~ Yvonne Audio ☊

Die grondslag om die Oorvloedige Lewe te Leef, sodra jy ‘n persoonlike verhouding met die Here het, is om te leer om volgens Sy beginsels te leef—die lewe se padkaart. 

Die eerste stap is om in te tap in hierdie verstommende en verregaande belofte van God, wat gevind word in die heel eerste Psalm. Lees die hele vers, maar skenk veral aandag aan die vetgedrukte gedeelte.

Psalms 1

1 Dit gaan goed met die mens wat
nie die raad van die goddeloses volg nie,
nie met sondaars omgaan nie
en met ligsinniges saamspan nie,

2 Maar wat in die woord van die HERE sy vreugde vind,
dit dag en nag oordink. 

3 Hy is soos ‘n boom wat by waterstrome geplant is,
wat op die regte tyd vrugte dra
en waarvan die blare nie verdroog nie.
Hy is
voorspoedig in alles wat hy aanpak.

Hierdie Lewensbeginsel sê dat as ons EENVOUDIG Sy woord oordink, en dit doen omdat ons ons vreugde daarin vind, Hy belowe dat in alles wat ons aanpak ons voorspoedig SAL wees  

Maar hoe, presies, kan hierdie beginsel MAKLIK uitgevoer word?

Die manier waarop ek dit gedoen het in 1991 (die jaar wat die Here die eerste keer God se begeerte om my huwelik te herstel in my hart gesit het), toe ek hierdie beginsel ontdek het, was om 3x5 indeks kaarte te begin gebruik en ek het elke vers neergeskryf wat ek wou lees om my gedagtes te hernu en my geestelik te versterk. Ek het baie verse op een kaart geskryf en het aangehou om by te voeg. Ek het hulle ten alle tye by my gehou en hulle uitgehaal wanneer ek vrees voel aankom het. Ek het nooit nodig gehad om hulle te probeer memoriseer nie, maar ek het ek gou gevind dat hulle my siel “gevoed” het. Wanneer ek hulle nodig gehad het, het my gedagtes hulle gevind, en my hart sou hulle oor en oor sê.  

Maar Hy [Jesus] antwoord: “Daar staan geskrywe: “‘n MENS LEEF NIE NET VAN BROOD NIE MAAR VAN ELKE WOORD WAT UIT DIE MOND VAN GOD KOM.”Matteus 4:4

Maar, as jy nie tans in ‘n staat van desperasie is soos wat ek was nie, is die maklikste metode om jou “teiken” of “ sleutel” verse reg langs jou bed te sit. Lees hulle EERSTE wanneer jy wakker word, en WEER net voor jy gaan slaap in die aand—met ander woorde—oordink dit dag en nag! Jy kan hulle ook op jou selfoon of rekenaar skakel met Bible.com, sodat jy kan lees en luister—om sodoende Sy Woord, Sy beloftes te laat vassit!  

Dit was die wysheid wat die Here vir my tiener seun gegee het toe ons hierdie Lewensbeginsel bespreek het. Alle jong mans en vrouens wil floreer, maar daar is geen werklike waarborge wat deur die wêreld gegee word nie. Net God is getrou en is ons versekering! My seun het begin om dit dag en nag te oordink terwyl almal toegekyk het hoe sy lewe floreer!  

BEGIN NOU dadelik! Skryf hierdie sleutelvers van Psalm 1 op ‘n indeks kaart OF kopieer en plak hulle in ‘n epos of ander dokument. Lees hulle op jou selfoon of druk die dokument. Laat die Here jou lei, wat die volgende Lewensles sal wees!

*Wees ook seker om dit met Hom te bespreek of voeg dit by jou

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui