★★★★★

Verlede week het ons die weeklikse boodskap afgesluit met hierdie waarheid:

Wat meeste slagoffers mee gelos word is ‘n gevoel van skuld, en laat valslik toe dat die blaam op hulle val en OP hulle bly—sodat—die persoon wat vergifnis nodig het nooit die volle effek van hulle sonde voel nie.

Indien jy skuld op jou geneem het wat nie joune is nie, ongeag hoe groot of klein die skuldlas is, en indien jy onsuksesvol sukkel om van die skuldlas ontslae te raak en as gevolg daarvan nie in staat is om vrygestel te word nie, is ek hierdie week opgewonde om selfs MEER waarheid te deel, ongelooflik en diepgaande. Jy sal kan sien hoekom die vyand in staat is om voort te gaan om die SLAGOFFER te martel en waarom die persoon wat gesondig het lyk asof hulle nie geaffekteer word nie.

Op die vlug huis toe, nadat my gasvrou en ek gery het na waar sy verkrag was, waar hierdie ou gebly het, en ander plekke waar sy nie in staat was om enigsins naby te gaan nie voordat die Here haar van vals skuld genees het nie, Hy het vir my gesĂȘ:

Daar is net EEN STEL negatiewe emosies per sonde. Indien jy hulle valslik neem, sal die regte sondaar geen berou voel nie. Sonder berou is daar geen rede vir ‘n sondaar om te bekeer nie—vandaar bly die sondaar ‘n sondaar en erger herhaal die sondaar dikwels die sonde en oortreding weer en weer. 

Daar word vir ons gesĂȘ om weer en weer te vergewe, reg? Nie net wanneer iemand jammer is nie, maar onmiddellik. God, wie die wĂȘreld en al die beginsels en wette geskep het, het vir ons gesĂȘ hoe belangrik dit is en dit is vir baie redes. Die eerste en belangrikste rede is dat ons nie in staat is om genees te word van dit wat met ons gebeur het nie. Alhoewel ons gedagtes nie mag vergeet nie, het ek ervaar deur in staat te wees om daaroor te dink en my ervaring met ander te deel, sonder enige negatiewe emosies aangeheg, dat daar hoegenaamd geen pyn of skande is nie.

Die ander rede wat ewe belangrik is om te vergewe, is sodat ons liefde kan uitbeeld aan die een wat teen ons gesondig het. Wanneer ons vergewe, dan is ons vry van die skuld (van wat ons moes of nie moes gedoen het nie), en dan met vergifnis ontvang, kan die sondaar die gewig van hulle sonde VOEL.

Daar is so baie voorbeelde wat deur my gedagtes vlieg, maar laat my net een van my gunstelinge noem wat ek hoop jou sal help om die vermoĂ« te hĂȘ om selfs die ergste sondaars te vergewe.

Toe ons familie in Pensacola gebly het, waar RMI gestig is, was daar ‘n 5 kilometer brug wat baie gevaarlik was. My eie swaer het sy nefie verloor toe hy die vorige jaar deur ‘n dronk bestuurder op die brug raak gery is, die jaar voordat hy ook gesterf het. So wanneer ons van ‘n ongeluk op die 5 kilometer brug hoor, was dit groot nuus. 

Die tragedie het ‘n liewe familie wat baie na aan ons en in voltydse bediening was getref. Dit was die paartjie wat God gebruik het om my so baie van bediening te leer. Een dag het hulle die oproep gekry wat alle ouers vrees: hulle seun was in ‘n motor ongeluk op die 5 kilometer brug, was in die helikopter opgeneem en die polisie was by hulle huis om hulle na die hospitaal toe te neem. Soos wat hulle aan die ander kant gery het (die aankomende verkeer as gevolg van die ander kant wat gestop was deur die wrakke van motors wat betrokke was), met sirenes wat blĂȘr, het hulle gesien wat oor was van hulle seun se motor en het geglo dat hy dit nie sou kon oorleef het nie. Dit was niks kort van ‘n wonderwerk dat hy oorleef het nie—maar hy loop nou met ‘n beduidende en duidelike mank been en is nie in staat om sy regterhand te gebruik nie.

MAAR dit is wat die nuus gesĂȘ het (beide op televisie en die koerant hoof opskrifte) en wat in die hoof opskrifte dwarsoor die nasie herhaal was, wat almal se aandag getrek het. Die man was nie net dronk nie, maar was ook op dwelms en was ‘n 7 keer BOI oortreder, en het sonder ‘n lisensie bestuur. Tog het hierdie ouers gevra om met die man in die tronk te praat—om hom te laat weet dat hulle hom vergewe het en dat selfs al maak hulle seun dit nie, dat hy homself nie moet blameer nie. Die nuus het rapporteer dat die man gebroke gehuil het, en die vader van die man wat aan die lewe vasgeklou het, het uitgereik na hom toe en hom omhels terwyl hy gehuil het. Omdat hierdie ouers in staat was om hierdie herhaalde oortreder te vergewe—het hy die volle effek gevoel van wat hy gedoen het. Gedurende die hofsaak, het die ouers ’n verklaring gemaak en die hof gevra vir genade.    

Hierdie verregaande daad van vergifnis het die pers ook geleer hoe om gered te word, wat gebeur het op een van hulle latere besoeke aan die tronk. Elke dag na die ouers hulle seun besoek het, het hulle as ‘n paartjie hierdie man in die tronk besoek.  Hulle het  hom gaan inlig dat hulle seun uit ‘n koma was, wanneer hy begin praat het, en toe hy weer begin het om sy ledemate te beweeg. As gevolg van hulle voorbeeld van deernis, toe hy uit die hospitaal kom en alhoewel hy nie kon loop nie, was hulle seun se eerste stop by die tronk om hierdie man persoonlik te vergewe—wat ook groot nuus was!  

Meeste van ons sal nooit geroep word om enigiets so ongelooflik te doen en so in die publiek nie, maar ieder en elke dag kan ons leef op die manier wat Hy sĂȘ ons moet en die lewens van mense verander wat ons lewens waarneem, ons lees die opstel van ons lewens.

Synota: Hierdie paartjie het ‘n herstelde huwelik gehad! Toe ek my vriendin ontmoet het, was haar man vir jare in voltydse bediening, en het hy die plaaslike sopkombuis bestuur wat ook ‘n hawe en ‘n program vir vrouens gehad het wat hulle kinders deur die hof, wat tussenbeide getree het, verloor het. (Ek het as vrywilliger gewerk en opvoeding gegee.) My vriendin het met my gedeel dat sy uit ‘n wilde lewe gered was, terwyl sy getroud was, en daarna, het sy gebid vir haar man om ‘n “Damaskus” ervaring te kry. Hy het. Toe God hom aangeraak het, onmiddelik daarna, het hy hulle familie Bybel oral begin ronddra waar ook al hy gegaan het. En die mees ongelooflike ding het gebeur—God het vir hom die gawe gegee om word-vir-woord alles wat hy gelees het te onthou.

Destyds het hy ‘n kleiner restaurant besit en het begin om elke aand wat hy toegemaak het kos aan die hawelose te gee. Dit het daartoe gelei dat hy ‘n sopkombuis oopgemaak het en later het die stad vir hulle al die land onder die snelweg gegee om uit te brei. Tog, soos wat hulle vir my gesĂȘ het, “Erin, jy sal nie die seĂ«ninge glo en hoe jou lewe sal verander sodra jy voltyds begin bediening gee nie. Maar onthou, dit is wanneer jou beproewings begin, nie wanneer hulle eindig nie.” 

Dit is weer tyd om nou te STOP (of maak ‘n datum later) om te sela wat jy geleer het, met ander woorde, mediteer op alles. Wees seker dat jy nie net dink oor wat jy geleer het nie, maar dat jy ‘n datum met jou Man opstel om alleen saam Hom te wees en Hom te VRA om met jou te deel hoe hierdie boodskap van toepassing op jou sal wees en enigiets anders wat jy Hom kan VRA. Sit dan stil en luister 😉 En hou jou liefde lewendig deur daagliks so te lewe.

 

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui