AFR_W_H_CoverFront-768x1193-1

Maak die Meeste van Jou

Skedule

Nommer Jou Dae

Leer ons ons dae so
gebruik dat ons
wysheid bekom
—Ps. 90:12

Wanneer ek opgewonde raak oor iets nuuts om met my familie te probeer, sal ‘n krisis nooit misluk om te gebeur nie. Die vyand is ‘n dief! Aangesien jy vir hulp in jou lewe gebid het, en God jou beantwoord het deur vir jou ‘n nuwe plan te gee, dan sal die vyand ongetwyfeld inkom om dit op te mors. Het dit alreeds die eerste oggend gebeur toe jy probeer het om ‘n roetine met jou familie op te stel? 

Die baba word siek, jou man vra jou om iets ongewoon vir hom te doen, of jou familie besluit om dieselfde week te kom kuier. Dit is net deel van die alledaagse lewe!

Geliefdes, moenie verbaas wees oor die vuurproef waaraan julle onderwerp word nie. Dit is nie iets vreemds wat met julle gebeur nie” (1 Pet 4:12) “Wees altyd bly in die Here! Ek herhaal: Wees bly!” (Fil. 4:4) So wees bly! Dit beteken dat jy op die regte pad is, omdat die vyand probeer om jou pogings te dwarsboom!

Dit is altyd belangrik om vooruit te beplan, om ‘n roetine te stel vir jou lewe (soos wat ons in die laaste hoofstuk bespreek het), en om jou huis en jou lewe te organiseer; maar onthou, toetse, beproewings, en versoekings sal elke dag in jou lewe kom, so jy moet gereed wees met ‘n plan van aksie—moet nie laat beproewings jou onkant vang nie!

Wanneer jy ieder en elke oggend wakker word, keer na God toe en vra Hom vir Sy plan. Dit is wat die vers in Spreuke 3:6 beteken, “Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop.” Dit is spesiaal waar wanneer ‘n krisis toesak. Gaan eerste na God toe, erken dat Hy jou wil help, en laat Hom die volgende stap wat jy neem aangee. Dit is hoe God jou beproewings in triomf kan verander! En moet nie vergeet om Hom te bedank vir elke beproewing nie, omdat Hy belowe om dit ten goede te laat meewerk vir ons (Sien Romeine 8:28)

Eerste Korintiërs 10:12-13 sê, “Geen versoeking wat meer is as wat ‘n mens kan weerstaan, het julle oorval nie. God is getrou. Hy sal nie toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie; as die versoeking kom, sal Hy ook die uitkoms gee, sodat julle dit kan weerstaan . . .” Ons almal as tuiste skeppers staar beproewings in die gesig, maar wat belangrik is, is om God se manier daardeur dit te vind!

Metodes van Organiseering om Tyd en Frustrasie te Spaar

Alhoewel die onverwagte gebeur wanneer jy dit die minste verwag, kan ons nie op dae soos dit fokus nie. Sit dramatiese gebeure opsy, kom ons fokus om ons lewens te organiseer dat wanneer dinge gebeur, ons nog steeds in staat sal wees om te funksioneer of optel waar ons agtergelaat het.

Notas: Deur notas te maak en te gebruik is net goed as jy aanhoudend na hulle verwys, naarstigtelik volg, en die notas het wanneer jy hulle nodig het! In plaas om notas oor jou hele huis uitgesprei te hê, soos om “plakkertjies,” ander stukkies papier, of lysies te hê, mag jy dit dalk oorweeg om ‘n organiseerders of afspraak boek te gebruik om jou lysies en al die ander dinge wat jy nodig het bymekaar te hou. 

Organiseerders: Organiseerders is wonderlik, en ek gebruik hulle al vir jare. Nietemin, wanneer jy een uitsoek, maak seker dit is eenvoudig en gepas vir jou doel. Dit lyk asof hulle vir bestuursamptenare ontwerp is, en nie vir mense soos ons nie; daarom, watookal jy nie gebruik nie, verwyder daardie seksies en gooi hulle of weg of gee hulle vir liefdadigheid. (Ek het hulle gehou, en gedink dat ek hulle een dag sou gebruik. In plaas daarvan, het hulle nog net een ding word wat gelei het dat ek my huis gouer moes ontrommel.) Die beste ding wat jy kan doen is om net die seksies te hou wat in jou behoeftes voorsien.

Toe ons na die plaas toe getrek het en ek baie vêr van alles af gebly het, het ek gevind dat ek nie so baie uitgekom het as toe ek in die dorp gebly het nie (toe ek swaar op my organiseerders staat gemaak het wat ek oral saam my gedra het).

Hierdie seksie was oorspronklik geskryf toe ek meer dikwels uit die huis uit was, wat beteken het dat ek my organisasie metode saam my moes hou. Meeste van julle woon nie in plattelandse liggings nie en nog minder spandeer julle die grootste deel van julle tyd by die huis, so ek wil hê hierdie hoofstuk moet vir julle ministerie.

Die eerste ding wat jy nodig het om te doen met ‘n organiseerder is om dit by jou te hou.

Selfs nou dat ons weer in die dorp bly, vind ek dat ek probeer om my huis nie dikwels te verlaat nie, en as ek doen, is dit vir kort tydperke. By die huis, is ek gedurig op my rekenaar, waar my “organiseerder” of daaglikse kalender en kantoor kennisgewings gelos word, wat my die heledag herinner aan wat ek moet doen of wanneer dit gedoen moet word. Ek gebruik ook my telefoon alarm om my te herinner wanneer dinge gedoen moet word. 

Alhoewel ek duidelik in die “rekenaar era” woon en op die vinnige baan is wanneer ek rondom die wêreld reis, het ek gevind dat ek regtig die organiseerder verkies bo ‘n palm gids. Die praktiese reël is dat jy behoort die metode wat die beste vir jou werk te gebruik. 

Weereens, die belangrikste reël wanneer jy ‘n organiseerder gebruik is dat jy dit ten alle tye saam jou moet hou! Dit beteken dat jy dit by jou dra wanneer jy na ‘n ander kamer beweeg in die huis, en om seker te maak dat jou handsak groot genoeg is om jou organiseerder te laat inpas.

Daar is organiseerders wat eintlik in my beursie of handsak pas. Vandat ek begin reis het, het ek gevind dat ek my lewe vereenvoudig het en nou dra ek net my handsak vir bank notas, munte, en krediet kaarte. As ek die huis verlaat, is dit gewoonlik vir ‘n kort tydperke, en as dit vir langer periodes is, is ek geneig om my skootrekenaar werk toe te dra so dan het ek my organiseerder by my.  

Nog ‘n punt: wat nou werk, of wat toe gewerk het, mag dalk gedraai word soos wat jou lewe en benodighede verandering nodig het.

Nog ‘n puik wenk is om seker te maak dat jy ‘n potlood gebruik in plaas van die pen wat dalk saam die organiseerder kom. Dit gaan ook vir ‘n afspraak boek of ‘n muur kalender. Gebruik ‘n potlood wat dit makliker sal maak om dinge te skuif of te verander soos wat okkasies verander, nie net dag-tot-dag nie, maar somtyds oomblik-na-oomblik!

Met ‘n organiseerder (wat ek dra of een wat op my rekenaar is), vind ek dat ek in staat is om baie meer te bereik as wat ek kon sonder een en met baie minder stres! Hier is sommige van die dinge wat ek in my organiseerder hou wat my help om organiseerd en op skedule te bly.

Telefoon nommers: Reg, die was eens op ‘n tyd een van my beste wenke, maar nou, met die wydgespreide gebruik van selfone en ons SPOED skakel funksie is meeste hiervan verouderd. So laat my jou net ‘n paar voorstelle gee.

Maak seker dat jy jou spoed skakel funksie vir besighede wat jy gereeld besoeke gebruik en spesiaal vir jou dokters en tandartse (ek hou daarvan dat ek dit reg in my hand het wanneer ek vorms invul). Sleutel die nommer vir jou bank, poskantoor, biblioteek, en jou gunsteling wegneem-plek in. Die afglyding met selfone is is dat ek die ure in my organisator gehad het wanneer hierdie plekke oop was. Miskien is daar ‘n manier op my selfoon, maar ek is nie so selfoon kundig nie.  

Kalender: Gebruik die “maandelikse” kalender in jou organisator as jy gewoonlik ‘n minimale getal afsprake het (drie tot vier afsprake of praktyke per week). Of gebruik die “week in ‘n blik” as jy ‘n redelike besige persoon is (meer as een afspraak per dag). As jy die heel dag besig is, sal jy ‘n daaglikse kalender wil gebruik of net ‘n daaglikse kalender vir daardie dae wanneer jy baie takies of afsprake beplan. Ek hou ook van uurlike lyste om lyste te maak.

Ek is ‘stickie” soort van persoon; daarom, lyk dit asof hulle orals weggestop is sodat ek net dinge kan noteer wanneer dit nodig is. My metode is om hulle te bring en op my rekenaar te plak en na my rekenaar toe oor te plaas wanneer ek op my rekenaar werk . Ek gebruik hulle ook wanneer ek my kort reis takies verrig. Die manier om dit te doen is om alles waaraan jy kan dink neer te skryf, in geen spesifieke orde nie. Skryf net elke stop neer op ‘n stickie, en nommer dan die stickies in die orde wat jy nodig het of wil gaan. Dan plak ek dit op die paneelbord van my motor. 

Nog ‘n hulpvolle wenk is om die gewoonte aan te kweek om te “skeduleer” wanneer jy die huis gaan verlaat versus die afspraak tyd. Maak net seker dat jy neerskryf “vertrek 9 uur,” sodat jy ‘n half uur vroeër daar kan kom. Ook, skeduleer die tyd wat jy gaan gereed maak en die tyd wat jy gaan eet (ontbyt, middagete, of aandete). As jy ‘n persoon is wat altyd laat is, verander hierdie karktaker gebrek deur jou tyd te monitor. Laat 30 minute, eerder as 15 minute toe.

Iemand wat altyd laat is het nie ‘n probleem om ‘n disorganiseerde persoon te wees nie; hy of sy het ook ‘n probleem met trots. Wat jy impliseer deur jou laat aankoms is dat jou tyd meer kosbaar is as die persoon wie jy forseer om vir jou te wag eke keer wat jy laat is. Of dit ‘n afspraak is, ‘n middagete afspraak, of by die kerk—neem tyd om jou lewe te herdefinieer deur genoeg tyd toe te laat om gereed te maak en om êrens op tyd te kom.

Deur vooruit, eerder as agter te wees, verander eenvoudig die manier waarop jy dinge beplan. Dit beteken geen verskonings nie. My moeder, seën haar hart, was dikwels laat met twee ure! Haar verskoning was haar 7 kinders; alhoewel, ek ook 7 kinders gehad het en was daar deur my eks-man om vroeg te wees. As hy gesê het ons verlaat 7:30 VM het dit beteken dat ons 7:15 VM uit die inrit ry. Ons sou meer as ‘n half uur vroeg by die kerk arriveer en wag. En my eks-man het ook nie geglo dat hy nodig gehad het om die kinders reg of in die kar te kry nie. Dames, ek moes regtig die Here nastreef vir Sy hulp sodat ek nie ‘n doring in my man se vlees was nie en so moet jy. Selfs al is jy nie getroud nie, die kinders of jou baas of jou vriendin, wie ookal dit mag wees, hulle wil weet dat jy genoeg oor hulle omgee om op tyd te wees.

Hier is ‘n lys van sommige ander informasie wat jy in jou organisator mag gebruik:

Kinder Afdeling: Skryf die groottes van klere en skoene, huidige lengte en gewig, Identitieits nommers, spaarrekening nommers, geboorte datums, bloed groepe, en allergies langs jou kinders se name neer. En gebruik altyd ‘n potlood! Opdateer die informasie periodies wanneer jy vind dat jou kind se grootte of gewig verander het. Jy kan onthou om lengte en gewig gereld na te gaan deur ‘n groen (of maandelikse) 3x5 kaart te gebruik, waaroor ons in die volgende hoofstuk sal praat.

Jy mag dink dat jy dit alles in jou kop kan onthou, aangesien jy net ‘n paar kinders het. Jy mag dalk in staat wees, maar wat as, die hemel ons bewaar, jy ongeskik is of jy onverwags sterf. Hierdie informasie (en die metode) sal vir jou man en/of familielede soos jou moeder of skoonmoeder van onskatbare waarde wees. Maak seker dat die mense na aan jou weet dat jy hierdie soort data handig byhou.

Die gewig is veral hulpvol met medisynes. Alhoewel ons basies nooit ooit na die dokter toe gaan nie, hou ek nog steeds daarvan om die informasie handig te hou. Jy kan dit ook in jou geheue boks gebruik deur ‘n nuwe kaart te maak elke keer wat jy dit opdateer (weer, besonderhede is in die volgende hoofstuk). Onthou net om dit te dateer sodat jy kan onthou toe jou kinders soveel geweeg het.

Vir my man, toe ek getroud was, het ek agter op ‘n helder gekleurde besigheids kaart my kinders se name, geboorte datums, en Identitieitsnommers geskryf sodat hy my nie hoef te gevra het wanneer hy papierwerk moes invul nie. Hy het dit vir jare in sy beursie gehou—my kinders het nou net vir my gesê hy het dit nog steeds!

Man se afdeling: As jy getroud is, moet nie vergeet om jou man se klere en skoen grootes, Identiteits nommers, spaar en tjek nommers, sy mede werkers se telefoon nommers, ens neer te skryf nie. Weer, dit is nie net van onskatbare waarde in ‘n noodgeval nie, maar dit is ook handig wanneer jy klere op winskopie koop of as jou skoonma iets vir jou man vir sy verjaardag of vir Kersfees wil koop.

Adresse: Wanneer jy die adres seksie van jou organisator gebruik, skryf weereens, altyd die adresse in potlood omdat ons samelewing een is wat baie trek. As jy ‘n swak geheue het, kan jy op die spoor bly van ‘n geskenk, vir instansie wanneer dit onder elke naam ontvang is (met die datum) en wanneer die “dankie” uitgepos was. Ek het begin om dit te doen omdat my skoonma sou vra of  ek iets gekry het van iemand wie ek regtig nie ken nie, en sy sou vra of ek hulle bedank het, maar aangesien dit die name was van mense wat ek nie geken het nie, kon ek nie onthou nie. So nadat ek gebid het, was die oplossing om die informasie te hou sodat ek dit kon nasien en verifieer dat ek dit inderdaad ontvang het en dat ‘n dankie kaartjie gestuur was.  

Maak ook ‘n nota van Kersfees Kaartjies (KK’07) ontvang en die datum wat dit uitgepos is vir dieselfde rede. Wanneer ek my Kersfees kaartjies kry, hou ek die koeverte in ‘n geskenk sakkie om na te sien en my adres boek op te dateer (wat ek nou op my rekenaar hou) sodra die vakansie stormloop verby is.

Gebeds lys. Teken die datum en die aansoek aan, en los spasie vir die antwoord op gebed. Vind jy dat baie mense jou vra om vir hulle te bid, en jy sê jy sal, maar misluk om jou woord te hou? Dit is ‘n plek om die aansoek neer te skryf sodat ons vroue van ons woord kan wees.   

As dit ‘n lang-termyn  aansoek is, maak ‘n 3x5 kaart en voeg dit by die stapels vir wie ons bid gedurende ons familie gebede vergadering elke oggend. Ons het ‘n spesifieke Bid vir Ander stapel wat, Loof die Here, nog nooit ontgeantwoord gegaan het nie. As dit ‘n Gebed vir Redding is, plaas ons dit in daardie stapel van gebed kaarte en ons sluit dikwels ‘n foto in as ons een het. Meeste sendelinge het kaarte met hulle foto wat ons altyd gebruik en by die Bid vir Sendelinge stapel voeg .

Toe my suster se dogter uit Japan by ons gebly het en sy wonderbaarlik gered is, was dit pret om vir haar die foto van haar en haar familie wat ons vir jare gebruik het om elke dag vir te bid te wys. Sy was ‘n jong kleuter en ek het haar vasgehou. Gebed werk, en ook hierdie kaarte, as metode om getrou te bid.

Nietemin, aangesien ek gevra word om te bid vir dinge, moet ek dit gerou in my organisator neerskryf en dan getrou elke oggend vir die aansoek bid.

Gebeds wenk. Wanneer ek genader word met “sal jy oor iets bid . . .” het ek hulle hande begin saamvat (tensy dit ‘n man was) en daar en dan gebid! Ek het opgehou om om te gee oor wat mense dink of waar ek was. Ek het net gedink, “Hoekom wag om te bid?” Wat snaaks is is dat meeste van die mense wat altyd ager my aangehardloop het om te bid oor iets, opgehou het. Somtyds glo ek dat Christene daarvan hou om ander mense te kry om vir hulle te bid eerder as wat hulle vir hulleself bid, of dikwels, is dit ‘n vorm van kla oor wat hulle deurgaan. 

Ek hou regtig daarvan om te bid en vind dit ‘n voorreg om so te doen; nietemin, sonder ‘n goeie metode in plek, soos om daar en dan vir hulle te bid, deur dit by my lys in my organisator te voeg en dan by die 3x5 kaarte waaroor ons in die oggend bid te voeg, het dit ‘n las eerder as ‘n voorreg geword. Ek hoop een of al hierdie meodes sal jou help om die metode te vind wat vir jou werk!

Leer die geheim van vooraf-beplanning. Maak jou “dinge om te doen” vir die volgende dag, die aand vantevore uit! Gebruik jou organisator as ‘n dagboek van dinge om te onthou, sowel as wat jy moet doen. So dikwels, vernaam soos wat ek ouer word, vergeet ek of ek iets gedoen het of nie. As ek versigtig is om my te-doen lys in my organisator te skryf en dit af te tik soos wat ek gaan, dan kan ek daarna verwys as my geheue my in die steek laat. Dit is spesiaal helpvol as jou man jou gevra het om iets te doen! En maak seker jy plaas sy versoek as top prioriteit.

Deur jou te doen lys die aand vantevore te maak sal:

  • Jou help om een stap voor te wees.
  • Jou help om beter te slaap.
  • Jou help om te onthou as jy alreeds iets gedoen het.
  • En, as jy getroud is, sal dit jou help om ‘n beter vrou te wees as jy jou man se versoeke bo aan jou lys plaas en jy hulle met “prioriteit” behandel!

Die Korrekte Manier om ‘n Lys te Maak

Die korrekte manier om ‘n lys te maak is eenvoudig en dit werk! Meeste mense probeer om ‘n lys te maak in die orde van wat hulle eerste moet doen. Tog met enige soort skrif (en dank God vir rekenaars), die manier om ‘n boek of ‘n lys te skryf is om dit uit jou kop te kry en dit op papier neer te skryf, en dan om dit te organiseer.

Probeer dit: wanneer jy die aand vantevore ‘n lys maak, of enige tyd wat jy ‘n kort reis maak, skryf alles waaraan jy dink neer soos wat jy daaraan dink. Dan wanneer jou lys gemaak is, nommer hulle volgens belangrikheid (onthou, dat as jy getroud is, maak seker dat jy jou man se versoek(e) eerste doen!. 

As jy ‘n lys van kort ritte het om te doen, nadat jy oral waar jy moet gaan neergeskryf het, gaan terug en kyk deur die lys vir jou eerste stop. Dit kan die naaste plek of die een wat die verste weg is wees, en werk jou pad terug huis toe. Toe ek getroud was het ek dit vir my man geleer (nie deur te leer nie, maar deur voorbeelde soos wat ek lyste vir hom gemaak het) en ook vir my kinders, wie ek wel leer!

As jy ‘n padkaart het, mag dit help om op hierdie manier vir ‘n roete te soek, spesiaal as jy nie ‘n goeie sin vir rigting het nie. Ek het ‘n padkaart in my verstand (alhoewel ek, ongelukkig, geen sin vir tyd het nie!) en deur na ‘n padkaart te kyk het dit my gehelp om die kortste roete na ‘n plek te vind. Ek het gevind dat die roete wat ek normaalweg neem duidelik langer was as wat die padkaart gewys het. Deur met ‘n padkaart te werk is ook ‘n wonderlike ding om jou kinders te leer, of jy hulle tuisskool of nie.

As enige van jou stil hou plekke afsprake het vir ‘n spesifieke tyd, dan skryf ek die tyd, eerder as die nommer, langs dit neer. Dan, probeer ek my pad na daardie deel van die dorp navigeer om die afspraak tyd na te kom (plaas ‘n ekstra twintig of dertig minute opsy in geval ek vasgevang word in die verkeer of ek ‘n stadige kassier kry in ‘n vorige stop).

Tensy ek minder as drie stilhou plekke het, sodra ons in die kar klim, skryf ek elke stilhouplek wat ons maak in die orde wat ek onthou neer op ‘n klein gadget wat aan die voorste venster van jou motor plak. Jy kan hierdie klein juweeltjies in die motor seksie van Wall Mart kry. Dit het ‘n skryfblok en ‘n pen met ‘n vassuig meganisme om dit aan jou voorruit te laat vassit. Al ons motors het hulle. Onlangs het ek begin om plakkertjies te gebruik en dit werk selfs beter!. 

Sodra ek elke stilhouplek gelys het, nommer ek hulle volgens die eerste tot die laaste. Toe ek getroud was, was my man lief vir hierdie metode, omdat hy gewoonlik die een was wat bestuur het. Ek was ook lief daarvoor omdat ek hom nie wou vertel waarheen ons volgende gegaan het nie! Ek hou nooit daarvan om te hoor dat vrouens hulle mans vertel wat om te doen nie. Dit maak van ‘n baasspelerige vrou en ‘n vrou wat op ‘n man se kop sit, ‘n bitter man—ook nie ‘n goeie voorbeeld vir my dogters nie!

Probeer hierdie metode vir jouself, en moet nie vergeet om dit vir jou kinders te leer nie.

As jy gereed is om 'n verbintenis met GOD te maak dat jy die kursus gaan voltooi, KLIK HIER dat jy saamstem en gereed is om elke stap van jou Reis na Herstel te dokumenteer in jou "My Daaglikse Joernaal" vorm. Vat jou tyd, sit, kry vir jou koffie of tee en stort jou hart uit in jou Joernaal.

As "ouer vroue...sodat julle die jonger vrouens kan leer..." (Titus 2:3) jy sal die geleentheid hê om met jonger vrouens te praat wat nog alleenlopend is as deel van jou bediening.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui