NEW-COVER-WW-AFR-Front-1593x2048-1

Hoofstuk 9 "Geskikte Helper" 


“Ook het die Here God gesĂȘ:
‘Dit is nie goed dat die mens alleen is nie.
Ek sal vir hom hulp maak wat by hom pas.’”
Genesis 2:18AFR53

God het vrouens ontwerp om “ ...been van my gebeente en vlees van my vlees” vir haar man te wees (Gen. 2:23AFR53).  So hoekom het ons as Christen vrouens in die feministiese filosofie ingekoop en daarmee toegelaat dat ons rol as tuisteskeppers gesteel word? Omdat ons regtig onseker is waarvoor vrouens ontwerp en geskep is, wat ons moet doen en wees. In vandag se wĂȘreld is mans nie mans nie en vrouens is ook nie meer vrouens nie. Dit was die agenda van die feministiese beweging: om die rolle te meng.  Ons het nou verwarring en ongelukkigheid in albei geslagte. Daarbenewens is homoseksualiteit en lesbianisme algemeen in ons samelewing!

Sonder begrip van ons rolle as “hulp wat by hom pas” sal ons met ons eie hande ons huise, ons mans, en ons families afbreek. Ons sal die wĂȘreldse leuens glo en daarvolgens begin om ons rolle as vrouens in te neem. Totdat ek verstaan het hoe uniek ek geskep is, het ek my man se rol probeer steel. Ek was jaloers op sy rol en het selfs die feit dat ek as vrou geskape is, verag.

So kyk nou saam my hoe God in Sy perfekte liefde en ongelooflike wysheid, ons ontwerp en geskep het om vrouens te wees.

Uniek Geskep

Geskep vir die man. Ons moet in God se Woord na wysheid soek om te bepaal hoe ons geskep was en waarom ons geskep was. “Die man is nie uit die vrou geneem nie maar die vrou uit die man. Die man is nie ter wille van die vrou geskep nie, maar die vrou ter wille van die man.” 1Kor. 11:8-9.  Soos wat ons in God se perfekte plan vir ons lewens inbeweeg, kan ons die oorvloedige lewe leef wat God in Sy Woord belowe het. Ons lewens sal God se Woord weerspieĂ«l, eerder as om dit te weerspreek. Ander sal na Christus aangetrek word deur die getuienis van ons lewens.

Hulp wat by hom pas. “Die mens gee toe name vir al die mak diere, die voĂ«ls en die wilde diere, maar vir homself het hy nie ‘n helper, ‘n gelyke, gekry nie.” Gen. 2:20. Hierdie verklaring kruip regtig onder die feministe se vel in. Kruip dit ook onder jou vel in? As Christene, moet ons ons gedagtes hernu om op te lyn met God se Woord. God se Woord is die Waarheid! Om die Waarheid uit te leef gaan sekerlik nie maklik wees nie en dit sal amper belaglik voorkom in die begin. Dit sal totaal vreemd voorkom vir ander wat die veranderinge in jou lewe sien en waarneem. Maar deur gehoorsaamheid aan Sy Woord, sal ons gou verstaan en die beloning ontvang vir ons begrip en gehoorsaamheid.

As Christene gehoorsaam en glo ons selfs wanneer ons nie sien nie. Dit is die geloof wat ons bely. Ons het almal ondervind hoe die wĂȘreld se manier ons uitgeput het. Ons is uitgeput omdat ons probeer doen waarvoor ons nie geskep is nie en om te wees wat ons nie ontwerp is om te wees nie. 

Ons moet begin sien dat God se doel was om die rol van ‘n vrou en ‘n man spesiaal en uniek te maak. Ons moet die Here vra vir leiding en oordeel met elke taak wat ons huidiglik onderneem. Nou kom ons kyk eers hoe en hoekom ons in die begin geskep was. 

Man en Vrou

Geskep MAN EN VROU. “En God het die mens geskep as sy verteenwoordiger, as beeld van God het Hy die mens geskep, man en vrou het Hy hulle geskep .” Gen. 1:27. “Man en vrou het Hy hulle geskep en Hy het hulle gesĂ«en en hulle “mens” genoem toe hulle geskep is.” Gen. 5:2. “Maar van die begin af, van die skepping af, het God HULLE MAN EN VROU GEMAAK.” Markus 10:6. “Hy het hulle geantwoord: ‘Het julle nie gelees dat die Skepper hulle van die begin af MAN EN VROU GEMAAK HET NIE
’ ” Matt.. 19:4. Wanneer vrouens mansklere dra, of haarstyle of beroepe het wat onvroulik of pleinweg manlik is, ontken hulle die feit dat God vrouens spesiaal en uniek geskep het. Ons behoort nie skaam te wees oor hoe ons geskep is nie, maar moet vreugde vind daarin om God se perfekte skepping as vrou te wees.   

Manlik. Mans was geskep om mans te wees. Ons, as vrouens, moet ons mans aanspoor en goedkeuring vir hulle manlikheid wys.  Hy moet weet dat jy gelukkig is dat hy ‘n man is.  In ons samelewing word ons mans se manlikheid aangeval. As gevolg van hierdie neiging in die samelewing, het ons probeer om ons mans te verander om meer vroulik te wees. Maar daar is ‘n verskil is tussen ‘n vroulike man en ‘n heer. Die term heer is uit ons woordeskat geruk om die doel van die feministiese agenda te bereik. ‘n Ware heer word nou ‘n manlike chauvenis genoem. In plaas van here,  is ons samelewing deurtrek met verwyfde mans! “Of weet julle nie dat mense wat onreg doen, geen deel sal kry aan die koninkryk van God nie? Moenie julle mislei nie: geen onsedelikes of afgodsdienaars of egbrekers of mense wat homoseksualiteit beoefen
sal deel kry aan die koninkryk van God nie.” 1Kor. 6:9. As jy probeer om jou man te verander om soos jy op te tree, watter voorbeeld sal jou seuns hĂȘ? Krag is ‘n goeie kwaliteit vir ‘n man.    

Voorbeeld: Julie het definitief die broek in haar familie gedra, tog was sy voortdurend gewalg deur die swak man wat haar man was. God het haar geseĂ«n met ‘n seun, maar, terwyl haar man probeer het om hom te help om manlik te word, het sy gekeer dat hy aan sport soorte deelneem of seuns speelgoed hĂȘ wat sy gedink het hom dalk sou seermaak. Daar was min verskil tussen haar seun en haar dogters. Inteendeel, die meisies was meer aggressief en sou ook eendag die hoofde van hul huishoudings wees.

Vroulik. Sommige denominasies leer vrouens dat hulle hulle koppe moet bedek, hulle hare lank hou, en/of net rokke dra. Restore Ministries wil nie verdeling oor sulke kwessies veroorsaak nie. “As iemand ‘n ander leer verkondig en nie hou by die gesonde woorde van ons Here Jesus Christus en by die leer van ons godsdiens nie, is hy verwaand en weet hy niks. Hy het ‘n sieklike beheptheid met twisvrae en met stryery oor woorde. Daaruit ontstaan afguns, twis, beledigings, gemene verdagmakery, voortdurende rusie van mense wat verstandelik verward en van die waarheid beroof is
.” 1Tim. 6:3-4. Ons bediening bestaan om families bymekaar te bring en om huwelike te versterk. Ons vrouens weet dat terwyl ons bid dat die Here ons lei deur ons mans, ons te vorm en ons harte te lei, is Hy getrou. Bid vir die Here se leiding. Wees gewillig om die Here te volg soos wat Hy jou deur jou man lei. Sommige vrouens neig om van die een uiterste na die ander te gaan. Beweeg stadig en wees versigtig om te wetlik te wees. Klere en hare kan verander word;  maar as daar nie verandering van binne is nie, wie probeer ons flous? Soos wat ons in ons God-ontwerpte rolle met gehoorsaamheid en oortuiging inbeweeg, sal ons uiterlike voorkoms volg indien nodig. 

Voorbeeld: Lea* was die tipe vrou waarop ander vrouens blykbaar jaloers was. Na elke baba, kon sy die hospitaal verlaat in dieselfde denim wat sy gedra het voor sy swanger geraak het. Haar hare was kort en altyd in die jongste styl. Sy het nooit toegelaat dat haar kinders in die pad staan van haar stokperdjies en doelwitte nie buite die huis nie. Selfs al het haar man haar gevra, wou sy nie haar kinders tuisonderrig gee nie omdat sy haar vryheid wou hĂȘ. Haar verhouding met haar man het egter vreemd gelyk. Dit was meer van ‘n vriendskap as ‘n huwelik (nie dat ons nie vriende met ons mans moet wees nie). Jy sou sien hoe sy speels haar man op die arm boks of hom op die rug slaan. Met haar hare kort gesny, saam met haar klere styl, is sy baie keer verkeerdelik aangesien vir haar man se seun.

Haar hare afgesny. Het jou man jou gevra om jou hare lank te laat groei of langer? Of het hy vir jou gesĂȘ jy lyk oulik in een van die nuutste haarstyle? As hy jou iets van jou hare vertel het, wees onderdanig. Jy moet jou man in die setel van outoriteit oor jou plaas.

Ons word konstant gebombadeer met vriende wat vir ons die teenoorgestelde vertel van wat ons mans sĂȘ. Wanneer sommige van ons wel probeer om onderdanig te wees, miskien deur ons hare langer te laat groei, gaan ons deur die ongemaklike stadium om dit uit te groei. Dan kla ons, ons mans gee in, en ons sny dit weer. As ons mans langer hare versoek het, hier is die Skriftelike verwysings: “As ‘n vrou nie iets op haar kop wil sit nie, kan sy ewe goed haar hare laat afsny. Maar aangesien dit ‘n skande is vir ‘n vrou om haar hare te laat afsny of afskeer, moet sy iets op haar kop sit.” 1Kor. 11:6. Ook, 1Kor. 11:15: “... maar as ‘n vrou lang hare het is dit ‘n glorie vir haar. Want haar hare is aan haar gegee vir ‘n bedeksel.”  Vrouens die kwessie is nie die lengte van ons hare nie, maar die onderdanigheid aan ons mans se outoriteit en beskerming vir ons. Ons mans kan nooit leiers wees as niemand volg nie! En as jy hom nie volg nie, moenie verwag dat jou kinders jou sal volg nie!!   

Voorbeeld: Ek het ‘n vriendin wat gek is oor hierdie werkboek; maar sy het ‘n area van rebellie wat tot vandag nog voortduur. Dit is hoekom die Skrifgedeelte in Jakobus 1:25 praat van om nie “...te vergeet wat hy hoor nie, maar dit doen.” Haar man is die soort man wat van lang hare hou wat afhang, geen grimering, en informele klere. Wanneer haar man in die omtrek is, is dit presies hoe sy lyk; maar ek weet altyd wanneer haar man uitstedig is. Haar hare is op, sy dra grimering en haar kleredrag verander. Wanneer ander haar vertel dat sy goed lyk, is hulle moontlik nie bewus van haar man se voorkeur nie. Sy is geseĂ«nd met ‘n groot familie maar rebellie is aan die orde van die dag. Ek hoop nie ek hoef te verduidelik hoekom nie.

My man Dan, aan die ander kant, hou van baie grimering, my naels gedoen en my hare kort en stylvol. Voordat ek my man ontmoet het, was ek ‘n eenvoudige meisie. Vir jare het ek baie lang hare gehad totdat my broer leukemie gekry het. Ek het net my derde seun gehad en my broer het my nodig gehad om nogal baie bloed te gee vir weefsel klassifikasie vir sy beenmurg oorplanting. Binne ‘n paar dae het handevol hare begin uitval! My dokters het vermoed dat die bloedskenking te veel was vir my liggaam, en hulle het aanbeveel dat ek dit sny. Hulle het gesĂȘ dat my hare se gewig sou veroorsaak dat alles uiteindelik sou uitval. Toe ek dit skouer lengte gesny het, het my man baie daarvan gehou!

Ek het dit vir baie jare so gedra maar nadat ek die Skrifgedeelte gesien het oor vrouens se hare wat hulle kroon is, het ek dit weer laat uitgroei. Dit was nie totdat ek vertel was van my “lang-hare geregtigheid” (Om die term lang-hare geregtigheid te verstaan sien die paragraaf “Maak eers die binnekant skoon” hier onder) dat ek dit weer gesny het nie. Maar voordat ek dit gedoen het, het ek my man gevra. Hy het gesĂȘ dat hy baie van my met kort hare gehou het maar hy het my nooit vertel nie. Wanneer ek terug dink, dink ek hy mag dalk geskimp het, maar ek het skynbaar nooit die boodskap gekry nie. Dit het my ‘n bietjie langer as ander gevat om wakker te word! 

Nou is ek versigtig om aan te trek en my hare vir hom te doen. Aangesien ek in my veertigs is, word ek ‘n bietjie grys en ek hou daarvan om my hare te kleur. Maar hy sĂȘ hy hou daarvan hoe dit is. Wel, totsiens Mej Clairol! Opdateer: Vandat ek hierdie deel van die werkboek geskryf het wil Dan ‘n rooikop hĂȘ.  Dames, moet nooit te gevestig raak en onbuigsaam wees wanneer dit ons werk is te beweeg en ons mans te volg nie!

Aanmerking: Dames, nie net het ek ‘lang-hare geregtigheid” gehad nie, maar ek het ook “tuisonderrig geregtigheid”  “tuis-geboorte geregtigheid,” “dra-net-rompe-geregtigheid” gehad. Maar, prys die Here, Hy het met my gewerk in elkeen van die areas van “self-geregtigheid.” Dames deursoek jou hart en bely by die Here as daar enige spoor van eiegeregtigheid in jou lewe is. Wanneer ons dink dat ons op een of ander manier beter as iemand anders is, dan is ons eiegeregtig. Eiegeregtigheid is ‘n ernstige vorm van hoogmoed wat die FariseĂ«rs uitgebeeld het. As ek terugkyk, wonder ek hoe ek ooit trots kon voel. Dit was my Here wat my die Waarheid gewys het, en Hy het my die genade gegee om daardie Waarheid in my lewe uit te leef. Dit wys my weereens dat toe ek ‘n “eiegeregtige” gees en houding openbaar het, ek niks minder as ‘n dwaas was nie.  

Die innerlike mens. Nog een aanmerking oor die hare. Baie keer was ek bewus van ‘n gees van rebellie wat  gelyk het of dit in opstand wou kom in woede of frustrasie as hulle sĂȘ, “Ek wil dit net (hulle hare) afsny!” Wat vir God belangrik is, is nie wat ons sĂȘ of doen nie, want dit is die uiterlike voorkoms. God stel belang in ons harte. Hoe is jou hart? Is jou hard verhard teenoor jou man of verhard teenoor jou vrouwees? Elkeen van ons het nodig om ons harte te ondersoek. “...julle skoonheid moet die van die innerlike mens wees
.” 1Pet. 3:4.

Maak eers die binnekant skoon. Die hart van ‘n FariseĂ«r is trots. Die FariseĂ«rs het bose gedagtes en bose harte onder hulle klere weggesteek. Ek het vrouens ontmoet wat baie geestelike klere dra, somtyds het hulle hoofbedekkings gedra. Maar alles is nie soos wat dit voorkom nie. “Blinde FariseĂ«r, maak eers die binnekant van die beker skoon, dan sal sy buitekant ook skoon wees.” Matt. 23:26. Ek was verbaas oor die geestelike arrogansie wat hierdie vrouens vertoon het teenoor die wat nie aanvaarbare klere gedra het, hoofbedekkings gedra het, of broeke gedra het. As jy neerkyk op die wat nie so geestelik aantrek soos jy nie, dan is jy ‘n FariseĂ«r net soos ek was. 

Die Here het my veroordeel oor my “lang-hare geregtigheid.” Op een of ander manier het ek arrogant geword. Ek het gedink vrouens met lang hare is meer geestelik. Met veroordeling in my hart, het ek na die wat kort hare gehad het gekyk as geestelik gebrekkig of uit en uit onheilig. Tog in my handel en voorligting ervarings, het ek gevind dat sommige met lang hare, lang rokke en dies meer, onder dit als redelik onheilig was.

Enige tyd wat ons iemand anders oordeel op die basis van hulle uiterlike voorkoms, word ons mislei. Die spreekwoord wat sĂȘ “moenie ‘n boek oordeel op sy voorblad nie” is waar.  “...Moenie na sy voorkoms of sy buitengewone lengte kyk nie, want Ek het hom nie gekies nie. Die Here kyk nie na dieselfde dinge as die mens nie. Die mens kyk na die uiterlike, maar die HERE na die innerlike.” 1Sam. 16:7. Sommige van die mees liefdevolste harte wat ek ontmoet het was die nuwe wedergebore Christene wat somtyds nie beskeie aantrek nie; tog loop hul harte oor met die liefde van die Here.  Hulle was Jesus se vriende, ons moenie vergeet van Maria Magdalena nie. 

Brandmerk in plaas van skoonheid. “Op die dag sal die Here die versiersels wegneem...In plaas van reukwater sal daar stank wees; in plaas van ‘n gordel ‘n tou, in plaas van gekrulde hare ‘n kaalkop, in plaas van ‘n fyn kledingstuk ‘n harige roukleed; In plaas van skoonheid die brandmerk van ‘n slaaf.” Jes. 3:18, 24. As ek die woord brandmerk hoor, dink ek aan tatoeĂ«ring. Dit verbaas my steeds hoe gewild dit onder tieners en jongmense is. Ons sien ook dat vandag se jeug in “alles” deurboor (piercings). Gee jy as ‘n ma toestemming dat jou seun en dogter hulself tatoeĂ«er of  hulle liggame deurboor met piercings?

As jy sĂȘ hulle sal nie vir jou luister nie al probeer jy om hulle te keer, dan beter jy op jou gesig val voor die Here en Hom vra om jou te help om die respek en outoriteit terug te kry wat jy weggegooi het. Jou kinders word duidelik omring deur dwase anders sou hulle nie iets so barbaars en permanent wou doen nie. Is hulle in publieke skole? Is daar televisie in die huis (of moet ek vra, MTV, die Hemele behoed!) Spandeer jou kinders hulle tyd by vriende se huise - moet ons aangaan? Lees asseblief les 15, “Jou Ma se Leringe” om die nodige kennis te kry om jou familie van ‘n immorele samelewing te red.

As dit jou man se liberale denkwyse is wat jou huis besoedel, dan moet jy ophou om by hom te kla daaroor en toelaat dat God jou man verander. Lees les 5, “Wen Sonder ‘n Woord.” As jy voortgaan om hom te druk, wen jy hom nie sonder ‘n woord nie en is jou houding nie respekvol nie.

Mansklere of vrouensklere. “ ‘n Vrou mag nie mansklere dra nie, en ‘n man mag nie vrouensklere aantrek nie. Die Here jou GOD het ‘n afsku van mense wat dit doen.” Deut. 22:5. Ons almal weet dat die manier wat ons aantrek ons anders laat optree. Dames, wat dra jy wanneer jy huiswerk doen, ‘n denim en ‘n T-hemp of ‘n rok met ‘n voorskoot? 

Tog, wie van ons het nog nooit ons mans gesmeek om na een of ander formele geleentheid toe te gaan net sodat ons kan mooi aantrek? Wanneer ‘n klein dogtertjie ‘n rok aantrek, wys al haar vroulikheid soos wat sy  in die rondte draai. Wanneer ons ‘n voorskoot dra, mag ons dalk lus voel om in die kombuis te wees en koekies te bak. Klere “maak” regtig ‘n persoon.”   

Dames, het jy agter gekom hoeveel ouer vrouens ooglopend aantrek vir gemak? Baie, met hulle kort hare, denims en atletiese tennis skoene, lyk presies net soos hulle mans. Jy sien dit selfs in goeie restaurante. Ons maniere sal gewoonlik rekflekteer wat ons aantrek. 

Daar is vrouens wie se uniform by die werk regtig mansklere is, kompleet met ‘n knoopdas. Is dit nie interessant dat die vrouens gemaak word om mansklere te dra, nie ondersom nie? Hoekom? Omdat mans dit nie sal doen nie!

Het jou man jou probeer beskerm om soos ‘n dwaas te lyk maar jy het sy beskerming gedwarsboom? Het ‘n ander vrou vir jou gesĂȘ dat jou man ‘n chauvinistiese vark is omdat hy in jou besigheid inmeng, wanneer dit eintlik God was wat jou probeer beskerm het? Dames, dit is tyd dat ons as Christelike vrouens ‘n houvas kry oor die konsep van onderdanigheid vir ons beskerming; dit is God se beginsels! Ons moet Sy beginsels volg en hulle dan vir ons kinders leer en nie skaam wees om die Waarheid met ons vriende en familie te deel nie. As hierdie beginsels uit God se Woord nie gevolg was as gevolg van onkude of rebellie, is dit nou die tyd om Sy goedkeuring te kry. “LĂȘ jou daarop toe om jou tot beskikking van God te stel as ‘n arbeider wat die goedkeuring van God wegdra, ‘n arbeider wat hom vir sy werk nie hoef te skaam nie, wat die woord van die waarheid suiwer verkondig.” 2Tim. 2:15. Gaan ons diĂ© opbou wat ondergaan omdat hulle nie aan God gewy is nie? “My volk gaan onder omdat hulle nie aan my toegewy is nie. Omdat jy jou taak om hulle aan My toe te wy, verwerp het
” Hosea 4:6. As jou man die een is wat jou vra om klere te dra wat onvanpas is, lees dan weer les 7, “Rein en Respekvol.”

Fyn kledingstukke of ‘n harige roukleed. “Op diĂ© dag sal die Here die versiersels wegneem...In plaas van reukwater sal daar stank wees, in plaas van ‘n gordel ‘n tou, in plaas van gekrulde hare ‘n kaalkop, in plaas van ‘n fyn kledingstuk ‘n harige roukleed, in plaas van skoonheid die brandmerk van ‘n slaaf.” Jes. 3:18, 24. Hierdie vers in Jesaja klink verseker soos dit wat uit die uitrusting distrik kom oor wat van ons verwag word om te dra. Het jy al ooit gewonder hoekom mans se style nooit veel verander nie? Omdat hulle dit nooit sal koop nie! Hulle laat toe dat ontwerpers met die breedte van dasse en die lapelle van pakke rondspeel, somtyds die materiaal verander, maar as hulle probeer om mans soos dwase te laat lyk, sal hulle dit eenvoudig nie dra nie. Ja, “dra dit” teenoor koop dit; die belaglike style wat vir mans uitkom, wat nooit gedra word nie, word deur vrouens gekoop vir hulle mans. Somtyds “gee hulle in” en dra dit, en dan sit dit net daar en neem spasie op vir jare!

Lei sy hart. Wat as jou man se begeerte is dat jy baie kort hare het of klere moet dra wat onvanpas is? Jy moet bid dat die Here sy hart sal lei. “Die wil van die koning staan onder die gesag van die Here; soos ‘n stroom water lei Hy dit soos Hy verkies.” Spr. 21:1. Bly onder sy outoriteit en sien hoe die Here om jou onthalwe beweeg.  

Om op te som:

Laat ‘n man ‘n man wees. Jy is nie sy ma nie, jy is nie sy gewete nie, jy is nie sy onderwyser nie, en jy is nie sy heilige gees nie! Dit is belangrik dat jy verstaan:

  1. ‘n Man tree anders op en reageer anders.
  2. ‘n Man is meer fisies as ‘n vrou.
  3. ‘n Man is oor die algemeen meer agressief.

Kom ons streef daarna om meer vroulik te wees. Begin deur die manier wat jy was “weg te sit” en die nuwe manier  “aan te trek”  soos wat God jou in hierdie areas sal lei:

  1. Jou gees - sagmoedig en stil..
  2. Jou houding - respekvol, nederig.
  3. Jou spraak - wys en goedhartig.
  4. Jou klere - vroulik.
  5. Jou hare - vroulik, moontlik langer (elegant is altyd in die mode!).
  6. Jou aktiwiteite binne en buite die huis. Sien die lys van aktiwiteite soos gevind in Titus 2 en in Spreuke 31.

Ons Is Een Vlees

Verlaat sy vader en moeder. “OM HIERDIE REDE SAL DIE MAN SY VADER EN SY MOEDER VERLAAT EN SY VROU AANKLEEF, EN HULLE TWEE SAL EEN VLEES WEES.” Matt. 19:5AFR53. “..sodat hulle nie meer twee is nie, maar een vlees.  Wat God dan saamgevoeg het, mag geen mens skei nie.” Matt. 19:6AFR53. Om fisies te verlaat is nie waaroor daar in hierdie verse gepraat word nie, aangesien ons weet dat in die Ou Testament families bymekaar gebly het. Die Skrifgedeeltes praat van emosioneel en geestelik te verlaat. Dit is ‘n oordrag van lojaliteit van ‘n man se ouers na sy vrou toe. Het jy gevoel dat jy miskien op die nabyheid uitmis wat God vir jou huwelik begeer? Lyk dit asof jou man besluite maak gebaseer op wat sy ouers van hou of nie, en nie jy nie? Dit mag dalk wees omdat jou man nie van sy ouers vrygestel is nie. ‘n Man moet sy ouers verlaat voordat hy as een saam met sy vrou kan lewe.   

Sy vrou aankleef.  “Daarom sal die man sy vader en moeder verlaat en sy vrou aankleef.  En hulle sal een vlees wees.” Gen. 2:24AFR53. “Om hierdie rede sal die man sy vader en moeder verlaat en sy vrou aankleef, en hulle twee sal een vlees wees.” Matt. 19:5AFR53.  Aankleef word gedefinieer as “om stewig aanmekaar te heg, desperaat vashou.”  Dit gebeur duidelik nie meer vandag nie aangesien so baie mans hul vrouens verlaat. Wat doen jy as jou man nog steeds probeer om sy familie te behaag en goedkeuring te kry by die familie wie hy moes verlaat het? Eerstens, maak seker die balk is uit jou oog uit. Probeer jy nog steeds goedkeuring kry van die familie wat jy verlaat het? Maar wat van om jou vader en moeder te eer? Ons moet ons ouers eer, selfs wanneer ons volwassenes is en ons ouers ouer is. Maar die Skrif sĂȘ duidelik ons moet onself aan ons mans onderwerp en ons mans moet ons as hul vrouens eer.

Bewys eer aan haar. “Mans, julle moet verstandig met julle vrouens saamleef. Bewys eer aan hulle as die swakker geslag wat saam met julle deel in die lewe as genadegawe. Dan sal julle kan bid sonder dat iets julle hinder.” 1Pet. 3:7.  Wanneer ‘n man verdeeld is tussen wat sy vrou dink en voel en wat sy ouers dink en voel, wat moet hy doen? Wie moet hy eer? Jesus het ons vertel deur die boek van Genesis aan te haal, “Om hierdie rede sal die man sy vader en sy moeder verlaat en sy vrou aankleef, en hulle twee sal een vlees wees.” Matt. 19:5AFR53. Hy het ook gesĂȘ, “..sodat hulle nie meer twee is nie, maar een vlees.  Wat God dan saamgevoeg het, mag geen mens skei nie.” Matt. 19:6AFR53. Daarom is dit nie verkeerd van jou om te begeer dat jou man jou eer en jou aankleef nie.

Die rede hoekom baie mans nie behoorlik aan hulle vrouens vasgekleef het nie is omdat hulle nie “toegelaat” was om hulle vaders en moeders te verlaat nie. Hulle het hulle fisises verlaat maar is nog steeds aan die ouers verbind wat hulle nie vrygelaat het nie. Het albei ouers ingestem toe jy en jou man getroud is? Indien nie, kan daar nog ‘n verbinding in plek wees. 

Toe Dan weg was (net voor hy van my geskei het), het ek oortuig gevoel om albei my skoonouers (hulle is geskei) te kontak. Ek het berou gekry omdat ek nie hulle seĂ«n gevra het voordat ons getroud is nie. Ek het hulle gevra om my te vergewe omdat ek nie ‘n goeie vrou vir  Dan was nie en omdat ek ‘n slegte skoondogter vir hulle was. Toe het ek hul gevra of hulle ons hul seĂ«n sal gee as ek ooit weer in die posisie sou wees om met Dan te trou. Hulle het albei ja gesĂȘ en het ook gesĂȘ dat hulle lief is vir my (dit was die eerste keer). [Alhoewel albei vir my gesĂȘ het hulle twyfel of ons ooit weer bymekaar sou kom! O, moet nooit die krag van God onderskat nie!]

As julle uitmekaar is of geskei is voel vry om my voorbeeld te volg. Maar as jy geseĂ«n is om ‘n man te hĂȘ wat saam met jou bly, dan moet jy hom toelaat om met sy ouers te praat of vra sy permissie sodat jy dit kan doen. As hy nie wil nie of dit nie doen nie, bid net vir die Here om te werk.  

As enige een van die ouers oorlede is, bid dat God die daardie band sal breek en vra ons Hemelse Vader vir Sy seën op jou huwelik.

As jou ouers, en veral jou man se ouers, nog steeds nie saamstem nie, selfs nadat jy berou getoon het vir jou gebrek aan eer deur te trou teen of voor hulle wil, mag dit noodsaaklik  wees vir jou man om ‘n meer drastiese stap te neem.

Getuienis: Monika* se man het haar verlaat vir ‘n ander vrou, maar na twee jaar, prys die Here, het hy teruggekeer huis toe. Maar daar was nog groot probleme gewees, dit wou voorkom asof alles van sy familie se kant af gekom het.  Sy ouers het geweier om die manier wat hulle, as ‘n egpaar, hulle kinders grootgemaak het. Sy ma het Halloween lekkernye, Paashasies, Kersfees geskenke wat Kersvader die glorie gee, en ander geskenke gestuur wat die familie se waardes ignoreer het. 

Monika se man het vir jare probeer om sy sterk Christelike geloofs oortuigings aan sy ongeredde pa en Christen ma te verduidelik, maar hy het dit onmoontlik gevind om met sy ouers te redeneer. Boonop, selfs al het hulle vĂȘr van mekaar af gebly, was daar ‘n weeklikse oproep aan haar man van albei sy ouers af, wat Monika se man depressief gelaat het. Sy ouers,  en selfs sy ouer broer, het aangehou om beheer uit te oefen, hom te manipuleer en te intimideer, selfs al was hy al vir baie jare getroud.

Monika was verbaas en bekommerd toe haar man haar vertel dat hy alle kommunikasie met sy ouers gaan afsny. Sy het verantwoordelik gevoel, maar haar man het haar verseker dat dit sy besluit was en dat hy dit eerder op hierdie manier wou doen sodat hy kon konsentreer op sy verhouding met haar.

Na omtrent sewe maande, het Monika rapporteer dat sy en haar man nader gekom het aan ‘n een-vlees verbintenis as ooit tevore. Sy het nie haar man bevraagteken of druk op hom geplaas om sy ouers te kontak nie, nog minder het sy toegelaat dat vals skuld haar beroof van die seĂ«n van haar man wat haar as sy vrou aankleef en eer.

Een uit myself. “Toe het die Here God ‘n diep slaap oor die mens laat kom, sodat hy vas geslaap het. Die Here God neem toe ‘n ribbebeen uit die mens, vul die plek met vleis op, en die ribbebeen wat Hy uit die mens geneem het, bou Hy om tot ‘n vrou en bring haar na die mens toe. Toe sĂȘ die mens: ‘Hierdie keer is dit een uit myself, een soos ek. Daarom sal sy ‘vrou’ genoem word; sy is uit die man geneem.’ ” Gen. 2:21. “EN HULLE TWEE SAL EEN WEES; sodat hulle nie meer twee is nie, maar een.” Markus 10:8.

“Hulle is dus nie meer twee nie, maar een. Wat God dan saamgevoeg het, mag ‘n mens nie skei nie.” Matt. 19:6. Om een te wees is beslis ‘n voorbeeld van wanneer ons saam met ons mans is gedurende tye van intimiteit. Maar saam met fisiese eenheid, moet ons emosioneel, geestelik en verstandelik  een wees met ons mans.

Het jy en jou man dieselfde doelwitte en rigtings? Baie vrouens het ingekom vir huweliks restorasie omdat hulle mans, terwyl hy hulle hulle verlaat het vir ‘n ander vrou, gesĂȘ het dat sy vrou se doelwitte anders as syne was. Laat jy verdeeldheid in jou huis toe of moedig jy dit aan? Het jy jou man teen gegaan, gedruk, of jou man gemanupileer om jou toe te laat om ‘n loopbaan of graad na te jaag wat uiteindelik verwydering in jou huwelik sal veroorsaak? Of was dit bloot jou ontevredenheid met sy salaris? God het die vrou geskep om die man te help en aan te vul. Sodra ‘n huwelik plaasvind, is hulle nie meer “twee nie, maar een” Dit beteken dat hulle hulle lewens saamleef, nie as “kamermaats” waar elkeen ‘n lewe het apart van die ander nie. As jou man die een is wat druk vir die verdeeldheid, bid. Die duiwel loop rond, op soek na huwelike wat hy kan verslind. Sodra dit verdeeld is, sal dit nie bly staan nie. (Matt. 12:25, Markus 3:25, Lukas 11:17)   

Afstootlike sonde. ‘n Fisiese “een vlees” kan net bereik word met ‘n man en ‘n vrou. Daar is ‘n leemte in ‘n vrou wat ontwerp is om deur ‘n man gevul te word. God het ons manlik en vroulik geskep om vrugte deur ons unie te produseer, wat ons weet ons kinders is. Homoseksualiteit is ‘n sonde. Dit is afstootlik vir die Here. Ons moet ons gedagtes hernu om op te lyn met dit wat in die Bybel geskryf staan. “Jy mag nie ‘n homoseksuele verhouding hĂȘ nie. Dit is ‘n afstootlike sonde.” Lev. 18:22. Ons as Christene moet oor hierdie kwessie oplyn om ferm in die Waarheid te staan. Ons moet ons lewens op ‘n onwrikbare manier lewe sodat ons nie huigel nie, “Ek haat huigelary, maar U wet het ek lief.” Ps. 119:113.  “
onbestendig in al sy doen en late.” Jak. 1:8. “Nader tot God en Hy sal tot julle nader. Was julle hande, sondaars, en reinig julle harte, huigelaars.” Jak. 4:8. . Ons kan nie louwarm wees oor iets wat afstootlik vir God is nie. (Sien les 12, “Kinders is Geskenke van die Here,” want “My volk gaan onder omdat hulle nie aan My toegewy is nie. Omdat jy jou taak om hulle aan My toe te wy, verwerp het 
” Hosea 4:6.) 

Man onafhanklik van vrou. Die een vlees unie bring kinders as vrugte voort. Ons moet ook die vrugte van ons emosionele en verstandelike unie hĂȘ, die een wees van ons harte en ons begeertes. God het vrouens geskape met sekere behoeftes en mans met sekere behoeftes. Die leemtes in ons lewens en in ons mans se lewens skep ‘n tipe werkende rat soos wat ons deur die alledaagse lewe gaan. As ons ons leemtes vul apart van ons gade dan sal die rat gly. Hoe meer ons die leemtes vul apart van mekaar, hoe meer sal die verhouding gly. Binnekort sal ons niks oorhĂȘ om aan vas te hou nie. Feministe het ons as vrouens gedruk om ons eie behoeftes te vervul en ons mans moet na hulself omsien. Ons het die leuen geglo dat dit nie goed is om van mekaar afhanklik te wees nie. Om afhanklik te wees word uitgetart as ‘n siekte van mede-afhanklikheid, waarvan ons genees moet word. “Alhoewel, in die Here, is die vrou nie  onafhanlik van die man nie en die man nie onafhanklik van die vrou nie. Want soos die vrou uit die man geneem is
”1Kor. 11-12. God het ‘n leemte in elkeen van ons geskep wat net ‘n eggenoot kan (of behoort) te vul. Wanneer ons God se weĂ« oortree, dra ons die gevolge. Mans moet ons voorsieners en ons beskermers wees. Hulle is ons geestelike leiers en die vaders van ons kinders. Ons rol as vrou, soos ontwerp deur ons Skepper, is om ons mans se helper te wees deur kinders te baar, versorg en te onderrig. Ons moet vir ons mans en kinders vertroosting bied. Ons moet maaltye vir ons familie voorsien en sorg dat die huis skoon en agtermekaar is vir ons famillie.    

Met swaarkry. “Vir die mens het die Here God gesĂȘ: ‘Omdat jy na jou vrou geluister het en geĂ«et het van die boom waarvan Ek jou verbied het om te eet, is die aarde deur jou toedoen vervloek, met swaarkry sal jy daaruit ‘n bestaan maak, jou lewe lank.’ ” Gen. 3:17.  Na die val van die mens, was die man en die vrou elkeen gestraf; die vrou met pyn gedurende geboorte en die man om met harde werk en swaarkry ‘n bestaan te maak. So hoekom word die man se straf nou gedeel deur beide die man en die vrou ? Dit is omdat die meeste van ons bo ons gemiddelde lewe. Wanneer die vrou ‘n ander loopbaan as haar huis en haar kinders het, verdeel dit die egpaar se belange en maak hulle onafhanklik van mekaar. “Elke koninkryk wat onderling verdeeld is, gaan ten gronde, en geen stad of huis wat onderling verdeeld is, sal bly staan nie.” Matt. 12:25. (Sien les 14, “Die Manier van Haar Huishouding,” “My volk gaan onder omdat hulle nie aan My toegewy is nie. Omdat jy jou taak om hulle aan My toe te wy, verwerp het, verwerp ek jou as priester
”Hosea 4:6.) 

Beskermer. Wanneer ons vrouens onsself beskerm omdat ons voel ons kan “op ons eie bene staan” hoekom sou ons ‘n man nodig hĂȘ? Is dit jy wat die verkoopsman wegwys of van die man by die deur onstslae raak- moontlik met meer ywer as wat jou man sou? Het jou man vergeet hoe om ‘n man te wees vandat julle getroud is? Wie dra regtig die broek in die familie? Wie is regtig sterker? As jou man vir jou sĂȘ om te bedaar of om dit stadig te vat, sĂȘ jy vir hom om hom by sy eie besigheid te bepaal, of erger? Maar dit is sy besigheid. Die man is die hoof van die vrou, om haar en die kinders te beskerm. So wat doen ons mans wanneer ons aanhou om beheer te neem of oor te vat? Hulle staan terug, omdat hulle nie nog ‘n bakleiery wil hĂȘ nie! Hulle lewe met die realiteit van die twisgierige vrou. “Die gedrup uit ‘n dak wat lek op ‘n reĂ«ndag, so is ‘n vrou wat aanhou kyf. Wie haar probeer keer, kan net so wel die wind probeer keer of olie met sy hand probeer vashou.” Spr. 27:15-16. (Lees weer les 6, “ ‘n Twisgierige Vrou” as jy in hierdie area sukkel.)

Vermeerder op die aarde en word baie. Wie is in beheer van wanneer en hoeveel kinders julle familie gaan hĂȘ? Is dit jy, jou ouers, of jou skoonouers? Hoeveel mans het jou vertel dat hulle vrouens sĂȘ hulle sal nie nog kinders hĂȘ nie? Dit was die rede hoekom ‘n man van sy vrou geskei het, nog so onlangs as die Burger oorlog. Maar weer, die feministiese beweging het dit alles verander. Ons kan nou ons fout “vermoor” as ons geboortebeperking misluk. Adam kon omtrent alles alleen doen, behalwe die gebod om vrugbaar te wees en te vermeerder, hy het ‘n vrou nodig gehad. “Maar jĂșlle moet vrugbaar wees en baie word. Vermeerder op die aarde en word baie.” Gen. 9:7. (Sien les 12, “Kinders is Geskenke van die Here,” want “My volk gaan onder omdat hulle nie aan My toegewy is nie. Omdat jy jou taak om hulle aan My toe te wy, verwerp het, verwerp ek jou as priester
” Hosea 4:6.)  

Vra hulle eie mans by die huis. Dames, is julle die leier van geestelike sake? Hardloop jy na jou man toe om te vra wat hy dink as die geestelike leier, of sĂȘ jy, “Hoekom sal ek na hom toe gaan? Wat weet hy, in elk geval? Is dit nie ek wat na al die Bybel studies en seminare toe gaan nie? En ek is die een wat op al die kerk se komitees sit. “Haar man is welbekend by die stadspoort waar hy saam met die leiers beraadslaag.” Spr. 31:23. Nou sit ons vrouens saam met die leiers van die land. Baie van ons sit op die komitee om ‘n nuwe pastoor te kies wat simpatiek is teenoor die feministise filosofie.

“Want daar sal ‘n tyd kom wanneer die mense die gesonde leer nie meer sal verdra nie. Hulle sal hulle eie begeertes volg en vir hulle leermeesters bymekaarmaak wat net sal sĂȘ wat hulle graag wil hoor. Hulle sal die waarheid nie wil hoor nie en hulle tot verdigsels wend.” 2Tim. 4:3-4. Ons as vrouens is uit ons huise besig om met ouderlinge en leiers te beraadslag terwyl ons mans by die huis besig is om aandete vir hulself en die kinders te maak. Of miskien is hy uitstedig, weg van die twisgierige vrou af, besig om by ‘n buite-egtellike verhouding betrokke te raak. Soos wat ons als oorneem wat van belang is, het ons ons mans tyd gegee om die meer belangrike dinge te doen soos sport of saam met die “ouens” kuier. Ons en die kinders se geestelike vrae word beantwoord deur ‘n professionele persoon , soos die pastoor of die Sondag skool onderwyser. Maar  “As hulle iets te wete wil kom, moet hulle tuis hulle eie mans vra, want dit is lelik vir ‘n vrou om in die erediens te praat.” 1Kor. 14:35. Het ons ons mans aangemoedig om ander dinge te doen eerder as om ons familie geestelik te lei?  

Vader. As ‘n vader, is ons mans uit hulle rolle gedruk of gemaak om aan te pas by die vroulike manier van ouerskap. Ons kritiseer die manier wat hulle die kinders hanteer of behandel so dikwels, dat hulle uiteindelik net ophou om “in te meng.” Ons probeer om ons mans te vorm in verwyfde vaders. Dit was die doel van die feministe. Hulle doel was om geen verskil te hĂȘ tussen moederskap en vaderskap nie; dus word dit “ouerskap.”  Dan sal daar geen rede wees hoekom ‘n lesbiese of gay paartjie nie ouers kan word nie.  Jy het mos net twee “ouers” nodig om ‘n kind aan te neem, reg?

God het vir kinders beide ‘n moeder en ‘n vader gegee met duidelike eienskappe. Ons kinders het albei ouers nodig om groot te word sonder ‘n spul angs of emosionele probleme. As die rolle gemeng en verwar is, wie het ‘n vader nodig? “eer jou vader en jou moeder
” Matt. 19:19. Dames, kyk asseblief hoe jy met jou man se manlikheid en leierskap inmeng. As jou man streng of sterk met die kinders is, moenie probeer om sy verhouding met hulle te blokkeer of om te oorkompenseer nie. God in Sy wysheid het presies geweet wat Hy doen toe Hy beide ‘n moeder en ‘n vader geskape het. Soek Sy wysheid in hierdie area. Hou op om die propaganda te volg wat aan ons deur die media gevoer word en ander misleide vrouens. (Sien les 12, “Kinders is Geskenke van die Here.”) 

Getuienis

Laat my van die wysheid deel wat die Here aan my openbaar het.  Toe my seun in sy vroeĂ« tienerjare was, het ek opgemerk dat hy baie onvolwasse voorgekom het vir sy ouderdom. Hy was ‘n buitengewone goeie seun, goedhartig en hoogs intelligent. Maar, hy was onvolwasse. Ek het dit met ‘n vriendin gedeel wat agt kinders gehad het en sy het gesĂȘ sy het twee kinders gehad wat ook onvolwasse was. Daarby het ons albei uit groot families gekom waar een of twee broers of susters steeds onvolwasse was as volwassenes. Die dag in die parkie het ons gebid vir wysheid.

Dames, die Here is so getrou. Slegs ‘n week of twee later het die Here my oĂ« oopgemaak vir die probleem. In al die gevalle, het ons agter gekom dat die kind wat onvolwasse was, beskerm en/of beskut was van hulle vaders. Ek het my man gedwarsboom uit sy posisie as vader, wat veroorsaak het dat sy verhouding met ons seun belemmer was. Toe het ek begin oor kompenseer vir my man se gebrek aan aandag en betrokkenheid met ons seun. Gewoonlik  het ek gevoel dat hy te ferm of onregverdig was. Maar dames, weet jy dat God nooit ‘n fout maak nie? My seun het die fermheid nodig gehad om behoorlik te groei.

Toe ek bewus word van my tekortkominge, het ek myself neergewerp voor die Here en nederig gebieg en Hom vir Sy leiding gevra. Die Here het my gevra uit die pad te kom van my man se woede, wat ek aanhoudend voorkom het. Met die eerste geleentheid, toe ek eenkant toe gestaan het, het my man nie geweet wat om te doen nie. Ek was bang hy sou te streng wees, maar hy het kalm gebly. Baie keer, nadat die kinders bed toe gegaan het, het hy sy woede op my gerig omdat ek hom verhinder het om sy seun te berispe. Toe hy een aand begin het (nadat die Here my oĂ« oopgemaak het vir my fout), het ek myself verskoon, ingegaan en my seun uit die bed uit gaan haal. Toe ek my aan my man se outoriteit en God se wysheid onderwerp het, het dit ‘n groot las van ons huweliks verhouding af gelig.      

Daarbenewens, in plaas daarvan om makliker met my seun te wees, soos wat ek in die verlede gedoen het, het ek net so ferm soos sy vader geword. Ek het uiteindelik my man se leiding gevolg. En toe die Here my aangespoor het, was ek bly om al my foute aan my man en my seun te erken.

Binne ‘n jaar of twee het ‘n wonderwerk gebeur. My seun het nie net volwasse geword nie, maar hy was geprys vir sy volwassenheid! Hy was gekies deur ons voormalige burgermeester om ‘n spesiale televisie program oor tuisskool te doen. Toe was hy gevra om ‘n  posisie te beklee op die tuisskool raad, wat die eerste keer was dat ‘n student ‘n raads posisie beklee het in die staat van Florida. By die jaareindfunksie vir sy swemspan, het sy afrigter hom laat opstaan voor sy hele groep en hom geprys vir sy “volwassenheid”! Ek deel dit net om God se ontsagwekkendheid en Sy perfekte weĂ« met jou te deel. Hy is getrou wanneer ons die Waarheid soek en dan Sy aansporing in alle areas van ons lewens gehoorsaam. Dames, ons dien ‘n magtige God! Amen!

‘n Knap vrou, is baie werd. Is jy ‘n volgeling van Christus? As ‘n Christen, gehoorsaam jy God se Woord? “ ‘n Knap vrou is baie werd, baie meer as edelstene. Haar man steun op haar en pluk die vrugte van haar werk. Sy bring vir hom net voordeel, nie nadeel nie, haar hele lewe lank. Sy maak wol en vlas bymekaar en geniet dit om dit te verwerk. Sy is soos die handelskepe. sy bring die kos van ver af in. Sy staan op as dit nog nag is en maak kos vir haar huisgesin...Sy is gerus oor haar huisgesin as dit sneeu: hulle dra almal warm klere.” Spr. 31:10-21. Baie vrouens lag en sĂȘ. “ja, sterkte om ‘n vrou soos dit te vind!”

Dames, het ons regtig ons lewens en ons kinders se lewens in oĂ«nskou geneem en onsself afgevra wat het gebeur? Het ons toegelaat dat ons vriende ons aanmoedig om ‘n loopbaan te kies of terug te gaan skool toe inplaas daarvan om ‘n “bewaarder van die huis” te wees? Mans het ‘n luisterende oor nodig en ‘n vrou wat kan omsien na hulle fisiese behoeftes, soos kook en hulle klere versorg. Hulle het ons nodig om na die huis om te sien en hul kinders te baar, versorg en te leer.  Dit is in die Woord van God. Dit is nie my opinie nie! As ons doen wat ons nou net gelees het in die Woord, Spreuke 31, hoe kan ons moontlik buite die huis werk, op soveel kommitees dien, of teruggaan kollege toe? 

Moenie vir mekaar omgang weier nie. As jy met die feministiese manier van dink saamstem en bevry is van jou pligte as ‘n vrou en ‘n moeder, is jy heel waarskynlik ook geskei van jou fisiese eenheid met jou man. “Maar weens die gevare van onsedelikheid behoort elke man sy eie vrou te hĂȘ en elke vrou haar eie man. Die man moet sy huweliksplig teenoor sy vrou nakom, en net so ook die vrou teenoor haar man. Die vrou beskik nie oor haar eie liggaam nie, maar die man; net so beskik die man ook nie oor sy eie liggaam nie, maar die vrou. Moenie vir mekaar omgang weier nie, behalwe met wedersydse toestemming en net vir ‘n bepaalde tyd om julle aan gebed te wy.” 1Kor. 7:2-5.

Wanneer daar probleme in hierdie area is, moet ons by die kernoorsaak uitkom. Ons huise en ons rolle is uit God se orde uit. Wanneer ons ons mans se intieme toenadering weerstaan, wanneer ons kla, en wanneer ons toelaat dat probleme by die huis ons mans uitput, hoekom is ons geskok wanneer hy uiteindelik ingee tot swakheid en versoekings ? “Die slegte vrou se lippe drup van heuning, haar tong is gladder as olie
.” Spr. 5:3. “So laat sy die jongman swig vir haar listigheid, so verlei sy hom met haar gladde tong. Hy loop sonder weerstand agter haar aan soos ‘n bees op pad slagpale toe...so is hy daarmee heen voor hy dit weet.” Spr. 7:21-23.

Wie haar probeer keer. As ‘n reĂ«l konfronteer mans nie hulle vrouens nie; meeste mans wil nie konfrontasie hĂȘ nie. Hulle weet dat as hulle probeer om beheer te neem, hulle ‘n argument sal hĂȘ. Onthou die twisgierige vrou. “Die gedrup uit ‘n dak wat lek op ‘n reĂ«ndag, so is ‘n vrou wat aanhou kyf. Wie haar probeer keer, kan net so wel die wind probeer keer of olie met sy hand probeer vashou.” Spr. 27:15-16.

Sommige van ons het opgehou om te beheer en te manipuleer net om onsself aan die ander end van die spektrum te vind. Baie van ons wou so ‘n goeie helper wees dat ons alles vir ons mans gedoen het. Ons doen, doen, doen. Dit sal hom van sy seĂ«ninge beroof, en ter selfde tyd, sy manlikheid uit hom skeur. Ons neem die besluite, doen alles in en om die huis, en help om deel van die inkomste te voorsien. Ons is dan verbaas dat met al hierdie vrye tyd, hy vir homself ‘n aangename, hulpelose vrou kry om voor te sorg.

As ons iets aangevat het wat ons mans moet doen, moet ons bid dat die Here die situasie sal verander. Waneer ons bid, sien ons baie keer ‘n mini-katastrofe wat plaas vind en ons mans moet ons red. Maar dit is ‘n goeie ding as ons hom nie beroof daarvan om ons redder te wees nie. Moenie probeer om dit reg te stel of om hom te vertel hoe om dit reg te stel nie  - los dit uit! Ons moet besef dat die katastrofe plaasgevind het omdat ons in die verkeerde rol opgetree het, ‘n rol waarvoor ons nie ontwerp was nie. Alhoewel, jy nooit ‘n krisis moet veroorsaak nie; wag vir die Here om te beweeg - hou op manipuleer!  

Wie Behoort die Geestelike Leier te  wees?

Een vraag wat baie vrouens vra is: “Wie moet die geestelike leier wees aangesien my man nie wil nie of dit nie doen nie?” Of, baie vrouens sal verklaar “Ek moet die geestelike leier van ons huis wees aangesien my man nie eens ‘n Christen is nie!” Hoekom versuim of verbeur so baie mans hulle posisie as hoof van die familie?

Haar man is welbekend. Christelike vrouens begeer dat hulle mans die geestelike leiers moet wees. “Haar man is welbekend by die stadspoort waar hy saam met die leiers beraadslaag.” Spr. 31:23. Sommige Christelike vrouens, het egter besluit dat hulle die leiers wil wees; die feministiese filosofie wat die nasie vernietig het, vernietig nou die kerk. Toe vrouens die kerk binnegegaan het, en hulle eie geestelike behoeftes begin vul het, het mans die kerk verlaat om ander belange te volg. Toe die mans weg is, het ons vrouens in die hande van liberale pastore beland. Nou is ons gevange geneem. “Party van hulle dring in die huise in en kry liggelowige vroue wat met sonde belaai is en deur allerlei sinlike begeertes gedryf word, in hulle mag, vroue wat altyd iets wil leer, maar tog nooit tot die kennis van die waarheid kan kom nie.” 2Tim. 3:6-7. Die kerk is nou grootliks deurtrek met swak mans en sterk vrouens. Dit belemmer die kerk se effektiwiteit omdat die ware mans, Christleike mans,  verlore in aksie  (“missing in action”) is!

“Julle is die sout vir die aarde. Maar as sout verslaan het, hoe kry ‘n mens dit weer sout? Dit is niks meer werd nie. Dit word buitekant weggegooi, en die mense vertrap dit.” Matt. 5:13. Skuif jou Bybel studies terug na die huis toe. En ons moet ook ons Bybel studies verander om te fokus op wat ‘n vrou, moeder en tuiste skepper moet weet. Onthou dames; amper die helfte van die huise in Amerika verkrummel. Gaan ons aanhou om ons koppe in die sand te begrawe? Sal jy wag tot joune val? Dames, los die Bybel kop-kennis en filosofie aan jou man oor. Ons intense Bybel kennis is besig om ons families te vernietig omdat dit ons mans intimideer. Vrouens, sedert die dag wat Eva van die vrugte geĂ«et het om “jou wys te maak,” is ons honger vir “kennis.” Maar hierdie honger kan net so vernietigend wees soos wat dit vir Eva en die daaropvolgende generasies was. Dames, dit is tyd om ‘n massa uittog uit die kerk te maak; dan moet ons vir ons  mans wag om ons te lei. As jy altyd na die kerk toe hardloop terwyl jou man by die huis bly, watter rede het hy om kerk toe te gaan? Hoe kan hy ooit hoop om jou vooruit te gaan, Mev. Geestelik?  

Ek weet dit is hoe baie mans dink. My man het dieselfde bekommernis gehad toe hy terug gekom het huistoe. Dit het ses jaar gevat waartydens ek op die Here moes vertrou voordat Hy my toegelaat het om in die beste kerk in die wĂȘreld te wees!

Eerstens het my man van een kerk na die ander gehop, dwardeur die stad en regdeur al die denominasies. Uiteindelik het hy moedeloos besluit om kerk by die huis te hou. Ek het gedurende hierdie periode  baie vriende verloor wat my beskuldig het van afvalligheid aangesien ek nie kerk toe gegaan het nie. Selfs al was dit moeilik om vir so baie jare by die huis kerk te hou, was dit wat God gebruik het om my man weer in die Woord te kry. Ek het toe so vergenoeg geword dat ek nie wou teruggaan kerk toe nie. (Hoekom is dit vir ons so moeilik om ‘n wolk te volg wanneer dit beweeg?) Toe, vier jaar later, was daar ‘n groot uitstorting in ‘n kerk net twee myl van ons huis af. Maar my man het vir my gesĂȘ dat hy nooit sou gaan nie. Baie vrouens het gedink dit was belaglik dat ek nie net alleen sou gaan soos hulle nie. Hulle het my gespot omdat ek so uitermatig onderdanig was, dat ek nie druk op my man geplaas het of dit konstant genoem het totdat hy ingegee het nie. Dit het twee jaar van gebed geneem vir God om om  my onthalwe te beweeg. Maar glorie! God is ontsagwekkend en wanneer Hy beweeg is dit so kragtig!   

Die eerste aand wat ons gegaan het, het hy na die altaar gehardloop nog voor mense na die altaar geroep is. Ons het nie net daardie eerste aand bygewoon nie, maar my man wou by die kerk aansluit! Ons is nou lidmate en drie keer per week in die kerk - ons familie sit ‘n hele kerkbank vol! Nie net dit nie, ons woon een aand per week ‘n werkswinkel by en hy vergader saam met mans in ‘n aanspreeklikheids groep. Dames, dit mag dalk nie vir julle soos baie klink as julle ‘n goddelike man het nie. Maar my man het owerspel gepleeg! Dis  werklik ‘n wonderwerk want ek het God genoeg vertrou sodat Hy my man beweeg. Wat sou die punt wees as ek in die kerk was en my man was nog by die huis besig om sports of ‘n fliek te kyk? Meeste van die vrouens (eintlik almal behalwe een) woon nog steeds die dienste by sonder hulle mans. Liewe suster, God sal jou getrouheid aan Sy Woord eer wanneer jy uit jou hart uit gehoorsaam.   

Christus is die hoof van elke man. Christus is die hoof van elke man, nie net ‘n Christen man nie. As dit jou verskoning was om die geestelike leiding te neem, lees dan 1Kor. 11:3, “Ek wil egter hĂȘ julle moet weet dat Christus die hoof is van elke man, en ‘n man die hoof van sy vrou, en God die hoof van Christus.”

Onderrig te gee of gesag uit te oefen nie. Ons  vrouens is so onnosel, ons spog of vertel ons mans hoe ons tyd maak om ons Bybels te lees. Ons spog oor die nuttige boeke en tydskrifte wat ons lees! Dit is eiegeregtigheid! “Ek laat haar nie toe om daar onderrig te gee of oor die man gesag uit te oefen nie, sy moet stil wees.” 1Tim 2:12. “ My volk het kinders as regeerders, vrouens as heersers. My volk, jou leiers verlei jou en bring jou van koers af.” Jes. 3:12.

Wie is die hoof van jou huishouding? Wanneer vrouens diegene is wat die huis regeer, kan jy niks anders as moeilikheid verwag nie. As jou ma in beheer was in jou huis terwyl jy groot geword het, is die kans goed dat jou huis dieselfde patroon volg. As ‘n Christen vrou, kan jy nie met ‘n goeie gewete toelaat dat dit voortgaan  nie. Moet nou nie huistoe gaan en dit alles op jou man plaas en eis dat hy oorneem nie. Begin net om al jou gedagtes en inspanning te fokus op wat ‘n vrou, ma en tuiste skepper moet doen.

Bid voortdurend vir die Heilige Gees om jou te lei. Soos wat jy van een taak na die volgende beweeg, vra, “Wat wil U hĂȘ moet ek volgende doen, Here?” Kry jou huis in orde, kry jou kinders in orde, kry jou prioriteite in orde en los jou man vir die Here. Wat hy doen of nie doen nie is nie jou bekommernis nie en nie jou verantwoordelikheid nie! God gee ons so baie dinge om te doen met ons kinders, ons huise en ons bedienings  (deur jonger vrouens te leer “wat goed is”). Dames, dit is ons vrugte in die tuin. Maar al waaraan ons kan dink is daardie verbode vrug,  ons mans te leer of gesag oor hulle uit te oefen!

Wees onderdanig aan julle eie mans in alles. Ons as vrouens kan nie kies en keur wanneer ons onderdanig aan ons mans wil wees nie. “Vrouens, wees aan julle mans onderdanig, net soos julle aan die Here onderdanig is...in alles aan hulle mans.” Efe. 5:22-24. Dit is duidelik uit die bogenoemde Skrifgedeelte dat God alle mans in die leierskap rol van die huis gesit het.

Niemand kan vir twee base tegelyk werk nie. Wanneer dinge buite beheer raak en wanneer ons beheer in ons verhoudings neem met ons mans, dan sal ons mans ons uiteindelik verag en selfs haat. “Niemand kan vir twee base tegelyk werk nie. Hy sal Ăłf die een minder ag en die ander hoĂ«r, Ăłf vir die een meer oorhĂȘ en die ander een afskeep.” Matt. 6:24. Jy sien hierdie beginsel in aksie wanneer ‘n kind, wat na sy ouers geluister het, skool toe gestuur word. Uit die bloute uit vertel hierdie oulike kind vir jou wat hulle onderwyser gesĂȘ het, en nou is jy verkeerd. Ons stuur ons seuns en dogters Kollege toe, met ons geld (soos wat die bufferplakker sĂȘ), dan kom hulle gedurende die vakansies huistoe en behandel ons soos die dorps idioot. (Sien les 15, “Jou ma se Leringe” oor tuisskool en die vrae waaroor jy moet bid voordat jy jou kinders Kollege toe stuur want “My volk gaan onder omdat hulle nie aan my toegewy is nie.” Hosea 4:6.)   

Hy sal dit doen. Weer, tree jy op asof jy jou man se persoonlike Heilige Gees is? Spog jy met jou geestelikheid? Het jy dit reggekry om jou man te oorreed hy onnosel is in geestelike sake? Ken jy jou Bybel beter as wat jou man ooit kan hoop om dit te ken? Of erger, is jou kinders meer vertroud met die Skrif as hulle vader? Ons as moeders maak seker dat ons kinders in Sondag skool of in ‘n Christelike skool is. Maar ons is nalatig om te besef dat wanneer ons ons behoeftes vervul vir geestelike onderrig deur veelvoudige Bybel studies om ons mans vooruit te gaan, en ons kinders se geestelike behoeftes word deur Sondag skool vervul, vervang ons ons mans met ‘n namaaksel. Daar is dan geen nodigheid vir ons mans om enige iets in die Skrif te leer nie.

In plaas daarvan, weet hy alles van sy gunsteling sport spanne. In plaas daarvan dat hy sy Bybel lees, lees hy die koerant of die sportbladsye. As jy dink dit is te laat, of dat jou man te ver agter is om jou en jou kinders verby te gaan en julle behoorlik te lei, is jy verkeerd. Aangesien God die man geroep het om die leier van die huis te wees, sal Hy hom in staat stel.

Maar, ons moet ons sonde bely dat ons ons mans se rol as geestelike leier oorgevat het. “Bely julle sondes eerlik teenoor mekaar en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word. Die gebed van ‘n gelowige het ‘n kragtige uitwerking.” Jak 5:16. Roem oor jou swakhede by ander vrouens. “Sy antwoord was: ‘My genade is vir jou genoeg. My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is.’ Daarom sal ek baie liewer oor my swakhede roem, sodat die krag van Christus my beskutting kan wees.” 2Kor. 12:9. En belangriker as alles, vetrou op die Here. “Laat jou lewe aan die Here oor en vertrou op Hom; Hy sal sorg.” Ps. 37:5.

Water en die Woord gereinig. Hoe belangrik is dit om ons mans in God se Woord te hĂȘ en dan die Woord met ons te deel? “Mans, julle moet julle vrouens liefhĂȘ soos Christus die kerk liefgehad en sy lewe daarvoor afgelĂȘ het. Dit het Hy gedoen om die kerk aan God te wy, nadat Hy dit met die water en die woord gereinig het, sodat Hy die kerk in volle heerlikheid by Hom kan neem, sonder vlek of rimpel of iets dergeliks, heilig en onberispelik.” Efe. 5:25-27. Weereens, moenie jou man karring nie. Dit mag dalk wys wees om nie eens met hom te vra om vir jou te lees nie. Dit mag veroorsaak dat hy rebelleer. Sy druk moet van bo afkom, van sy outoriteit. (Sien les 5, “Wen Sonder ‘n Woord” as jy werklike verandering in jou man wil sien, God se manier.)

Die nou poort. Dames, gaan deur daardie nou poort en hou op om televisie te kyk, of om jou kinders toe te laat om televisie te kyk. Hou op om jou weeklikse of maandelikse gelde na Hollywood te stuur deur die rolprent teater of video winkels, sodat hulle sal ophou om die rolprente te maak wat ons families en ons nasie vernietig. As jou man die televisie verslaafde is - bid! (Weereens, sien les 5, “Wen Sonder ‘n Woord” as jy  werklike verandering in jou man wil sien, God se manier.)  “Gaan deur die nou poort in. Die poort wat na die verderf lei, is wyd en die pad daarheen breed, en die wat daardeur ingaan, is baie.” Matt. 7:13. As diegene wat “beweer” dat hul Christene is, ophou om televisie te kyk of om na die rolprent teater toe te gaan, sal Hollywood ophou om vieslike rolprente te maak! Ons vrouens moet geestelike oorlog voer teen die aaklige verslawing wat jou, jou man en/of jou kinders gevange hou. 

Waarskuwing: ‘n Vrou het iets met my gedeel waarop sy so trots was. Haar man en ouer seuns was besig om ‘n vieslike rolprent te kyk op televisie. Die vrou het met haar man en ouer seuns gepraat asof hulle in die kleuterskool was, en soos ‘n “juffrou” voorgestel dat daar miskien iets beters was om te kyk.  Sy het toe deur die kanale gegaan en ‘n baie charismatiese priester gevind en die familie ‘n groot glimlag gegee.  Haar man en haar drie seuns het uitgeloop en na hulle eie kamers toe gegaan. Dames dit is nie respekvolle gedrag nie! Wat hartseer is, is dat die vrou se man almal vertel het van sy ellende en sy planne om van haar te skei. 

Ek het haar meegedeel dat haar reaksie nie ‘n oorwinning was nie, maar eiegeregtige optrede. Niemand sal gewen word deur ‘n FariseĂ«r nie. Ek het haar meegedeel dat ek my stryd teen die televisie met gebed en vas begin het. Dit het ook my onderdanigheid en respek teenoor my man gevat (selfs toe almal gedink het hy verdien dit nie) vir ons familie om ontslae te wees van die besoedeling van televisie.

Godsdienstige pligte in die openbaar nakom. Gaan jy kerk toe selfs wanneer jou man by die huis bly? “Moenie julle godsdienstige pligte in die openbaar nakom om deur mense gesien te word nie, want dan kry julle geen beloning van julle Vader wat in die hemel is nie.” Matt. 6:1. Ons aksies moet ‘n uitstorting wees van wat binne ons is. Is jy “trots daarop” dat jy meer geestelik as jou man is? Het jy probeer om jou man skuldig te laat voel en daarom kerk toe te gaan? Het jou metode tot dusver gewerk? Gaan hy saam met jou? Hoe kan jy verwag om God te verheerlik? “Laat julle lig so voor die mense skyn, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemel is, verheerlik.” Matt. 5:16.

Aan hulle vrugte sal julle hulle ken. Wat is jou vrugte van jou eis dat jy ‘n Christen is? “Aan hulle vrugte sal julle hulle ken.” Matt. 7:16. Kla jy by jou man oor wat hy nie gedoen het as die geestelike leier van die familie nie? Pronk jy met het hoeveel jy die Bybel lees voor jou man? Dan produseer jy dorings, nie vrugte nie.

Vergelyk die tyd wat jy spandeer deur tydskrifte en boeke te lees, of ander dinge te kyk, met die tyd wat jy in die Woord bestee. Wat gaan jy daaromtrent doen? Tel jy enige iets op wat jy in die werkboek gelees het? Kan enige iemand ‘n verandering in jou sien deur dit te lees? “Iemand wat altyd net die woord aanhoor en nooit doen wat dit sĂȘ nie, is soos een wat na sy gesig in ‘n spieĂ«l kyk: hy bekyk homself, gaan van die spieĂ«l af weg en vergeet dadelik hoe hy gelyk het. Maar iemand wat hom verdiep in die volmaakte wet wat ‘n mens vry maak, en hom daaraan hou en nie vergeet wat hy hoor nie, maar dit doen, hy sal gelukkig wees in wat hy doen.” Jak. 1:23-25.

Hou jou tong in toom. “As iemand dink hy is godsdienstig, maar hy hou nie sy tong in toom nie, bedrieg hy homself. Sy godsdiens is waardeloos.” Jak. 1:23-25. Wanneer was die laaste keer wat jy onvriendelike woorde teenoor jou man gespuug het? God sĂȘ jy is waardeloos. Dames, kry beheer oor daardie kwetsende tong! (Lees les 4 en lees dit weer, “ Goedhartigheid is op Haar Tong” en lees dit dan weer!)

Die Man en Vrou Verhouding

Ons moet nie die geestelike leiers van ons huise wees nie. God se Woord verwys na die man soos wat Hy na Homself verwys. Ons moet dieselfde tipe verhouding met ons mans hĂȘ as wat Jesus met Sy Kerk het. Kom ons soek in Sy Woord vir die vele maniere wat ons verhouding met ons mans soos ons verhouding met Christus moet wees.

Die hoof. “Die man is die hoof van die vrou, soos Christus die hoof van die kerk is
” Efe. 5:23. “Ek wil egter hĂȘ julle moet weet dat Christus die hoof is van elke man, en ‘n man die hoof van sy vrou, en God die hoof van Christus.” 1Kor. 11:3. Ons het in les 8, “Vrouens Wees Onderdanig,” geleer van die belangrikheid van outoriteit in die huis. Ons het ook oor die voordele van onderdanigheid  aan ons mans geleer, naamlik vir ons en ons kinders se beskerming. Die Skrif vergelyk Christus as hoof van die kerk met ons mans as die hoof oor ons. Soos met enige goeie maatskappy of, veral die weermag, moet daar ‘n behoorlike hoof of leier wees. Ons moet ons mans toelaat om te lei! Moenie hierdie punt mis nie. Jy moet hulle toelaat om te lei. Laat jou man toe om met oplossings  vorendag te kom vir die probleme wat in jou huis opduik.

Die Verlosser. “Die man is die hoof van die vrou, soos Christus die hoof van die kerk is. Christus is ook die Verlosser van die liggaam, sy kerk.” Efe. 5:23. Die man moet die Verlosser van die liggaam wees. Ons vrouens dink dat ons die verlossers moet wees. Maar wanneer daar ‘n finansiĂ«le krisis is, of enige krisis, moet die man regtig die een wees wat die “dag red.” Baie vrouens hardloop om ‘n werk te kry of hulle maak finansiĂ«le planne. Dit beroof jou man van ‘n seĂ«n. Wanneer die man die plan maak, kan ons ons  met plesier onderwerp.  Wanneer die vrou die plan maak, dan is die huis buite orde.

Ons vrouens moet ons rol vul as die een wat in onderwerping aan ons mans is. Hulle alleen moet die hoof van die huis wees en die verlosser van die liggaam. Natuurlik sal ons vrouens liewer vir ons mans vertel hoe hy moet sny. Dames, wanneer jy ‘n probleem sien, gee dit vir jou man! Stop die siklus van jy wat lei en red! Hier is paar kort getuienisse van vrouens wat die beginsel gevolg het sonder hulle mans se kennis.

Getuienis 1: My man was nie die ordehouer in ons huis nie. Hy was die goeie ou; ek was die grieselige, gemene ma. Een dag het ek finaal besluit om die beginsel toe te pas en my man toe te laat om te lei. Dit het beteken dat ek my uitermatige outoriteit moes terugtrek totdat dinge in chaos ontaard het. Ek het altyd die kinders onder beheer gehou. Daarom het my man nooit enige probleme opgemerk nie. Ek was eerlikwaar moeg daarvoor om die enigste volwassene in die huis te wees. Ek het my man se leiding geneem en vir amper ‘n jaar nie gedissiplineer, berispe, of opleiding gegee nie.  Ek het toegekyk hoe die kinders buite beheer geraak het. Ek het altyd alles basies kalm gehou, so my man het nooit verstaan wanneer ek hom gevra het om my te help om die kinders te dissiplineer nie. Toe hulle totaal hand uit geruk het, was hy geskok! Maar dit het hom uiteindelik laat beweeg. Vir die eerste keer het hy sy voet neergesit, en hulle pak gegee sonder dat ek hom moes vra! Dit was net wat die kinders nodig gehad het. Maar die belangrikste was dat ek onthef was van die las om die enigste ordehouer te wees, wat my meer tyd gegee het om my kinders te geniet, met hulle te speel en lief te hĂȘ soos my man in die verlede gedoen het. Ons is nou “saam” besig om die kinders groot te maak. Daar is uiteindelik die balans wat ek nog altyd wou gehad het.

Getuienis 2: Ek het altyd die felheid van my man se outoritĂȘre maniere, waarmee hy die kinders hanteer het, probeer versag. Ek het gevoel ek moes hulle van hulle pa beskerm, veral die een wat ek gevoel het hy op pik. Wat ek nie besef het nie was dat ek nie net sy harde maniere geblok het nie, maar ek het ook die kinders se liefde vir hulle pa geblok. Toe ek van hierdie beginsel gehoor het, het ek besluit om dit te probeer deur sy leiding te volg. My toets het gekom toe my man ons seun vra om die gras te sny. Ek het hom gewoonlik herinner totdat hy dit gesny het, maar hierdie keer het ek niks gesĂȘ nie. My seun is daardie aand bed toe sonder om die gras te sny. My man het daardie aand 11:30 teruggekom van sy vergadering en wou weet hoekom die gras nie gesny was nie. In plaas daarvan om verskonings te maak en hom te verdedig het ek net gesĂȘ, “ek weet nie.” My man het hom uit die bed gaan haal en het hom daardie aand in die donker laat gras sny. My seun het die heeltyd gehuil, en, in die geheim, het ek ook. Maar dinge het verander; nabyheid het begin ontwikkel tussen my seun en sy pa. My seun het ook begin volwasse word, wat ‘n groot bekommernis van my uitgeskakel het.  

Getuienis 3: My man was nooit ‘n baie goeie voorsiener vir die familie nie. Ek het hom altyd uitgehelp wanneer hy sy werk verloor het of wanneer ons geld gekort het deur terug te gaan werk toe. Een dag, van pure uitputting, het ek die besluit gemaak dat ek sy leiding sou volg en stil wees wanneer dinge moeilik word.

Dinge het moeilik begin word en steeds wou hy nie die leiding neem nie, maar ek was vasbeslote om stil te wees. Dinge het erger geword en hy het kwaad geword, maar hierdie keer het ek diĂ© Bybelvers onthou, “ ’n OpvlieĂ«nde mens boet vir wat hy doen, maar as jy hom een keer help, sal jy dit elke keer weer moet doen.” Spr. 19:19. Hy was so gewoond daaraan dat ek in ‘n krisis oorgeneem het dat hy nie regtig geweet het hoe nie. In plaas daarvan om iets te doen, het ek net vir hom gebid. Ek het die Bybel verse gebid wat praat oor die man wat voorsien en die vrugte van ywerigheid terwyl ek stil en rustig was. Toe het hy ewe skielik aksie geneem. Dis was ongelooflik!

Ek is nou vry om te konsentreer op die kinders en ons huis. Dit het my vry gemaak om meer na my man om te sien as vantevore. Ek dink my wrokkigheid teenoor hom het vir ‘n lang tyd gesweer. Ek was so besig met werk, om na ons familie om te sien en die huishouding in stand te hou. Wat ek nie besef het nie was dat dit gekeer het dat ek en my man nader aan mekaar kon kom. Nou is ek in staat om dankbaarheid aan hom te toon. Dit het alles ‘n wonderlike man te voorskyn gebring wat ek nie geweet het daar binne was nie. Ek val somtyds terug om die hoof en die verlosser van die familie te wees wanneer my man nie vinnig genoeg na my sin beweeg nie, of as ek dink dat hy dit nie op die regte manier hanteer nie. Maar ek probeer leer dat hierdie situasies nie my probleem is nie. As hy nie beweeg nie of dit verkeerd hanteer, is dit tussen hom en die Here. Die Here is sy hoof, nie ek nie.

Geskep om die laste te dra. Jou man was geskep om die laste van die familie te dra; kyk net na sy breë en gespierde skouers in vergelyking met jou skouers. Ons vrouens het selfs probeer om daardie skouers na te maak met skouer kussings! Mans is ontwerp om die beste onder druk te werk. Miskien dink jy jou man kan nie die druk hanteer nie, omdat jy nog altyd jou man se veiligheids net was.

Vrouens, aan die ander kant, was geskep om baie dinge op dieselfde tyd te hanteer. Ons is in staat om die huishouding te bestuur met al die instandhouding en om kinders van verskillende ouderdomme, persoonlikhede en benodighede te beheer: maaltye, skoonmaak, voortdurend opruim en die familie se dol skedules. Vrouens, dit lyk asof ons alles kan doen. Maar terwyl ons voorgee om dit alles te doen, wat is ons mans besig om te doen? Gewoonlik  om te speel! Deelneem aan sport, werk aan stokperdjies of om rond te speel!!!! 

Is een. “ Daarom sal ‘n man sy vader en moeder verlaat en saam met sy vrou lewe, en hulle twee sal een wees.” Efe. 5:31. “ Die mans behoort hulle vrouens so lief te hĂȘ soos hulle eie liggame. Wie sy vrou liefhet, het homself lief
” Efe.5:28. “ Elkeen moet sy vrou so lief hĂȘ soos hy homself liefhet.” Efe. 5:33. Ons het die term “een word” so baie keer gehoor sonder om regtig te verstaan wat dit beteken. Deur na Jesus se verhouding met sy Vader te kyk en ons verhouding met ons mans, kan ons sien dat ons in hierdie belangrike begrip te kort skiet.

Wy. Dames, ons mans speel ‘n groot rol in ons heiligmaking soos ons in die volgende Skrifgedeelte sien: “Mans, julle moet julle vrouens liefhĂȘ soos Christus die kerk liefgehad en sy lewe daarvoor afgelĂȘ het. Dit het hy gedoen om die kerk aan God te wy, nadat Hy dit met die water en die woord gereinig het, sodat Hy die kerk in volle heerlikheid by Hom kan neem, sonder vlek of rimpel of iets dergeliks, heilig en onberispelik.” Efe. 5:25. Dit is ‘n baie kragtige Bybelse Waarheid wat net ‘n paar ooit sal besef. 

Ons vrouens moet geheilig (gesuiwer) wees soos wat ons mans die Bybel lees en met ons deel. Lees jou man God se Woord daagliks vir jou? Hoe hou die kerk die liggaam skoon van die sonde wat in die kerk inkruip? Deur God se Woord te lees. Met vrouens is dit dieselfde.

Getuienis: My man het altyd geïntimideer gevoel deur sy verantwoordelikheid in die area. Ons het ‘n wonderlike en pragtige oplossing gevind vir die familie se behoefte om daagliks in die Woord te wees. Ons familie sit saam, al nege van ons elke oggend, met die ouer vier wat saam lees en die wat nie kan lees nie wat legkaarte bou of inkleur. Die metode om na een CD ‘n dag te luister en saam te lees neem jou deur die Bybel in net 62 dae! Die kombinasie van luister na Alexander Scourby, wat die Bybel korrek lees, en die saam lees is so kragtig, dit kan nie verduidelik word nie. 

Liefde. “Die mans behoort hulle vrouens so lief te hĂȘ soos Christus
.”Efe. 5:28 “Mans julle moet julle vrouens liefhĂȘ
” Efe. 5:25. “Mans, julle moet julle vrouens liefhĂȘ, moenie die lewe vir hulle bitter maak nie.” Kol. 3:19. Vandat die feministiese beweging die kerk binnegedring het met leuens, het daar ‘n “vermenging” plaasgevind tussen die rolle en gebooie wat vir mans en vrouens gegee is. Ons hou aan hoor hoe ander sĂȘ dat God mans en vrouens beveel het om hulle gades lief te hĂȘ.  Hierdie “bevel” was net aan die man gegee. Eintlik is die enigste verwysing vir ‘n vrou om haar man lief te hĂȘ, in Titus. Die ouer vrouens word aangemoedig om die jonger vrouens te leer om hulle mans en kinders lief te hĂȘ.  Deut. 4:2 sĂȘ, “Moenie iets byvoeg by wat ek julle beveel nie
” Beteken dit ‘n vrou moet nie haar man moet liefhĂȘ nie? Uitdruklik nee!.. “Lewe in liefde, soos Christus ons liefgehad het en om ons ontwil sy lewe as offergawe gegee het
.” Efe. 5:2. Die vrou se primĂȘre rol is om respek te toon en onderdanig aan jou man te wees. Liefde, ware  liefde, sal volg. As jy ‘n tekort aan onvoorwaardelike liefde het vir jou man, begin om hom te respekteer en onderdanig te wees aan hom en kyk wat God aan jou hart doen.       

Eerbied betoon. “...’n vrou moet aan haar man eerbied betoon.” Efe. 5:33. “...en die mans sien hoe godvresend julle (vrouens) is en hoe voorbeeldig julle julle gedra.” 1Pet. 3:2. Respek vir die man en vader is so nodig in ons Christelike families. Moeders, ons wonder hoekom ons kinders nie met respek met ons praat nie en tog dink ons niks van ons houding teenoor ons mans nie. In plaas van respek is daar ‘n houding van eenvoudige verdraagsaamheid teenoor die hoof van die huis. Mans en vaders is in die grond in gehardloop en word elke dag deur hulle vrouens uitgedaag, en dit is aanvaarbaar! Ons moet dadelik end kry daarmee. Dit mag diep ingewortel wees. As ons ons mans help om te voorsien, dan mag ons tussen ander twisgierige vrouens wees wat skinder, mompel en kla oor hulle mans. Bid dat God jou uit daardie omgewing sal verwyder en jou terugbring huistoe. As jou kinders in ‘n publieke skool is, het jy nie ‘n hoop om respek te kry nie. Selfs kinders wat ek ontmoet het wat in privaat, of Christelike skole is, toon geen respek teenoor hulle ouers nie. Hoekom hulle nie huistoe bring om geleer te word nie? As jou familie nog steeds televisie of videos kyk, beter jy daaraan dink as opvoedkundige opnames. Maak seker jy wil die gedrag en houding op die skerm ook in jou huis “laat uitbeeld.” 

Wees onderdanig. “Soos die kerk aan Christus onderdanig is, moet die vrouens in alles aan hulle mans onderdanig wees. “ Efe. 5:24. “Vrouens, wees aan julle mans onderdanig soos dit pas by mense wat in die Here glo.” Kol. 3:18. “ Vrouens wees aan julle mans onderdanig,  net soos julle aan die Here onderdanig is.” Efe. 5:22. “...goeie huisvrouens, onderdanig aan hulle mans. Dan sal die woord van God nie in diskrediet kom nie.” Titus 2:5. Mans moet oor alles regeer. Hulle mag sekere take “delegeer” maar, die rol van die man is as die hoof, en ons as vrouens moet onderdanig wees aan hulle. Ons moet nie onder ‘n ander man se outoriteit wees nie (bv. ‘n baas of Sondagskool onderwyser of selfs ‘n pastoor.  Sien les 13, “Die Maniere van Haar Huishouding” want “My volk gaan onder omdat hulle nie aan my toegewys is nie. Omdat jy jou taak om hulle an my toe te wy, verwerp het
” Hosea 4:6.) 

Ons mans moet die finale en uiterste outoriteit hier op die aarde wees vir ons en ons kinders. Neem kennis: finansiĂ«le probleme is een van die grootste redes vir egskeiding. Dames, gee hierdie belangrike leierskap area terug. Paartjies wat toegelaat het dat hulle mans die huise regeer deur die finansies te beheer het met niks anders as lof terugvoering gegee. Hulle het rapporteer dat dit finansiĂ«le bakleiery heeltemal uitgeskakel het. Bid daaroor en sien wat God sal doen. Jou man wil dalk hĂȘ dat jy die tjekboek vashou. Bid daaroor sodat jy ook van hierdie las “verlig” kan word. As jy dink jou man is te onverantwoordelik, onthou: dit is die Here se probleem, nie joune nie! Ons maniere moet die Here behaag!

Sy lewe daarvoor afgelĂȘ. “Mans, julle moet julle vrouens liefhĂȘ soos Christus die kerk liefgehad en sy lewe daarvoor afgelĂȘ het
” Efe. 5:25. Feminisme het omtrent die “ridder op die wit perd” scenario vernietig. Tog, hier in die Bybel, sien ons  dieselfde galante man wie homself sal opgee vir sy vrou en familie. Eer en respekteer jy jou man se opoffering vir die familie met waardering en wys jy dit uit aan die kinders? “Beroof jy jou man van ‘n seĂ«n” wanneer jy die een is wat altyd die “dag red”? Dames, raak besig om te bid dat jou man die huishouding sal beheer. Moedig jou man aan om meer in die omtrek te wees, nie as ‘n gas nie, maar as ‘n werkende, regerende figuur.

Hou aan om jou man te betrek in die besluite wat gemaak moet word en die mini-krisisse wat aanhoudend aangaan. Laat die las in jou man se hande. Dit sal jou toelaat om sagmoedig, stil en vroulik te wees. Jy sal jou man dan ontdek of herontdek. Jy moet dit versigtig doen en dan aan sy besluite onderwerp met ‘n goeie stemming en aanmoediging.  Doen dit met die besorgde houding wat jy weet jy verloor het omdat jy vir te lank oorgeneem het. Dames, dit is hoekom jou man soveel tyd het om te “speel.” Hou op om oor te neem, hou op om daaroor gegrief te wees en doen iets daaromtrent! 

Voorsien en sorg. “As iemand nie vir sy eie mense en veral nie vir sy huisgesin sorg nie, het hy die geloof verloĂ«n en is hy slegter as ‘n ongelowige.” 1Tim. 5:8. As jy werk en jy het toegelaat of deelgeneem aan “spandeer voordat jy verdien,” dan moet jy bieg. Satan gebruik jou om om sy planne te laat slaag deur jou huisgesin te verdeel en jou van jou seĂ«ninge te beroof. Hou op om in sy span te speel. Vernuwe jou denke en neem elke gedagte gevange om dit aan Christus gehoorsaam te maak.  Hierdie onderwerp word in meer diepte gedek in les 13, “Die Maniere van Haar Huishouding.” Die les beantwoord die vrae wat jy mag hĂȘ wanneer jou man jou vra om te werk, maar jou hart wil by die huis bly. 

Verstaan asseblief dat een van die grootste redes hoekom ons vrouens so ongelukkig en gefrustreerd is, nie is omdat ons nie as ‘n man se gelyke behandel word nie. Dit is omdat ons ‘n rol probeer vul waarvoor ons nie ontwerp is nie. As beide die man en die vrou werk, wie is by die huis? Dames, die huis waarvoor jy en jou man werk en julle afsloof, staan leeg! Jou “klein seĂ«ninge” word versorg en geleer deur ‘n swak nabootsing van jou. Is dit geen wonder dat jy gefrustreerd en onvervuld voel?

Voed ons. Ons weet dat ons mans veronderstel is om “kos op die tafel te sit” maar daar is geestelike kos waarvoor ons en ons kinders letterlik verhonger is! “want niemand het nog ooit sy eie liggaam gehaat nie. Inteendeel, hy voed en versorg dit, soos Christus met sy kerk doen
” Efe. 5:29. Hierdie voeding moet van God se Woord kom. Dames, ons het ons mans totaal minderwaardig in hierdie area laat voel. Baie mans weet nie eens waar om te begin nie. Ons moet bid dat die Here ons mans sal versterk en lei; bid dit daagliks! Satan sal jou man op hierdie area aanval omdat hy weet hoe belangrik hierdie area is om die familie te lei. Hy sal jou man waardeloos, onbekwaam en uiters onnosel laat voel. Hy sal onenigheid tussen jou en jou kinders bring om julle tyd om God se Woord te lees, te stop. (Bid vir ‘n geleentheid om jou man te vertel van die Bybel op band of CD om sy familie deur die Bybel te lei - dit werk!) Aangesien ons mans tekort geskiet het in hierdie area, het ons dit op onsself geneem om hierdie probleem reg te stel. Ons het gekry wat ons nodig het deur veelvoudige Bybel studies, seminare en Sondagskool by te woon. Ons kinders word Sondagskool toe gestuur en vakansie Bybelskool om dieselfde stories jaar na jaar te hoor; net om uit die kerk uit te val as jong volwassenes.

Dames, Sara het besluit om haar probleem met Hagar reg te stel! Is jou familie in Hagar se posisie? Jou man voel so minderwaardig as die geestelike leier van die familie omdat jy alles weet! So nou is jy en die kinders oppad kerk toe en hy bly by die huis of speel golf.

“‘n Knap vrou is baie werd,

baie meer as edelstene.

Haar man steun op haar

en pluk die vrugte van haar werk.

Sy bring hom net voordeel,

nie nadeel nie,

haar hele lewe lank.

Spreuke 31:10-12.


Persoonlike verbintenis
: Om plek vir die Heilige Gees te maak om my man te lei. “Gebaseer op wat ek geleer het uit God se Woord, wil ek my man, sy leierskap en sy geestelikheid aan U toevertrou; en ek sal geduldig wag vir U om te beweeg.  Ek sal die leierskap rol teruggee aan my man in alle dinge sodat ek nie U Woord oneer nie.”

As jy gereed is om 'n verbintenis met GOD te maak dat jy die kursus gaan voltooi, KLIK HIER dat jy saamstem en gereed is om elke stap van jou Reis na Herstel te dokumenteer in jou "My Daaglikse Joernaal" vorm. Vat jou tyd, sit, kry vir jou koffie of tee en stort jou hart uit in jou Joernaal.

As "ouer vroue...sodat julle die jonger vrouens kan leer..." (Titus 2:3) jy sal die geleentheid hĂȘ om met jonger vrouens te praat wat nog alleenlopend is as deel van jou bediening.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui