AFR_W_H_CoverFront-768x1193-1

Maak die Meeste van Jou

Spasie

Verwyder die Rommel

‘n Luiaard se pad
is met dorings besaai;
‘n opregte mens het ‘n gelyk pad.
—Spr. 15:19

Hierdie was voorheen Hoofstuk 7 ‘n paar hersienings terug, maar dit was na die voorkant van die boek geskuif. God het my begin aanhits om dit na die tweede hoofstuk te skuif toe ek sien dat soveel vrouens, wie die tuisteskeppers boek gelees het, wat begin het om die rommel uit hulle huise te verwyder. Alhoewel dit nie oorspronklik op daardie manier geskryf was nie, was dit duidelik God se manier—dit is waar Hy ook in jou lewe wil begin. Neem tyd om die hoofstuk reg deur te lees, en miskien selfs ‘n tweede of ‘n derde keer, voor jy enige aksie neem. Ontrommeling is ‘n beginsels wat jy moet leer. Dit is nie net eenvoudig ‘n taak wat jy moet aanpak nie.

Ek is al vir baie, baie jare passievol oor organisasie. Tog, toe ek my eerste boek gelees het oor ontrommeling van jou huis, het dit ‘n paar dae gevat om regtig in te sink. Dit is toe dit alles begin sin maak. Ek het by myself gedink, “Vir al hierdie jare, het ek regtig rommel organiseer en herorganiseer!”

Rommel is ‘n Hindernisse

Wat presies is rommel? Rommel is enige dinge waaraan jy vashou wat jy eerlik nie meer gebruik nie. Dit mag dinge wees wat jy dink jy in die toekoms mag gebruik. Nietemin, goed wat jy, huidiglik, regtig nie meer gebruik nie is niks meer as opgaar goed nie, wat lei tot selfsugtigheid.

Rommel is dan, opgaar van die dinge wat jy regtig moet “laat gaan.” Dit is die goed wat jou wedloop strem, dit is die hindernisse wat jou moeg en oorweldig laat voel. “Terwyl ons dan so n’ groot skare geloofsgetuienis rondom ons het, laat ons elke las van ons afgooi, ook die sonde wat ons so maklik verstrik, en laat ons die wedloop wat vir ons voorlê, met volharding hardloop . . .” (Hebr. 12:1).

As jy dinge het wat jy huidiglik nie gebruik nie (Ek praat van dinge wat mooi is en op een of ander manier waarde het), dan deur dit weg te gee (selfs aan iemand wat jy nooit sal ken of ontmoet nie, wanneer jy byvoorbeeld dit aan ‘n 2de handse winkel gee), seën jy iemand wat dit nooit mag gehad het nie en wat hulle nodig gehad het omdat jy nie in staat was om te “laat gaan” nie—eenvoudig omdat jy dit nog wil hê

Jy sal nie net iemand anders seën nie, maar jy sal ook die vrugte pluk deur meer laai spasie en/ of kas spasie te hê! Die grootste beloning is hoe ongelooflik maklik dit vir jou en jou familie sal wees om jou huis ontrommel te hou!

My familie het letterlik (na ontrommeling) omtrent die helfte van wat ons besit het oor, en ons het nie ‘n ding gemis nie! Elke keer wat ons ontrommel (die laaste twee kere omdat ons getrek het), was daar ‘n vrede wat in en oor ons hele familie gerus het. En as dit nie genoeg was nie, jou huis bly netjies en ordelik totdat jy weer moet ontrommel.

Jy mag meer as gewillig wees om te laat gaan, maar tipies is jou kinders nie. Kinders is selfsugtig van natuur. (Ons sal eggenote wat nie kan laat gaan later bespreek.) Selfs al mag jou kinders hulle klere of speelgoed ontgroei het, wil meeste kinders hulle hou!

Nog ‘n nota wat lei tot rommel, is wanneer jy ongebruikte of ontgroeide items aan die jonger boeties of sussies aangee, is dit wys om seker te maak dat watookal dit is gedra, gespeel, of gelees sal word deur die jonger boetie of sussies. Al jou kinders is anders, nie al die klere lyk ewe goed nie, en nie alle speelgoed is so genotlik aan elke kind nie. 

Ook, met betrekking tot die aangee van klere, om iets te spaar vir ‘n jaar is reg, maar enigsins meer as dit en die styl sal moontlik verouderd wees, wat weer sal lei tot rommel.

Toe my babas “vining en soos blits’’ gekom het (nie tot betrekking met die spoed teen wat ek gekraam het nie, maar hoe naby hulle aan mekaar was in jare), ek was bokse een bokse baba klere gegee van ‘n dame wie haar man verloor het, ek het bygevoeg by wat ek alreeds gestoor het. Ek het die bokse en rubber emmers versigtig gestoor, maar tot my afgryse, toe ek swanger was en die bokse oop gemaak het, was hulle skimmel en bederf verby redding.

Ek was beskaamd, omdat alhoewel ek die boodskap gehoor het van “te laat gaan” wat ek nie nodig gehad het nie, het ek nie ag geslaan op die beginsel nie. Al waaraan ek kon dink is hoeveel moeders, miskien selfs jong ongetroude moeders voordeel kon getrek het uit wat nou verwoes was as gevolg van my opgaar van dinge wat ek nie nodig gehad het nie. Maar God is goed!! Nadat ek berou gehad het en my sonde met baie ander vrouens gedeel het, toe die onderwerp opgekom het, het God my geseën met splinter nuwe klere vir my volgende baba toe ek “per ongeluk” in ‘n winkel ingeloop het toe alles meer as 75 persent afslag was! 

Die Opgaring

Nou jy (of jou man) mag dalk dink, “Wel, ek weet wat sal gebeur as ek ontslae raak van al ons rommel—ek sal net uit gaan en nog goed gaan koop om die leë spasies te vul” Maar ek het nie, die dames wat hierdie boek gevolg het, het nie, en jy sal ook nie wanneer jy die vryheid van rommel ervaar. Ek koop ook omtrent een-derde tot ‘n kwart van wat ek gekoop het. Toe ons ontrommel het, was dit moeilik om te sien hoe al jou dinge weggegooi of weg gegee word. Ek het gedink aan hoeveel geld ons aan al daardie goed gespandeer het, wat my geleer het om wys eerder as impulsief te koop.

Vanaf die eerste episode van ontrommeling, wanneer ek en my familie gaan inkopies doen, hou ons in gedagte of wat ons koop regtig gebruik of gedra sal word. Dit gaan ook vir geskenke wat ons vir mekaar koop. Eerder as om net “iets” te kry, maak ons seker dit is wat die ander persoon regtig nodig het of wil hê.

Baie van wat ons weg gooi of weg gee was as geskenke aan ons gegee, baie daarvan was iemand anders se goed wat ons net te skuldig gevoel het om van ontslae te raak, en die res, die meerderheid, was goed wat ons gekoop het wat ons destyds nie regtig nodig gehad het nie maar wat ons wou gehad het. 

Maak nie saak hoe jy of ek iets kry nie, dit is dwaas om wat ookal dit is te hou wanneer ons dit regtig nie gebruik nie. Daarom, is dit baie goed vir jou en my om ontslae te raak van enigiets wat ons nie gebruik nie sodat ons iemand anders kan seën en sodat ons spasie kan maak in orde om ons huis netjies te hou (en om nie eenvoudig die spasie weer te vul nie).

Vanaf my eerste ontrommeling ondervinding, het ek begin om baie winkels te vermy waar ek net “rond gekyk” het net om “iets” te koop. Omdat ek my huis ontrommel het, het ek finaal begin om wys te koop. Nou wanneer ek meeste goed optel om na te kyk, vra ek myself, “Het ek dit regtig nodig?” en “Hoe gou tot dit in een van die gee-weg sakke beland?”

Net omdat iets ‘n “winskopie” is beteken nie jy moet dit koop nie. Ek weet dit is moeilik om van ‘n winskopie af te ontsien, maar as jy dit regtig nie nodig het nie, sal jy dit nie gebruik nie. En as jy dit nie gebruik nie, sal jy jou huis rommel, wat nie die “verkoping” prys werd is. In plaas daarvan, wag en bid vir goed wat jy regtig nodig het. 

Ek bid oor elke behoefte wat ek het. Ek kan jou nie vertel hoe dikwels, die volgende dag, ek in ‘n winkel in loop, en daar is waarvoor ek gebid het teen ‘n ongelooflike prys. Net verlede Saterdag, toe ek gesoek het vir ‘n trui vir my dogter vir kerk die volgende dag, het ek agter gekom dat sy net een trui gehad het wat haar gepas het. Toe bid ek, en die volgende dag, die Sondag, het ek “per ongeluk” in die winkel ingestap waar ek 4 truie vir die prys van een gekry het! Vertel altyd vir die Here wat jy nodig het en Hy sal dit bo natuurlik aan jou voorsien!  

En finaal, meeste vrouens voel dat hulle nie eens die tyd het om te ontrammel nie. Om die waarheid te sê, jy het nie die tyd om dit nié te doen nie! Die tyd wat jy neem om te ontrammel sal jou maak voel asof jy 22 kg verloor het! Jou lewe voel maer en vry! Jy sal soos ‘n nuwe vrou voel! Jy sal gelukkiger wees, en jou familie sal ook gelukkiger wees met die veranderinge!! 

Sodra jy in die regte stemming is (jy mag nodig hê om te bid en hierdie hoofstuk weer te lees), is jy gereed om te begin.

Die Gereedskap wat Jy sal gebruik om te Ontrommel

Om jou huis te ontrommel sal jy benodig:

  1. Vyf emmers, bokse, of houers (ek gebruik dikwels wasgoed mandjies).
  2. Vyf stukke nota boek papier (Verskillende kleure papier is beter).
  3. ‘n Swart merk pen of gekleurde kryt.
  4. 3x5 kaarte
  5. Groot swart vullis sakke (vier om mee te begin).

Vyf tekens. Hierdie tekens sal jou help wat jy het in vyf katogorieë te sorteer:

  1. Gooi weg.
  2. Gee weg.
  3. Pak weg.
  4. Stoor weg.
  5. Sit Terug.

Maak vyf tekens met jou papier en merk deur die lys bo te gebruik. Ek bring ‘n vullisblik in en merk dit ‘Gooi weg.”. Langs dit, gebruik ek ‘n wasgoed mandjie of boks en plaas ‘n oopgemaakte vullissak daarin om die sak ondersteuning te gee en merk dit “Gee weg.” Langs dit, plaas ek nog ‘n wasgoed mandjie of boks en merk dit “Sit weg.” Langs dit, plaas ek ‘n boks met ‘n deksel en merk dit “Stoor weg.”. En finaal, plaas ek die laaste wasgoed mandjie of boks en merk dit “Sit terug,” (maar ek plaas nie ‘n swart vullis sak binne nie).

Begin deur een kas, of een laai, of onder een bed, of een van jou rakke leeg te maak. Begin met iets wat jy weet jy maklik kan voltooi. (As jy ‘n kas kies, begin met die vloer.) Tel ‘n item op en plaas dit in een van die vyf houers. Jou doel is om meeste daarvan in die “Gooi weg,” houer te plaas, dan “Gee weg,” gevolg deur “Sit weg” of “Pak weg.”

Besluit wat daardie laai, kas, of rak gaan stoor in daardie spasie. Met ander woorde; Wat regtig in daardie kas, laai, of op daardie rak behoort wat jy besig is om te ontrammel? Sodat wanneer jy by ‘n item kom wat in daardie kas, laai, of op daardie rak behoort, plaas dit in “Sit terug.” Dit behoort eenvoudig genoeg te wees!

Begin net deur een item op te tel en in ‘n houer te plaas. As jy of een van jou kinders by iets kom waarvan jy net nie seker is nie, stop en bid, en vra die Here vir wysheid en Sy oordeel. Luister vir daardie stil, klein stemmetjie, en reageer op Sy leiding—watookal dit is. Vertrou dat as jy dit wel in die verkeerde houer plaas, die Heilige Gees jou sal aanhits om dit uit te haal en te plaas waar dit behoort. Ek belowe Hy sal wanneer Hy sien dat jy jou beste doen om Sy leiding te volg. Nietemin, maak seker dat wanneer jy terug gaan om iets terug te kry, dat dit nie is omdat jy begin het om “op jou eie verstandhouding staat te maak nie” of begin redeneer hoekom jy dit wil hou in plaas daarvan om dit weg te gee of weg te gooi.

Sodra alles in daardie kas, laai, of rak leeg is, vee dit af, of vee dit uit, en plaas terug net wat daar hoort: wat jy in jou “Sit terug” houer het!

En, moet nie die fout maak om meer plastiese opgaar houers, hangers of ander organisatoriese toebehore aan te koop om te help om daardie spasie georganiseer te hou nie. Koop dit net na jy sien wat jy oorhet. Jy sal verstom wees dat sodra jy ontrammel het, jy sal vind dat jy nie meer hangers of meer organiseering houers nodig het nie!

Jou doel is om alles uit te pak, te stofsuig en/of af te vee. En dan net die items wat in daardie spasie behoort, terug in daardie spasie te plaas.

Deurvolg

Die finale stap om is om te deurvolg met die ander houers af te reken.

Eerstens, neem die “Gooi weg” items dadelik na die asblik. Volgende, plaas die “Gee weg” items in jou motor sodat jy dit na die plaaslike 2de handse winkel kan neem. Die “Sit weg” houer kan deur jou huis gedra word, plaas elke item in die regte kamer. Pak weg daardie goed wat jy, of iemand anders, daar per abuis geplaas het, of meer dikwels as nie, deur gemak.  

Onthou: jy behoort (weg te gooi) enigiets en alles wat gebreek of gevlek is. Te dikwels, hou ons goed wat reg gemaak behoort te word maar nooit reggemaak word nie. Moet nie te veel waarde aan gemors heg nie, dit sal jou belas, so laat ons elke las van ons afgooi sodat ons die wedloop van ons lewe kan hardloop!

Nou, vir die goed wat moet “Weg Stoor,” soos seisoenale items, ‘n familie aandenking, of items klere wat net een keer ‘n jaar gebruik word. Ons sal nou 3x5 kaarte gebruik vir elke item wat jy in ‘n stoor houer gaan plaas.

Stoor Dit

Stoor dit. Die “Stoor weg” items sal in een of ander soort houer geplaas word—maar soos wat jy dit doen, skryf elke item op ‘n 3x5 kaart neer! Dit maak nie saak wat in elke boks is nie; jy hoef nie soortgelyke items bymekaar te probeer plaas vir hierdie peutervry stoor metode nie.

Natuurlik, hou meeste van ons die Kersfees dinge bymekaar, maar somtyds in Januarie, vind ons gewoonlik ‘n item wat ons Kersfees stoor gemis het. Gaan voort en plaas dit in enige stoor houer, omdat jy op die kaart sal merk waar daardie item volgende keer gevind kan word. Volgende Kersfees, sal jou kaarte jou herinner waar die item(s) wat vermis is gevind kan word. Om my selfs verder te herinner, plaas ek ‘n plakker op ‘n Kersfees 3x5 kaart, om myself te herinner dat daar vemiste items is wat op ‘n ander plek gestoor is. Dan kan jy hulle uit een boks verwyder en hulle terug in die oorspronklike boks aan die einde van daardie Kersfees plaas! Eenvoudig.

Die soort houer maak nie saak nie solank dit ‘n deksel het om die stof uit te hou. Jy kan enige bestaande boks of houer gebruik. As jy gaan uitgaan om ‘n houer te koop, is deurskynende houers ideaal aangesien jy binne hulle kan sien, wat dit eenvoudiger maak om iets te sien wat daarin gestoor is. Maar weer, met hierdie metode kan jy enige boks gebruik wat jy het of vind, maak nie saak watter grootte of vorm dit is nie.

Stoor 3x5 kaarte. Nommer elke 3x5 kaart in die boonste linkerkantse hoek, en nommer die ooreenstemmende boks aan verskeie kante—bv., “K - 1” sal jou eerste Kersfees boks wees, “K-1” vir jou eerste kraam klere boks, ens. Vir veelsoortige storing, skryf ek, “S-1,” en vir ou tuis skool leerplanne wat ek nie daardie jaar gebruik nie, merk ek dit “TS-1.”

Volgende, skryf neer waar jy dit sal stoor in die boonste regtekantse hoek—dws., motorhuis-westelike kant, solder bokant die sitkamer, of onder my bed. Dit sal jou, jou man, of seun help om die boks makliker te vind.

As jou boks ‘n leë video boks of ‘n stootwaentjie boks is, dui dit op die kaart aan onder waar dit geleë is om dit maklik te maak om te vind. Die mees belanrikste punt met hierdie beginsel van items stoor is om ELKE item wat jy in die boks plaas neer te skryf.

Indien moontlik, voordat jy nog meer in jou stoor areas plaas (spesiaal as jy dit onder ‘n bed of in ‘n kas gestoor het), sal dit wys wees om bokse wat voorheen gestoor is oop te maak (gestoor voor hierdie sisteem) , en 3x5 kaarte te maak vir elke boks. En terwyl jy die 3x5 kaarte maak, moet nie die geleentheid misloop om goed wat jy nie meer nodig het weg te gooi of weg te gee nie.

Waarskuwing: Bly vir die oomblik weg van die Kersfees bokse of baba klere! Wag tot Kersfees en “skoonskip” jou goed. Ek het my Kersfees versierings afgesny met die helfte, net na ek gemotiveer was om hierdie opgedateerde deel van die boek te skryf. Prys God! Hierdie jaar, sal ek weer deur ons Kersfees bokse gaan. Vir die afgelope twee jaar, het niemand lus gevoel om enigiets op te sit nie behalwe die boom en die krans op die deur (ons het ons Kers uitstalling stel uitgestal gehou aangesien ek ons Redder se geboorte die hele jaar wou onthou). Daarom, is dit tyd om te ontrammel en ander met die onnodige items te seën.

Finaal, as jy ooit ‘n boks skuif of ‘n item verwyder, pas jou kaart aan. Jou kaarte mot op datum gehou word deur die kaarte uit te haal, wanneer jy ‘n boks uithaal. Die “stoor” kaarte moet agter in jou 3x5 kaart leër gehou word met ‘n seksie verdeler wat jy STOOR merk. Ek het hierdie metode al vir JARE. Net soos alles, is dit iets wat jy leer en oefen totdat die manier wat jy dit doen ‘n gewoonte word. Nie net sal jy orde en vrede in jou huis hê nie, met meer plek in jou kaste en laaie vir dinge wat jy eintlik gebruik, jy sal jou dogters leer hoe om huis te hou! 

Meer van die Ontrommeling Metode

Dit is die metode om enigiets en alles te ontrommel

Sodra jy jou sorteer papier gemaak het, hou hulle totdat jou hele huis ontrammel is en maklik om skoon te hou! Ek het begin om myne agter my kruideniersware lys knipbord te hou sodat ek hulle oor en oor kon gebruik.

Die metode bring soveel vryheid dat wanneer ek voel dat ek ‘n tel my op nodig het, gaan ek net na ‘n kas of laai en begin om te ontrommel! Eerlik, dit misluk nooit nie, sodra daardie kas, laai, of rak skoongemaak is, sal dit jou so ‘n vreugdevolle gevoel gee. Sodra jy verslaaf is, sal jy vind dat jy na ‘n ander kas, laai of rak toe sal gaan wanneer ookal jy die tyd het!

Moet jy dit “Weggee” vir iemand spesiaal of vir liefdadigheid!

As die Here iemand in jou gedagtes bring wanneer jy besig is om uit te sorteer, sit dit dan in ‘n sak en merk hulle naam daarop. Indien nie, gee dit dan net aan die armes. God het regtig begin om Sy seëninge oor my uit te stort toe ek opgehou het om te probeer om ‘n paar rand te maak deur dit na 2de handse winkel toe te neem of ‘n erf uitverkoping te hou. Toe ek eenvoudig die armes met die goed waarvoor ek nie spasie gehad het geseën het, het God my geseën met goed wat ek nodig gehad en wou gehad het teen ONGELOOFLIKE winskopie!

Reëls. Moet nooit terug in daardie sak gaan nie, Gee of gooi al jou sakke weg sodra jy klaar is. Plaas die “Gooi weg” items onmiddelik saam die vullis uit. Plaas die “Gee weg” sak in jou motor met ‘n nota op die drywer se sitplek om na die naaste aflaai boks of spaarsaamheid winkel te ry. Sodra jy, jou kinders, of jou man begin om deur wat daar is te GRAWE, sal dit al jou harde werk ongedaan maak. Dit is hoekom ek SWART sakke aanbeveel, omdat die wit sakke dikwels ‘n kykie van iets interessant gee wat onvermydelik ‘n persoon sal lok vir ‘n tweede kykie.

Op die onderwerp van mans en ontrommeling: dit kan ‘n gevoelige onderwerp wees. Dankbaar was die situasie met my eks- man dat ek die een was wat wou “laat gaan” van goed en my eks- man wou goed hou. So ek het in ‘n onbliklike otouriteit geword oor wat om nie te doen nie! My heel eerste fout (alhoewel daar baie ander was) is toe ek probeer het om hom te help om sy beursie, baie baie baie, jare gelede skoon te maak. Toe ons minder as ‘n jaar getroud was, ek het gedink ek moet hom red, aangesien dit so propvol was dit was amper ‘n reghoekige kubus! Wat was die resultaat van my hulp? Vir amper 15 jaar (totdat hy begin het om ‘n bietjie van sy geheue te verloor), as hy ooit enigiets vermis gehad het was hy seker dat dit iets was wat ek weggegooi het uit sy beursie! Fout. Moet nie jou man se goed uitsorteer nie; nie sy beursie, “rommel” laai, of lessenaar. Jy kan dit sorteer, maar moet nooit iets weggooi sonder om hom eerste te sien nie. En as hy sê “nee” plaas dit dan in ‘n boks en stoor dit (wees net seker om die 3x5 kaartjie metode te gebruik sodat jy enigiets wat aan hom behoort in ‘n kits kan vind).

Professionele organiseerders het ‘n metode wat hulle gebruik vir dinge wat mense moeilik het om van afskeid te neem. Hulle plaas dit in ‘n boks, en dan as jy nie nodig gehad het om dit te gebruik (meeste mense het geen idee wat in die bokse is nie), gooi hulle die hele boks weg. Selfs al het jy dit ‘n jaar later oopgemaak, as jy na ‘n jaar daardeur gaan, sal dit baie makliker wees om van goed ontslae te raak wat jy vir ‘n jaar nie gesien of aan gedink het nie.

Persoonlik, gebruik ek nie daardie metode nie omdat toe ek dit probeer het, en die jaar was verby, hy wou nie sy tyd mors om na sy ou goed te kyk; jou man mag dieselfde wees. So in plaas daarvan, het ek gewag totdat ons getrek het, toe hy geweet het dat hy elke een van daardie bokse sou moes optel, hulle op ‘n trok laai, en by ons nuwe huis aflaai. Hy het dadelik baie gemotiveer geraak om ontslae te raak van goed wat hy nie nodig gehad het nie, en ek het nie nodig gehad om ‘n ding te sê nie! Is God nie so goed nie?

Beteken dit ons het nie bokse van sy goed by ons nuwe huis gehad nie?  Nee, my eks-man het baie bokse gehad gevul met sy goed wat moontlik nog steeds in ons solder is, maar ek laat dit my nie pla nie. Ek het gekies om sy posisie as hoof van ons huishouding te respekteer wanneer hy daar is. Ek het gekies om my kinders te leer om nie net hulle vader te respekteer deur my aksies en houding, wat op sy beurt, tot gevolg gehad het dat hulle my respekteer! As ek sy gesag ondermyn het, het ek ook my eie ondermyn.

Nou vir goed wat nie direk jou man se persoonlike items is nie: sommige mans sal ‘n sê oor al die huishoudelike items wil hê, waar sommige nie gepla is nie. Maar een ding is dieselfde, watookal jy mee geseën is—wens jy, jy het die ander gehad! My eks-man was ‘n man wat in beheer van enigiets en alles wou wees. Ek het altyd “gehoop” dat een dag hy dit aan my sou oorlaat. Die dag het gekom toe hy my vir sy hoërskool liefie gelos het. In plaas daarvan dat ek seergemaak, beskaamd of enige ander negatiewe gevoel wat meeste vrouens gevoel het, het ek verkies om te soek vir elke seëning aangesien die Here ons belowe dat, “alles ten goede sal meewerk vir dié wat Hom liefhet, en wil weet wat sy besluit daarin is.” Om in staat te wees om uit te gooi en weg te gee dinge wat ons nie nodig het nie, sonder die vrees van ‘n man wat kwaad sal word is ‘n seën. En wanneer ek by bokse van goed van my eks-man uitkom, sit ek dit opsy vir hom om weg te neem gedurende sy volgende besoek om die kinders te sien. Is die Here nie te wonderlik vir woorde nie??

Nou terwyl ek en jy uitgedaag was met ‘n man wat alles wou beheer, het ons vriende wat kla en vertel dat hulle mans ongeinterresseerd is in enigiets en alles wat met die huis te doen het (en somtyds die kinders) en reageer met “doen watookal jy wil”! Hoekom is dit?

Dit is omdat God vir almal van ons gee presies wat ons nodig het!! Vir my, wat gebore was met ‘n onafhanklike gees, wou ek altyd my eie besluite maak. Ek wou God altyd nastreef en in Sy rigting gaan sonder struikelblokke, maar die struikelblokke is wat ons sterk maak! Wanneer daar ‘n struikelblokke in my lewe is, moet ek bid vir wysheid, en geduld, aangesien ek dikwels moet wag, wat my spiritueel versterk.

Vir ander vrouens, wat sagmoedig en besluiteloos is, of miskien net versekering nodig het, sê die mans vir hulle om te doen watookal hulle wil, wat hulle forseer om God na te streef vir krag, vrymoedigheid, en versekering.

Almal van ons het God nodig, so Hy gee vir ons verskillende maniere om ons te forseer om Hom voortdurend na te streef! Is God nie goed nie?!

Noudat ek ten midde daarvan is om myself nederig te maak wat altyd goed is om spiritueel te win, ‘n paar van my probleme was dat ek na my eks-man toe gegaan het (toe ons getroud was) toe ek net na God toe moes gegaan het. Sommige mans wat “lyk” asof hulle beherend is, is eenvoudig so omdat ons na ons mans toe gegaan het toe ons na die Here toe moes gegaan het. Toe ek eers geleer het van onderdanigheid, het ek vir alles na my man toe gegaan! Gou, het ek “verdruk” gevoel toe die Here my oë oopgemaak het om te sien dat dit regtig my eie skuld was. Om hier by te voeg, ek was grootgemaak deur ‘n moeder wat gedy het, of so het dit gelyk, op rebellie en skelmheid met my vader.

Dikwels, wanneer iets uit balans is in ons jeug, in die huise waar ons grootword, neig ons om na die ander uiterste te gaan, wat is wat ek gedoen het. Sekerlik, om nie in die patroon te val om dinge van my gade te weerhou nie was ‘n goeie ding. Nietemin, een uiterste kan net so sleg wees as die ander. Hoe weet jy wanneer om jou man te vrae en wanneer om net voort te gaan met hoe die Here jou lei? Bid. Bid en vra God om jou onderskeiding te gee. As Hy jou aanhits om jou man te vra, gaan vra dan. As jou man jou plan keer, vertrou dan op God om die deur oop te maak as dit is wat jy regtig veronderstel is om te doen; selfs wanneer dit kom by ontrommeling (wat om te hou en wat om weg te gooi).

As jy die skugter soort is, wat versekering nodig het, en jou man gekla het dat jy te behoeftig is. Streef God dan na en hou op om na jou man toe te gaan. As Hy vir jou sê om iets te doen, gaan dan voort met God se versekering.

Vir die getroude vrou, is haar doel om dit in die vers in Spreuke 31:11 uit te leef: “Haar man steun op haar en pluk die vrugte van haar werk.”

En hoe is dit volbring wanneer dit nou so deurmekaar is? Met die volgende vers: Sy bring vir hom net voordeel, nie nadeel nie, haar hele lewe lank” (Spr. 31:12). Doen wat reg is, tot betrekking met jou man, begin om sy gesag te respekteer en nie uit te daag nie, en dit strek tot om nie negatief oor hom te praat met vriende en familie nie (om nie sy swakhede op enige gebied van sy lewe te ontbloot nie). Wanneer jy begin om die vrou te wees op wie hy “kan steun” (“kan vertrou” is uit die KJV), dan sal hy eventueel jou toelaat om besluite sonder sy toestemming te maak. Vir my, het die Here eenvoudig my man uit my lewe verwyder om my in staat te stel om Hom as my gesag te hê. Al daardie jare om onderdanigheid te leer aan my aardse man het my n beter vrou gemaak vir my Hemelse Man!

Snaaksgenoeg, toe ek oorspronklik hierdie hoofstuk hersien het, wou ek dit doen sonder om my ander foute te deel, maar die Here het ander planne gehad. Nog een van my foute, wat ons huwelik vir jare uit balans gehou het, was toe ek na my man toe gegaan het en hom van my plan vertel het om hom in staat te stel om my te prys of ‘n verbale klop op die skouer te gee. Ek het groot geword met twee ouers, wie onbeskaamd, gedink het ek was wonderlik en het amper daagliks so vir my gesê! Dit was ‘n goeie ding, maar weer as dit uit balans is, wat ek raai dit was, dan volg moeilikheid. Die uitkoms daarvan was, dat in plaas daarvan om lof te kry, wat is wat ek van my ouers sou gekry het, sou my eks-man een of ander fout of gebrek daarin vind.

Dit het gebeur wanneer ek gegaan het om ‘n idee “voor te lê’ aan my eks-man. Liewe suster, ons vriendinne was geskep vir hierdie doel! Hulle is lief daarvoor om ieder en elke besonderhede te hoor, maar wanneer jy jou idees deel, “net wil praat” of jy net die idee voor iemand wil “voorlê”, vir meeste mans, sal dit nie gebeur nie. ‘n Man sal dink dat jy hom wil vertel wat om te doen, nie net om te luister nie.

Dit het my ‘n lang tyd geneem om dit te leer, maar een dag het God genadiglik my naaste vriendinne uit my lewe verwyder het, en toe my man—en ek was nagelaat met net Hy. Wow! Wat ‘n verskil!! Nie net is die Here lief daarvoor om elke besonderhede te hoor nie, Hy is eerlik wanneer dit glad nie ‘n goeie idee is nie. En wanneer Hy my veroordeel of vir my wys dat dit nie ‘n goeie plan is nie, is Hy so saggeaard en vol deernis.

As jy dieselfde probleem het dat jy goedkeuring of aanvaarding nodig het, praat met God en vra Hom om jou te help. Daar is geen ander stel op vir diep seerkry nie. Die vyand het regtig ‘n houvas op jou lewe. Mense is die beste wapen wat die duiwel het om jou te manipuleer of seer te maak. Kyk na God om jou behoefte om bemin, aanvaar, en ge-eerd te voel. Sy gees sal jou vul. Maak nie saak hoeveel mense jy het wat jou prys nie, jy sal leeg voel. Kyk net na die bekendes se lewens om te sien dat lof van ander nooit daardie leemte sal vul in jou lewe nie. Net God kan dit vul, so hardloop altyd na Hom toe.

Nou, terug na ons hoofstuk . . .

Die metode van ontrommeling en om dinge te elimineer (dinge wat jy nie nodig het of gereeld gebruik nie) moet dwarsdeur jou huis gedoen word soos wat jy deur jou huis beweeg een laai in een kamer, een op ‘n slag. Begin in een aangewysde kamer, en gaan dan voort om deur die hele huis te beweeg. Spandeer net ‘n paar minute tot ‘n uur per dag en gou sal net wat jy nodig het en gereeld gebruik oor bly.

Instandhouding. Sodra jy die hele huis: kaste, rakke, en laaie skoon het (selfs jou motorhuis)—kan jy dit in stand hou met die daaglikse “skoon vee” metode. Die skoon vee is die opwindende en lewens-veranderde hoofstuk vorentoe. Maar voor jy vorentoe hardloop onthou hierdie boek is ‘n boek van aksie. Deur dit te lees sal nie jou lewe verander nie; jy sal aksie moet neem. So, neem die volgende paar dae of weke om jou huis te ontrammel voordat jy meer van die boek lees. Die metode sal nie net jou huis ontrammel nie, dit sal ook jou gedagtes, jou gees, en jou lewe ontrammel!

As jy gereed is om 'n verbintenis met GOD te maak dat jy die kursus gaan voltooi, KLIK HIER dat jy saamstem en gereed is om elke stap van jou Reis na Herstel te dokumenteer in jou "My Daaglikse Joernaal" vorm. Vat jou tyd, sit, kry vir jou koffie of tee en stort jou hart uit in jou Joernaal.

As "ouer vroue...sodat julle die jonger vrouens kan leer..." (Titus 2:3) jy sal die geleentheid hê om met jonger vrouens te praat wat nog alleenlopend is as deel van jou bediening.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui