AFR_W_H_CoverFront-768x1193-1

Maak die Meeste van

Elke Dag

Hoe Jy Kan Begin!

In die begin het God die hemel en die aarde geskep…
—Gen 1:1

Wanneer ek ooit met ‘n jonger vrou praat, wat oënskynlik oorweldig is met die taak van huishouding, vind ek gou sekere duidelike areas van afskeep werk. Die heel eerste area van afskeep werk is baie dikwels om ‘n daaglikse roetine vir haar en die kinders op te stel, waarvan ons kortliks in die vorige hoofstuk gepraat het.

Met dit gesê, laat ek my verklaring verduidelik. Ek het nie gesê dat jy ‘n roetine vir jouself, jou man en jou kinders moet opstel nie—nee, nee. Moet nie dink, voorstel of impliseer dat jou man in jou, of jou kinders se roetine moet inval nie!! Inteendeel, jy en jou kinders moet by jou man se roetine inpas.

“Haar man steun op haar (sy vrou) en pluk die vrugte van haar werk” (Spr. 31:11). Kan jou man vertrou dat hy op die vrugte van jou werk kan pluk?

“Verder het die Here God gesê: “Dit is nie goed dat die mens alleen is nie. Ek sal vir hom iemand maak wat hom kan help, sy gelyke.”’ (Gen. 2:18). As dit ‘n nuwe konsep vir jou is om ‘n helper vir jou man te wees, of as jy sukkel met hierdie raam van denkwyse, lees of (lees weer) Les 9, “Geskikte Helper,” in ‘n Wyse Vrou wat beskikbaar is deur ons ministerie aanlyn winkel. Gaan na RestoreMinistries.net vir meer informasie.

Nou mag jy dalk vir my vertel dat jou man se lewe sonder ‘n rympie of rede daartoe is nie, maar dit is waar jy verkeerd is. Almal is gewoonte mense. As jy gedink het dat jou man nie ‘n oggend roetine het nie, kan ek vir jou sê dat jy hom nie dopgehou het nie! Onthou, ‘n Knap vrou is baie werd, baie meer as edelstene.”  (Spreuke. 31:10). Dit was baie moeilik om ‘n knap vrou te vind toe Spreuke geskryf was—nou, is dit amper onmoontlik!

So wat het veroorsaak dat ‘n knap vrou moeiliker te vinde is in vandag se wêreld? Die nuwe feministiese idees het ons gedagtes verwronge gemaak, en nou het ons denkwyse verdraai. Die vers in die Bybel moet ons op die regte pad sit. “Die man is nie uit die vrou geneem nie, maar die vrou uit die man. Die man is ook nie ter wille van die vrou geskep nie, maar die vrou ter wille van die man” (1 Kor. 11:8-9). Die beginsel vorm die fondasie van ons huise. Sonder ‘n goddelike fondasie, sal ons huise val soos wat onwetend hulle met ons eie hande afbreek! “'n Wyse vrou sorg vir haar huis; 'n vrou sonder wysheid breek alles af” (Spr. 14:1).

Die eerste stap is weereens dat jy vir jouself en jou kinders ‘n ROETINE op te stel wat aangepas is met jou man se skedule. Jy mag dink die terme “skedule” en “roetine” is uitruilbaar, maar hulle is nie. ‘n Skedule bepaal “tyd,” waar ‘n roetine ‘n patroon is om sekere aktiwiteite uit te voer. Nou, sal tyd sekerlik vir jou ‘n faktor in jou roetine wees; nietemin, ek het gevind dat wanneer ek tyd neem om my roetine te stel, ek vinnig gestres, angstig, en uiteindelik franties word!

Weereens, is ‘n roetine ‘n eenvoudige manier om jou aktiwiteite op in ‘n sekere orde, elke, dag uit te voer. Jou huidige roetine mag dalk wees om op te staan, koffie te kry, op jou kinders te skree om te “stop . . .!” en dan om voor die televisie stel te gaan sit en ‘n oggend pogram te kyk tot etenstyd.

Of jou roetine mag wees om laat op te staan, na jou kinders se kamers te hardloop, om te skree “staan op ons is laat! pap in ‘n bakkie te gooi, iets vir hulle in hulle kosblik te sit, en om tien minute paniekerig te spandeer soos wat jy desperaat soek vir huiswerk, ‘n skoen, of iets anders wat jy nie kan vind nie. Almal het ‘n roetine. Wat ek aanbeveel is dat jy jou roetine vasstel. Moet nie dat dit jou vasstel nie. 

Wanneer jy begin met ‘n idee vir jou roetine, moet dit nie te verhewe of ontoereikbaar maak nie. Hoeveel keer het jy besluit om beheer van jou dag te neem, en dan gee jy voor etenstyd op? Jy is nie ‘n mislukking dat dit met jou gebeur het nie. Jy het eenvoudig net nie die regte ingesteldheid nie. 

 Word Wakker

Die eerste ding wat jy in die oggend sal doen is om wakker te word, so kom ons begin daar. Stel jy ‘n alarm, of staan jy op wanneer jy hoor hoe jou kinders baklei? Of, maak jy een oog oop wanneer jou man jou totsiens soen? Glip hy uit om te hoop hy hoef nie jou vermoeide gesig, deurmekaar hare, en afstootlike asem te ruik nie?

Hoe sal jy daarvan hou om jou dag te begin? Wees versigtig en moet nie hier verhewe raak nie, meisies. Stel ‘n tyd wat jy maklik (of ten minste wat jy dalk sal kan) bereik. Dit mag lekker wees om te oorweeg om of voor die tyd op te staan of, ten minste wanneer jou man opstaan. Sal jy nie saamstem nie? Laat ek voorstel dat jy warm water op jou gesig gaan spat, miskien selfs jou tande borsel. Hou jy van koffie, warm tee, of miskien sap in die oggend? Selfs ‘n lekker, koel glas water sal jou help om aan die gang te kom. Hoekom vind jy nie uit waarvan jou man sal hou om te drink nie, en bring dit vir hom met ‘n goeiemôre soen?

As dit ook tyd is vir jou kinders om op te staan, maak hulle wakker met ‘n soen, of n’ rugvryf as hulle al groot seuns is. My jongste dogter is lief vir koffie (vreeslik, maar waar). Wanneer ek op haar bed sit en my koppie koffie vashou, offer ek haar ‘n sluk, wat ‘n glimlag bring, ‘n lang uitrek, en dan sit sy op.

As jou kinders nog nie “hoef” op te staan nie, laat hulle ‘n bietjie slaap sodat jy hierdie wonderlike spreekwoordelike voorstel kan volbring: “Sy staan op as dit nog nag is en maak kos vir haar huisgesin; ook haar slavinne kry hulle deel” (Spr. 31:15). Toe ek dit eers gelees het, het ek gedink, “Wel, sodra ek slavinne kry (net een slavin sal eersteklas wees, dan sal ek opstaan terwyl dit nog donker is!” Jare gelede was die manier wat ek hierdie vers gerasiolaniseer het om vir myself te vertel dat selfs al was dit nie buite donker nie, het ek gevoel asof dit was!

Ek ken baie vrouens wat hierdie soort ding doen (opstaan wanneer dit nog donker is). Ek het net onlangs ‘n boek by ‘n vrou gekry wat haar hele dag (elke minuut van elke dag) en indvidueel haar agt kinders se elke minuut ook skeduleer het. Toe sy gaan sit het om alles te skryf wat sy elke dag moes doen, het sy gevind sy kon dit nie alles in 24 uur doen nie! (ek kan verslag doen daarvan!) So, sy het tot die slotsom gekom dat sy dit kon doen met minder slaap! Toe ek dit gelees het, sonder om dit vir ‘n oomblik te oorweeg, het ek gesê, “Daar’s Geen manier!”

Nou, sal ek erken, ek kry nie elke aand ‘n lekker agt ure slaap nie, omdat dinge gebeur. Geselskap mag talm, te dikwels is ons laat uit op ‘n afspraak aand, ons mag (en doen gewoonlik) op bly en met ons ouer kinders gesels, of daar is tye wat ‘n kind siek is—maar om hemelsnaam, ek gaan nie aspris beplan om minder slaap te kry nie!

Ek verkies om hierdie Bybel vers te eis om my te lei in hierdie allerbelangrikste besluit: “Tevergeefs dat julle vroeg opstaan en laat gaan slaap om met moeite ‘n bestaan te maak. Vir dié wat Hy liefhet, gee die Here dit in hulle slaap” (Ps. 127:2). Het jy opgemerk die vers sê ons moet nie “laat gaan slaap nie”? Ek stel my aangewysde slaaptyd vas ‘n half uur voor die tyd sodat ek wanneer moontlik in die bed kan klim teen ‘n behoorlike uur.

Nietemin, aangesien ek ouer word en nadat ek op ‘n plaas gebly het, het dit baie meer moeiliker geword om laat te slaap. Ek is dikwels teen vier of vyf uur die oggend op. Dit maak my lag om die bogenoemde paragrawe te lees, met ‘n klein bietjie verlange vir hoe dinge was! Nietemin, ek het nie geweet dat ek uitgemis het op die pragtigste sonsopkomste of die kosbare ure in afsondering gespandeer met die Here nie, totdat ons na ons plaas toe verhuis het. En alhoewel ons nie meer op ‘n plaas bly nie, maak God my getrou wakker voor dagbreek om tyd en koffie met Hom te spandeer!  

Kan Nie Opstaan Nie

As jy moeite (of jy moeite met jou kinders het) om op te staan, het ek die oplossing. Die probleem is dat meeste mense dit agter uit doen. Hulle probeer om vroeër in die aand te gaan slaap sodat hulle kan opstaan in die oggend. Dit sal nooit werk nie. In plaas daarvan, staan op (of kry jou kinders op) net een oggend wat jy gesê het jy gaan—maak nie saak wanneer jy bed toe gegaan het nie. Dan, moet nie ‘n middagslapie neem nie (hou jou kinders se middagslapie kort of mis dit as hulle nog steeds een neem) en dan sal almal smeek om optyd bed toe te gaan. Wanneer ookal jy begin om laat bed toe te gaan, wat maak dat jy te laat opstaan, gebruik hierdie metode om jou slaappatroon weer terug te rol.

As jy ‘n persoon is wat sukkel met ‘n skuldige gewete omdat jy voel dat jy vroeër moet opstaan? Is jy die tipe persoon wat dink hulle moet ten minste ‘n uur saam die Here spandeer—al beteken dit jou “stiltetyd” sou 3.30vm begin? Laat my jou die vers gee wat die Here vir my gegee het toe ek op die punt van ‘n senuineenstorting gestaan het (wel, miskien was my ineenstorting in volle swang toe Hy dit vir my gegee het): “Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek SAL JULLE RUS GEE Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus kry vir julle gemoed. My juk is sag en My las is lig.”

Vir amper ses jare, het ek amper niks geslaap nie. Dit het begin toe my man weg is, en ek die Here nagestreef het vir huweliks herstel. Ek kon net nie slaap nie omdat hy nie langs my in die bed was nie. Baie aande, het ek gedink ek hoor hom op die balkon van ons meenthuis (ek was nog altyd ‘n positiewe denker!) Ek was seker dat op enige oomblik hy tot sy sinne sou kom en by die heining sou opbons, op die balkon, en saggies aan my skuifdeur tik. En, natuurlik, ek sou nie wou uit mis as hy huistoe kom nie! (Lees Hooglied 5:6 as jy die prentjie gemis het.)

Nadat hy huistoe gekom het (wat per slot van sake, deur ‘n telefoon oproep was, NIE deur om op my meenthuis balkon te klim nie), het ek amper obsessief geword om seker te maak ek was die perfekte vrou. Ek het een baba na die ander gehad. Hierdie oulike babas sou my onvermydelik wakker maak om geborsvoed te word, en ek sou nie weer aan die slaap kon raak nie. Ek sou na my rekenaar toe gaan en skryf het tot dagbreek. Dit het vir jare aangegaan. Die hele Wyse Vrou was geskryf in die vroegoggend ure van drie en met een hand, terwyl ek ‘n baba aan my bors gevoed het.    

Het jy geweet dat daar so ding is soos “slaap ontneming”? Wel, ek het dit gehad. Jy raak mal! Eintlik begin dit deur “bedraad” te raak. Jy kan nie slaap nie; jy kan nie rus nie. Dan raak jy mal, en is oppad om in duie te stort. Dit het my ‘n lang tyd geneem om te herstel, of het ek herstel? 

Ek is nou oortuig dat ons vrouens is gekul om te glo dat ons super-mens moet wees. Ons glo die liedjie “ek is vrou, ek is sterk . . . “Maar, dit is ‘n leun (ek kan getuig daarvan!). Die Bybel sê (en Sy Woord is waarheid), “Mans, julle moet verstandig met julle vrouens saamleef. Bewys eer aan hulle as die swakker geslag …” (1 Pet. 3:7).  

Om swakker te wees is niks om oor skaam te wees nie; dit is hoe ons gemaak is. Dit was geen fout nie; dit is nie ‘n gebrek nie. God het ons hierdie manier gemaak met ‘n doel—Sy doel. En glo my wanneer ek jou vertel, wanneer jy ookal sy doel vir jou lewe probeer verander, dan is daar moeilikheid.

So ontspan, gaan vroeg bed toe as jy kan, en staan op teen ‘n redelike uur. Nou, het ons amper drie bladsye gedeel aan opstaan. Kom ons kyk of ons besigheid kan doen.

Nou is Jy Op!

Skep jou roetine gebaseer op wat jy wil doen, of wat jy volgende moet doen. Jy sal in een van twee katogorieë val die “nodig om te doen” of die “wil doen” kategorie. As jou man weg is werk toe, dan is dit ‘n “nodig” om te doen. Jy sal dinge as ‘n vrou nodig hê om te doen.

As jou kinders ‘n tyd het by wanneer hulle vir skool moet vertrek, is dit ook ‘n “nodig om te doen” besluit. Jy moet as ‘n moeder sekere goed nodig hê om te doen.

Ek val in die “wil doen” kategorie (prys die Here). Nie ek of my man gaan werk toe nie, en ons kinders gaan nie skool toe nie.

(As jy geinterresserd is om VRYGESTEL te word om jou kinders skool toe te stuur, kan jy uitvind oor die BESTE besluit wat ek en my man ooit gemaak het in die laaste les van ‘n Wyse Vrou, en meer spesifieke informasie in Enter by the Narrow Gate: Homeschooling with Conviction!)

Daar is soveel vryheid om in die “wil doen” kategorie te lewe. As jy in hierdie kategorie is omdat jy steeds nog klein net kinders het en jy is geseën om by die huis te wees—het jy vryheid! So hou daaraan vas deur jou kinders by die huis te hou en hulle jouself te leer.

Nou, vryheid is om vry te wees om te doen “nie net wat jy wil” “maar wat jy moet.” “Wat ons sondige natuur begeer, is in stryd met wat die Gees wil, en wat die Gees wil, is in stryd met wat ons sondige natuur begeer. Hierdie twee staan lynreg teenoor mekaar, en daarom kan julle nie doen wat julle graag wil nie” (Gal. 5:17).

“En nou het ons nog iets anders om van julle te vra, broers. Julle het van ons geleer hoe God wil hê julle moet lewe. Julle doen dit ook, maar in die Naam van die Here Jesus versoek ons julle dringend. Lê julle nog meer daarop toe” (1 Tess. 4:1).

Vryheid wat onregeerbaar is of nie onder beheer is nie is regtig slawerny. Jou vlees sal begin om jou lewe te reel. Jy mag selfs sit in 'n lustelose bedwelming, soos beskryf in die Skrif.

“Hoe lank gaan jy nog lê, luiaard, wanneer gaan jy opstaan?” (Spr. 6:9)

“‘n Deur bly op sy skarnier draai; ‘n luiaard bly omdraai op sy bed” (Spr. 26:14).

“‘n Lui mens soek sy dood, want hy wil nie sy hande uit sy moue steek nie …” (Spr. 21:25).

Of, is jy besig om nêrens te kom nie:

“Sy is luidrugtig en uitdagend, maar haar huis is te nou vir haar; sy maak haar ronde in die strate, op die stadspleine, sy staan op loer op elke hoek” (Spr. 7:11-12).

“Sy hou jou weg van die pad van die lewe af, sy laat jou dwaal, en jy weet dit nie” (Spr. 5:6).

Hardloop jy van plek tot plek, van projek tot projek, van huis tot huis, van stoor tot stoor, en kry jy niks gedoen in jou huis nie? 

Die tweede stel verse beskryf die owerspelige vrou. Was jy ontrou aan jou man, omdat jy jou verantwoordelikheid as ‘n tuiste skepper, vrou, en moeder afgeskeep het? Dit is hoekom baie mans hulle vrouens los, en hoekom baie jong mans verkies om nie te trou nie. Hoekom moet hulle? Selfs die kerke is vol van hoere om mee te slaap. As hy wel trou, sal sy by die huis wees en omsien vir hulle huis en hulle kinders? 

Sal sy uit wees besig om te werk, terwyl sy kinders by ‘n dagsorg grootgemaak word? Sou sy haar verantwoordelikhede by die huis en met hulle kinders as haar loopbaan sien, en daarvolgens daaraan werk? Of sou sy eenvoudig by die huis bly, en haar pligte verwaarloos?

Ons ouer seuns bereik nou die ouderdom om te trou, en om ‘n “knap” vrou te vind lyk amper te onmoontlik. ‘n Jong vrou wat nie geinterreseerd is in ‘n loopbaan is soos om ‘n naald in ‘n hooimied te soek! Selfs die wat verklaar hulle wil tuisteskeppers word gaan kollege toe en soek ‘n graad om iets te hê om op “terug te val.” Ongelukkig, wanneer jy voorberei vir ‘n “Plan B,” gebeur dit gewoonlik. (Vir meer informasie oor jong vrouens versus jong mans op te lei, en meer informasie oor die gevare om ‘n werkende vrou te wees lees, ‘n Wyse Vrou.)

Hoe lank sal jou man sy werk hou as hy in die koffie kamer sit en ‘n boek lees? Hoe lank sal hy sy werk hou as hy uitgegaan het om ‘n taak te gaan verrig vir sy baas en uit bly tot skemer? Hoe lank sal hy sy werk hou as hy nie sy werk doen nie?

Meisies, moet nie by my kom huil en uitmaak dat jy nie geweet het nie. Dit is hoekom mans hulle vrouens los. Watter man wil huistoe kom na ‘n vrou met ‘n houding, wat haar pligte verwaarloos, en tog die vermetelheid het om hom te vertel waar Dawid die wortel begrawe het?

Nie so baie jare gelede, was mans erg om ‘n vrou te vind en te trou. ‘n Vrou was ‘n vurige kommoditeit, as haar begeerte was om kinders te hê vir haar man, wel opgevoede kinders op te lei, ‘n mooi huis te hou, heerlike maaltye te maak, en om sy minnaar in die aand te wees. As dit jou afsit, dan is jou verstand gerig op die boosheid van hierdie wêreld en is jy onkundig aan God se Woord. As ek verkeerd is, dan hoe het Spreuke 31 en Titus 2 in die Bybel gekom?

Ek vra weer vir jou, was jy ‘n ontroue vrou aan jou man? As jy was, kom tot inkeer voor die Here en vra Hom om jou te verander. Noudat jy gemotiveer is, kom ons gaan terug na die besigheid onder hande.

Wat is Volgende?

Nadat jy op is, sal die volgende stap wees om aan te trek, ontbyt te eet, of die beddens te maak. Om hierdie besluit te maak, vra jouself, “Wat moet ek doen” as jy in die “moet doen” kategorie is. As jy in die “wil doen” kategorie is,” vra jouself, “Wat sal my gemotiveerd laat voel? Wat sal my aanhou laat beweeg om die volgende taak te oorwin? Wat sal my oor die volgende hom kry?

Sommige vrouens voel honderd keer beter as hulle net uit hulle kamerjas kom. Ander vrouens het net nodig om iets in hulle maag te kry, of hulle kinders gevoer te kry. Sommige moet hulle beddens opmaak voor hulle die kamer verlaat om beter te voel. As jy in die versoeking kom om terug in die bed te klim, stel ek voor jy maak jou bed eers op! En sommige vrouens hou daarvan om te loop of oefening te doen.

As jy oefening fanatikus is, laat my jou eers ‘n vraag vra. Sodra jy oefening gedoen het, is jy so moeg dat jy niks gedoen kan kry nie? Of is jy so verkwik en gereed om die wêreld aan te neem? Ons almal ken onsself. Neem ‘n bietjie tyd om oor hierdie vraag na te dink. Sela. (Wanneer jy dit in jou Bybel sien, beteken dit dat jy die gedagte moet oordink vir ‘n rukkie.)

Oefening is puik as dit jou help om kalm te bly, en dit jou in ‘n goeie luim sit sonder om jou uit te mergel. Nietemin, ‘n goeie oefen sessie kan ook volbring word deur jou huis diep skoon te maak! As jy diep buig terwyl jy dinge van die vloer af optel, ferm stofsuig om jou hart gepomp te kry, jou arms te versterk deur toilette of baddens te skrop, of selfs om ‘n lekker tuisgemaakte brood te maak deur baie te knie is alles uitstekende vorms van oefening. Vrouens vandag skeep hulle huise af en gaan na die gym of hardloop rondom die buurt. Dit is goed om in goeie vorm te bly, solank as wat jou huis nie die nalating weerspieël nie.

Om jou te help ‘n roetine bymekaar te kry, mag dit helpvol wees vir my om vir jou te sê wat om te doen wanneer ek opstaan, en miskien ‘n paar ander periodes van tyd wat ek dit op ‘n ander manier gedoen het. Dit mag jou help om te besluit hoe om die roetine vir jouself op te stel.

‘n Ander Roetine

Toe my kinders klein was en nog nie in die skool nie was dit my roetine. Ek het gewoonlik dieselfde tyd opgestaan, sewe uur in die oggend, wanneer ek my man in die stort gehoor het. Het ek opgestaan, ons bed opgemaak, en die kamer opgeruim. Ek sal my man se klere op sy droograk uitlê (daardie staander wat mansklere hou) Op dieselfde tyd, sou ek alles gestryk het soos wat dit uit die was gekom het en voordat ek dit in die kas gepak het. Maar toe ons kaste begin kleiner en beknop raak, kon ek nie dit bekostig om soveel tyd opsy te sit vir strykwerk nie. In plaas daarvan, het ek begin om sy klere uit te kies en dit voor, of gedurende sy stort gestryk. 

Laat my jou verseker, my seuns kan almal vir hulleself stryk, en my doters stryk vir hulleself (die jonger kinders is nog te klein, maar hulle sal leer). My dogters weet dat een dag hulle, hulle mans se klere sal stryk; daarom, seën hulle dikwels hulle broers deur hulle klere te stryk.

Nadat ek die klere uitgelê het, sou ek onder toe gaan om die koffie te maak, en somtyds my Bybel te lees, en wag totdat ek die kleintjies bo hoor begin beweeg. (Wanneer kinders ‘n vasgestelde roetine het van eet en slaap, sal hulle omtrent dieselfde tyd elke oggend opstaan.) Dan, sou ek opkom, hulle goeiemôre soen, en hulle help om aan te trek. Teen die tyd wat ons hulle slaapkamer verlaat het, was die beddens opgemaak en die kamer netjies. En tensy ek daardie dag die badkamers moet skoonmaak, het niemand boontoe gegaan tot hulle middagslapie nie.

Dan, het ons almal onder ontmoet vir ontbyt saam pappa en saam hom na die motor toe geloop, en gewaai soos wat hy weggery het. Sodra ons binne is, sou ons na die “geslote” speelgoed kas gaan en die aangewese speelgoed vir die dag uithaal. (Meer informasie oor hoe om kinders se speelgoed uit te sorteer in Hoofstuk 9 “Speelgoed”) Dan, sou ek ‘n bondel wasgoed begin en my huiswerk kaartjies nasien (meer oor huiswerk kaartjies in ‘n opwindende opkomende hoofstuk!) om te sien wat om die res van die dag te doen.

 Een finale Roetine Voorbeeld

Toe ek vier kinders gehad het, en my oudste begin kleuterskool toe gaan (ek het nie begin tuisskool gee totdat my oudste net graad 2 begin het nie), het my roetine so gelyk.

My alarm sou gestel word vir 6.30 v.m. Ek sou opstaan en Dallas wakker maak (Eeeeek, die berugte skoolbus!). Ek sou in gaan en ontbyt vir hom maak, en dan wanneer hy by my aangesluit het nadat hy vir skool aangetrek het. Het ek vir hom sy kosblik en rugsak gegee. Wanneer Dallas teruggekeer het van die skool af, het ek sy kosblik uitgewas, en sy middagete vir die volgende dag gemaak, en dit in die yskas gesit. Hy was geleer om sy huiswerk onmiddelik te doen wanneer hy by die huis gekom het, dan sal ek dit nasien; hy sou sy rugsak pak, en dit by die voordeur los.

Almal sou nog geslaap het, so dan het ek saam Dallas na die bushalte toe gestap en gewag totdat hy op die bus klim. Dan sou ek huis toe loop, gewoonlik om iemand wakker te vind. Dan het ek ontbyt gemaak vir die res van die familie, die baba geborsvoed, en saam my man na die kar toe geloop met die kinders agterna.

Sodra ek binne was, sou ek weer die speelgoed vir die kinders uithaal om mee te speel. Nadat hulle met die speelgoed begin speel het, het ek in elke kamer gegaan om hulle beddens op te maak, vuil klere bymekaar te maak, asblikke leeg te maak, stofsuig, en afstof. Dan, sou ek na die volgende kamer toe gaan en dieselfde doen. Dames, dit voel so goed om ‘n skoon huis te hê.

Nog ‘n wonderlike wenk: Ek het nooit my kinders toegelaat om in hulle kamers te speel nie. Slaapkamers is om te slaap, aan te trek en te lees. Somtyds, het ek speel areas gehad; gewoonlik was dit in die sitkamer. En voor hulle ooit toegelaat was om buite te gaan om te speel, of stop vir middagete, of gaan lê vir ‘n middagslapie, is die speelgoed almal opgetel. Dit is nie moeilik as daar net een speelgoed emmer op ‘n slag uit is nie. (Weer, ons sal meer spesifiek wees oor speelgoed in ‘n opkomende hoofstuk.)

Ek moet weer my hart deel oor tuisskool. As jy al OOIT gedink het daaraan om jou kinders te tuisskool, laat ek jou vertel dat my man en ek glo dit was die BESTE besluit wat ons al ooit gemaak het, en dit het die goeie vrugte in ons kinders, waaroor so baie kommentaar gelewer word, teweeg gebring.

Ek het ‘n video reeks saamgestel en ‘n audio reeks getiteld, Tuisskool vir Hom!! (Tuisskool vir die Here en nie om jou man te kry om jou kinders te tuisskool nie.) dit sal jou motiveer en jou vertroue gee om dit te doen. Ek het tuisskool vereenvoudig, plaas God in die middel, ek het hierdie metode met baie vrouens gedeel wie ek ken, of wie ek ontmoet het, en ook by tuisskool konferensies. Hulle sê vir my dat hulle nou vind dat om hulle kinders te tuisskool hulle dit baie maklik en belonend is. Neem ‘n oomblik om na ons webwerf toe te gaan vir meer besonderhede—jy sal ons by RestoreMinistries.net. vind.

Afsluiting

Ek hoop dat jy ‘n roetine vir jou familie kan vorm van dit wat ek met jou gedeel het. Wanneer jy ‘n roetine opmaak, dan moet jy dit elke weeksdag oggend per roetine doen.

Dit is die plek om te begin en jou lewe en huis terug in orde te kry. Afwisseling is die “kruie vir die lewe.” Maar te veel afwisseling (of kruie) maak dinge wild en te warm om te hanteer! As jy nie ‘n roetine het nie, en jy moet elke dag besluit wat om volgende te doen (om nie te noem om jou kinders te kry om elke dag iets nuut te doen nie), sal jy nooit uit die bed uit wil klim nie!

God is ‘n God van orde en roetine. Elke oggend, dieselfde tyd kom die son in die ooste op. Ons seisoene is ingestel. Swangerskap, die kraam en geboorte; alles gebeur met spesifieke tydsberekening en ‘n vasgestelde roetine. Dit is God se manier, ‘n manier van orde en voorspelbaarheid. Word meer goddelik deur Sy voorbeeld te volg en ‘n werkbare roetine in jou familie se lewe te bring. Dit sal die “vrede bring wat alle verstand te bowe gaan.”

As jy gereed is om 'n verbintenis met GOD te maak dat jy die kursus gaan voltooi, KLIK HIER dat jy saamstem en gereed is om elke stap van jou Reis na Herstel te dokumenteer in jou "My Daaglikse Joernaal" vorm. Vat jou tyd, sit, kry vir jou koffie of tee en stort jou hart uit in jou Joernaal.

As "ouer vroue...sodat julle die jonger vrouens kan leer..." (Titus 2:3) jy sal die geleentheid hê om met jonger vrouens te praat wat nog alleenlopend is as deel van jou bediening.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui