Omdat vandag se boodskap baie moeilik is vir meeste van ons om te aanvaar, STOP asseblief nou (of maak ‘n afspraak vir later) om te sela wat jy geleer het, met ander woorde, oordink dit alles. Soek die verse wat ek alreeds gedeel het en oordink hulle. En soos altyd, maak ‘n afspraak met jou Man om alleen saam met Hom te wees en VRA Hom om met jou te deel hoe om hierdie boodskap in jou lewe toe te pas. Sit dan stil en luister. En hou jou liefde lewendig deur daagliks so te leef.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui