NEW-COVER-WW-AFR-Front-1593x2048-1

Hoofstuk 6 "‘n Twisgierige Vrou" 

“Die gedrup uit ‘n dak
wat lek op ‘n reëndag,
so is ‘n vrou wat aanhou kyf.
Wie haar probeer keer, kan net so wel
die wind probeer keer
of olie met sy hand probeer vashou.”
Spreuke 27:15-16.

Vra jouself, “ Is ek ‘n twisgierige vrou?”

Miskien is daardie vraag moeilik om te antwoord omdat jy nie presies seker is wat ‘n twisgierige vrou is nie. As ons in die Strong’s Concordance kyk, beteken die woord twisgierig (contention) “midyan” (mid-yawn) wat beteken ‘n geskil, argumenteer, onmin, of ‘n bakleierige gees.

Is jou gesprekke met jou man gewoonlik of baie keer ‘n kompetisie om te sien wie sal wen of sy of haar sin kry? Wen jy meeste van die tyd? Ek erken dat ek ‘n twisgierige vrou was en dat ek dikwels gewen het - of miskien meeste van die tyd. Maar, eintlik, het ek verloor! Ek het my man verloor en die familie wat ons gehad het. God waarsku ons in Sy Woord oor die twisgierige vrou. Die Bybel sê dat ons onder gaan omdat ons nie wysheid besit nie (Hosea 4:6). Is jy bewus van God se waarskuwings?

Staak die getwis. Laat my hierdie vraag vra: Argumenteer jy ooit met jou man? “Om rusie te begin, is om ‘n damwal te breek; staak liewer die getwis voor die vloed jou tref.” Spr. 17:14. Tog sê die wêreld, en die sogenaamde huweliks deskundiges, vir ons dat ‘n goeie argument eintlik goed is vir die huwelik - moet dit nie glo nie! 

Vol kos met ‘n getwis. Is daar twis in jou huis? “Liewer ‘n stukkie droë brood met vrede daarby as ‘n huis vol kos met ‘n getwis daarby.” Spr. 17:1. Is jy die vrou met blywende beskeidenheid en kalmte van gees, waarvan in 1Pet. 3:4 gepraat word, wat by God groot waarde het? Of is jy ‘n twisgierige vrou? Is jou kinders respekvol en gehoorsaam? Of is jou kinders lawaaierig en weerbarstig? Moeders, hulle kyk na jou voorbeeld. (Sien les 15 “Jou ma se Leringe” want “My volk gaan onder omdat hulle nie aan My toegewy is nie. Omdat jy die wil van God verwerp het….” Hosea 4: 6)

Het jy ‘n gees wat wil rusie maak? “Moet jou nie met dwase en sinlose strydvrae inlaat nie, want jy weet tog dat dit net rusies veroorsaak. ‘n Dienaar van die Here moenie rusie maak nie. Inteendeel, hy moet vriendelik wees teenoor almal, bekwaam om ander te leer en iemand wat onreg kan dra.” 2 Tim. 2:23. Is jy ‘n “ek weet alles?” Het jy dwars opmerkings vir baie van die dinge wat jou man sê? God sê ons moet “As iemand ‘n regsaak teen jou begin, kom betyds tot ‘n skikking solank jy nog saam met hom op pad hof toe is, sodat hy jou nie voor die regter bring en die regter jou aan die polisie oorgee en die jou in die tronk sit nie.” Matt. 5:25. Pas op vir die skei hof!

Is jy teëpraterig? “Die slawe moet in alles aan hulle eienaars onderdanig wees en hulle tevrede stel. Hulle moet nie teëpraat nie.” Titus 2:9. Is jy Jesus se slaaf? Het jy jou gekoop met ‘n prys? Dan is jy dit aan Hom verskuldig om nie teë te praat nie.

Noudat ons verstaan wat dit beteken om twisgierig te wees, kom ons kyk wat God daaroor sê. God noem 5 keer in Sy Woord hoe aaklig ‘n twisgierige vrou is.

Gedrup van‘n dak. Het jy al ooit ‘n druppende kraan gehad wat jou mal maak? “die gekyf van ‘n vrou is soos die gedrup van ‘n dak wat lek.” Spr. 19:13. Somtyds verg dit iemand om aandag te vestig op die drup (miskien ‘n vriend of jou skoonpa) vir jou man om ag te slaan op die gedrup, maar sodra hy het, sal dit al wees wat hy hoor!  

Bo-op ‘n dak. Het jy al ooit gewonder hoekom mans uit hulle huise trek en, baie keer, saam met ‘n prostituut intrek? “Liewer bo-op ‘n dak woon as saam met ‘n twisgierige vrou onder een dak.” Spr. 21:9.

In ‘n woestyn. Weer, ‘n man sal liewer sonder water in die hitte van ‘n woestyn bly as saam met ‘n vrou wat hom en sy autoriteit uitdaag. “Liewer in ‘n woestyn woon as by ‘n twisgierige vrou wat aanhou neul.” Spr.21:19. 

Weer, bo-op ‘n dak bly. God is so onwrikbaar oor hierdie vers dat Hy dit herhaal. Luister jy? “Liewer bo-op ‘n dak woon as saam met ‘n twisgierige vrou.” Spr. 25:24.

Wie kan haar probeer keer? Hier, vertel God ons weer van die gedrup van ‘n twisgierige vrou. Kan jy jou voorstel hoe dit uiteindelik ‘n dak sal word wat lek, en veroorsaak dat die persoon uiteindelik uittrek? Maar hoekom maak die man nie net die dak reg nie? Omdat God sê dit is onmoontlik. Dit is soos om die wind te keer of olie met jou hand te probeer vashou. “Die gedrup uit ‘n dak wat lek op ‘n reëndag, so is ‘n vrou wat aanhou kyf. Wie haar probeer keer, kan net so wel die wind probeer keer of olie met sy hand probeer vashou.” Spr. 27:15-16. Onmoontlik!

Soos wat ons duidelik kan sien, om saam met ‘n twisgierige vrou te lewe is niks minder as ‘n nagmerrie nie, nie net vir ons mans nie maar ook vir ons kinders. Kom ons bid en vra God se vergifnis. Kom ons bid ook vir sy genade om vroue te word met blywende beskeidenheid en stilheid van gees wat aanneemlik vir God sowel as vir ons mans sal wees.

Skinder

Hy pluk die vrugte van haar werk. Nog ‘n manier wat ons ons mans se vertroue kan verloor is deur oor hom met ander te praat. “Haar man steun op haar en pluk die vrugte van haar werk.” Spr. 31:11.

Iemand wat skinder, bring verwydering tussen vriende. Het jy vir ander van jou man se swakhede vertel? Of, het jy vir ander iets vertel wat hy vir jou in vertroue vertel het? Onthou dat, “iemand wat skinder, bring verwydering tussen vriende.” Spr. 16:28. 

Iemand wat loop en skinder lap geheime uit. Een van die mees algemene strikke waarin vrouens val is om oor die telefoon te skinder. Gehoorsaam God se gebooie: “Iemand wat loop en skinder lap geheime uit, bly weg van iemand wat baie praat.” Spr. 20:19. Die Griekse woord vir ‘n skindertong in die Strong’s Concordance is rakiyl (raw-keel) wat beteken om te skinder, om stories aan te dra, ‘n nuusdraer. Ek het ‘n vriendin gehad wat met my “gebeds bekommernisse” gedeel het wat niks anders as skinder was nie. Ek moes haar vertel het dat, agv my swakheid, ons nie meer die vriendinne kon wees wat ons was nie.

Wil ek uitwis. Volgens God se beskrywing van ‘n verworpeling in die boek van Romeine, word ‘n lasteraar gelys saam met ‘n skinderbek. (Rom. 1:29-32.) Ander mag dalk nie weet dat jy ‘n skinderbek is wat ander laster nie, maar dit sê “Wie sy naaste beskinder wil ek uitwis.” Ps. 101:5.

Wie skinderstories versprei is ‘n dwaas. Jy hoef nie in besonderhede in te gaan om ‘n gebeds versoek te deel nie - moenie‘n dwaas wees nie. “wie skinderstories versprei is ‘n dwaas.” Spr. 10:18.

Lastering moet van julle verwyder word. Kom ons verwyder hierdie tipe gespreke van ons. “Alle bitterheid en woede en toorn en geskreeu en lastering moet van julle verwyder word, saam met alle boosheid”Efe. 4:31 Afr53.

Een wat haar man in die skande steek. Jy mag vind soos jy ontslae raak van hierdie tipe “deel”, dat jy niks het om vir jou vriende te sê nie. As jy in die versoeking kom om weer terug te gaan na jou ou maniere, sal God getrou wees om jou te leer om eerder op te bou as om jou man in die skande te steek. “n Knap vrou gee haar man hoë aansien; een wat haar man in die skande steek, is vir hom soos vretende kanker.” Spr. 12:4.

Moet nooit oor jou man in ‘n negatiewe manier praat nie of sy geheime uitlap nie.

God sê vir ons:

Dat ons hom van sy naaste vriende sal verwyder.

Dat niemand met ons moet assosieer nie—veral nie ander Christene nie.

Skinder is ‘n eienskap van ‘n verworpene!

God sal ons vernietig!

Dat ons dwaas optree.

Sing onder mekaar psalms. In plaas daarvan, laat ons met hierdie gedrag ophou en praat “...en sing onder mekaar psalms, lofgesange en ander geestelike liedere; sing met julle hele hart tot eer van die Here.” Efe. 5:19. 

Waar Begin Ons?

Vanaand, wanneer jou man huistoe kom, gaan vra hom om vergifnis vir jou twisgierigheid. Moet nie aan en aan gaan met jou “klein toesprakie” nie; sê net kortliks vir hom dat God jou skuldig laat voel het oor jy luidrugtig en teëpraterig is, en, met die Here se hulp, bid jy vir verandering. Gee hom ‘n soen en verlaat die kamer! Dan, verduidelik aan jou kinders hoe God jou gaan help om te verander.  

Maak vrede. As jy nie “gelei” voel om dinge reg te maak nie, moenie weer terug gaan kerk toe nie. “ ‘As jy dus jou gawe na die altaar toe bring en dit jou daar byval dat jou broer iets teen jou het, laat staan jou gawe daar by die altaar en gaan maak eers vrede met jou broer en kom dan en bring jou gawe.’ ” Matt. 5:23-24.

Genade aan die nederiges. Wees ook seker dat jy nederig is; moenie te trots wees om te erken dat jy n’ twisgeirige vrou is nie. “God weerstaan die hoogmoediges, maar aan die nederiges gee Hy genade. Onderwerp julle daarom in nederigheid aan die kragtige hand van God, sodat Hy julle kan verhoog op die tyd wat Hy bestem het.” 1Pet. 5:5-6

Die Bron van jou Twisgierigheid...Jou Selfbeeld

“Ek, Nebukadnesar, prys en eer en loof die koning van die hemel. Alles wat Hy doen, is reg, sy optrede is regverdig. Hy het die mag om hoogmoediges te verneder.” Daniel 4:37.     

Hoekom is so baie vrouens twisgierig? Ons as vrouens is twisgierig omdat ons die leuen glo oor selfbeeld. Ons as Christen vrouens, het die wêreld en die wêreld se denke nagevolg. Die boeke wat ons lees, die beraders wat ons opsoek, die leermeesters en die klasse wat ons bywoon weerspieël nie God se Woord nie, wat rein en onversetlik is. Hulle het vir ons ‘n “Verchristelike” wêreld siening gegee.

Gif wat in sjokolade gedoop is, is nog steeds gif! My susters in Christus, die dodelike wêreld sienings is meer gevaarlik wanneer hulle in Christelikheid gedoop is omdat ons dit opeet! Ons is gebreinspoel om te dink dat “selfliefde” en “selfbeeld” goed is. In plaas daarvan, is dit die hoë plek waar ons onself sit voor ons val.

Dit is die bron van ons twisgierige houding. ‘n “Weet-dit-alles” sal argumenteer en wil haar eie sin hê, omdat sy dink dat sy reg is. Wanneer sy verkeerd is, moet haar selfbeeld beskerm word. Daar is nooit ‘n nederige woord of ‘n “ek is jammer” nie. Die twisgierige vrou is gekondisioneer om te dink dat as sy om verskoning vra, dit te vernederend sal wees. Trots sal haar leer om aanhoudend op haar voetstuk te klim, net om weer en weer af te val. 

Wat is die kuur? “Toe hulle by Mara aankom, kon hulle nie die water drink nie, omdat dit bitter was. Daarom het hulle die plek Mara genoem. Eksodus.” 15:23. Moses het ‘n boom in die water gegooi, ‘n voorstelling van die kruis van Golgota.   Jy moet ook die kruis van jou bitterheid ingooi.  Christus is dood om jou van alle sonde vry te spreek, insluitende jou twisgierigheid, jou teëpratery en jou trotse, selfgesentreerde optrede.

Hier is God se voorskrif. God het gesê as ons onself nederig maak, Sy aangesig soek en van ons bose weë wegdraai, Hy ons gesond sal maak. In plaas daarvan, hou ons aan om die “raad van die goddeloses te volg.” (Ps. 1:1) As ons ons “vertroue in mense stel” (Jer. 17:5) sal ons die gevolge daarvan dra, wat net oppervlakige genesing is! “Hulle het ‘n goedkoop raad vir die wonde van my volk.” Jer. 8:11

Kyk na al die sielkunde in die kerk. Dit is uiters gevaarlik vir Christene om voor te gee asof die mens se idees of sielkunde God se Woord is.  Dit is ook gevaarlik om God se Woord te gebruik om huidiglike wêreld sienings in die kerk te bevorder.  “ ‘Die profeet wat ‘n droom gehad het, mag vertel wat hy gedroom het,  maar hy wat my woord ontvang het, moet my woord eerlik oordra. ‘n Mens kan nie strooi met die beste koring vergelyk nie,’ sê die Here… Daarom, sê die Here, is Ek teen die profete wat herhaal wat ander sê en dan voorgee dat dit van My af kom.  Kyk sê die Here, Ek is teen die profete wat hulle eie stories vertel en dan sê: ‘Die Here sê so.’ ” Jer. 23:28, 30, 31. Wat het sielkunde (strooi) in gemeen met God se Woord (koring)?  

Leer en moedig jy jou kinders aan om ‘n selfbeeld te hê? Die woord “selfbeeld” moet Christene laat ineenkrimp want dit is net ‘n ander woord vir “trots”.  Dit is ‘n wolf in skaapsklere! Jy sal gou ‘n kind sien wat so selfgesentreerd is dat ander nie eens van hom hou nie. Dit is absurd om te dink dat ‘n kind opgebou moet word om goed oor homself te voel, asof ‘n kind nie alreeds selfgesentreerd is nie! Vanaf geboorte wil ‘n kind sy eie sin hê, so dan huil hy. Sal ‘n tweejarige nie skree en  stuipe kry totdat hy kry wat hy wil hê nie?  

Bou jou kind se selfbeeld. Daar is boeke en boeke en nog meer boeke geskryf vir Christene deur Christene, maar baie van die onderrig is nie wat God in Sy Woord leer nie. Kom ons kyk wat God sê oor die opbou van  ons kinders se selfbeeld.  Kom ons vind uit hoekom ons versigtig moet wees om nie te sê, “Ek het my trots!” en “Ek is so trots op jou” nie.

Trots is ‘n sonde. Die trots wat die engel Lucifer gedemonstreer het, wie later Satan geword het, was die eerste sonde wat ooit gepleeg was. “Jou prag het jou hooghartig laat word jou stralende glans het jou jou wysheid laat verloor. Ek het jou op die grond gegooi.” Eseg. 28:17.  Satan het gesê “Ek klim op tot bokant die wolke ek word soos die Allerhoogste self.” Jesaja 14:14. Tog prys ons ons kinders vir hulle skoonheid en ons leer hulle om te “gaan vir die hoogste.” om te “reik na die sterre” en “in jouself te glo.” 

“Selfbeeld” is ‘n leun gevorm deur die Skrif te verdraai. Satan het die Skrif gebruik toe hy Jesus in die woestyn versoek het. Hy verdraai dit net ‘n bietjie deur dit ‘n halwe waarheid te maak. Maar ons weet dat alles wat half waar is, ‘n leuen is, wie kan van Abram en Sarai vergeet (“sy is my suster” Gen. 12:19).

“Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.” (Matt. 22:39) Diegene wat ‘n graad in sielkunde het sal jou probeer vertel dat die vers beteken jy moet jouself liefhê voordat jy enige iemand anders kan liefhê. Met ander woorde, “self-liefde” word eers benodig omdat sommige van ons, of meeste van ons, onsself haat.  Is dit die Waarheid of ‘n leun? Dit is ‘n leun!  Hoekom?  Omdat dit God se Woord weerspreek.

NIEMAND het ooit gehaat nie! “Want niemand het nog ooit sy eie liggaam gehaat nie.  Inteendeel hy voed en versorg dit…” Efe. 5:29.  In plaas daarvan leer Jesus ons dat ons wat nederig is, geseën sal wees. Ons moet aan ander dink as meer belangrik as onsself. Diegene wat beoog om selfmoord te pleeg word deur die wêreld vertel dat hulle hulleself haat, maar dit is teenstrydig met die Woord van God. Onthou, God het gesê “niemand het nog ooit sy eie liggaam gehaat nie!” Diegene wat selfmoord wil pleeg, wil nie meer pyn hê nie. Die pyn is so erg dat hulle net wil hê dit moet ophou.

As daar ‘n “doodsgees ” in jou huis is, kyk of die sonde nie deur ‘n familielid oorgedra is nie. ‘n Persoon wat dreig om selfmoord te pleeg, roep om hulp. Help hulle met liefde en die Waarheid. Moedig hulle aan om Bybel verse oor Christus se liefde vir hulle te memoriseer en die tydelike natuur van beproewings. Satan wil hê hulle moet hopeloos voel - gee hulle hoop! (Sien les 10, “Allerlei beproewings.”) Moedig hulle dan aan om met “danksegging,” God vir alles te bedank, insluitende die beproewings, “wetende dat God alles ten goede laat meewerk .” (Rom 8:28) 

Selfsug of eersig. “Moet niks uit selfsug of eersig doen nie, maar in nederigheid moet die een die ander hoër ag as homself. Julle moenie net elkeen aan sy eie belang dink nie, maar ook aan die van ander.” Fil. 2:3. “Geseënd is die sagmoediges, want hulle sal die nuwe aarde ontvang.” Matt. 5:5. Hierdie verse uit die Skrif is so teenstrydig met die manier wat Christene van vandag praat as gevolg van die invloed van sielkunde onder gelowiges. As hierdie selfvoldoening aan God se Woord jou nie laat sidder nie, dan behoort dit.

Die laaste sal eerste wees. Ons leer ons kinders dat om eerste te wees hulle doel moet wees en dat ons niemand tevrede kan stel tensy ons onsself tevrede stel nie. Die Waarheid is, “Maar baie wat eerste is, sal laaste wees, en wat laaste is, eerste.” Mat. 19:30.  “As iemand die eerste wil wees, moet hy die laaste en almal se dienaar wees.” Markus 9:35. Help jou kinders om Christusgelykvormigheid te verkry deur hierdie verse te deel in plaas daarvan om die wêreld se uitdrukkings  af te rammel wat ons gehoor het.

Die wêreld vertel ons om goed van onsself te praat maar Jesus het gesê, “Wie hoogmoedig is, sal verneder word, en wie nederig is, sal verhoog word.” Matt. 23:12.

Leer van Nebukadnesar; sy kleinseun het nie. Nebukadnesar (sien hierdie afdeling se eerste Vers), wat trots op sy mag en sy rykdom was, was gemaak om soos die beeste van die veld te wees en gras te eet. Sy kleinseun het geweet van sy kastyding van die Here; maar hy het nogsteeds sy oupa se weë gevolg, “Maar u, Belsasar wat hom opgevolg het, u het u nie verootmoedig nie, alhoewel u dit alles weet, U het verwaand opgetree teenoor die Here in die hemel….” Dan. 5:22-23.

Hoogmoed is sonde - dit sal veroorsaak dat God jou nederig maak. Jy mag dink dat sekere dinge wat jy deurmaak vernederend is, maar God bedoel dit ten goede vir jou. Hy wil jou nie verneder nie; Hy wil jou nederig maak. “Van binne af, uit die hart van die mens, kom die slegte gedagtes...hoogmoed.” Markus 7:21. “Die wêreldse dinge - alles wat die sondige mens begeer, alles wat sy oê sien en begeer, al sy gesteldheid op besit - kom nie van die Vader nie, maar uit die wêreld.” 1Joh 2:16. Hoogmoed is nie van God af nie!

Sal verneder word.”Elkeen wat hoogmoedig is, sal verneder word; en hy wat nederig is, sal verhoog word.” Luk. 14:11. Ons vertel vir ander om met lof oor hulleself te praat net om ‘n strik vir hulleself te stel! “..hy wou nie na die hemel opkyk nie..elkeen wat hoogmoedig is, sal verneder word; en hy wat nederig is, sal verhoog word.” Luk. 18:14. Ons sê vir ander om selfvertroue te hê en trots te wees!

Waarom stel jy jou aan? “ Wie maak jou so belangrik? En wat besit jy wat jy nie ontvang het nie? As jy dit dan ontvang het, waarom stel jy jou so aan…? 1Cor. 4:7.

In plaas daarvan moet ons die eie self laat doodgaan. “want julle het gesterwe, en julle lewe is saam met Christus verborge in God.” Kol. 3:3. “...En Hy het vir almal gesterwe, sodat die wat lewe, nie meer vir hulleself moet lewe nie, maar vir Hom wat vir hulle gesterf het en uit die dood opgewek is.” 2Kor. 5:15.

Wat God wil hê. “Maar Jesus het na Petrus toe gedraai en vir hom gesê: “Moenie in my pad staan nie, Satan! Jy is vir my ‘n struikelblok, want jy dink nie aan wat God wil hê nie, maar aan wat die mense wil hê.  Toe sê Jesus vir sy dissipels: ‘As iemand agter My aan wil kom moet hy homself verloën, sy kruis opneem en My volg, want wie sy lewe wil behou, sal dit verloor;  maar wie sy lewe ter wille van My verloor, sal dit terugkry.’ ”Mat. 16:23.

Paulus was ‘n goeie voorbeeld van hoe ons Christus eerste moet plaas. “want om te lewe, is vir my Christus, en om te sterwe, is vir my wins.” Fil. 1:21.

Soos wat ons onsself nederig maak, is God vry om ons te verhoog. “...Almal moet trouens teenoor mekaar nederig wees en mekaar help, want ‘God weerstaan die hoogmoediges, maar aan die nederiges gee hy genade.’ Onderwerp julle daarom in nederigheid aan die kragtige hand van God, sodat Hy julle kan verhoog op die tyd wat Hy bestem het….”1Pet. 5:5-6. “God weerstaan hoogmoediges, maar aan die nederiges gee Hy genade...Onderwerp julle in  nederigheid voor die Here, en Hy sal julle verhoog. “Jak 4:6,11.   “Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee.” Fil. 4:13.  Verhef Christus bo jouself.

Jesus moet ons voorbeeld wees. Ons moet altyd na die Here kyk, in alle dinge, en die manier hoe Hy op die aarde geloop het. “Dieselfde gesindheid moet in julle wees wat daar ook in Christus Jesus was: Hy wat in die gestalte van God was, het sy bestaan op Godgelyke wyse nie beskou as iets waaraan Hy Hom moes vasklem nie, maar Hy het Homself verneder deur die gestalte van ‘n slaaf aan te neem en aan mense gelyk te word. En toe Hy as mens verskyn het, het Hy Homself verder verneder. Hy was gehoorsaam tot in die dood, ja die dood aan die kruis. Daarom het God Hom ook tot die hoogste eer verhef en Hom die Naam gegee wat bo elke naam is.” Fil 2:5-9

Daniël ook.”...van die eerste oomblik af wat jy jou ingespan het om insig te kry en jou voor jou God te verootmoedig het, is jou gebede verhoor….”Dan 10:12. 

Wat sal ons doen as ons hoogmoedig was?

Leer by die Here. “Neem my juk op julle en leer van My, want ek is sagmoedig en nederig van hart…” Mat. 11:29.

Roem in die Here.Hy wat roem, moet in die Here roem. Die man wat die proef deurstaan het, is nie die een wat homself prys nie, maar die een wat deur die Here geprys word.” 2Kor 10:17-18.

Moenie jouself prys nie. “Laat dit aan ‘n ander oor om jou te prys, moet dit nie self doen nie, laat dit uit ‘n ander se mond kom nie uit joune nie.” Spr. 27:2.

En as jy jouself nie nederig maak nie?

Ellende wag vir die wat dink hulle het die wysheid in pag, wat dink hulle het baie verstand.” Jes. 5:21

“Jy sien self: vir iemand wat dink hy het die wysheid in pag, is daar minder hoop as vir ‘n dwaas.” Spr. 26:12.

“As iemand hom verbeel hy is iets en hy is niks, bedrieg hy homself.” Gal. 6:3. 

“God luister nie na hol woorde nie, die Almagtige slaan daar geen ag op nie.” Job 35:13

“Ons het almal geword soos mense wat onrein is, ons beste dade is soos vuil klere; ons is amal soos verdroogde blare, ons word deur ons sondes weggewaai soos deur ‘n wind.” Jes. 64:6.

“n Gierige mens veroorsaak rusie; een wat op die Here vertrou, is voorspoedig. Wie op homself vertrou, is ‘n dwaas; wie hom deur wysheid laat lei, is veilig.” Spr. 28:25-26.

“Hy sê toe vir hulle, ‘Julle is die wat julle voor die mense as goeie mense voordoen, maar God ken julle harte. Wat deur die mense as belangrik beskou word, is ‘n gruwel voor God.’ ”Lukas 16:15. “Hy het jou laat swaarkry, laat honger ly….”Deut. 8:3.

Kan jy enige Verse sien waar God ons instruksie gee om ons selfbeeld op te bou? Kan jy enige plek  in die Bybel kry waar God ons instruksie gee om ons kinders te leer om selfagting te hê? Moet ons trots wees oor wat ons gedoen het, of gemaak het, of bereik het? Wat sal ons vleitaal aan ander doen, veral ons kinders? 

Persoonlike verbintenis: Om my twisgierige maniere te laat staan. “Gebaseer op wat ek uit God se Woord geleer het, verbind ek myself daartoe om my gedagtes te hernu en ‘n doener van die Woord te wees deur my twisgierige maniere te laat staan.”

As jy gereed is om 'n verbintenis met GOD te maak dat jy die kursus gaan voltooi, KLIK HIER dat jy saamstem en gereed is om elke stap van jou Reis na Herstel te dokumenteer in jou "My Daaglikse Joernaal" vorm. Vat jou tyd, sit, kry vir jou koffie of tee en stort jou hart uit in jou Joernaal.

As "ouer vroue...sodat julle die jonger vrouens kan leer..." (Titus 2:3) jy sal die geleentheid hê om met jonger vrouens te praat wat nog alleenlopend is as deel van jou bediening.

Evangelisme Lofverslag

“As julle net daardie mense liefhet met wie julle goed oor die weg kom en wat lief is vir julle, moet julle nie verwag om ’n medalje vir goeie diens by God daarvoor te kry nie. Almal doen dit tog, ook die slegte mense wat hulle nie aan God steur nie. En as julle net goeie dinge doen vir dié wat goeie dinge vir julle doen, het julle nog niks besonders gedoen nie. Selfs slegte mense doen dit ook. Nee, sonder om iets terug te verwag, moet julle julle vyande liefhê en goed doen en uitleen. Dan sal daar vir julle 'n groot beloning wees: julle sal kinders van die Allerhoogste wees, omdat Hy self goed is vir die ondankbares en slegtes. Want dit is presies hoe God is. Hy gee baie om vir almal hier op die aarde, of hulle goed is of sleg. Julle moet soos God wees: maak julle hart en julle hande oop vir ander mense. Gee regtig vir hulle om.” Lukas 6:32, 35-36 DB

Liewe bruid, kan jy die persoon onthou wie jy was voor jou herstel reis? Ek kan onthou...ek was so twisgierig en skoorsoekerig. Altyd geargumenteer. Wou altyd “wen” deur te baklei. Altyd ‘n bohaai.

Daar is ‘n vrou in my familie wat so is. Ek skryf dit nie om haar sonde te bely nie. Ek skryf dit om te deel hoe my Beminde Hemelse Man my oë oopgemaak het en vir my liefde vir hierdie vrou gegee het. Binne ‘n paar dae, gaan verskeie familie lede bymekaar kom om ‘n verjaarsdag te vier. Ek verstaan waarom sy nie genooi was nie, omdat dit baie moeilik is om tyd saam haar te spandeer. Haar slegte houding maak die omgewing swaar en is aansteeklik. Ons eindig almal op in ‘n slegte luim. Tog, het my Beminde my gelei om haar te vra waarom sy nie genooi was nie. My hart was seer vir haar omdat sy in die leegheid en pyn moes lewe waarin ek gelewe het. En “hulle het dit nie” soos wat hoofstuk 6 van Vind die Oorvloedige Lewe sê. 

‘n Paar maande gelede was ek besig om vir haar boodskappe te stuur en haar reaksie was dat sy op ‘n sekere manier sou reageer het, deur twisgierig te wees en sy het vir my gesê dat sy nie kon reageer op die manier wat ek reageer het nie. Op daardie oomblik, het my Beminde my gewys dat dit tyd was om ‘n Wyse Vrou met haar te deel. Ek was nie seker of sy dit ooit gelees het nie, maar onlangs het haar ma vir haar gesê dat sy aangebied het om haar naels te doen en toe hulle tyd saam spandeer het, was sy vriendelik en het nie oor haar man gekla nie, wat ‘n wonderwerk is. My Beminde werk in haar hart! 

Dankie pragtige Man vir hierdie klein verandering in hierdie vrou. Ek twyfel nie dat jy die krag het om haar heeltemal vir jou glorie te hervorm nie. Liefling, dankie dat jy my ook verander het en my met liefde en deernis vir die onplesierige gevul het. Ek is lief vir jou Beminde.

Pragtige bruid, soos wat jy jou reis voortgaan, sal die Here jou vrouens wys vir wie jy deernis sal hê en moontlik saaidjies saai met jou getuienis. Ek moedig jou aan om jou oë oop te hou vir hierdie oomblikke en om jou Beminde toe te laat om jou te gebruik vir Sy glorie. Wees aangemoedig skat, elke dag verbeter ons ‘n bietjie meer!

~ Rut Ester in Puerto Rico

HY LEI MY
Word 'n Brug Bouer

Word 'n Minister • Word 'n Evangelis • Word 'n Gebedskryger

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui