★★★★★

Verlede week het ons bespreek wanneer ons die onwetende slagoffers is en daar geen manier vir ons is om van “beter te geweet het nie.”

Hierdie week wil ek met jou praat oor selfs ‘n meer hinderlike situasie. Die situasie wat ontstaan wanneer vrouens hulself in skadelike situasies plaas. In hierdie situasies is dit nie so maklik om vrygestel te word soos in die situasies waar die vroue nie kon geweet het nie, en dit is presies waar die vyand jou sal martel.

Watter hoop is daar vir vrouens wie nie heeltemal onskuldig is nie? Soos byvoorbeeld vrouens wat drink en hulself in skadelike posisies geplaas het, of wanneer hulle verkies om alleen saam met ‘n man te wees, wetend dat hulle eintlik aangevoel het dat daar gevare was? Met ander woorde, hulle moes van beter geweet het.

Is daar hoop vir vrouens wat gedeeltelik of selfs ten volle te blameer is?

ABSOLUUT! 

Die sleutel vers wat die grondslag van ons geloof is, “Toe ons nog sondaars was!” (Romeine 5:8). Jesus het nie gesterf omdat ons goed was of selfs gedeeltelik goed was nie, nie een van ons was onskuldig aan sonde nie. Nee. Dit is toe ons sondaars was, dit is toe dat Hy ons lief genoeg gehad het om vir ons te sterf!

Dit beteken dat selfs wanneer ons ‘n aandeel gehad het in wat met ons gebeur het, staan Hy daar met Sy arms wawyd oop, gereed om vriendelik en liefdevol met ons te praat!! Nie net ontvang ons Sy liefde nie, maar Hy gee selfs meer as dit wat ons ooit kan voorstel! 

Jesaja 40:2— “Bring vir Jerusalem die goeie tyding, sĂȘ vir hom sy swaarkry is verby, hy het geboet vir sy sonde, hy het van die Here die volle straf ontvang vir al sy sondes.”

So, dit beteken, as jy ‘n oorlog teen skande en skuld baklei het—met spyt en herhalings wat oor en oor in jou kop speel “ek moes geweet het!!” en selfs al is dit gedeeltelik waar, JA, jy moes van beter geweet het—maar dit is tyd om die stryd vir Hom te gee en dan jou energie te spandeer en te fokus om die DUBBEL seĂ«ninge waarvoor Hy gesterf het en vir jou gegee het, te oes!

Eksodus 14:13— “Moenie bang wees nie. Staan vas, kyk hoe die Here julle vandag gaan red
”

As jy iets moet bely waarby jy nie by betrokke moes geraak het nie, vra die Here hoe Hy wil hĂȘ dat jy daarvan ontslae moet raak. Moet nie wag nie, stop en vra Hom nou. So dan, wanneer jy beskuldig of weer gemartel word, kan jy jouself herinner dat jy vergewe is, en nie net vergewe nie, jy is dubbeld geseĂ«nd.  

Van daardie oomblik af, ieder en elke keer wanneer jou aanklaer jou probeer martel, kan jy glimlag en opkyk met dankbaarheid in jou hart, omdat die waarheid is dat die vyand nie jou vrede van jou kan steel nie. Dit is volbring.

Deur jou verlede op te klaar is iets waarvan jy nie ‘n projek hoef te maak nie. In plaas daarvan, hanteer dit net een vir een soos wat dit in jou kop en gedagtes opkom.

Een ding om seker van te maak en wat jy duidelik moet verstaan, en ‘n waarheid wat jou sal vryspreek, is dat alhoewel jy dinge mag onthou (en waarskynlik sal), sal jy vind dat wanneer jy dit vir die Here gee en Hy die pyn en skande oplos, asook enige ander negatiewe emosie, dit van so aard sal wees dat wanneer jy weer daaraan dink, daar GEEN negatiewe emosies aangeheg behoort te wees nie. Met ander woorde, JA. Jy sal onthou, maar dit sal in jou kop bly, sonder emosies van jou hart wat aangeheg is.

Dit is belangrik om dit te onthou dat die vyand slim en listig is, so hy hou daarvan om net genoeg te lieg om jou selfs meer te martel met die gevolg dat wanneer jy wel onthou, sal hy sĂȘ omdat jy nog steeds onthou, beteken dit dat jy nie vergeet het nie. Dit is ‘n leun.

Die rede wat HY jou nog steeds laat onthou is slegs vir een rede—om te help om aan ander vrouens bediening te gee! Met die pyn, skande en enige ander negatiewe gevoel wat weg is, en net die dubbel seĂ«ninge wat agter bly, begin jy deur hierdie waarhede in die lewens van ander te “saai” 

Om jou te help om dit te doen, wil ons meer van julle aanmoedig om God te begin soek vir wysheid om jou eie Herstel Reis Roman te skryf.

As jy getrou al die lesvorms ingevul het, terwyl jy jou hart teenoor die Here in jou joernale uitgestort het, begin dan jou reis te dokumenteer en dit kan gebruik word om hoofstukke vir jou boek te skep.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui