AFR_W_H_CoverFront-768x1193-1

Maak die Meeste van Jou

Lewe

Laat Haar Werk Haar Roem Wees!

“Daar is baie knap vrouens,
maar jy oortref hulle almal . . .
Gee haar wat haar toekom vir alles wat sy doen;
laat haar werk haar roem wees in die stadspoorte."
—Spreuke 31: 29-31

Enigiemand wat my agtergrond ken sou dink dit is baie lagwekkend dat ek nou bekend staan vir organisering en hoe om ‘n huis netjies en in orde te hou! Dit wys net dat God ‘n sin vir humor het, en dat met God, is alles moontlik!

Toe ek getroud is, kon ek nie kook nie, nog minder het ek geweet hoe om huis te hou! Niemand het my geleer nie, en nog minder het ek ‘n voorbeeld gehad om te volg.

My moeder, seën haar hart, was lief vir haar kinders (al sewe van hulle), maar aangesien sy in ‘n rykmanshuis met bediendes groot geword het, en as ‘n enigste kind, het sy nooit geleer om enigiets te doen nie! Toe sy baie jonk was (net 16 en ‘n jong Meisie in die Padvinder kamp), het sy saam met my vader weggeloop, wat ook uit ‘n rykmanshuis gekom het!   

My moeder se moeder (my ouma), het haar nooit toegelaat om in die kombuis te wees of tyd rondom die bediendes te spandeer nie. Sy het nooit haar klere weggepak of selfs haarself aan te trek nie! Haar maaltye was aan haar bedien. My vader het sy maaltye in die eetkamer van ‘n hotel gehad waar sy familie in die dakwoning gebly het.

Teen die tyd wat ek gearriveer het (ek is hulle sesde kind), het my moeder jare van ongeorginiseerdheid en verbrande maaltye gehad. My vader het dikwels hulp gehuur, maar hulle was gou verjaag omdat my moeder gevoel het dat hulle ‘n “Inbraak,” gemaak het en haar net aan haar ongelukkige kinderlewe herinner het.

Ons waskamer, toe ek grootgeword het, was meestal met wasgoed opgestapel wat miskien “maandeliks’ gedoen was. Maaltye wat altyd laat en gebrand. My moeder sou ‘n dosyn maaltye kook wat oor en oor herhaal was. Meeste van ons (haar kinders) het probeer om na die bure genooi te word vir aandete, of sou meestal ‘n bak ontbytgraan eet!

Nietemin, my moeder was regtig lief vir ons—ons het dit almal geweet! Dit was as gevolg van haar liefde dat ons almal meer as reg uitgedraai het. Miskien was ons ‘n bietjie getraumatiseer deur die huis waarin ons groot geword het, maar dankbaar, kan meeste van ons nou daaroor lag! My susters, het ongelukkig, nooit geleer hoe om huis te hou nie. Almal van hulle kook beter as my moeder, maar hulle huise—wel, dit is ‘n ander storie.

My broers is met vrouens getroud wat mooi, skoon huise gehou het (wel, ten minste twee van hulle het). Vir my, was dit ‘n “God’s ding” dat my huis skoon en wel-organiseerd met goeie tuisgekookde maaltye was. Soos met alle areas van my lewe, het God het my van tragedie na triomf toe gebring. Ek moes in my moeder se spore gevolg het, maar God het my bevry en Hy is op die punt om jou ook te bevry! Ek is dankbaar, dat my huis vandag altyd skoon en netjies! Ons het maaltye op die tafel op dieselfde tyd elke dag, en met dankbaarheid, het ek niks in jare gebrand nie! 

Om hierdie siklus selfs verder te breek, gaan ek voort om my dogters op te lei sodat wanneer hulle trou, hulle goed voorbereid sal wees om huis te hou. Almal van hulle (selfs my seuns) het geleer hoe om die wasgoed te doen, om skoon te maak, en te kook. Dit is my begeerte om elkeen van julle aan te moedig om ‘n ware ouer vrou te word wat sal leer en aanmoedig wat reg is om ten minste een jong vrou te help om te leer hoe om ‘n huis ‘n tuiste te skep. Sal jy dit doen? As jy dogters het, hopelik is hulle gewillig om te luister en by jou te leer. Indien nie, bid, en sien wie die Here vir jou het om in te saai.

En vir die van julle wat nooit reg opgelei is nie, ek is ‘n ouer vrou. My agtergrond bewys dat die nie saak maak wie jy is, of waar jy vandaan kom nie, God kan jou bevry om dit eintlik te geniet om jou huis ‘n tuiste te maak! Hierdie boek sal jou riglyne gee, maar dit sal GOD wees wat jou sal hervorm en Sy Heilige Gees wat jou sal lei soos wat jy Hom aanhoudend na streef!

My bediening moedig vrouens in alle gebiede van hulle lewens aan. Benewens my eie getuienis, is my missie om beginsels te deel wat letterlik jou lewe sal verander, sodra jy hulle omhels. Hier is die eerste:

“Jesus het reguit na hulle gekyk en gesê: ‘Vir mense is dit onmoontlik maar nie vir God nie, want vir God is alles moontlik” (Markus 10:27)

As dit jou probleem is om ‘n skoon huis te hou, mag dit onmoontlik lyk met jou besige skedule, maar nie vir God—alles is moontlik vir God!

As dit jou probleem is om organiseerd te bly, mag dit onmoontlik lyk met jou persoonlikheid, maar nie vir God nie—alles is moontlik vir God!

As dit jou probleem is om by te hou met die wasgoed, mag dit onmoontlik lyk met al die kinders wat jy het, maar nie vir God nie—alles is moontlik vir God!

As jou probleem kook is, mag dit onmoontlik lyk omdat jy nooit daarvan gehou het om in die kombuis te wees nie, maar nie vir God nie—alles is moontlik vir God!

As God Intree

Maak nie saak wat die probleem gebied van jou lewe is nie, wanneer God in daardie deel van jou lewe intree, sal dit verander! Meeste van ons maak nooit staat op God of vra om Sy hulp nie, maar in plaas daarvan, sukkel ons om dinge in ons eie krag te doen deur op ons eie insigte staat te maak van wat ons dink ons moet doen. Dit is nie totdat ons genoeg gehad het dat ons na Hom toe uitroep. Hoekom wag?   

Maak nie saak hoe klein of groot die probleem is nie, die Here wil jou help. Hy is gretig om ons genadig te wees! Ontsagwekkend! “Tog is die HERE gretig om julle genadig te wees en wil Hy Hom oor julle ontferm: Die Here is ‘n God wat reg laat geskied, en dit gaan goed met elkeen wat op Hom vertrou” (Jesaja 30:18).

Die Bybel sê dat Hy eintlik vir harte soek wat totaal uitverkoop is om Hom te soek, sodat Hy ons sterk in ons pogings kan ondersteun! “Die Here het Sy oë oral op die aarde sodat Hy dié kan help wat met hulle hele hart op Hom vertrou . . .” (2 Kron. 16:9). Hy wil ons al die begeertes van ons harte gee, van ‘n skoon huis, na skoon klere, na ‘n huis wat effektief gehardloop word. “Vind jou vreugde in die HERE, en Hy sal jou gee wat jou hart begeer. Laat jou lewe aan die HERE oor en vertrou op Hom; Hy sal sorg” (Ps. 37:4-5).

God hou daarvan om Homself sterk aan ons te bewys vir ons onthalwe, veral die mees hopelose gevalle nes myne (en miskien joune), sodat Hy AL die glorie kan kry! “Ek is die Here die God van al die mense. Is iets vir My onmoontlik?” (Jer. 32:27).

 So hoe het iemand soos ek geleer om bekend te wees vir die organisaseering en instandhouding van ‘n goed bestuurde huis, terwyl ek sewe kinders van my eie gehad het en ‘n bediening wat uit ons huis bestuur word? Deur Hom na te soek en deur nederigheid.  

 Soek na Hom

Toe ek nogal jonk was (miskien so twaalf jaar oud), het ek die frustrasie onthou om nie in staat te wees om klere te vind om te dra nie. My moeder het (omtrent een keer per maand) vir ons ‘n groot hoop wasgoed gegee, en dan sou ons dit net in enige laai sit waar daar plek was. Soos wat ek deur my frustrasie gebid het (ek het die Here as my Redder aanvaar toe ek sewe was, alhoewel ek in ‘n Katolieke huis grootgeword het), het die Here vir my ‘n wonderlike idee gegee! Ek het gedink, Sjoe, sou dit nie n puik idee wees as daar een laai vir hemde, een vir broeke, een vir onderklere en sokkies, ens was nie . . .?” So toe organiseer ek my eie laaie, en het altyd gedink dat ek ‘n nuwe idee uitgedink het! Dit was jare later wat ek uitgevind het dat dit die manier is hoe meeste mense lewe! 

Toe ek met my man getroud is, het hy vir my gesê dat sy moeder die badkamers gereeld skoon gemaak het. Ek was verstom! “Regtig!” het ek gesê, “Hoe dikwels? “Ek dink, een keer per week.” Toe het hy verduidelik oor om gereeld te stofsuig en ander daaglikse, weeklikse, of maandelikse “huiswerk” (‘n woord wat ek gedink het net van toepassing is op mense wat op ‘n plaas bly (plaaswerk).

Die kennis was helpvol, maar aangesien ek nie in ‘n omgewing grootgeword het soos dit nie, het ek nie geweet hoe om dit in my alledaagse lewe in te werk nie. Soos wat ek gebid het, het die Here ‘n sisteem in my verstand gebring wat my broer my geleer het deur om 3x5 kaarte te gebruik wat my gehelp het om alles ‘A’s” in kollege te kry. Dit is hoe my 3x5 kaart metode begin het. (Jy sal alles hieroor leer in ‘n toekomstige hoofstuk.)

Nederigheid

Nederigheid was hoe ek geleer het om te kook. Gedurende die twee jaar, toe ek God nagestreef het om my huwelik te herstel, het ek BAIE gevas. Dit sê in die Skrif dat vas die hart nederig maak.

Dit was maklik om te begin leer om te vas gedurende hierdie periode van my lewe, omdat ek regtig nie kon eet nie! ek het te veel seer gehad aangesien my man saam met ‘n ander vrou gebly het en ek was agtergelaat met vier klein kinders om vir te sorg. In ons bediening noem ons dit die “ontrou dieet.” 

So, aangesien ek nie “kon’ eet nie het ek goeie gebruik daaruit gemaak en vir ‘n doel gevas. Terwyl ek gevas het, het ek myself vir die eerste keer opgewonde gevind om te kook en my kinders te voer. Dit was ook ‘n “God’s ding” —ek het genot daaruit geput om hulle dop te hou terwyl hulle geëet het! 

Ter aanvulling, vir die eerste keer, het ek erken dat ek nie ‘n goeie kok was nie, ek het alreeds my bediening vir vrouens begin, en gedurende die vergaderings, sou ek dikwels sê dat ek nie kan kook nie. Die resultaat was dat soveel vrouens tot my redding sou kom, om my te help en te leer! Hulle het vir my maklike resepte gegee en het selfs langs my gestaan om my te wys hoe om eenvoudige dinge te doen soos om ‘n appel te skil om ‘n appeltert te maak.

Teen die tyd wat God my huwelik twee jaar later herstel het, het God my in ‘n goeie kok transformeer! My man het teruggekeer na ‘n vrou wat kon kook (met baie ander veranderinge). God was selfs getrou om my man te verander, wat, as gevolg van al die beproewings wat hy gehad het terwyl hy by die AV (ander vrou), gebly het wat God sê sal gebeur met ‘n man in owerspel, het hy geleer om dinge in die huis en in in die kar reg te maak! Is God nie getrou nie?!

Die tekort aan nederigheid was nie die enigste ding wat in die pad gestaan het met betrekking tot kook nie. Die oorsaak van die wortel was die glo en aanvaarding van ‘n leun. Ek sal jou eerlik vertel dat ek nooit ‘n goeie kok wou word nie, omdat ek geglo het dat alle goeie kokke vet was! My moeder was ‘n groot vrou, en ek wou nie om ‘n “ goeie kok te wees” by my genetika voeg wat na vetsug geleun het nie.

As dit jou bekommernis is, laat die waarheid jou vry maak—dit is ‘n leun uit die put “van jy weet waar!”Daar is GEEN vloek wat jou kan aanraak nie omdat dit gebreek was toe die Here aan die kruis vir jou en my gesterf het. As jy ‘n kind van God is, het die vloek geen effek op jou nie, tensy jy dit aanvaar! Hier is die bewyse:

‘n Paar jaar terug, eintlik net na my 40ste verjaardag, het ek begin probleme met my gewig kry. Toe my sewende kind gebore is, en na ons agtste (wat ek ongelukkig verloor het), was ek nie in staat om die gewig wat ek normaalweg sou verloor na ‘n geboorte of miskraam te verloor nie. Dit is toe dat my broer en suster begin daarop aandring dat ek die vloek wat op ons familie rus met ‘n metabolisme en skildklier afwyking moes aanvaar. Hulle was reg, ek het AL die simptome gehad, maar ek het geweier om dit te aanvaar!

Eendag, het ek voor die spieël gestaan en na die Here uitgeroep om my maer te maak. Ek het berou gekry oor al die tye wat ek nie deernis gehad het met vrouens wat oorgewig was, en dat ek nie vir God die glorie gegee het dat ek in staat was om maer te bly (ek het meer as 90 kg opgetel met almal behalwe een swangerskap!). Deur die genade van God, was ek in staat om baie maer te wees teen die tyd wat elke baba net n paar maande oud was. Nadat ek berou oor alles gehad het wat die Here tot my gedagtes gebring het, het ek my gewig en grootte vir Hom gegee!

Die moeilikste deel was om nie God te help om dit te doen nie. Gedagtes van verskillende soorte dieëte, meer water drink, oefening, ens., ens. het deur my gedagtes gemaal. Vir drie tot vier maande, was ek “in die versoeking” om God te help toe skielik, dinge begin gebeur het!

Ek het begin om lus te word vir verskillende kosse, en begin voel dat my denim losser gesit het. Ek het NOOIT weer op die skaal geklim nie, so ek was nie in die versoeking om opgewonde te raak oor my gewigsverlies en dit te vier deur te oor eet nie. Nog minder wou ek depressief voel as ek gewig opgetel het. Ek het my grootte aan die Here oor gelaat, vir Hom om dit te doen en my die  begeertes van my hart te gee—wat was om ‘n ‘‘los nommer 10.” te wees. 

Eerlik, ek kan jou nie vertel hoe God dit gedoen het nie. Dinge het van dag tot dag verander, maar een ding is verseker—Hy was in beheer! Daar was geen bekommernisse, geen gekniesery, geen harde werk. Daar was nie ‘n getel van koolhidtrate of kalorieë nie. Daar was geen honger of om myself te ontneem nie, wat eintlik tot die om ‘n obsessie met kos te hê sal lei.   

Slegs vier maande later, was ek ‘n los nommer 10. Ek het by ‘n stywe nommer 16 begin, wat vir my lengte van amper 1.77 meter nie so sleg is nie, maar dit was nie ek nie, nog minder was dit die begeerte van my hart! Maar weet jy dat God LIEF is om vir ons te gee bo wat ons ooit kon hoop of dink, of vir vra? Hy doen! Ek het aan gehou om te krimp, en myself by ‘n nommer ses gevind! Dit was die nommer wat ek was toe ek my man na sy hoërskool reünie toe vergesel het! Is God nie goed nie?!

Mag ek net ‘n kort epiloog byvoeg om aan my Beminde self-meer lof te gee? Dit was by my eks-man se hoërskool reünie wat veroorsaak het dat ‘n ou vlamvonk vat met sy hoërskool liefde met wie hy getroud was binne die eerste jaar van ons egskeiding. Alhoewel ons gesprekke deur epos het, het ek haar nog nooit gesien vandat sy by my man betrokke was nie. Die laaste keer wat hy my gesien het, was ek sonbruin, pragtig, en ‘n nommer 6!! Is die Here nie te goed om waar te wees nie? 

Ek vertel jou dit om jou aan te moedig om op God te VERTROU om dit te doen! Roep uit na Hom toe, en staan terug en laat Hom dit doen! Dit is moontlik die moeilikste deel! Maak nie saak op watter gebied van jou lewe jy sukkel nie, as Jy om God roep, gee die probleem oor aan Hom, en weer hou jou daarvan om Hom te help (wat gewoonlik deur vier maande van versoeking en beproewinge)—God sal dit vir jou doen, en met geen sweet nie! In plaas daarvan, alles, en ek bedoel ALLES, sal die lof en glorie na Hom toe gaan!

Soos wat ek vroeëer gesê het, hierdie boek en al my boeke gee jou riglyne, wysheid en kennis—maar dit sal God wees wat al die veranderinge aanbring. Gee HOM, dan, die glorie!! Dit is al wat Hy wil vir jou wil hê deur jou te seën!!

Nietemin, hoop ek dat jy opgemerk het uit die begin van my gewigsverlies getuienis dat die eerste stap berou was. God sou nie in hierdie area van my lewe beweeg het totdat ek eers berou gehad het vir die tekort van deernis vir vrouens wat oorgewig is nie. Tweedens, ek moes berou hê dat ek nie vir God die glorie gegee het vir wat Hy gedoen het deur my maer te hou na elke swangerskap nie.

Wanneer jy vra “waarom” daar so baie huishoudings is met gaos en onnet neigings, het God een Bybel vers in my geheue gebring as die wortel rede gegee. Dit is nie die gebrek aan kennis, of ‘n tekort aan deernis (of om ‘n leun te glo nie, soos dit in my geval was), maar dit is ook gewortel in ‘n algemene sonde wat heersend in ons feministiese  “ek eerste” samelewing is!

Selfsugtige Ambisie

Is daar regtig enige iemand wat nie ‘n huis wil hê wat skoon is en vlot verloop nie? Nietemin, is meeste huise wat ons sien nie so geseënd nie. Soos wat ek in die toewyding gesê het, of te wel jou huis skoon en netjies is, wel-organiseer en vlot varend, kalm en rustig, gelukkig en vreugdevol, sal heeltemal van jou afhang. 

Sommige van julle het ‘n lewe gekies wat te besig is met buite aktiwiteite. Jou huis weerkaats die dolle gejaag met gaos en wanorde! Die wortel oorsaak vir baie van ons kan gevind word in Jakobus 3:16 wanneer dit sê, want waar daar naywer en selfsug is, kom daar wanorde en allerhande gemene dade.”

Wanneer “my eie agenda” eerste en belangriker in my lewe bo God se plan is, wat my die verantwoordelikheid gee om my huis skoon en doeltreffend te laat hardloop, dan is dit selfsugtige ambisie. Enige tyd wat dit in my lewe inkruip (gewoonlik voort gebring deur selfsugtigheid en selfbejammering), dan is my huis en my lewe in wanorde en gemene dade heers.

Meeste vrouens wie buite die huis werk het nie ‘n welbesteede huis nie, in plaas daarvan is dit gewoonlik vieslik! Maar verbasend, selfs bly-by-die-huis moeders kan n huis hê wat dieselfde lyk: onnet, vuil, en onorganiseerd. 

Dit kan ook die onbelyde sonde van jaloesie of naywer wees wat jou huis en jou lewe in konstante wanorde hou. Weer, sê die vers, “want waar daar naywer en selfsug is, kom daar wanorde en allerhande gemene dade.” (Jakobus 3:16).

Wanneer ons iemand sien wat het wat ons dink ons behoort te hê, in plaas van wat God ons wil gee. Veroorsaak dit dat ons betrokke raak by aktiwiteite wat ons en ons kinders se lewens, en ons familie se lewe net te besig hou om by te bly!

Probeer jy om by te bly met jou vriende of om jou familie te beïndruk, eerder as om te probeer om eenvoudig in die Here te rus?  As jy ‘n mens-behaer is, en probeer om die goedkeuring of lof van ander te kry, sal jy uitgemergel wees. Weet wie jy is in Jesus. Ken Sy onvoorwaardelike liefde. Jy hoef nie EEN ding vandag te doen om Sy liefde te win nie—die Here en Sy liefde is daar vir jou onvoorwaardelik!

God is NIE ‘n God van wanorde nie. Ons weet dat God nie ‘n God van wanorde is nie; daarom, wil Hy nie hê ons moet in verwarring of wanorde lewe nie. Eerste Korintiërs 14:33 sê, “God is tog NIE ‘n God van wanorde nie, maar van orde en vrede . . .”

Die mees belangrike ding wat jy kan doen is om gelukkig en voldaan te wees “tuisteskepper” (of jy ook buite die huis werk, en of jy geseën is om by-die-huis-te-bly) is om die vrede te vind WETENDE dat die Here gelukkig, genoeë, en lief vir jou is, maak nie saak wat jy vandag doen of nie doen nie. Vind daardie vrede en rus in Sy liefde vir jou. Sodra jy Sy liefde en vrede voel, dan sal alles in plek begin val.

Jy sal vind dat jou lewe begin verander. Sommige dinge sal weggaan, en vervang word met ander dinge. Alles sal begin om in die geskikte orde te kom, en saam met dit, sal VREDE agter bly. Jou vreugde sal oorvloei na jou familie toe. Jou voldanigheid sal elke gebied van jou lewe en elkeen van jou verhoudings versterk.

Soos wat ek hierdie eerste hoofstuk afsluit, bid ek dat voor jy nog lees, jy hierdie fundamentele hoofstuk sal lees en herlees. Soos wat jy dit doen . . .

Skryf Jou Gedagtes Neer

Aan die einde van baie van die hoofstukke is daar blanko papier. Ek het hierdie gebied uitgekies vir jou “notas.” Terwyl jy die volgende bladsye lees, skryf die gedagtes of planne neer wat God vir jou gee soos wat Hy hulle tot jou gedagtes bring.

Ook, kan jy vetkryt of gekleurde potlode gebruik (Nie een sal deur die bladsy syfer nie) soos wat jy lees dinge uit te lig en wat jou gees aanwakker of wat ‘n antwoord op jou gebede mag wees. Voel vry om in die kantlyn te skryf, en maak notas aan jouself. Die belangrikste, geniet!

Skryf jou gedagtes neer uit hierdie hoofstuk. Waaroor het die Here met jou gepraat oor jou lewe? Het Hy jou sagkens probeer aanmoedig om van sommige dinge te laat gaan, of om jouself aan Hom oor te gee? Skryf die gedagtes uit jou hart neer.

As jy gereed is om 'n verbintenis met GOD te maak dat jy die kursus gaan voltooi, KLIK HIER dat jy saamstem en gereed is om elke stap van jou Reis na Herstel te dokumenteer in jou "My Daaglikse Joernaal" vorm. Vat jou tyd, sit, kry vir jou koffie of tee en stort jou hart uit in jou Joernaal.

As "ouer vroue...sodat julle die jonger vrouens kan leer..." (Titus 2:3) jy sal die geleentheid hê om met jonger vrouens te praat wat nog alleenlopend is as deel van jou bediening.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui