AFR_W_H_CoverFront-768x1193-1

Maak die Meeste van

Jou Treë

Maak Jou “Morsige Huis” skoon in Minute!

Ek sal Jerobem se familie wegvee soos ‘n mens gemors wegvee . . .
—1 Konings 14:10 DB

Ek waarborg dat hierdie metode jou so baie tyd sal spaar, en jou so ‘n hupstoot sal gee, dat jy nooit weer sal wil teruggaan na die manier wat jy gewoond was om jou huis op te ruim of op te tel nie. So dikwels, voel dit asof ons heeldag lank dinge optel en nog steeds nêrens kom nie. Alhoewel ek nog steeds opruim wanneer ek in ‘n kamer gaan, spandeer ek nie my tyd of energie om vorentoe en agtertoe te hardloop om op te tel of om my huis op te ruim nie, en ek het hierdie metode vir jare gebruik!

Die “Skoon Vee” Spaar Stappe

Die metode is so goed, dit kan selfs gebruik word wanneer jy op die bank lê met oggendsiekte, deur jou kleuters en jong kinders te gebruik om op te tel net voor “Pappa by die huis kom.” Ek weet uit ondervinding—ek het dit honderd keer gedoen! So, as hierdie metode so goed werk wanneer kleuters of klein kinders gebruik word en ‘n ma met oggendsiekte (wie van kamer tot kamer kruip en op enige beskikbare bed of bank in die kamer gaan lê, of meer dikwels op die vloer!), dan weet jy dat die “Vee skoon” metode vir jou ook, sal werk! Hier is my onfeilbare metode wat eenvoudig is, maar tog werk.

Om Te Begin

Jy sal nodig hê: een tot verskeie wasgoed mandjies om goed in die huis te kollekteer (hoe groter die gemors hoe meer houers sal jy benodig), ‘n vullissak vir vullis, en ‘n groot bruin papiersak (of kleiner mandjies)—een vir elke kamer van jou huis vir sortering.

Met ‘n swart merkpen, merk die sak of mandjie vir sortering met die name van die kamers (b.v. “hoofslaapkamer, waskamer, kombuis, Tyler se kamer, ens.). Spaar hierdie teen die einde sodat jy hulle oor en oor kan gebruik.

Skoon Vee

Versamel. Nou, gebruik jou wasgoedmandjies, en tel alles op in elke kamer wat nie in daardie kamer behoort nie. Begin in een kamer, werk sistematies deur die hele huis. Die beste plek om te begin is by die voordeur (of agterdeur as jou man daar inkom). Plaas enige goed wat jy vind by die deur in die mandjie, ou koerantpapiere in die vullissak, en enige speelgoed in die mandjie.

Ruim op. Sodra jy al die goed opgetel het (alles wat nie in daardie kamer hoort nie) en dit in die mandjie of asblik gegooi het, tel op of trek die kussings reg, vee tafels af, maak enige onopgemaakte beddens in elke slaapkamer op, vee of stofsuig dan die kamer (terloops, jong kinders is lief daarvoor om te stofsuig). Jou eerste kamer is nou skoon, so jy is gereed om na die volgende kamer te beweeg!

Gebruik dieselfde metode soos wat jy van kamer tot kamer beweeg. Vir my, is dit die maklikste om in my kamer te begin, en om dan op dieselfde manier deur die huis te beweeg. Watookal vir jou werk; doen dit. As jy die Here (soek) nastreef, sal Hy jou lei om te doen wat die beste vir jou en jou familie sal werk.

Reëls. Maak seker dat jy NOOIT enige vloeistof of iets nat in die mandjie sit nie. Maak seker dat jy NOOIT Pappa se beursie, tjekboek, of ander belangrike items in die mandjie plaas nie. In plaas daarvan stuur ‘n kind (of gaan jouself) om dit op sy sytafel of op sy tuis lessenaar te plaas.

Belydenis: Jare gelede toe ek nog getroud was, gedurende ‘n noodgeval skoon vee (sien onder), het ek van my man se belangrike items in die mandjie geplaas. Omdat dit ‘n noodgeval was, het ons ook nie tyd gehad om die mandjie te sorteer nie. DAE later (ek het die mandjie in my slaapkamer weggesteek), toe hy op pad uit was, het my man my gevra of ek sy tjekboek gesien het. Ek het ‘n “skiet gebed” opgestuur en God het die ongesorteerde mandjie na my gedagtes toe gebring. Ek het gehardloop, my hand diep in al die “goed” gedruk, en die verlore tjekboek uitgehaal. God is goed! Amen!

Ek dink nie ek hoef vir jou ‘n voorbeeld te gee van wanneer iets nat of vloeistof in die mandjie beland nie. Selfs ‘n ‘druppel’ van ‘n klaar koffie koppie kan veroorsaak dat jy ‘n regte gemors op jou hande het (sien onder vir ‘n Wenk oor koffie-om-te-gaan bekers).

Maak seker dat jy en jou kinders heeltemal duidelik is oor die reëls voor jy vooruit hardloop met hierdie wonderlike metode. Soos enigiets anders, dit kan ‘n seën of ‘n vloek wees, afhangende van jou gehoorsaamheid om die reëls te volg.

Wenk: Dit is toe ons meer as ‘n uur weg van ons kerk gebly het, en sommige van ons ‘n “om te gaan” koffie gebring het. Nadat ek ondervind het watter gemors net “‘n druppel “ sou maak, het ek die metode ontwikkel wat ek aan al my koffie drinkers geleer het. Sodra jy jou koffie klaar gedrink het (of uitgegooi het), plaas dan ‘n servet onder in die koppie en plaas die deksel terug. Dit sal die “laaste druppel” absorbeer” en ‘n gemors wat wag om te gebeur elimineer.

Sorteer. Sodra jy in elke kamer opgetel het, en dan skoongemaak en opgeruim het wat in daardie kamer oor bly, bring al die mandjies na een plek toe.

Nou, sorteer die versamelde “goed” vir elke een van jou kamers: elke slaapkamer, elke badkamer, die kombuis, sitkamer, waskamer, ens. Wanneer jy die items gesorteer het, neem daardie sak of klein mandjie na elke kamer toe (wat alreeds netjies is) en pak die items weg!

As jy jong kinders gebruik, sal jy nie wil hê hulle moet die items weg pak nie (aangesien jy nooit daardie items weer sal vind nie). In plaas daarvan, laat hulle eenvoudig die sak of mandjie binne die deur sit, totdat jy jouself daarby kan uitkom (loop of kruip as jy aan oggendsiekte ly).

Meer Informasie oor die Skoon Vee

Afleiding! Moet nie afgelei word deur te poog om ‘n laai of kas te ontrommel nie (waarvan jy in Hoofstuk 2 geleer het). As jy nie jou huis ontrommel het nie, ek sal hoogs aanbeveel dat jy n spesifieke tyd elke dag opsy sit om dit te doen (dit sal om alles netjies en skoon te hou uiters maklik maak om te bereik). Dan, om daardie “versteekte areas” gereeld te onderhou, het ek ‘n onfeilbare metode in Hoofstuk 7, “Die Metode” om dit as een van jou weeklikse of maandelikse kaarte toe te wys.

Weereens, moet nie afgelei word nie. In plaas daarvan, fokus om klaar te maak wat jy begin het— “vee skoon die hele huis!”

Hantering van Noodgevalle. As ‘n noodgeval opkom (soos jou man wat vroeg huistoe kom of onverwagte gaste wat opdaag), wend die “Skoon Vee” metode aan, maar wag totdat dinge gekalmeer het of die gaste weg is om die mandjies te sorteer. Moet net nie langer wag nie—aangesien jy (of jou man) nie in staat mag wees om die tjekboek te vind nie, of iets anders wat jy nodig het, omdat dit onder in die mandjie in die kas weggesteek is! Weereens, weet ek, omdat dit een keer te veel met my gebeur het!

Skedules en roetines. Kry ook, jouself (en jou kinders) op een of ander soort skedule of roetine vir die “Skoon Vee.” As jy getroud is, gebruik jou man se skedule as ‘n begin plek. (Ons sal oor roetines in meer diepte praat in ‘n opkomende hoofstuk.) Maar in geval jy metodies deur hierdie boek werk, om ‘n skedule te begin is om eenvoudig in jou lewe: wakker tye, slaap tye, eet tye, skool tye, en skoonmaak tye in te werk. Selfs babas is makliker om na om te sien, wanneer jy hulle aangemoedig het om op gereelde tye te eet en te slaap. (Alhoewel ek nie die streng skedule van die boek Baba Wys bevorder nie, glo ek in orde en roetines vir kinders. Sien die les, “Jou Moeder se Leringe” in ‘n Wyse Vrou vir meer Informasie oor waarom).

Hou aan beweeg. Ek het een keer gehoor dat Elisabeth Elliot vir haar luisteraars vertel het om net “die volgende ding” te doen, of dit nou die skottelgoed is, of om die bed op te maak. Onthou, “Sy lyk tenvolle in beheer van haar huishouding. Luiheid ken sy nie” (Spr. 31:27). As die telefoon lui, of een of ander onderbreking plaasvind, stop en sien daarna om, maar kom terug en doen “die volgende ding.” As jy die soort is wat eenvoudig nie van die telefoon af kan klim nie, moet dit nie antwoord nie, en gebruik jou stempos tot jou voordeel deur terug te keer na oproepe wanneer dit gerieflik is vir jou (tensy dit jou man is wat skakel). Om op die telefoon te praat was nog altyd ‘n swakheid van my. Daarom, antwoord ek NOOIT ons huis telefoon nie, en antwoord net my selfoon wanneer dit een van my kinders is wat skakel of iemand wat ek weet ek dadelik mee moet praat. Andersins, wag ek en skakel terug wanneer ek beskikbaar is, nie net enige tyd wat iemand my skakel nie.

Hoe om Meer Gedoen te Kry

Ons hoof probleem om baie gedoen te kry word in die volgende drie verse aangehaal:

“Sy is luidrugtig en uitdagend, haar huis is te nou vir haar; sy maak haar ronde in die strate, op die stadspleine, sy staan op loer by elke hoek.” (Spr. 7:11-12)

“Wees spaarsaam met jou kuiers by jou buurman; as hy jou te veel sien, hou hy naderhand nie meer van jou nie’ (Spr. 25:17).

“niks wat sleg is wil ek nastreef nie” (Ps. 101:3).

1. Bly meer by die huis! “Sy is luidrugtig en uitdagend, haar huis is te nou vir haar; sy maak haar ronde in die strate, op die stadspleine, sy staan op loer by elke hoek” (Spr. 7:11-12). Ek weet dat as ek vind dat ek nie in staat is om “by te bly” met my huis nie, dan is dit gewoonlik omdat ek te veel “rondgeloop” het. Ek moet na my prioriteite kyk en by die huis bly, om vrede en stabiliteit aan my familie te bring. As jy takies het, probeer om sover moontlik, hulle almal op een dag elke week te doen wat jy opsy plaas om takies te verrig.

Toe my oudste dogter begin bestuur het, het ek begin om haar te kry om baie takies vir my te doen wat ek gedoen het. Dit was goed vir haar om te leer hoe om die kruideniersware te koop en om goed terug te neem. Selfs om ‘n lys te maak van waarheen sy moes gaan op taak dag is ‘n kosbare leer ondervinding (wat ons in ‘n opkomende hoofstuk sal dek).

Huidiglik, wag ek net totdat ek ‘n afspraak het of moet uitgaan, dan doen ek soveel as ek kan terwyl ek uit is. Dit hou my by die huis waar ek die meeste vrede vind, en waar ek stabiliteit vir my kinders skep.

2. Hou op om met vriende of familielede op die telefoon te praat. “Wees spaarsaam met jou kuiers by jou buurman; as hy jou te veel sien, hou hy naderhand nie meer van jou nie’ (Spr. 25:17). Of jy nou besoek gaan aflê of ‘n vriendin (of familielid) op die telefoon skakel, as jy dit te dikwels doen, sal jy en jou vriendin uiteindelik ‘n oorlas vir mekaar word. Stel ‘n tyd saam op om op ‘n gereelde basis, eerder as om “tuis in liggaam” maar altyd “uit op middagete” in jou gedagtes en jou fokus te wees, terwyl jy kletspraatjies op die telefoon maak.

Jy sal verbaas wees dat meeste van die angs in jou lewe en huis veroorsaak word deur hoe dikwels jy jou huis en jou kinders afskeep deur telefoon oproepe en ander onderbrekings. Ek het opgehou om oproepe te aanvaar gedurende my tuisskool ure, omdat dit onvermydelik veroorsaak het dat ek beheer oor die kinders verloor. As hulle “net aangehou het om te werk” soos wat ek hulle vertel het om te doen, sou hulle iets verkeerd doen wat oorgedoen moes word. Jy kan altyd mense terugskakel wanneer dit ‘n meer geleë tyd vir jou en jou familie is. Soos wat ek gesê het, gebruik die stempos tot jou voordeel, vra ‘n ouer kind om jou oproepe te monitor. Almal sal gelukkiger daaroor wees!

Of jy nou die een is wat die oproep maak, of die een wat die oproep ontvang; die telefoon (en nou daardie selfoon) kan ‘n geweldige vloek op ‘n goed bestuurde huis of vir ‘n vredevolle bestaan wees.

3. Skakel dit af! “niks wat sleg is (perfekte voorbeeld: jou televisiestel) wil ek nastreef nie” (Ps. 101:3).

Vir my, is daar niks meer waardeloos as die T.V. nie. Ons het net een televisie gehad wat my man by geleentheid aangeskakel het om sport te kyk (wat ek van sou gehou het om in die asblik te gooi!) En ons het een gehad wat aan ‘n videomasjien gekoppel was wat goed was vir opvoedkundige bande, geestelike bande, en vir “familie aand’ (wanneer ons ‘n goeie swart en wit klassieke fliek gekyk het, pizza geëet het, en lekkers vir nagereg op Vrydagaande geëet het).

Dit was die “goeie ou dae!” God het my deur nog ‘n verfyning laat gaan en “doodgaan vir myself” ondervinding toe ons van ons plaas na die stad toe getrek het. Ek moes ‘n nuwe vlak van onderdanigheid leer; hierdie keer, met ‘n meer gewillige hart en om ‘n “vrolike” reaksie te hê toe my man (toe ek nog steeds getroud was) aangekondig het dat ons ‘n “satelliet televisie” gaan kry (wat ons televisie stel aan die hele wêreld gekonnekteer het!), ‘n groot plasma (platskerm) televisie, saam met nog ‘n baie groot televisie vir ons sitkamer!!

As jy probeer om druk op jou man te plaas om die televisie te verwyder, stop en bid; vermy die twis en vertrou op God! (Sien “Wen Sonder ‘n Woord” in ‘n Wyse Vrou.)

Net vir die rekord, ek het soos ‘n dwaas gedink dat op een of ander manier, ek nodig gehad het om seker te maak dat my man my geweet het van my misnoeë oor dinge wat wêreldswys en boos was en dat hy dit verstaan het. Ek was verkeerd. Ek het besef dat ek my besluite gebaseer het op vrees (moet nooit iets op vrees baseer nie), dat as ek hom nie vertel het dat ek ‘n afkeur gehad het om ‘n televisie (of enige ander boosheid) te hê nie, dat ek soos Ananias en Saffira sou opeindig (Sien Hand. 5:1-11).

In die verlede, was ek ewe verkeerd toe ek sou seker maak dat ek vir my man vertel van my misnoeë oor dinge wat hy gedoen het vertel het, nie as gevolg van vrees nie, maar as gevolg van my hoogmoed en geestelike arrogansie. Ek het geglo dat my man moes geleer word, deur my, oor dinge wat reg of verkeerd was. Hierdie soort “bemoedering” van jou man sal veroorsaak dat hy jou heeltemal sal uitsluit en nie jou mening oor enigiets vra nie. Maar so eg aan soort, ‘n vrou soos ek besef dit nie of gee regtig nie om nie. Ons glo dat dit ons verantwoordelikheid is om ons familie te lei as “hy nie wil nie.” Liewe leser, daar is geen beter manier om jou man van die dinge van God af weg te dryf nie en om die regte ding te doen eerder as om jou man se posisie en gesag te ondermyn nie. (Om meer informasie te verkry, kry en lees ‘n Wyse Vrou omdat jy besig is om jou eie huis af te breek!)

Hierdie keer, het die Here my aangemoedig om groot te word. Hy het my gewys dat HY my hart ken. Hy het geweet dat ek nie ‘n televisie stel wou hê na’ n dosyn jare van nie een te hê nie. God het altyd my hart geken, as ek iets in die gesig gestaar het waaroor ek bekommerd was en nie heelhartig voor was nie, het ek nie nodig gehad dat my man daarvan moes weet nie! My taak, as ‘n respekvolle helpmaat, was om te glimlag en SAAM TE STEM. Dan moes ek my kommer na die Here toe neem sodat Hy daarmee kon afreken, indien nodig. Die selfregverdige Fariseër wil altyd terugkom, so ek moes altyd versigtig wees om nie te oordeel wat my man (nou my eks-man) besig was om te doen of nie te doen nie.

In die hersiene uitgawe van Werkers by die Huis, het ek gedeel dat ek dalk nie so liggeraak moes wees nie! Maar dat as dit my man was wat die gevaar in iets moes sien wat inkom of aangaan in ons huis, dat ek kon vertrou dat God dit sou laat gebeur terwyl ek vreugdevol gebly het, eerder as om gestres of bekommerd te wees.

Dames, gee dit alles vir God om uit te werk. Onthou, Sy juk is sag en Sy las is lig”!

Die rede dat die Here dit toegelaat het, en ander dinge om terug te kom in ons huis, en terug in my man se lewe, was omdat my man (nou my eks- man) glad nie my oortuigings gedeel het nie. Dit het beteken dat my kinders (alhoewel ek dit nooit gesê het nie) in ‘n huis gebly het waar daar dubbelhartigheid was. God het dit reggestel deur my man oor te gee aan sy strewes (wat die dinge van die wêreld was), wat gelei het tot hom wat wegloop en met ‘n ander vrou trou.

Alhoewel dit vir sommige tragies mag lyk, is die waarheid dat God ons hele familie geseën het. Nou is die hoof van ons familie die Here wie my Man is (Jes. 54:4-60) en my kinders se Vader (Ps. 146:9). Deur toe te laat vir die onreg om te vermeerder, eerder as wat ek voorheen gedoen het deur in die pad te staan met my menings van misnoeë, groei my kinders nou geestelik met lang hale!

“Wie dit nie besef nie, is ‘n dom mens, wie dit nie insien nie, is sonder verstand. Al is die goddelose voorspoedig, al floreer almal wat onreg doen, hulle sal vir goed uitgewis word” (Ps. 92:6-8).

“Dit gaan goed met die mens wat nie die raad van goddeloses volg nie, nie met sondaars omgaan en met ligsinniges saamspan nie…’ (Ps. 1:1).

Alhoewel egskeiding nooit my keuse sou wees nie, was dit God se wil sodat ek aanmoediging vir vrouens dwarsoor die wêreld kon gee om die Here na te streef vir die Man waarvan ons almal droom. En jy hoef nie ongetroud te wees om Hom as jou eie te neem nie. (Lees asseblief Die Oorvloedige Lewe vir meer informasie oor hoe om ware en ewige vreugde te vind!)

Die Oggend of Aand Skoon Vee

Die “skoon vee” is ‘n wonderlike instrument om jou huis gereed te kry voor jou man by die huis kom, of om net ‘n skoon huis te hê om aan die einde van die dag te geniet of jy nou getroud is of nie. As jy getroud is, of besoekers verwag, neem net ‘n paar minute om jou huis “‘skoon te vee,” begin by die voor of agterdeur en loop in die rigting van die hoofslaapkamer of kombuis, watookal rigting jou man of gaste sal neem.

As jou man ‘n werk het wat nie vasgestelde ure het nie sodat jy nie altyd weet wanneer hy kom nie, vra hom, as jy kan, om jou ‘n vinnige oproep te gee ‘n uur, half uur, of selfs vyftien minute voor hy arriveer sodat jy gereed vir hom sal wees.

Voordat ek my kinders opgelei het om die skoon vee te doen, voor hulle selfs oud genoeg was om te help, het ek elke oggend die “skoon vee” metode gebruik. Ek glo dat alle vrouens sal vind deur dit te doen sal help om jou dag te begin of te eindig.

Dit is wat ek gedoen het toe my twee ouer kinders jonk was: Nadat ons almal in die oggend vir Pappa totsiens gewaai het, het ek onmiddelik ‘n stel speelgoed vir my kinders uitgesit om hulle mee besig te hou (meer hieroor in Hoofstuk 9 “Speelgoed”) en dan boontoe gegaan vir ‘n oggend “skoon vee”. Ek sou na my kamer toe gaan, my bed opmaak, optel of opruim, en dinge wat nie in daardie kamer behoort nie in ‘n wasgoed mandjie gegooi, insluitende vuil klere of handdoeke. Dan het ek na die hoofbadkamer toe gegaan, dan die kinders se kamer. Ek het ook die vullismandjies in ‘n groot bruin sak leeggemaak wat ek by my gehad het.

Indien nodig en as die kinders stil onder gespeel het, sou ek die boonste kamers ‘n vinnige stofsuig gee. Dan het ek ondertoe gegaan, na die kinders omgesien, en die “skoon vee” mandjies in die waskamer uitgesorteer. Ek sou ‘n lading wasgoed begin, na die kombuis toe gaan om die skottelgoedwasser te laai, en die toonbanke af te vee.

Ek het ook die boonste kamers buite perke gehou, behalwe vir middagslapie tyd, wat maklik is om te doen as jy nie speelgoed in die kinders se kamer stoor nie (weereens sal ons die speelgoed dilemma dek in Hoofstuk 9 “Speelgoed”). O, terwyl jou kinders jonk is, omdat hulle na die skoon kamers wil graviteer, kry ‘n klein hekkie om hulle te weerhou om na die skoon areas van jou huis terug te gaan.

Vir Die Wat Buite die Huis Werk

Almal van ons kan voordeel trek uit die metode om een keer per dag, van kamer tot kamer te gaan, met ‘n “skoon vee” —veral die van julle wat werk toe gaan! Die metode sal jou seën, sodat wanneer jy terugkom by die huis, uitgeput na ‘n harde dag se werk—jy huis toe sal kom na ‘n skoon huis.

Vir die van julle wat werk, kan jy maklik hierdie roetine inkorporeer of eerste ding in die oggend (as jy ‘n oggend persoon is) of net voor jy bed toe gaan, wat is wat ek nou doen selfs al werk ek nie buite my huis nie.

‘n Half uur voor ek bed toe gaan, skoon vee ek deur in die kombuis te begin, dan in die sitkamer, voor ek elke aan bed toe gaan. Na jare van dit met my kinders doen, meeste van hulle doen dit by hulself, en doen dit selfs vir my wanneer ek te moeg is om dit myself te doen (aangesien ek nou ‘n enkel ma van ses is wat nog steeds by die huis woon). Stel jou voor my vreugde wanneer ek wakker word en sien dat dit vir my gedoen is! Die vers is so waar: “Gee leiding aan ‘n jongmens oor hoe hy moet leef, en hy sal ook as hy al oud is nie daarvan afwyk nie” (Spr. 22:6).

Dames, met hierdie soort metode wat in jou daaglikse roetine gestel is—sal jy absoluut wonderlik voel! Jy sal ook vind dat deur dit elke oggend te doen, of elke aand, sal help om jou huis skoon te hou en jou lewe is minder stresvol.

Afsluiting

Dames, ek waarborg dat die “skoon vee” jou lewe sal revolusioneer, en jou lewe weer vreugdevol maak. Eerder as om skoon te maak op die manier wat meeste van ons gedoen het, deur vorentoe en agtertoe te gaan, en gemors aan en af op te ruim soos wat jy hulle vind—sal jy dit sistematies en gereeld doen.

Weereens, die “skoon vee” is om eenvoudig ‘n groot wasgoedmandjie of twee te neem en in een area van die huis te begin, alles van die vloere, tafels, rakke, ens op te tel soos wat jy deur die huis “vee.” Sodra die huis heeltemal skoon is, sorteer wat jy bymekaar gemaak het in sakke of mandjies vir elke kamer.

Soos wat ek vroeër gesê het, ek het gevind dat die maklikste manier om jou mandjies te sorteer is om bruin papier inkopie sakke te merk. Merk een sak vir elke kamer in die huis, en merk nog een vir “vullis” of bring die vullisblik na waar jy besig is om te sorteer. Sorteer en vul die sakke op vir elke kamer. Sodra alles gesorteer is, neem die sakke na elke kamer (wat nou alreeds skoon is) en pak die items weg. Spaar die sakke deur hulle op te vou, en almal in een bruin sak te plaas, en dit in jou wasgoed kamer langs jou wasgoed mandjies te stoor.

Die metode is, by verre, die vinnigste manier om ‘n huis skoon te maak, omdat dit so doeltreffend is en jou so baie treë spaar! ‘n Netjiese huis hou die stres af in die lewe van jou familie. Ek het hierdie metode (en elke metode in hierdie boek) vir jare gebruik en het honderde vroue geleer om dieselfde te doen. Ek bid dat dit die antwoord op jou gebede sal wees.

As jy gereed is om 'n verbintenis met GOD te maak dat jy die kursus gaan voltooi, KLIK HIER dat jy saamstem en gereed is om elke stap van jou Reis na Herstel te dokumenteer in jou "My Daaglikse Joernaal" vorm. Vat jou tyd, sit, kry vir jou koffie of tee en stort jou hart uit in jou Joernaal.

As "ouer vroue...sodat julle die jonger vrouens kan leer..." (Titus 2:3) jy sal die geleentheid hê om met jonger vrouens te praat wat nog alleenlopend is as deel van jou bediening.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui