NEW-COVER-WW-AFR-Front-1593x2048-1

Hoofstuk 7 "Rein en Respekvol" 


“...en die mans sien hoe godvresend
julle is en hoe voorbeeldig julle julle gedra.”
1Petrus 3:1-2.

Verstaan ons regtig die ware betekenis van rein wees? Daar word regtig nie daarvan gepraat in vandag se dae nie. En om respekvol teenoor enige iemand anders as onsself te wees, is heeltemal uit ons denkwyse elimineer. Kom ons begin om in God se Woord te soek hoe baie belangrik dit is om “kuis” en ‘eerbiedig” te wees:

Rein

Wat is reinheid?

Daar is drie verwysings in die Skrif wat na reinheid verwys. Kom ons kyk na die twee wat spesifiek na vrouens verwys:

En die mans sien hoe godvresend julle is en hoe voorbeeldig julle julle gedra. “Vrouens, julle moet aan julle mans onderdanig wees. As daar van julle is met mans wat nie die woord van God glo nie, en die mans sien hoe godvresend julle is en hoe voorbeeldig julle julle gedra, sal hulle vir Christus gewen kan word deur die gedrag van julle vrouens. Dit sal nie eens vir julle nodig wees om ‘n woord te sĂȘ nie.”  Die Afr 53 vertaling stel dit so:  “as hulle jul reine, godvresende wandel aanskou het.”  1Pet. 3:1-2

Verstandig en kuis. “Net so moet jy ook vir die ouer vroue sĂȘ hulle gedrag moet die wees van mense wat ‘n heilige lewe lei...verstandig en kuis
.” Titus 2:5.

Stongs Concordonce definieer die woord rein as: skoon, onskuldig, beskeie, perfek, suiwer. Die Webster Woordeboek definieer rein op twee maniuere: 1. Onskuldig van enige onsedelike seksuele omgang (ontug); onskuldig as ‘n manier van spraak (herlees les 4, “Goedhartigheid is op Haar Tong.”) 2. Trek beskeie aan, beheersd, suiwer, ongetooid.

Die Webster Thesaurus definieer rein as: skoon, opreg, onberispelik, suiwer, blaamloos, onskuldig,  onbesoedel, maagd, deugsaam.  Nou sal ons soek, leer, en in diepte kyk na hierdie vet gedrukte woorde wat gebruik is om die woord kuis te definieer.  Eerstens, wat sĂȘ die Skrif daarvan om onskuldig te wees, bedoelend vry van skuld of sonde? Kom ons kyk na Daniel. 

Daniël

Omdat hy nie oortree het nie. DaniĂ«l is ‘n voorbeeld van ‘n onskuldige man.  Ons is baie bewus van sy lewe van aanhoudende beproewing, maar as gevolg van sy onskuld het God hom uitgelewer. “My God het sy engel gestuur om  die bekke van die leeus toe te sluit sodat hulle my niks kon aandoen nie, want Hy het gevind dat ek nie teen Hom oortree het nie. Ook teenoor u het ek niks verkeerd gedoen nie, U Majesteit.” Dan. 6:22. Wat sĂȘ die Skrif van blaamloos wees (wat beteken vry van foute)? Kom ons kyk na Job.

Job

Vroom en opreg, hy dien My en vermy die kwaad. Job is ‘n voorbeeld van ‘n onskuldige man wat die Here behaag het. “Die Here vra toe vir die Satan: ‘En my dienaar Job, het jy hom raakgesien? Sy gelyke kry jy nie op die aarde nie: hy is vroom en opreg, hy dien My en vermy die kwaad.’ ” Job. 1:8.

Wat was die geheim van Job se onberispilike lewe? Hy het die Here gedien. Ons moet ook die Here dien bo alles. “As sy die Here dien, dan verdien ‘n vrou om geprys te word.” Spr. 31:30.  

Job het weg gebly van die kwaad af. “Bly weg van die kwaad af en doen wat goed is.” 1Pet. 3:11. Wanneer jy weg bly van die kwaad af, moet jy dit met iets goeds vervang. (Sien les 5, “Wen Sonder ‘n Woord,” “My volk gaan onder omdat hulle nie aan my toegewy is nie. Omdat jy jou taak om hulle aan my toe te wy verwerp het
” Hosea 4:6). Daarom, was Job deur God geseĂ«n. “Dit gaan goed met die wat onberispelik lewe.” Ps. 119:1. Ons sal ook geseĂ«n word as ons hierdie drie dinge toepas: onberispelik lewe, die Here dien, die Here vrees en wegdraai van sonde.

Ons is ook baie bewus van Job en sy moeilike omstandighede. Sy vrou het hom nie ondersteun nie. Onthou, sy het vir Job gesĂȘ “vervloek God en sterf!” As ons mans ons nie ondersteun of ons verlei om weg te draai van ons verhouding met die Here, moet ons nie toelaat dat dit ons ontnugter nie. Ons moenie toelaat dat dit ons keer om in geloof te loop nie. Wat van Paul se onberispelike lewe?

Paulus

Aangesien die Skrif vir ons sĂȘ dat Paulus ‘n onberispelike lewe gelei het, moet ons kyk na dit wat hy gedoen en gesĂȘ het. “ Ook bid ek [ Paulus] dat julle liefde al hoe meer sal toeneem in begrip en fyn aanvoeling, sodat julle die dinge sal kan onderskei waarop dit werklik aankom. Dan sal julle op die dag wat Christus kom, onberispelik en sonder blaam wees.” Fil 1:9-10. Ware kennis is kennis van dit wat goed is. Dit is nie die nonsens wat vandag se wĂȘreld so bemoeid mee is nie. Dit is nie die kennis van die kwaad wat die koerante ons so duidelik gee nie. En, dit is nie die dwelm en seks opvoeding wat ons kinders aan bloot gestel is nie. Dit is kennis van die Skrif; dit is kennis van wat goed is. Paulus sĂȘ ook dat ons “onderskeiding” met daardie kennis nodig het. Ons sal later onderskeiding in hierdie les bestudeer.

Ons Dogters

Om ons dogters te help om rein te bly, en ander jong dames aan te moedig om dieselfde te doen, moet ‘n belangrike doel wees vir Christelike vrouens vandag.

Onbesoedel word gedefinieer as “sonder ‘n merk.” Die liefde wat vrouens in die Hooglied van Salomo in die Bybel ervaar was ‘n resultaat van haar toewyding tot reinheid. Wil jy daardie tipe liefde vir jou dogters en die ander jong vrouens in jou lewe hĂȘ? Hooglied van Salamo 6:9 sĂȘ, “maar sy, my duif, my volmaakte, is enig
.” Sy was spesiaal en sy was afgesonder (heilig). Was sy nie ook op ‘n spesiale wyse behandel nie?

Jesus - heilig, skuldeloos, sonder smet. Ons voorbeeld as Christene, “navolgers van Christus,” is Jesus Homself wat beskryf is as “ skuldeloos en sonder smet” “Vir ons was so ‘n hoĂ«priester nodig, een wat heilig, skuldeloos en sonder smet is
”Heb. 7:26.

Maagd. ‘n Maagd is ‘n vrou wat onaangeraak is. Die priesters in die Ou Testament moes ‘n maagd neem as gevolg van wat “onreinheid” aan hulle kinders sou doen. “Die hoĂ«priester mag net met ‘n maagd trou -anders is sy nageslag ontwy
.” Lev. 21:13

In vandag se dae het maagdelikheid amper uitgesterf. Ons as Christene het die wĂȘreld gevolg en ook ons morele standaarde verlaag. ‘n Vrou moet onaangeraak wees! Dit beteken nie net ‘n meisie wat nie “al die pad gegaan het nie.”  Dit beteken onaangeraak.”  Dit is onmoontlik as ‘n meisie met iemand uitgaan.

Dames, “uitgaan” (dating) is ‘n 20ste-eeuse uitvinding.  As ‘n ma, heroorweeg hierdie idee van “uitgaan” (dating). Ons moet “uitgaan” (dating) ophou teen die Lig van die Skrif.  Ons moet mooi kyk na die vrot vrugte wat onstaan uit hierdie gevaarlike gewoonte. Moedig die idee van “hofmaak” by jou dogter aan en laat sy die “uitgaan” (dating) spaar tot na sy getroud is.

Knap beteken uitstekend. Knap en uitstekend is woorde wat verwisselbaar in die Skrif gebruik word. Rut is ‘n voorbeeld van ‘n knap en uitstekende vrou, in die Bybel. “Moet nou nie verder bekommerd wees nie, my dogter. Alles wat jy my vra, sal ek doen, want al die mense weet dat jy ‘n goeie [knap] vrou is.” Rut 3:11.

Selfs in Salomo se tyd was ‘n uitstekende of knap vrou moeilik om te vind; sy is nou selfs moeiliker om te vind.  Ons het ernstig jonger knap vrouens nodig vir ons seuns om mee te trou en ouer knap vrouens om die jonger vrouens te leer. “ ‘n Knap vrou is baie werd” Spr. 31:10.  In die AFR53 vertaling staan: “Wie sal ‘n deugsame vrou vind?”

Hoekom sou ‘n man ‘n knap vrou wou hĂȘ? Omdat “ ‘n Knap (of deugsame) vrou gee haar man hoĂ« aansien
”Spr. 12:4.

God het ons geroep om vrouens van deugsaamheid en uitmuntenheid te wees. Ons moet vrouens wees wat onbesoedeld, onskuldig en smetloos is. Die wĂȘreld het ons egter probeer oorreed dat mans en vrouens dieselfde is; hulle is nie! Die wĂȘreld sĂȘ die vrou moet soos ‘n hoer optree - voor en na die huwelik. Dit, sĂȘ die wĂȘreld, sal jou man weerhou van egbreek. Die wat hierdie leun glo en soos hoere opgetree het, het gevind dat net die teenoorgestelde waar is! Dit het hulle honger gemaak vir hoere!  

Die Ontroue Vrou

Wat is die vrugte daarvan om hoere en hulle maniere na te boots? Is daar nie meer  mans betrokke in owerspel as ooit tevore nie? Is owerspel nie aan die orde van die dag, selfs in die kerk nie? As ons klere koop en dra wat ‘n prostituut of middelblad naboots, as ons vir fotos poseer wat lyk asof ons vir ‘n wulpse tydskrif poseer, sal ons nie behandel word soos die hoere nie? Daardie vrouens kry seer; hulle word gebruik, nie liefgehĂȘ, deur die mans wat om hulle swerm. Jak 4:4 sĂȘ, “Weet julle nie, julle ontroues, dat vriendskap met die wĂȘreld vyandskap teen God is nie? Wie ‘n vriend van die wĂȘreld wil wees, wys daarmee dat hy ‘n vyand van God is”

Volgende keer wat jy in die versoeking kom om ‘n kledingstuk te koop wat ‘n hoer sou dra, of jou man verlei soos wat ‘n hoer sou, vra jouself of jy jouself nie opstel vir sy ontrouheid nie. Laat ons liewer hoĂ«r styg as diĂ© in die wĂȘreld. Selfs die vrouens in die kerk word bedrieg.

As jy in hierdie lokval geval het, sal jy sonder twyfel ook ander eienskappe van die ontroue vrou hĂȘ. Vra jouself hierdie vrae:

Is jou woorde soet en helend? Dit sĂȘ, “Maar agterna is alles so bitter soos wildeals; sy (die slegte vrou) is so gevaarlik soos die skerpste swaard.” Spr. 5:4. (Sien les 4, “Goedhartigheid Is op Haar Tong,” “My volk gaan onder omdat hulle nie aan My toegewy is nie. Omdat jy jou taak om hulle aan my toe te wy verwerp het
”Hosea 4:6.)

Is jou leefwyse ferm, op die rots gevestig? “Sy hou jou weg van die pad van die lewe af, sy laat jou dwaal, en jy weet dit nie.” Spr. 5:6.

Is jou motief om “te gee” of “te kry” van jou man? “ So laat sy die jongman swig vir haar listigheid, so verlei sy hom met haar gladde tong.” Spr. 7:21.

Is jy sagmoedig en stil? “Sy is luidrugtig en uitdagend; haar huis is te nou vir haar.” Spr. 7:11. (Sien les 14, “Die Maniere van Haar Huishouding” “My volk gaan onder omdat hulle nie aan My toegewy is nie. Omdat jy jou taak om hulle aan my toe te wy verwerp het
”Hosea 4:6.)

Is jy nederig; kan jy erken wanneer jy verkeerd is? “Die ontroue vrou het haar eie manier: sy eet en vee haar mond af en sĂȘ: ‘Ek het niks verkeerds gedoen nie’ ” Spr. 30:20.

As jy uitgevind het, deur hierdie vrae, dat jy meer soos ‘n hoer of ‘n ontroue vrou voorgekom het as ‘n uitstekende of knap vrou, dan is dit tyd om te bieg. “Bely julle sondes eerlik teenoor mekaar en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word. Die gebed van ‘n gelowige het ‘n kragtige uitwerking.” Jak. 5:16.

Dit sal wys wees om aan ‘n ander vrou te bieg wat jou berou sal verstaan. As jy aan jou man bieg, mag jy deurmekaar raak. Hy mag vir jou sĂȘ dat hy van jou hou net soos wat jy is - verleidelik, vleiend, verloklik - omdat hy deur “sy eie sonde vasgedraai is”  (Spr. 5:22)

Deugsaamheid

As ‘n godelike vrou, wees versigtig waaroor jy praat, veral met jou man. Moet nooit vir hom sĂȘ om na ‘n vrou te kyk wat onbetaamlik aangetrek is of aantreklik is nie; jy moedig hom aan om te begeer. As jy van perverse dinge praat wat jy in die koerant gelees het of op die nuus gesien het of van gehoor het, sal jy die Heilige Gees in jou en in jou man verpletter. Laat jou spraak suiwer en respekvol wees. “Daar is baie knap vrouens, maar jy oortref hulle almal!” Spr. 31:29. Hierdie dogter in Spreuke 31 het beter as haar susters gedoen. Hoekom? Want “Uiterlike skoonheid hou nie,‘n mooi voorkoms is nie alles nie, as sy die Here dien, dan verdien ‘n vrou om geprys te word.” Spr. 31:30.

Verryk julle geloof met deugsaamheid. “En juis om hierdie rede moet julle alles in die stryd werp om julle geloof te verryk met deugsaamheid, die deugsaamheid met kennis.” 2Pet. 1:5. Ons sien dat die fondasie van deugsaamheid geloof is, ons geloof in die Here wat ons deur genade gered het. Slegs nadat jy geloof verkry het kan jy deugsaamheid byvoeg.  Saam met deugsaamheid, voeg jy kennis by. Kennis sal jou help om te weet watter Verse om op te staan. ‘n Skoon lewe is rein en onskuldig. God sĂȘ ons moet drie skoon dinge hĂȘ: 

Die vrees van die Here. “Die vrees van die Here is rein:  dit bestaan tot in ewigheid.” Ps. 19:9 AFR53

Rein hande. “Wie mag in sy Heiligdom gaan staan? Die een wie se hande rein is en wie se hart suiwer is.” Ps. 24:3-4.

‘n Rein hart. “Skep vir my ‘n rein hart, o God
.” Ps. 51:10. Wanneer jy rein voor die Here is dan kan jy die seĂ«ninge van die Here ontvang: Hy sal goed vir jou wees. “God is vir Israel baie goed, vir die wat rein van hart is!” Ps. 73:1.

Diskresie

Diskresie is ‘n aksie wat op versigtigheid gebaseer is. Kom ons kyk na ander woorde waarmee ons meer vertroud is. Dan kan ons ‘n beter begrip hĂȘ oor diskresie en om diskreet te wees. Diskreet in die thesaurus word definieer as : oplettend, versigtig, bedagsaam, oordeelkundig, omsigtig, verstandig, wys, apart, afsonderlik, versigtig, veral in spraak.

Verstand en wysheid. Deur Josef se lewe van beproewings en verdrukking, het hy verstand bekom sowel as wysheid. “Die farao het daarop vir Josef gesĂȘ: “God het jou dit alles bekend gemaak. Daaruit is dit duidelik dat niemand soveel verstand en wysheid as jy het nie’ “ Gen. 41:39.

Verstandig hoor praat. Jesus het die hart van die man gesien deur sy verstandige antwoord. “Toe Jesus hom so verstandig hoor praat, sĂȘ Hy vir hom, ‘Jy is nie ver van die koninkryk van God af nie.’ ” Markus 12:34.

Leer oorleg. Ons word gesĂȘ dat deur die Spreuke te leer, ons oorleg sal leer. “[Spreuke]...wie nog nie kennis het nie, sal verstandig word, jongmense sal leer om met kennis en oorleg op te tree.” Spr. 1:4. Lees Spreuke daagliks, een hoofstuk vir elke dag van die maand (bv., op die 12de van die maand, lees hoofstuk 12 van Spreuke) 

Oordeelkundigheid sal oor jou wag hou. Deur oordeelkundig te wees, word jy beskerm. “oordeelkundigheid sal oor jou wag hou en verstandigheid sal jou bewaak
” Spr. 2:11-12.

Mooi lewe. Oorleg is ook die lewenslyn na jou siel toe. “My seun, behou die takt en die oorleg; moet dit nie uit die oog verloor nie, dit sal vir jou ‘n mooi lewe verseker en soos ‘n pragtige halssnoer vir jou wees; jy sal jou pad veilig loop en jou voet nie stamp nie; jy sal nie bang hoef te wees as jy gaan slaap nie; as jy gaan lĂȘ sal jy rustig slaap.” Spr. 3:21-22.

Slaan ag op wysheid en goeie raad. Die fondasie van diskresie is wysheid en goeie raad. Wanneer jy hulle verkry het, sal jy diskresie kan gebruik. “My seun, slaan ag op die wysheid wat ek jou leer, luister na my goeie raad. Dan sal jy self met oorleg kan optree en met die nodige kennis praat.” Spr. 5:1-2.

Onderrig te gee of oor die man gesag uit te oefen nie. Diskresie sal ook help om jou lippe te leer om die kennis wat jy in die Skrif gevind het, te reserveer, veral met jou man. “Ek laat haar nie toe om daar onderrig te gee of oor die man gesag uit te oefen nie; sy moet stil wees.” 1Tim. 2:12. (Vir meer kennis, sien les 4, “Goedhartigheid is op Haar Tong,” “My volk gaan onder omdat hulle nie aan My toegewy is nie. Omdat jy jou taak om hulle aan my toe te wy verwerp het
”Hosea 4:6.)

‘n Vrou sonder oordeel. Die volgende is ‘n ongelooflike helder prentjie waaroor jy moet nadink wanneer jou woorde en aksies ‘n tekort aan oordeel het. “Die skoonheid van ‘n vrou sonder oordeel is soos ‘n goue ring aan ‘n vark se snoet.” Spr. 11:22.

Respekvol

Noudat ons geleer het wat dit beteken om rein te wees, moet ons ook die ware betekenis van respek verstaan. In die wĂȘreld vandag word daar gesĂȘ dit is iets wat ons van iemand moet eis en dat ons respek vir onsself moet hĂȘ.

Kom ons begin deur om na woorde te kyk wat eenders is om ‘n dieper begrip te kry van die woord respek. Die definisie van respek is: spesiale agting of konsiderasie waarmee een persoon ‘n ander persoon ag; om na te kyk..

Die woord respek in die thesaurus word gedefinieer as: bewondering, bedagsaam, agting, eer, eerbied, admireer, waardeer, notisie, prys, koester, ophou, waardeur. Die antoniem (woorde wat die teenoorgestelde beteken) is veragting, blaam, berisping.  Ons sal die woorde wat in vet letters is in meer diepte bestudeer.

Kom ons wees bedagsaam. Wat sĂȘ die Skrif oor bedagsaamheid? Om bedagsaam te wees word gedefinieer as sorgsaam teenoor ander. HebreĂ«rs sĂȘ ons moet ons mans en ander aan moedig. Deur ons optrede, kan ons hulle stimuleer om ons lief te hĂȘ en goeie dade te wil doen. “Laat ons ook na mekaar omsien deur mekaar aan te spoor tot liefde en goeie dade.” Heb. 10:24.

Die praktyke van die sondige natuur is duidelik: Hier is ‘n lys van sondes soos in GalasiĂ«rs opgeneem. “Die praktyke van die sondige natuur is algemeen bekend: onsedelikheid, onreinheid, losbandigheid, afgodsdiens, towery, vyandskap, haat, naywer, woede, rusies, verdeeldheid, skeuring, afguns, dronkenskap, uitspattigheid en al dergelike dinge. Ek waarsku julle soos ek julle vroeĂ«r gewaarsku het
.Wie hom aan sulke dinge skuldig maak, sal nie die koninkryk van God as erfenis verkry nie.” Lees weer en onderstreep daardie sondes wat gewoonlik deur mans gepleeg word - die wat ons in die kerk regte sondes noem. Volgende, omkring die sondes wat ons neig om in die kerk te igonoreer - die wat gewoonlik deur vrouens gepleeg word. Gal. 5: 19-21.  

In ‘n gees van sagmoedigheid reghelp. Baie vrouens voel dit is hulle verantwoordelikheid om ander wat sondig, te straf of te kasty, veral hulle eie mans. Die Skrif vertel ons anders en wys ons die nagevolge van hierdie hooghartige optrede. Laat ons nie die balk in ons eie oĂ« vergeet nie. Onthou dat alle sondes dieselfde is vir God. Moenie dat Satan jou om die bos lei om te dink dat jou man se sondes erger is as joune nie. “Broers, as iemand in die een of ander sonde val, moet julle wat julle deur die Gees laat lei, so iemand in ‘n gees van sagmoedigheid reghelp. En pas op: jy kan self ook in die versoeking kom. Dra mekaar se laste, en gee op die manier uitvoering aan die wet van Christus. As iemand hom verbeel hy is iets en hy is niks, bedrieg hy homself.”  Gal. 6:1-3. 

Ag ander hoĂ«r as jouself. Is jy verras dat die Skrif sĂȘ dat ons agting en’n hoĂ« aansien vir ander moet hĂȘ? Ons wĂȘreld het God se bevel om “ander hoĂ«r te ag as onsself” verdraai en ons geleer om onsself op te bou, liewer as ander. “Moet niks uit selfsug of eersug doen nie, maar in nederigheid moet die een die ander hoĂ«r ag as homself. Julle moenie net elkeen aan sy eie belange dink nie, maar ook aan die van ander. Dieselfde gesindheid moet in julle wees wat daar ook in Christus was: Hy wat in die gestalte van God was, het sy bestaan op Godgelyke wyse nie beskou as iets waaraan Hy Hom moes vasklem nie, maar Hy het Homself veneder deur die gestalte van ‘n slaaf aan te neem en aan mens gelyk te word.” Fil 2:3-7.   

Hoogste agting aan hulle. Ons mans gaan werk toe vir ons en het beheer oor ons. Maak jy die werk as hoof van die huishouding makliker of moeiliker? “Betoon in liefde die hoogste agting aan hulle ter wille van hulle werk. Leef in vrede met mekaar.” 1Tess. 5:13. As jy ook werk, en daarom voel jy dat jy vrygestel is van hierdie bevel, gaan na les 13 toe, “Die Maniere van Haar Huishouding,” “My volk gaan onder omdat hulle nie aan My toegewy is nie. Omdat jy jou taak om hulle aan my toe te wy verwerp het
” Hosea 4:6.)

Alle eerbied bejeĂ«n. Wat sĂȘ die Skrif oor eerbied? Eerbied word gedefinieer as om ander hoog te ag. Ons moet ons mans as waardig van eerbied ag. “Gelowiges wat as slawe onder ‘n juk staan, moet hulle eienaars met alle eerbied bejeĂ«n, sodat niemand sal kwaad praat van die Naam van God en van die Christelike leer nie.” 1Tim 6:1. Wanneer ons die wat in gesag oor ons is, soos ons mans, ons pastore, ons base of ons ouers, nie eerbiedig nie, dan sal die naam van God en die leerstellings van ons geloof deur ander teen gespreek word.  

‘n Dienaar van Christus Jesus. Wanneer ons lees dat ons ons man se dienaar moet wees, rys die “self” in ons op - saam met die hare op ons nek. Dames, ons is dienaars van Jesus Christus. “Van Paulus, ‘n dienaar van Christus Jesus, geroep om apostel te wees, afgesonder vir die evangelie van God.
” Rom. 1:1. Die vers sĂȘ, “Vrouens wees aan julle mans onderdanig, net soos julle aan die Here onderdanig is.” Efe. 5:22. Dit beteken dat ons die Here dien wanneer ons aan ons mans onderdanig is. Ons weet dat God Self gesĂȘ het ons mag geen ander gode bo Hom hĂȘ nie. Hy het nie ‘n uitsondering gemaak met ons mans nie. Wees onderdanig; doen dit vir die Here!

Hulle dade weerspreek dit. Onthou dat deur eerbied aan ons mans te betoon, ons glorie bring aan God. Die nagevolge om nie hierdie tipe respek te betoon nie is oneer aan God en Sy Woord. “ Hulle gee voor dat hulle God ken, maar hulle dade weerspreek dit. Hulle is vefoeilik en koppig en deug vir geen goeie werk nie.” Titus 1:16  “
 verstandig en kuis, onderdanig aan hulle mans. Dan sal die woord van God nie in diskrediet kom nie.” Titus 2:5. En, “Vrouens, wees aan julle mans onderdanig, net soos julle aan die Here onderdanig is.” Efe. 5:22.

Eerbied

Bewys eer aan haar. Ons, as vrouens, smag daarna dat ons mans ons sal behandel soos in die volgende verse: “Mans, julle moet verstandig met julle vrouens saamleef. Bewys eer aan hulle as die swakker geslag wat saam met julle deel in die lewe as genadegawe. Dan sal julle kan bid sonder dat iets julle hinder.” 1Pet. 3:7. Deur te streef om stil en sagmoedig te wees en ons mans te eerbiedig, in ‘n rein en respekvolle manier, kan ons die seĂ«n van ons mans kry wat ons eer en verstaan.. Hier is sommige riglyne oor hoe om die eer te ontvang wat ons smag om te verkry:

Wees deugsaam. “‘n Deugsame vrou is gesteld op haar goeie naam.” Spr. 11:16.

Eer en onderwerping uit die hart. “Hierdie volk eer My met hulle mond, maar hulle harte is ver van My af.” Matt. 15:8.

Deur nederig te wees.. “Nederigheid kom voor eer.” Spr. 15:33.

Deur nederig te wees. “Op selfverheffing volg ineenstorting, op nederigheid eer.” Spr. 18:12.

Weereens, wees nederig. “Hoogmoed bring ‘n mens tot ‘n val; nederigheid bring eer.” Spr. 29:23.

Die vrou moet aan haar man eerbied toon. Wat sĂȘ die Skrif van eerbied? Eerbied is om ‘n gevoel van groot respek, liefde, ontsag, en agting te hĂȘ; om te vrees.  Baie van ons respekteer of eerbiedig nie ons mans nie. Hoe kan ons as Christen vrouens die Skrif igonoreer? “ En ‘n vrou moet aan haar man eerbied betoon.” Efe. 5:33. In die NLV weergawe sĂȘ dit, “En die vrou moet haar man respekteer.”

Waar is jou skat? Wat sĂȘ die Skrif oor waardering? Waardering word gedefinieer as om goedgunstige erkenning te hĂȘ; te koester, geniet, skat, verstaan; bewaar (vernaamlik in die huweliks gelofte); om liefdevol na om te sien; om lewendig te hou (gevoellens). Ons het gepraat oor om dinge uit die hart uit te doen. As jou man nie een van jou skatte is nie, is jou hart nie by hom nie. “Waar jou skat is, daar sal jou hart ook wees.” Matt. 6:21.

Somtyds wanneer ons iets verloor of tydelik misplaas, besef ons hoe belangrik dit vir ons was. Moet jy jou man verloor, soos ek het, vir hom om jou skat te wees? Of, vir die van julle wat bid dat die Here julle huwelike herstel, het dit die verlies van jou man gekos om te besef wat jy gehad het? Dit het met my!

Kalmerende woorde. Hoe kan jy geestelik na jou man omsien en hom emosioneel lewendig hou? Praat liefdevol en sagmoedig met jou man. “Kalmerende woorde bring lewe, skynheilige woorde breek mense.” Spr. 15:4. Die seĂ«ninge kan joune wees. “Dit gaan altyd sleg met ‘n bedrukte mens; die blymoedige mens se hele lewe is ‘n fees.” Spr. 15:15.

Hier is ‘n waarskuwing. Pasop wat jy van jou man sĂȘ en hoe jy hom in die geselskap van ander regstel (of privaat). Skande is ‘n emosionele kanker. “ ‘n Deugsame vrou is die kroon van haar man, maar een wat skande maak, is soos verotting in sy gebeente” Spr. 12:4 AFR53. Verroting word gedefinieer as  aftakeling deur holtes; aftakeling deur wurms. Dis interessant want dit sĂȘ oor die egbreekster:  “maar agterna is sy so bitter soos wildeals (wormwood); sy is so gevaarlik soos die skerpste swaard.” Spr. 5:4

Bekommernisse. Wanneer jou man finansiĂ«le bekommernisse of werks verwante bekommernisse het,  sal ‘n goeie woord hom aanmoedig. (Die hemele behoed as sy angs van jou af kom.) Onthou, jou man is nie jou helper nie; jy is syne. Neem jou moeilikheid en bekommernisse na die Here toe. “Bekommernis druk ‘n mens neer; ‘n vriendelike woord vrolik hom op.” Spr. 12:25. 

Wyse mense bring genesing. Jou tong kan twee opponerende gevolge hĂȘ.  Watter een sal jy kies? “Praat sonder om te dink kan soos dolksteke wees; wyse mense bring genesing met wat hulle sĂȘ.” Spr. 12:18. Genesing kom ook van ‘n vrolike hart. “ ‘n Vrolike mens is ‘n gesonde mens, ‘n neerslagtige mens raak uitgeput.” Spr. 17:22.  

Blydskap. Laat jou gesig die vreugde wat in jou hart is uitstraal. “Blydskap laat ‘n mens se gesig straal; smart maak ‘n mens teneergedruk.” Spr. 15:13. In die 1953 Afrikaanse vertaling word gepraat van ‘n vrolike hart.

Vrolik en Opgewek

Kom ons leer meer oor hoe om vrolik en opgewek te wees.  Opgewek word gedefinieer as bly, vrolik, verheug.  Vrolikheid word gedefinieer as om ‘n goeie vrou te wees, aageneem, kosbaar, skatlik, dankbaar, instemmend.

Wees altyd bly. Maar somtyds in ons omstandighede voel ons hartseer. Hoe kan ons moontlik opgewek en vrolik wees? “ Wees altyd bly in die Here! Ek herhaal: Wees bly!” Fil 4:4. En wanneer moet ons bly wees? “Altyd.” 1Tes. 5:16. Maar waarvoor moet jy dankbaar wees? “Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag.” 1Tes. 5:18. Bedank jy God elke keer wat jy aan jou man dink? Paulus het gesĂȘ: “Ek dank my God elke keer as ek aan julle dink.” Fil. 1:3.

Kom betyds tot ‘n skikking. Die volgende Vers sĂȘ nie dat jou man ‘n regsaak teen jou sal hĂȘ nie; dit sĂȘ dat jy betyds tot ‘n skikking moet kom met almal. “ Kom betyds tot ‘n skikking solank jy nog saam met hom op die pad hof toe is.” Matt. 5:25. Onthou, “geseĂ«nd is die vredemakers!” (Matt. 5:9)

Sonder kla. Kla jy? Kla en praat jy saggies teĂ«? As jy dit doen, dan is jy nie dankbaar nie! “Doen alles sonder kla of teĂ«praat” Fil.2:14. 

Leer die geheim. Ons mag dink dat ons in ons omstandighede rede het om te kla. Kom ons leer oor tevredenheid.”...want ek het geleer om my in alle omstandighede te behelp. Ek weet wat armoede is en ek weet wat oorvloed is; van alles het ek ondervinding: om genoeg te hĂȘ om te eet sowel as om honger te ly,  om oorvloed te hĂȘ sowel as om gebrek te ly.” Fil. 4:11-12. AMEN EN AMEN!

Veragting, Blaam, Berisping

Teenoorgestelde van respekvol is om te verag, blameer of te berispe. Verag jy jou man? Blameer jy hom vir mislukkings in die verlede? Of berispe jy hom oor waarheen hy gaan en wat hy sĂȘ? Dan moet jy jou gedagtes HERNU om te verstaan wie die leier van die familie is. ( Sien les 9  “Geskikte Helper” want “My volk gaan onder omdat hulle nie aan My toegewy is nie. Omdat jy jou taak om hulle aan my toe te wy verwerp het
” Hosea 4:6.)

Liefde en Respek

‘n Praktiese Applikasie

Baie vrouens, baie keer sonder dat hulle dit besef, skep eintlik die “gebrek van die man” wat hulle verafsku. Die Bybel sĂȘ vir ons dat “die wyse vrou bou haar huis, maar die dwaas breek dit af met haar eie hande.” (Spr. 14:1) Ek het gehoor hoe vrouens oor hulle mans met ander vrouens praat. Hulle het geen idee dat wanneer hulle mondelings hulle eie mans “afbreek”, breek hulle hulle eie huise af. Op een of ander manier dink hulle dat as hulle hulle man “uitdaag”, dit op ‘n manier sal veroorsaak dat hy harder probeer.  

Hoe belaglik en dwaas is ons vrouens! Dit sĂȘ dat God se mense vergaan omdat hulle ‘n tekort aan wysheid het. Ons vrouens gaan beslis onder vir ons gebrek aan wysheid. Ons voel dat as ons ferm is, dit motivering is. Inteendeel! Die Skrif sĂȘ vir ons dat iemand wat sy woorde reg kies kan ook ander leer. (Spr. 16:21) Ook  “want die liefde bedek baie sondes.” (1Pet. 4:8). En ons het die belofte dat “Liefde vergaan nooit nie
!” 1Kor. 13:8. So kom ons begin met liefde!

Liefde is ‘n werkwoord; dit is ‘n aksie. Dit is algemeen om die volgende uitdrukkings te hoor: “Ek is lief vir jou maar...ek kan nie saam met jou bly nie...ek wil nie getroud wees nie,” ens., ens.  Ook, “ek is nie ‘verlief’ ” op jou nie,” asof dit een of ander “towerspreuk is” waaronder jy is. Kom ons kyk na die Skepper  van liefde en Sy definisie in 1Kor. 13:4-8: “Die liefde is geduldig, die liefde is vriendelik; dit is nie afgunstig nie, is nie grootpraterig nie, is nie verwaand nie, dit handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, is nie verwaand nie, is nie liggeraak nie, hou nie boek van die kwaad nie, Dit verbly hom nie oor onreg nie, maar verheug hom oor die waarheid. Dit bedek alles, glo alles, verdra alles. Die liefde vergaan nooit nie
”  Vra jouself hierdie vrae: 

Is jy geduldig met jou man?

Is jy goedhartig in jou aksies en spraak?

Is jy jaloers op sy lewe, of wat hy het of die posisie as die hoof van die familie?

Moet jy teenoor jou man spog of arrogant optree oor dit waarmee God jou geseĂ«n het? Hoogmoed kom tot ‘n val.  Herlees les 6, “ ‘n Twisgierige Vrou.”

Tree jy onbetaamlik op voor jou man? Met ander woorde, op ‘n manier wat jy nie voor jou vriende sal optree nie?

Baklei jy om jou sin te kry?

Onthou jy tye in die verlede wat jou man jou te na gekom het en jy dit genoem  het om ‘n argument te wen? Wat sĂȘ die Bybel van vergifnis?

Verbly jy jouself in die verkeerde dinge of die regte dinge?

Dra jy die laste van dinge sonder om te kla?

Glo jy jou man wanneer hy jou dinge vertel, of is jy agterdogtig?

Hoop jy vir die beste in hom?

Verduur jy al die beproewings wat God in jou lewe bring, selfs daardie wat deur jou man in gebring is?

Is egskeiding iets waaraan jy gedink het of oor gepraat het?

As jy “ja” geantwoord het op enige van die bogenoemde, dan moet ons vir God vra om die liefde in ons harte te plaas wat net van Hom af kan kom - agape liefde, onvoorwaardelike liefde. As ons nie hierdie soort liefde ten toon stel nie, sĂȘ die Waarheid ongelukkig, “Al praat ek die tale van mense en engele, maar ek het geen liefde nie, het ek ‘n stuk klinkende metaal, ‘n galmende simbaal geword. Al het ek die gawe van profesie en ken ek al die geheimenisse en besit ek al die kennis, en al het ek die geloof om berge te versit, maar ek het geen liefde nie, dan is ek niks. Al deel ek al wat ek het aan ander uit, en al gee ek my liggaam prys om my daarop te kan beroem, maar ek het geen liefde nie, baat dit my niks.” 1Kor. 13:1-3.

Ons vrouens hou daarvan om die woorde te hoor “ek het jou lief!” Ek is seker jou man hou ook daarvan om dit te hoor. Maar wat meer vir jou man beteken is die manier wat jy hom respekteer; dit wys jou liefde. Dit is baie soos wanneer jou kinders sĂȘ dat hulle lief is vir jou, maar hulle is ongehoorsaam aan jou. Sal jy nie liewer ‘n kind wil hĂȘ wat aan jou gehoorsaam is nie? Een wat wys dat hy jou liefhet?

Respek

Vra jouself hierdie vrae om te sien of jy jou man respekteer:

Vra jy hom hoe laat hy by die huis gaan wees? Het jy ‘n inkomtyd ingestel?

Gee jy hom privaatheid in sy gedagtes en waarheen en wanneer hy gaan? Of vra jy vir hom: “Waaraan dink jy?” of “Waarnatoe gaan jy?”

Vereis jy dat hy by maaltye teenwoordig is? “Jy beter hierdie keer betyds wees vir aandete.”

Hou jy die tjekboek en sy besteding dop? “Wat het jy gekoop? Waarvoor?”

Is jy sy Heilige Gees of sy ma? “Liefie, jy moet regtig
”

Gee jy hom “ongevraagde advies” of kritiek? “ Ek dink
blah, blah, blah
!”

Voel jy dat hierdie vrae baie maniere ontbloot het waarin jy nie respek vir jou man gewys het nie? Onthul dit die man wat jy begeer hy moet wees? Gebruik hierdie vrae as riglyne vir jou houding en jou optrede met jou man. Dames, as jy sĂȘ “maar hy is nie ‘n man om gerespekteer te word nie,” laat ek jou ‘n geheim vertel. As jy hom behandel volgens hoe jy hom wil sien, sal jy hom toelaat om daardie einste man te wees! Hier is nog maniere waarop jy respek kan bewys :

Deur na hom te luister.

Deur te stop waarmee jy besig is en na hom te kyk.

Deur hom nie te onderbreek nie.

Deur jou knop te knik en oogkontak te hou.

Deur mooi uitdrukkings, nie jou oĂȘ te rol of ‘n diep sug uit te laat nie.

Deur die kinders te leer om nie te onderbreek nie.

Deur hom te antwoord met “Ja, kom ons” in plaas van “Ja, maar”

Deur die manier wat jy met hom praat.

Deur nie te praat oor dit wat jy weet hom nie interesseer nie.

Deur dit kort te hou.

Deur hom nie te berispe of om hom te probeer leer nie.

Deur nie te mompel of te kla nie.

Deur hom te aanvaar eerder as om hom te verander.

As hy sĂȘ hy gaan uit, moet hom nie uitvra nie, knies of kwaad raak nie. In plaas daarvan, sĂȘ vir hom “ek sal wakker bly” en soen hom totsiens.

Gaan waar hy wil gaan: sports byeenkomste, reise, ens. As jy nie wil gaan nie, sal iemand anders!

Respekteer sy besluite.

Moenie sy autoriteit bevraagteken of debateer nie, pruil of hom probeer verkeerd bewys nie. Onthou, dit was Eva wat grootliks verlei was!     

Ontwikkel belangstelling in dit waarvan hy hou.

Waardeer wat hy doen; bedank hom! Dit is die teenoorgestelde van verwagtinge.

Hoe jy lyk wanneer hy in die omtrek is, bewys respek. Dra jy grimering? Maak jy jou hare reg? Haat hy wat jy aantrek?

Gee die klere weg waarvan hy nie hou nie; dan sal jy nie in die versoeking kom om dit te dra nie - veral daardie slordige nagklere!

Lag vir sy grappies; as jy dit nie doen nie sal iemand anders!

Maak ‘n lys.

Maak ‘n lys van al sy goeie karaktertrekke en begin om hom te vertel hoe baie jy hom bewonder. Is hy eerlik, liefdevol, betroubaar, goedhartig, snaaks, ‘n goeie luisteraar, ‘n goeie voorsiener, ‘n harde werker, nuftig of ‘n goeie beskermer? As jy regtig nie enige goeie kwaliteite kan vind nie, vra vir God om hulle vir jou uit te wys.

Dink terug aan toe julle verlief geraak het en onthou watter goeie kwaliteite hy toe gehad het. Miskien kan jy sommige van daardie gevoelens weer aanwakker. Vertel hom wat jy onthou. “Soek, en julle sal kry!” (Lukas 11:9) As jy vir die goeie in mense soek (jou man), dan is dit wat jy sal vind.

Marbell Morgan het ‘n paar jaar terug ‘n boek geskryf met die titel “Total Woman”. In die boek sĂȘ sy dat vir jou man om geliefd te voel, moet jy die vier “A’s” doen -(Accept) Aanvaar, (Admire) Admireer, (Adapt) Aanpas, en  hom (Appreciate) Waardeer. Ek dink dit dek baie van wat ons tekort kom, dink jy nie so nie? (Ek beveel nie aan dat jy hiedie boek lees nie omdat dit jou vertel hoe om dinge in die vlees te doen eerder as in die Gees,)

My finale stelling is dit...as jy dit doen om resultate van jou man te kry, sal dit nooit werk nie. In plaas daarvan moet jy dit doen “soos vir die Here.” Jy moet dit doen omdat dit God eer. Hy het jou man oor jou geplaas. As jy nie jou man respekteer nie, respekteer jy regtig nie God se Woord nie. Enigiets waarvan jy nie hou in jou man se optrede of voorkoms nie moet vir die Here gegee word. Wanneer dit Sy stryd is, is daar altyd oorwinning! Eer God deur jou man te eer. Moenie probeer om jou man te behaag nie; laat jou motivering wees om die Here te behaag deur respek en eerbied aan God se bevele te gee. “Vind jou vreugde in die Here, en Hy sal jou gee wat jou hart begeer.” Ps. 37:4.

“Haar man steun op haar en pluk die vrugte van haar werk.” Spreuke 31:11.

Persoonlike verbintenis: Om rein en respekvolle gedrag teenoor my man te openbaar. “Gebaseer op wat en nou uit God se Woord geleer het, streef ek om rein te wees in my lewe. Ek verbind myself om ‘n respekvolle houding teenoor my man te demonstreer omdat dit ‘n voorbeeld vir ander stel en die eer wat dit aan God en Sy Woord gee.”

As jy gereed is om 'n verbintenis met GOD te maak dat jy die kursus gaan voltooi, KLIK HIER dat jy saamstem en gereed is om elke stap van jou Reis na Herstel te dokumenteer in jou "My Daaglikse Joernaal" vorm. Vat jou tyd, sit, kry vir jou koffie of tee en stort jou hart uit in jou Joernaal.

As "ouer vroue...sodat julle die jonger vrouens kan leer..." (Titus 2:3) jy sal die geleentheid hĂȘ om met jonger vrouens te praat wat nog alleenlopend is as deel van jou bediening.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui