NEW-COVER-WW-AFR-Front-1593x2048-1

Hoofstuk 5 "Wen Sonder ‘n Woord" 

“Vrouens, julle moet aan julle mans onderdanig wees.
As daar van julle is met mans wat nie die woord van God glo nie,
en die mans sien hoe godvresend julle is en hoe voorbeeldig julle julle
gedra sal hulle vir Christus gewen kan word deur die gedrag van
hulle vrouens. Dit sal nie eens vir julle nodig wees om ‘n woord te sê nie…”
1Petrus 3:1.

Baie van ons sit met die dilemma dat ons mans blatant, of in die geheim, aan God se Woord ongehoorsaam is.  Dit is nie net kommerwekkend nie, maar ook nogal frustrerend. Dit is veral waar as jy probeer het om daaroor te redeneer en jou kommer oor sy welstand en jou familie se welstand te deel. Maar in hierdie les sal jy leer, deur die Bybel, dat alles wat jy graag vir jou man wil sê, eerder vir God gesê moet word.

In die les sal ons van God se Woord leer (en van die baie “slegte vrugte” van ons aksies), dat aangesien ons mans ons outoriteit is, ons woorde nie net nutteloos is nie, maar ook potensieel gevaarlik.  Die Woord van God sê dat ons ons mans sonder ‘n woord moet wen en met ‘n eerbiedige houding, maak nie saak wat hulle doen nie. 

Moet ek nie met my man praat oor my bekommernisse nie?

Vra vir God om met jou man te praat.  Ons het nou net gelees dat wanneer ons mans ongehoorsaam is aan die Woord, ons gehoorsaam moet wees en besluit om hulle sonder ‘n woord te wen. Maar, is daar enige iets anders wat ons kan doen? Ja, ons kan boontoe gaan; ons kan na ons Hemelse Vader toe gaan en ons op Hom beroep. Vra vir God dat Christus (wat direk oor alle mans is) met jou man praat oor wat op jou hart is aangesien dit die orde van gesag is. “Ek wil egter hê julle moet weet dat Christus die hoof is van elke man, en ‘n man die hoof van sy vrou, en God die hoof van Christus.” 1Kor. 11:3.

Jy moet die regte houding hê. “Elke mens moet hom onderwerp aan die owerhede wat oor hom gestel is. Daar is immers geen gesag wat nie van God kom nie, en die owerhede wat daar is, is daar deur die beskikking van God. Wie hom teen gesag verset, kom dus in opstand teen die ordening van God; en wie in opstand kom, sal sy verdiende straf kry.” Rom. 13:1-2.  

Draai jou man se rigting, alleenlik deur gebed, na God toe. Jy moet verstaan dat jy nie verantwoordelik is vir wat jou man doen of nie doen nie; hy is teenoor God aanspreeklik vir sy aksies. “Maar ‘n mens word verlei deur sy eie begeertes wat hom aanlok en saamsleep.” Jak.1:14

Kom uit sy pad uit. “Gelukkig is die mense wat nie optree volgens die raad van die goddeloses, of rondstaan op die pad van die sondaars, of sit in die vergadering van spotters nie, maar vreugde vind in die gebooie van die Here en Sy voorskrifte dag en nag oordink.” Ps. 1:1-2NLV.  Kom uit jou man se pad uit; jy het nie gesag oor hom nie! Die tweede lyn sê vir ons wat ons moet doen – oordink Sy Woord dag en nag.  Los jou man vir God; God moet die Een wees wat die verandering in jou man teweeg bring. Jou man kan homself nie eers verander nie.

Los hom uit en bid! Jy kan help om jou huis te genees deur jou gebede: “Bely julle sondes eerlik teenoor mekaar en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word. Die gebed van ‘n gelowige het ‘n kragtige uitwerking.” Jak. 5:16

Oorwin die kwaad deur die goeie. Wees versigtig hoe jy teenoor die kwaad reageer wanneer dit voorkom: “Moet jou nie deur die kwaad laat oorwin nie, maar oorwin die kwaad deur die goeie.” Rom. 12:21. Weereens, daar sal moeilikheid wees! “..want soos julle weet, as julle geloof die toets deurstaan het, stel dit julle in staat om te volhard.” Jak. 1:3. Gebruik hierdie geleentheid om ‘n seëning oor jou man te bid. “...moenie kwaad met kwaad vergeld of belediging met belediging nie. Inteendeel, antwoord met ‘n seënwens, want daartoe is julle geroep, sodat julle die seën van God kan verkry.” 1Pet. 3:9.

Konsentreer daarop om dié lief te hê wat moeilik is om lief te hê: Wanneer jy jou man liefhet en respekteer, selfs wanneer hy moeilik en onvriendelik is, bewys jy aan hom onvoorwaardelike liefde. “As julle net dié liefhet wat vir julle liefhet, watter loon kan julle dan nog verwag? Maak die tollenaars nie ook maar net so nie?” Matt. 5:46. Gee vir God jou seer.  Hy sal jou help om jou man lief te hê.

Die boodskap van versoening. As kinders van God, moet ons ambassadeurs van God se liefde wees en dit sal ander na Christus toe lei. “Ons tree dus op as gesante van Christus...en aan ons die bediening van die versoening toevertrou...en die mense hulle oortredings nie toereken nie, die boodskap van versoening het Hy aan ons toevertrou.” 2Kor. 5:18-20. Tel jy jou man se oortredinge? Onthou God se genade is elke oggend nuut.

Ons eerste sendingveld. Jy mag jouself afvra, “Hoekom moet ek in bediening wees vir my man?” God gee ons gesinne aan ons as ons eerste “sendingveld” voordat ons effektief kan wees met ander.  Maar ons wil natuurlik voor God uitjaag voordat ons weklik gereed is. As jong vroue, moet ons bediening by die huis wees. Soos ons kinders grootword, word ons die ouer vrouens. “Ouer vrouens moet...goeie raad kan gee, sodat hulle die jonger vrouens kan leer om liefdevol teenoor hulle mans en kinders te wees, verstandig en kuis, goeie huisvrouens, onderdanig aan hulle mans. Dan sal die woord van God nie in diskrediet kom nie.” Titus 2:3.

God wil ons tevredenheid leer, voordat Hy ons mans sal verander. Om die punt verder te bewys, kan ons na Paul se lewe kyk: “Ek sê dit nie omdat ek gebrek ly nie, want ek het geleer om my in alle omstandighede te behelp. Ek weet wat armoede is en ek weet wat oorvloed is; van alles het ek ondervinding: om genoeg te hê om te eet sowel as om honger te ly, om oorvloed te hê sowel as om gebrek te ly.” Dan gaan hy voort en sê dié vers wat ons so dikwels hoor: “Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee.” Fil. 4:11-13.

Jy moet op die regte manier veg. Doen wat God sê - dit sal werk! Moenie probeer om jouself te verdedig nie. “Ten slotte: Wees almal eensgesind, medelydend, liefdevol, goedhartig, nederig. Moenie kwaad vir kwaad vergeld of belediging met belediging nie. Inteenteel, antwoord met ‘n seënwens, want daartoe is julle geroep, sodat julle die seën van God kan verkry.” 1Pet. 3:8-9.

Dit is ‘n geestelike stryd. “Of dink jy Ek kan nie my Vader om hulp vra nie? Hy sal dadelik vir My meer as twaalf legioene engele beskikbaar stel?” Matt 26:53. Ons Hemelse Vader sal die engele opdrag gee om namens ons te veg in die “hemele” waar die “regte stryd” besig is om te woed. “Ons stryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen elke mag en gesag, teen elke gees wat heers oor hierdie sondige wêreld, teen elke bose gees in die lug.” Efe. 6:12. Bid Psalm 91 oor jou familie.

Jou man is nie die vyand nie. “Julle weet tog: as julle julle aan iemand onderwerp om hom as slawe te gehoorsaam, is julle die slawe van die een aan wie julle gehoorsaam is. As dit die sonde is beteken dit vir julle die dood; as dit gehoorsaamheid aan God is, beteken dit vryspraak en lewe.” Rom. 6:16. Wanneer ‘n persoon in sonde vasgevang is, is hy regtig net ‘n slaaf van die duiwel. Ons mag dink hy wat sondig is aaklig, maar ons is ook, as ons voortgaan om met wraak te reageer. Onthou, dit behoort aan Hom! “Die wapens van ons stryd is nie die wapens van die mens nie, maar die wapens van God wat vestings kan vernietig.” 2Kor. 10:4. Wil jy nie eerder by die kernoorsaak uitkom en nie net die simptome van jou probleme nie?

Verbind jouself.  Verbind jouself, ongeag die gevolge en los die resultate vir God. “Ons het ons God vir wie ons dien. Hy het die mag om ons te red uit die brandende oond, en Hy sal ons ook red uit u mag. Selfs as Hy dit nie doen nie, moet u weet dat ons u god nie sal dien nie, die goue beeld wat u laat oprig het, nie sal aanbid nie.” Dan 3:17. Hierdie seuns het geglo dat God hulle sou uitlewer; maar ongeag die gevolge, het hulle besluit om te gehoorsaam. Selfs al moes hulle in die oond doodgaan, hulle sou doen wat hulle geweet het God wou gehad het hulle moet doen en hulle het die resultate vir God gelos. Die seuns het nie dood gegaan nie , maar die koorde wat hulle vasgebind het was losgemaak deur hulle geloop in die vuur. Het jy koorde van sonde of bekommernis wat jou bind? God sal jou uitlewer. Dit is Sy stryd! Roep die Heer van die Leërskare aan - Hy is die Krygsman.

Berei voor vir Oorlog deur  Jou Wapenrusting aan Te trek

Die listige aanslae van die duiwel. “Verder nog dit: Soek julle krag in die Here en Sy groot mag. Trek die volle wapenrusting aan wat God julle gee, sodat julle op julle pos kan bly ondanks die listige aanslae van die duiwel.” Efe. 6:10-11. Onthou wie die regte vyand is -Satan, nie jou man nie.

Die volle wapenuitrusting van God. “Ons stryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen elke mag en gesag, teen elke gees wat heers oor hierdie sondige wêreld, teen elke bose gees in die lug. Trek daarom die volle wapenuitrusting aan wat God julle gee, sodat julle weerstand kan bied in die dag van onheil” Efe. 6:12-13. Jy moet die vrees weerstaan wat veroorsaak dat jy weghardloop of opgee; nadat julle die stryd tot die einde gevoer het, nog op julle pos kan bly staan. Psalm 37 is goed om te bid as jy deur vrees geteister word.

Staan vas. “Staan dus vas deur waarheid as gordel om julle heupe te dra…” Efe.6:14NLV. Mense praat van “stap in geloof.” Somtyds is dit beter om te stop en vas te staan! Dit mag die verskil wees tussen op God  vertrou en God uit te lok. Somtyds voel dit asof ons ‘n “stap in geloof” neem, maar eintlik gooi ons onsself van ‘n krans af,  soos Satan vir Jesus gesê het om te doen.

Ons moet die Here vra of ons moet “stap” in geloof of “staan” in geloof.  Ons oortuigings moet dit vir ons moontlik maak om te “staan” vir wat reg is.  As ons beweeg kan ons dalk van ‘n krans afval.   As God teenspoed in ons lewens bring, sal ons staan ons getuienis wees.  Maar, soos jy later in die les sal sien, word ons partykeer gevra om op water te loop, soos Petrus gevra was.  Onderskeiding word dan benodig.  Een aanwyser wat ons kan help om God se leiding te onderskei is dringendheid.  Ons vlees veroorsaak dringendheid.  God sê egter gewoonlik om te wag.

Sy vryspraak. “...trek God se vryspraak as borsharnas aan.” Efe. 6:14NLV.  God praat van Sy vryspraak, nie ons sin nie.  Hy sê vir ons in Sy Woord dat ons beste dade soos “vuil klere” is.” (Jes. 64:6)

Loop in vrede. “Trek die bereidheid om die Goeie Nuus van vrede te verkondig, aan julle voete…” Efe. 6:15NLV.  Dit sê in die Saligsprekinge (ook bekend as die “Agt-salighede” Mat.5:1-12), “Geseënd is die vredemakers!”  In 1Petrus 3:15  sê dit “Wees altyd gereed om ‘n antwoord te gee aan elkeen wat van julle ‘n verduideliking eis oor die hoop wat in julle lewe.  Maar doen dit met beskeidenheid en met eerbied vir God.” Ons moet wag todat die “deur” oopgemaak word en dan met beskeidenheid en eerbied teenoor elke persoon voortgaan.

Skild van die geloof. “Dra onder alle omstandighede die skild van die geloof.  Daarmee kan julle al die brandpyle blus wat die Bose afskiet.” Efe. 6:16NLV. Jy moet geloof hê, nie in jouself of iemand anders nie - geloof in God, in Hom alleen! Omstandighede het niks met geloof te doen nie. Glo in Sy Woord alleen vir die Waarheid oor jou situasie. 

Verlossing as Helm. “Gebruik God se verlossing as ‘n helm…” Efe. 6:17NLV.  Jy moet gered wees. Jy moet een van Sy kinders wees om regtig ‘n moeilike geestelike stryd te wen.  Dit is so maklik as om nou dadelik met God te praat. Sê net vir Hom in jou eie woorde dat jy Hom nodig het. Vra Hom om Homself vir jou ‘n werklikheid te maak. Gee Hom jou lewe, ‘n lewe wat opgemors is, vra die Here om dit nuut te maak. Sê vir Hom jy sal alles doen wat Hy vra, aangesien Hy nou jou Here is.  Vra Hom om jou te “red” van jou situasie en die ewigheid wat wag vir almal wat nie Sy geskenk van die ewige lewe aanvaar nie.  Dank Hom vir Sy dood aan die kruis, Sy gestorte bloed en die dood wat Hy vir jou gesterf het.  Jy kan nou glo dat jy nooit alleen sal wees nie; God sal altyd saam met jou wees en jy sal die ewigheid in die Hemel saam met Hom spandeer!

Swaard van die Gees. “En gebruik die swaard van die Gees, dit is God se Woord.” Efe. 6:17NLV. Dit is presies wat ons julle leer. Gebruik Sy Woord vir ‘n stryd wat gewen sal word.  Wanneer die stryd die Here sin is, is die Oorwinning ons sin!  Skryf die verse wat jy nodig het om jou te help met die stryd, op 3x5 kaarte. Hou hulle ten alle tye by jou in jou handsak.  Wanneer jy voel jy word aangeval, soos vrees of die versoeking om met jou man te praat wanneer jy beveel is om stil te bly, kan jy die verse lees wat betrekking het op jou probleem. Roep uit tot God.  Staan vas in die geloof. “Laat jou lewe aan die Here oor en vertrou op Hom; Hy sal sorg.” Ps. 37:5.

Bid ten alle tye. “Doen alles deur gebed en smeking.  Laat die Gees julle elke keer in gebed lei.” Efe. 6:18NLV.  Bid diep vanuit jou Gees.  Jy moet vasgestelde tye hê om te bid, drie keer ‘n dag (soos Daniel).  Dit was een van die redes waarom hy in die leeukuil gegooi is. En moenie bekommerd wees as jy “in die gees” in die leeukuil gegooi word nie; God sal die leeus se monde toemaak!

Bly op julle hoede. “Bly in alle omstandighede op julle hoede en bid vir almal wat aan God behoort.” Efe. 6:18NLV. Elke keer wat vrees jou oorweldig, bid vir ‘n ander persoon wat jy weet met vrees of een of ander swakheid worstel. Bid hierdie vers vir hulle: “Sy antwoord was: ‘My genade is vir jou genoeg.  ‘My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is.’  Daarom sal ek baie liewer oor my swakhede roem, sodat die krag van Christus my beskutting sal wees.” 1Kor. 12:10.  Nadat jy vir iemand gebid het, bel hulle en beur hulle op.

Bid vir die wat julle vervolg. God vra ook dat ons vir iemand anders bid - ons vyande.  Elke een van hulle. Bid vir hulle en vra God om jou te wys wat Hy wil hê jy moet doen om hulle te seën. Eers nadat Job vir sy sogenaamde vriende begin bid het, Het die Here als herstel wat Job verloor het. “Nadat Job vir sy vriende gebid het, het die Here die omstandighede van Job verander en hom twee keer soveel gegee as wat hy gehad het.” Job. 42:10. “Maar ek sê vir julle: Julle moet julle vyande liefhê, en julle moet bid vir die wat julle vervolg.” Hy gaan aan en verduidelik hoekom: “sodat julle kinders kan wees van julle Vader in die hemel.” Matt. 5: 44-45.

Ek het die vers gelees net nadat Dan weg was, daarna het ek die Here gevra om my te wys hoe ek Dan kon seën. Die Here het my gewys dat alhoewel dit somer was, hy warm leer skoene gedra het.  Ek het by ‘n winkel gestop en vir hom‘n paar 88¢ rubber sandale gekoop. Toe ek dit vir hom gegee het, het sy gelaatsuitdrukking (wat nogal koud was) gesmelt! Dit was ‘n klein gebaar van my kant af, maar dit het boekdele in sy hart gespreek.

Ken God se Woord

Dit sal nie onverrigter sake na My toe terugkeer nie. Jy moet God se Woord ken en leer.  Jy moet begin om die geseënde beloftes van God te vind.  Die beginsel is dat wanneer jy Sy Woord aan Hom herhaal in gebed, dit nie onverrigter sake terugkeer nie. Dit is Sy belofte aan jou! “So sal die woord wat uit my mond kom ook wees: dit sal nie onverrigter sake na my toe terugkeer nie, maar dit sal doen wat Ek gedoen wil hê en tot stand bring waarvoor Ek dit gestuur het.” Jesaja 55:11 

Streef na insig. God sê dat as jy soek, sal jy vind.  God se Woord gee wysheid.  Deur in diepte na die betekenis te kyk, sal jy ‘n beter begrip kry van die Waarheid.  “Ek sê vir julle: Vra, en vir julle sal gegee word. Soek, en julle sal kry. Klop en vir julle sal oopgemaak word.” Lukas 11:9. Sodra jy weet wat om te doen, kan jy dit in jou lewe toepas. “Daar is verstand nodig om ‘n huis te bou, insig om sy fondamente te lê, kennis om sy kamers te vul met allerhande kosbare en mooi goed.” Spr. 24:3-4. 

Lees die Woord met Vreugde. Merk die spesiale verse in jou Bybel. “Vind jou vreugde in die Here, en Hy sal jou gee wat jou hart begeer.” Ps. 37:4.  Neem tyd om die verse te merk vir vinnige verwysing in tye van nood of wanneer jy iemand wat jy ontmoet na die Waarheid lei. Wat het Jesus geantwoord toe Satan probeer het om Hom te versoek? “Maar Jesus antwoord hom: ‘Daar is geskrywe...Daar is geskrywe...Daar is geskrywe…’ ” Lukas 4:4,8,10. Gebruik ‘n geel kryt of spesifieke kleure vir verskillende beloftes. Wanneer die duiwel jou weer aanval, kom teen hom met: “Daar is geskrywe...Daar is geskrywe...Daar is geskrywe…”!

Dag en nag oordink. Memoriseer die beloftes wat jy vind sodat die geseënde vesekering daarvan in jou siel kan insink.  Jy moet God se beloftes leer en ken as jy ooit op Hom alleen wil staat maak. “maar wat in die woord van die Here sy vreugde vind, dit dag en nag oordink. Hy is soos ‘n boom wat by waterstrome geplant is, wat op die regte tyd vrugte dra en waarvan die blare nie verdroog nie. Hy is voorspoedig in alles wat hy aanpak.” Ps. 1:2. Gebruik 3x5 kaarte en skryf die vers uit.  Hou dit in jou handsak vir die tye wat jy “wag.”

Geestelike Oorlogvoering deur Jou Gedagtes Gevangene te Neem

Jou stryd sal in jou gedagtes gewen of verloor word. “Daarmee vernietig ons die redenasies en elke hooghartige aanval wat teen die kennis van God gerig word. Ons neem elke gedagte gevangene om dit aan Christus gehoorsaam te maak. Ons is ook gereed om met elke ongehoorsaamheid af te reken sodra julle eie gehoorsaamheid volkome is.” 2Kor. 10:5-6. Moenie in die vyand se hand speel nie.  Moenie bose gedagtes vermaak nie, neem jou gedagtes gevangene!

Oorwin die kwaad deur die goeie. Satan weet dat as hy kan verdeel, kan hy oorwin. Meeste van ons speel reg in sy hande, die hande van die vyand. Die Skrif sê vir ons, “Moenie jou deur die kwaad laat oorwin nie, maar oorwin die kwaad deur die goeie.” Rom. 12:21. Dit is so kragtig!

Maak nie saak hoe sleg dinge lyk nie, God is in beheer. Ons kan vertroosting vind in die wete dat God in beheer is, nie ons nie en beslis nie Satan nie. “ ‘Simon, Simon!’ het Jesus gesê. ‘Luister! Die Satan het daarop aangedring om julle soos koring te sif. Maar Ek het vir jou gebid dat jou geloof jou nie begewe nie. As jy weer tot inkeer gekom het, moet jy jou broers versterk.’” Lukas 22:31-32.  

Sifting. Jesus het geweet wat die uitkoms sou wees, maar Petrus moes steeds deur die “siftingsproses” gaan om gereed te wees vir God se roeping op sy lewe.  Sal jy gereed wees wanneer Hy jou roep? “En die volharding moet end-uit volgehou word sodat julle tot volle geestelike rypheid kan kom sonder enige tekortkoming.” Jak. 1:4. 

Die sleutels van die Hemel

Jesus het vir ons die sleutels van die hemel gegee – gebruik jy hulle? “Ek sal aan jou die sleutels van die koninkryk van die hemel gee, en wat jy op die aarde toesluit, sal in die hemel toegesluit bly; en wat jy op die aarde oopsluit sal in die hemel oopgesluit bly.” Matt. 16:19

Verwyder die bose. Jy moet eers die “sterk man” vasbind - dit is, die gees wat ‘n houvas op die persoon het vir wie jy bid. Soek ‘n vers wat jy kan bid wat van toepassing is. “Bowendien kan niemand in ‘n sterk man se huis... ingaan en sy goed vat as hy nie vooraf die sterk man vasbind nie…..” Mark 3:27.

Vervang die bose met die goeie. Dit is baie belangrik! “Wanneer ‘n onrein gees uit die mens uitgaan, swerf hy deur dor streke op soek na ‘n rusplek. As hy dit nie kry nie, sê hy: ‘Ek gaan terug na my huis toe waar ek uitgegaan het.’ Hy kom dan terug en kry dit skoon en aan die kant. Dan gaan haal hy sewe ander geeste, nog slegter as hy self, en hulle trek in en gaan woon daar. Aan die einde is so’n man slegter daaraan toe as aan die begin.” Lukas 11:24-26.

As jy faal om te vervang. As jy faal om te vervang wat jy verwyder het, sal dit erger raak as voor jy gebid het. Jy moet altyd die bose met iets goeds vervang. Dit is die rede waarom so baie wat op diëte gaan altyd vetter word. Hulle hou op om al die “slegte kos” te eet of probeer om glad nie te eet nie, maar hulle vervang  dit nooit met iets goeds soos gebed, stap, oefening, of om gesonde kos te eet nie.  Nog ‘n voorbeeld is iemand met ‘n baie olierige vel.  Hulle skrop dit met seep en sit miskien alkohol op om die olie op te droog.  Dan na ‘n paar uur is dit olieriger as ooit! Dermatoloë sê jy moet die olie wat jy verwyder het met ‘n klein tikkie room vervang.

Vervang die leuens met die Waarheid - die Waarheid wat alleenlik in Sy Woord gevind word.  Tensy dit wat jy hoor, wat jy lees en wat aan jou vertel word ooreenstem met die beginsels in God se Woord, IS DIT LEUENS!

Vervang die “arm van die vlees” met die Here. Vervang vertroue in “die arm van die vlees” (jy, ‘n vriend, wie ookal) met vertroue in die Here. “Verder nog dit: Soek julle krag in die Here en in Sy groot mag..” Efe. 6:10

Vervang weghardloop met na Hom toe hardloop! “God is vir ons ‘n toevlug, en ‘n beskerming; Hy was nog altyd bereid om te help in nood.” Ps. 46:2. Hardloop na die boek van Psalms! Lees die Psalms wat ooreenkom met die datum plus 30 (30,60,90, ens), lees dan die hoofstuk van Spreuke wat ooreenkom met die datum. (bv. op die 5de van die maand sal jy die 5de, 35ste, 65ste, 95ste, 125ste Psalm lees en die 5de hoofstuk van Spreuke). ‘n Maklike manier om te onthou is om aan die onderkant van die Psalm te skryf waarnatoe om te blaai (bv aan die onderkant van die 6de Psalm sal jy 36 skryf, dan aan die onderkant van 36 sal jy 66 skryf en so aan.  Wanneer jy by 126 kom sal jy Spr. 6 skryf). Psalm 119 is gereserveer vir die 31ste dag van die maand.    

Vervang uitroep na ander met uitroep na Hom! Hy belowe Hy sal jou hoor en jou onmiddelik oplig! Maar jy moet uitroep! Moenie by jouself dink: “Wel, God het my nie in die verlede gehelp nie!” As Hy nie gehelp het nie is dit eenvoudig omdat jy nie gevra het nie. “Vra, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal kry; klop, en vir julle sal oopgemaak word, want elkeen wat vra, ontvang; en elkeen wat soek, kry; en vir elkeen wat klop, sal oopgemaak word.” Matt. 7:7.  Hy is getrou!  

Watter “kondisie” word benodig om gehoor te word?

Jou begeertes met Sy wil.  Daar is ‘n voorwaarde waaraan voldoen moet word voordat ons kry wat ons wil hê. “As julle in My bly en my woorde in julle, vra dan wat julle wil hê, en julle sal dit kry.” Joh. 15:7. Wanneer jou hart in Jesus alleen rus en jou wil is gesentreerd in Sy wil, het jy Hom die Here van jou lewe gemaak.  Om Sy wil te ken moet jy Sy Woord ken. Dit is Sy wil dat jou huwelik genees sal word.  Hy haat egskeiding en sê dat ons moet versoen, maar Hy het voorwaardes.

Die voorwaardes vir die seëning. Elke belofte wat deur God gegee word, het ‘n kondisie vir daardie seëning.   Baie wil die seëning gedeelte van ‘n Skrifgedeelte eis maar ignoreer die voorwaarde.  Jy kan nie die belofte eis en kies om die kondisie te ignoreer nie.

Kondisie - “Glo in die Here Jesus...

Belofte - en jy sal gered word.” Handelinge 16:31.

Kondisie - “Vind jou vreugde in die HERE..

Belofte - en Hy sal jou gee wat jou hart begeer.” Ps. 37:4. 

Kondisie- “Gee leiding aan ‘n jongmens oor hoe hy moet leef..

Belofte - en hy sal ook as hy al oud is nie daarvan afwyk nie.” Spr. 22.6
Belofte - “...God laat alles ten goede meewerk...

Kondisie - “vir die wat Hom liefhet…”

Belofte - “...die wat volgens sy besluit geroep is.” Rom. 8:28.

Oor wie my Naam uitgeroep is. “...en My volk oor wie My naam uitgeroep is, toon berou en bid en vra na my wil en draai terug van hulle bose weë af, sal Ek luister uit die hemel en hulle sonde vergewe en hulle land laat herstel” 2Kro. 7:14. Sodra jy na Hom uitroep, sal Christus se Naam oor jou uitgeroep word. ‘n Christen is ‘n “volgeling van Christus.” Onthou, jy moet een van Sy kinders wees. Praat nou dadelik met Jesus. Vra Hom om jou te vergewe vir jou sondes en jou Redder te wees. 

Berou toon (jouself verootmoedig). “...en My volk oor wie My naam uitgeroep is, toon berou (hulle verootmoedig, NLV) en bid en vra na my wil en draai terug van hulle bose weë af, sal Ek luister uit die hemel en hulle sonde vergewe en hulle land laat herstel” 2Kro. 7:14. Eiewillige, hoogmoedige mense verstaan somtyds die Woord sonder die Gees, maar om die gedagtes van God te ken moet ons berou toon en op God se Gees wag.

Nederigheid sal getoets word. “...Hy mag jou nederig maak, jou toets, om te weet wat in jou hart was, of jy Sy gebooie sal gehoorsaam of nie.” Deut. 8:2.

Ootmoed sal jou red. “Wanneer mense val en jy vra dat hulle opgetel word, sal God hulle, die ootmoediges, red.” Job 22:29.

Ootmoedigheid sal jou hart versterk. “U het die gesmeek van die hulpeloses gehoor, Here. U gee hulle nuwe moed. U verhoor hulle gebed…” Ps. 10:17..

Hy leer en lei die nederiges. “Mag Hy die nederiges op die regte weg lei, en vir die wat beskeie is, sy pad leer.” Ps. 25:9NLV.

Die wat verdruk word sal die land besit. “Die wat nou verdruk word sal die land besit en hulle verlustig in hulle welvaart….”Ps. 37:11

Nederiges sal verhef word. “Hy het prinse onttroon en nederiges verhef.” Luk 1:52NLV

Aan nederiges gee Hy genade. “Maar die genade wat Hy gee, is nog groter. Daarom sê Hy: ‘GOD WEERSTAAN HOOGMOEDIGES, MAAR AAN NEDERIGES GEE HY GENADE.’...Onderwerp julle in nederigheid voor die Here, en Hy sal julle verhoog.” Jak. 4:6,10.

Nederigheid is gewortel in die gees. “Ten slotte: Wees almal eensgesind, medelydend, liefdevol, goedhartig, nederig….” 1Pet. 3:8.

Lewe deur die Gees: As jy met die Heilige Gees vervul is, stel dit jou in staat om deur die Gees te lewe, nie met sonde en vleeslike begeertes nie.  Baie kerke is geesdriftiglik “Gees vervuld”.  In 1 Korintiërs hoofstuk 13 word gesê dat “liefde” beter is as die gawe van spreek in tale.  Enige talent of gawe wat ons ontvang kan partykeer  veroorsaak dat ons hoogmoedig word.  Wanneer jy iemand anders se belangrikheid oordeel of hul geestelikheid meet aan of hulle Gees vervuld is of nie, stel jy jouself op vir die val van hoogmoed.   “Moenie oordeel nie, en oor julle sal nie geoordeel word nie….” Lukas 6:37.

“Ek sal my Gees in julle gee en Ek sal maak dat julle volgens my voorskrifte leef en my bepalings gehoorsaam en nakom.” Ezek. 36:27.

“...Laat julle lewe steeds deur die Gees van God beheers word, dan sal julle nooit swig voor begeertes van julle sondige natuur nie.” Gal. 5:16.

Bid. “...en my volk oor wie my Naam uitgeroep is, toon berou en bid en vra na my wil en draai terug van hulle bose weë af, sal Ek luister uit die hemel en hulle sonde vergewe en hulle land laat herstel.” 2Kro. 7:14. By ‘n “Restore Ministries’ Home Fellowship”, het vrouens gebid dat die baarmoeders van die “vreemde vrouens” by wie hulle mans was, “gesluit” sou word.  Almal was gesluit, behalwe een. God het die kind gebruik as die instrument om daardie familie te herstel.  Ons kan altyd op God vertrou om alles ten goede te laat meewerk as “...ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir die wat Hom liefhet, die wat volgens sy besluit geroep is.” Rom. 8:28.

Wag.  Baie keer sal die stryd aanhou woed namens jou.  Jy moet ook onthou dat daar dalk baie “gevegte” is wat geveg (en gewen) moet word in die oorlog teen jou huwelik.  Onthou net; Wanneer die geveg die Here sin is, is die oorwinning ons sin! (1Sam. 17:47).  Net soos regte oorloë, word al die gevegte nie deur dieselfde kant gewen nie, so moenie moed verloor as jy tekort skiet en foute gemaak het nie. Ons kan troos vind in die wete dat Hy ons onmiddelik hoor - maar daar is ‘n stryd wat gevoer word.  In die boek van Daniël het ‘n engel met hom gepraat en ons hierdie insig gegee: “...van die eerste oomblik af dat jy jou ingespan het om insig te kry en jou voor jou God verootmoedig het, is jou gebede verhoor.  Ek het gekom in antwoord op jou gebede. Die engel van die Persiese ryk het my een en twintig dae lank teruggehou.” Dan 10. 12-13. Dit kan tyd neem om die gevegte te wen; moenie moeg word nie. “Wat julle betref broers: moenie moeg word om goed te doen nie.” 2Tes. 3:13.  

Sy tydberekening. Een ding wat jy moet verstaan: Dit lyk of God aan een ding op ‘n slag werk . Ons moet saam met Hom werk volgens Sy tydsberekening.  Dit beteken nie ons moet wag om te bid nie; dit beteken net ons moet vir God wag om die situasie op die regte tyd te verander.  Dank God dat Hy nie al my sondes (deur oortuiging) op een slag op my gooi nie! Gebruik die tyd terwyl jy wag om te bid.  As jy nie hierdie belangrike punt verstaan nie mag jy dalk moeg word en nie in staat om te oorkom nie. “Elkeen wat die oorwinning behaal, sal dit alles kry.” Open. 21:7.

Twee of drie vergader. Vind twee ander vrouens wat saam met jou sal bid. “Maar Moses se arms het begin moeg word. Hulle het toe ‘n klip gevat en dit agter hom neergesit sodat hy daarop kon gaan sit. Aäron en Hur het sy arms van weerskante af ondersteun sodat sy arms regop gebly het tot sononder...Solank Moses sy hande opgehou het, was Israel die sterkste, en wanneer sy hande gesak het, die Amalakiete (vyande).” Eks. 17:11-12. Vind twee ander vrouens om jou op te hou sodat jy nie te moeg raak nie.  Bid en vra God om jou te help om twee ander vrouens te kry wat eensgesind is.

Die krag van drie. “Een alleen kan oorweldig word, twee saam kan weerstand bied. ‘n Driedubbele tou breek nie maklik nie.”Pre. 4:12.

Om op te help. Twee vaar beter as een.  Hulle inspanning kom tot iets. As die een val, kan die ander hom ophelp.  Maar as een val wat alleen is, is daar niemand om hom op te help nie.” Prediker. 4:9-10.

Hy is by jou. “Want waar twee of drie in my Naam saam is, daar is Ek by hulle.” Matt. 18:20. “Toe het koning Nebukadnesar verskrik opgespring en vir sy raadgewers gevra: ‘Het ons dan nie drie die manne vasgebind in die oond gegooi nie?’……. Hy sê toe: ‘Maar ek sien dan vier manne vry  en ongedeerd rondbeweeg in die vuur, en die vierde lyk soos ‘n hemelwese!’” Dan 3:24-25.  Jy is nooit alleen nie!

Saamstem. “Verder verseker Ek julle: As twee van julle op aarde oor enige saak saamstem en daaroor bid, sal my Vader wat in die hemel is, hulle dit laat kry.” Matt. 18:19. Wanneer jy worstel om vrede te kry oor iets, bel iemand wat by jou staan en bid in ooreenstemming.

Tree in die bres. “Ek het iemand tussen hulle gesoek wat ‘n muur sou bou en vir die stad in die bres sou tree dat dit nie vernietig word nie, maar Ek het niemand gekry nie.” Eseg. 22:30.

Bid vir mekaar. “Bely julle sondes eerlik teenoor mekaar en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word. Die gebed van ‘n gelowige het ‘n kragtige uitwerking.” Jak. 5:16. Om teenoor ‘n eendersdenkende vrou te bely, is die beste manier om ‘n suiwer hart te kry.

Doen jou belydenis. Esra het geweet wat om te doen as hy gebid het. “Terwyl Esra voor die tempel gekniel en gebid en belydenis gedoen het, hy het gehuil….” Esra 10:1. 

En vra na My wil. “...en my volk oor wie my Naam uitgeroep is, toon berou en bid en vra na my wil en draai terug van hulle bose weë af, sal Ek luister uit die hemel en hulle sonde vergewe en hulle land laat herstel.” 2Kro. 7:14.

“Die wat swaar kry, sien op na Hom en straal van blydskap.” Ps. 34:6.

“Soek hulp en beskerming by die Here, soek gedurig sy teenwoordigheid.” 1Kro. 16:11.

“...en vra na my wil; In hulle nood sal hulle my hulp kom vra.” Hosea 5:15.

En draai terug van hulle bose weë. “en my volk oor wie my Naam uitgeroep is, toon berou en bid en vra na my wil en draai terug van hulle bose weë af, sal Ek luister uit die hemel en hulle sonde vergewe en hulle land laat herstel.” 2Kro. 7:14. Die Skrif is nie net vir die kop nie; dit is ook vir die hart en die wil. Om die volle impak van die Skrif te kry, moet ons ons lewe en wil oorgee aan die leiding van die Heilige Gees. Ons moet gewillig wees om oor gemaak te word.

Vir wie hoor die Here? Wie red die Here? “Die HERE sorg vir die regverdiges en luister na hulle hulpgeroep.” Ps. 34:16. “ As die regverdiges om hulp roep, hoor die HERE hulle en red Hy hulle uit al hulle benoudhede.” Ps. 34:18.

Wie sal Hy nie antwoord nie? Wanneer jy in sonde is, sal Hy nie antwoord nie, selfs al roep jy tot Hom. “Wanneer hulle tot die Here roep, sal Hy hulle nie antwoord nie. Dan sal Hy Hom nie aan hulle openbaar nie, want hulle het verkeerd gehandel.” Miga 3:4.

Almal het gesondig. Ons almal het gesondig en kom nie naby die glorie van God nie, maar God het sy Seun gestuur. “Daarom het God sy Dienaar na die wêreld toe laat kom en Hom heel eerste na julle toe gestuur om vir julle tot ‘n seën te wees deur elkeen van julle van sy verkeerde paaie af terug te bring.” Hand 3:26.

Gehoorsaamheid is beter as offererande. “Nee, gehoorsaamheid is beter as offerande, om te luister is beter as die vet van ramme. Weerspannigheid is net so erg as die sonde van waarsêery; eiesinnigheid net so erg as die bedrog van afgodery.” 1Sam 15:22. Weet jy wat die regte ding is om te doen, en tog doen jy dit nie? Wees gehoorsaam!  “As iemand weet wat die regte ding is om te doen en hy doen dit nie, is dit sonde.” Jak. 4:17.

Begin deur Psalm 51: 4-6 te bid.  “Was my skoon van my skuld, reinig my van my sonde! Ja my oortredings ken ek en van my sonde bly ek altyd bewus. Teen U alleen het ek gesondig, ek het gedoen wat verkeerd is in u oë, U uitspraak is dus reg en u oordeel regverdig.”

Wanneer hou jy op om te bid? Nooit! Ons het ‘n wonderlike voorbeeld van die feit dat God nie altyd “nee” bedoel wanneer ons onbeantwoorde gebede het nie. Lees Matt. 15:22 om te sien hoe die Kanaäniete vrou aangehou het om Jesus te smeek vir haar dogter se genesing. Die resultaat van haar geloof: ‘...Mevrou,’ sê Jesus vir haar, ‘jou geloof is groot. Jou wens word vervul.’ Van daardie oomblik af was die dogter gesond.”

Hou aan. Wanneer ons bid vir iets wat ons seker is is in God se wil, maar dit lyk asof Hy ons nie gehoor het nie of Hy het, wat ons dink is “Nee” gesê,  mag Hy dalk bedoel dat ons moet aanhou vra, wag, smeek, vas, glo, huil en onsself en ons siele neerwerp voor Hom!

Die stryd vir sy siel. Is julle onder ‘n ongelyke juk? Vrouens, is die regte stryd in jou huis ‘n stryd vir jou man se siel? Is julle onder ‘n ongelyke juk? Luister na hierdie aanhaling uit die boek “Prayer, Asking and Receiving” deur John Rice. “As ‘n Christen vrou uit-en-uit vir God is...kan sy haar man gouer wen as iemand anders.  Bid hierdie eenvoudige gebed van belydenis.  Bedoel dit vanuit jou siel.  Erken in hierdie woorde, jou mislukkings, jou onvrugbaarheid, jou oppervlakigheid as ‘n Christen, jou tekort om vrugte te dra.  Bid dit nou in jou hart.  Ek versoek jou vandag, gaan smeek vir dit, pleit daarvoor, met belydenis, met trane, met ‘n siel in barensnood, totdat God uit die Hemel antwoord.” Onthou jy het ‘n belofte dat “...jy gered sal word, jy en jou hele huisgesin.” Hnd 11:14. Onthou ‘n man word aanneemlik deur sy gelowige vrou. “Die ongelowige man is by God aanneemlik deur die band met die gelowige vrou……...Jy, vrou, weet immers nie of jy jou man sal red nie.” 1Kor 7:14-17

Trane, roep uit, huil. Hieronder is Bybel verse wat jou sal help verstaan dat absolute opregtheid nodig is as jy na God toe uitroep (veral vir ons mans se redding of vir ‘n moeilike of stukkende huwelik). Soos wat jy deur die verse lees, merk die wat jou hart aanraak en memoriseer hulle gedurende jou gebeds tyd op jou knieë voor die Here.  Daar word vir ons gesê om te bid en na Hom toe uit te roep.

“Ek is uitgeput van verdriet; ek huil die hele nag deur, ek deurweek my bed met trane.” Ps. 6:7.

Dag en nag is ek in trane, want sonder ophou sê hulle vir my…” Ps. 42:4.

“U het op my trane gelet. In u boek staan hulle opgeteken.” Ps. 56:9

“Wie met trane saai, sal die oes met gejuig inbring.” Ps. 126:5.

Haar trane. Jesus het Maria Magdalena geprys oor haar trane. “...en gaan staan agter Jesus by sy voete en huil, sodat haar trane op sy voete begin drup het. Daarna het sy sy voete met haar hare afgedroog, hulle gesoen en met die reukolie gesalf.” Lukas 7:38, 44.

Roep al die klaagvroue. Vrouens was eintlik geroep, in tye van nood, sodat hulle namens iemand anders, na God toe uitgeroep het! “So sê die Here die Almagtige: Luister goed! Roep al die klaagvroue dat hulle kom, laat kom die vroue wat weet hoe om klaagliedere te sing...Leer julle dogters…om te kla” Jer. 9:17-20. “Maar nou sê die Here: ‘Kom met julle hele hart terug na My toe, vas, huil en treur!’ ” Joël 2:12. 

Na wie toe roep ons uit? Dit lyk asof mans ons trane haat.  Somtyds hou hulle hulle afstand want hulle weet nie wat om met ‘n vrou te doen wat huil nie, of omdat die vrou haar trane gebruik het om hulle te manipuleer.   Maar die rede vir ons mans se afsydigheid teenoor ons trane kan, by tye, wees omdat God ‘n jaloerse God is en daai trane aan Hom behoort.  “Dan sal jy roep, en die HERE sal antwoord, jy sal om hulp roep, en Hy sal sê: ‘Hier is ek.’ ” Jesaja. 58:9. “Moenie ophou om die HERE ons God vir ons om hulp te smeek nie…” 1Sam. 7:8. Dit mag lank vat voor jy die oorwinning in die vlees sien manifesteer,  maar jy moet aanhou hoop in die dinge wat nie gesien kan word nie.  Glo in God.  Huil slegs by Hom. Hy het die mag om dinge te verander. 

Geloof. Lees oor verskillende moeilike situasies in die Bybel en identifiseer jou situasie met hulle. Om van sy groot krag te leer, lees hoe Jesus die golwe stil gemaak het. Om te weet dat Hy so baie kan doen met so min, lees hoe hy vyf duisend mense gevoer het met vyf gars brode en twee klein vissies. Sodat jy nooit sal twyfel in Sy genade vir jou en jou situasie, lees hoe Jesus die melaatses genees het, siekes gesond gemaak het, die oê van blindes oopgemaak het en die gevalle vrou vergewe het.  Kom ons kyk na ‘n paar getroue mans wat groot uithouvermoë gedurende hulle beproewings en proefnemings gehad het. 

Petrus, ‘n voorbeeld van geloof. Lees die verhaal van Petrus in Mattheus 14, begin by vers 22.  Jesus het Petrus gevra om op die water te loop. As Hy jou vra om op water te loop, gaan jy uit die boot klim? Kyk: wanneer Petrus na Jesus uitroep, word dit altyd gevolg met die woord onmiddelik.  Onmiddelik het Jesus met hulle gepraat en vir hulle gesê om moed te hou.  En dan later wanneer Petrus begin sink, roep hy uit na die Here toe en “onmiddelik het Jesus sy hand uitgestrek en hom beet gekry!” Matt. 14:31.

Vrees. ‘n Vraag wat ons onsself moet vra is , “Hoekom het Petrus gesink?”  “Maar toe Petrus sien hoe sterk die wind is, het hy bang geword.” Matt. 14:30. As jy na die situasie kyk en die stryd wat teen jou woed, sal jy sink! Petrus het sy oê van die Here af geneem en die resultaat was vrees! Dit sê “hy het bang geword.” As jy jou oê van die Here af neem, sal jy ook  bang word.

Jou getuienis. Hoe het die ander in die boot reageer? (Het jy vergeet dat daar ander was wat nie uit die boot geklim het nie?) Dit sê, “Die manne in die skuit het voor Jesus gekniel en gesê: ‘U is waarlik die Seun van God’ ” Matt. 14:33. Is jy gewillig om toe te laat dat God jou gebruik om Sy goedheid te wys, Sy liefdevolle goedheid, Sy beskerming, om ander na Hom toe te trek? Daar is ‘n groot beloning! Dit is evangelisasie. Ander sal na jou toe kom wanneer hulle moeilikheid het omdat hulle jou vrede sien, ondanks jou omstandighede.

Die wind het gaan lê. “Hulle het toe in die skuit geklim, en die wind het gaan lê.” Matt. 14:32. Jou stryd sal nie vir altyd aanhou nie. Hierdie toets was nodig om Petrus sterk genoeg te maak om die “rots” te wees waarvan Jesus gepraat het. Satan (en ander wat vir hom werk) sal jou vertel dat jy in jou beproewing sal bly tensy jy weghardloop, ingee of opgee. God se plan is nie dat ons in die “donker dieptes sal bly nie.” In Ps. 23:4 sê dit dat al gaan ek “deur donker dieptes.”  Satan wil hê ons moet dink dat God wil hê dat ons daar moet bly! Hy wil ‘n ‘hopelose’ prentjie skilder! God is ons hoop. En ons hoop is ons geloof in Sy Woord wat in ons harte gesaai is.

Abraham. ‘n Tweede voorbeeld is toe Abraham omtrent 90 jaar oud was en steeds sonder die kind was wat God hom beloof het, “Hy het gehoop toe daar geen hoop meer was nie.” Rom. 4:18. Is dit nie goed nie? Selfs toe daar geen hoop meer was nie, het hy aangehou om in God te glo en in Sy Woord. Ons moet dieselfde doen. 

As jy ‘n tekort aan geloof het. As jy ‘n tekort aan geloof het vra vir God.  Daar is selfs ‘n styd vir jou geloof. ”In die goeie wedloop van die geloof....” 1Tim. 6:12. “Ek het die goeie wedloop afgelê; ek het die wenstreep bereik; ek het gelowig end-uit volgehou.” 2Tim. 4:7. Sonder die mense se geloof het selfs Jesus minder krag gehad. “En Hy (Jesus) kon geen wonderwerk doen nie behalwe dat Hy sy hande op ‘n paar siekes gelê het en hulle gesond gemaak het.  Hy was verbaas oor hulle ongeloof.” Markus 6:5. Tree op volgens die geloof wat jy het. “ ‘Omdat julle geloof te klein is,’ sê Hy vir hulle. ‘Dit verseker Ek julle: As julle maar geloof het so groot soos ‘n mosterdsaadjie, sal julle vir hierdie berg sê: ‘Gaan staan daar anderkant!’ en hy sal gaan. Niks sal vir julle onmoontlik wees nie.”  Matt 17:20

Nabootsers van geloof.  Ons moet die mense in die Bybel, wat geloof gehad het, naboots, dit sal ons goed doen, (jy kan die Geloofsvoorbeelde in Hebreërs, hoofstuk 11 vind).  Ons moet optree volgens God se beloftes deur  “...die voorbeeld na te volg van die wat deur geloof en geduld deel gekry het aan die dinge wat God beloof het.” Heb. 6:12.  Daar is baie vrouens wat die beginsels in hierdie werkboek gevolg het en oorwinning gehad het oor ‘n moeilike of self gebroke huwelik.  Sommige van hulle getuienis is aan die einde van die les om jou in jou geloof aan te moedig.  Soos wat die liedjie sê “What He’s done for others, He’ll do for you!

Dubbelhartig en twyfelagtig.  Jy moet nie dubbelhartig wees nie. Jou verstand moenie wankel of in God twyfel nie. “Maar ‘n mens moet gelowig bid en nie twyfel nie, want iemand wat twyfel, is soos ‘n brander in die see wat deur die wind aangejaag en heen en weer gedryf word. So ‘n mens wat altyd aan die twyfel is en onbestendig is in al sy doen en late, moet nie dink dat hy iets van  die Here sal ontvang nie.” Jak.1:6-8. “Al u bepalings wil ek een vir een opnoem.” Ps. 119:13. As jy sukkel met dubbelhartigheid moet jy God se Woord (die Waarheid) lees en daaroor mediteer. Jy moet jouself afsonder van mense wat vir jou iets sê wat teenstrydig is met dit waarvoor jy staan.  En praat altyd die “Waarheid”.

Geloof sonder dade. “Maar iemand kan miskien sê, ‘Die een het die geloof en die ander het die dade. Goed wys dan vir my jou geloof wat sonder dade is, en ek sal jou my geloof wys uit my dade.’ ” Jak.2:18.  Wys ander dat jy geloof het deur jou dade.  As jy glo dat jou man die geestelike leier en priester van jou huis gaan wees, tree dan so op.  As jy glo hy gaan ‘n goeie voorsiener wees, praat dan so oor hom en met hom. “Jou dwaas, wil jy ‘n bewys hê dat geloof sonder dade nutteloos is?” Jak 2:20. As jy glo dat dit waarvoor jy bid gaan gebeur, behandel dan die persoon asof hulle verander het! As jy glo jou man sal ‘n Christen word, tree dan so op.

Dinge wat ons nie sien nie. Baie mag jou dalk vra of jy enige verandering kan sien.  Deel hierdie Verse met hulle. “Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie.” Heb. 11:1 “...want ons lewe deur geloof, nie deur sien nie….” 2Kor. 5:7. Bly standvastig in jou geloof.  Herinner jouself aan die wat oorkom het en die oorvloedige lewe gekry het wat God belowe het.  “Bly standvastig in die geloof en staan hom teë. En moenie vergeet nie: dwarsdeur die wêreld moet julle medegelowigs dieselfde soort lyding verduur.” 1Pet. 5:9.

Die Woord. Hoe kan ons geloof verkry, of ons geloof vermeerder?  “Die geloof kom dus deur die prediking wat ‘n mens hoor, en die prediking wat ons hoor, is die verkondiging van Christus.” Rom. 10:17.  Lees Sy Woord en die getuienis van ander.  Omring jouself met getroue vroue wat saam jou kan staan. Die wat gestaan het vir wat die Skrif sê in die middel van teenspoed sal jou leer en jou ophou.  Die beste ding wat jy kan doen as jy voel jou geloof raak op, is om die bietjie wat jy oorhet, weg te gee.  Bel iemand wat jy kan aanvoel bemoediging nodig het, en gee haar die res van jou geloof.  Jy sal die telefoon neersit en verheug wees omdat God jou geloof sal opvul.

Gehoorsaamheid. Moenie vergeet dat gehoorsaamheid aan God van kardinale belang is om die oorwinning te behaal. Moenie vergeet wat Jesus gesê het nie: “Nie elkeen wat vir My sê: ‘Here, Here,’ sal in die koninkryk van die hemel ingaan nie, maar net hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemel is.  Dan sal Ek openlik vir hulle sê: ‘Ek het julle nooit geken nie. GAAN WEG VAN MY AF, JULLE WAT DIE WET VAN GOD OORTREE.’ ” Matt. 7:21, 23.

In God se wil. As jou hart jou oortuig dat jy nie in God se wil is nie, dat jy nie sy gebooies onderhou nie en dat jy nie vir dinge vra volgens Sy wil nie, dan sal jy natuurlik geen vertroue hê nie, geen geloof om jou versoek van die Here te ontvang nie.  Vra God om jou voetstappe te rig en om jou wil te verander na Sy wil. “...Maar nogtans nie doen wat Ek wil nie , maar wat U wil.” Markus 14:36.     

Gebed en vas. Jesus het vir die apostels gesê, “Maar hierdie geslag gaan nie uit behalwe deur gebed en vas nie” Matt. 17:21 AFR53. As jy vurig gebid het en jou weë gesuiwer het, dan kan vas nodig wees.  Daar is verkillende lengtes van vas.

Drie-dae vas. Ester het “vir guns” van haar man, die koning gevas. Sy het vir 3 dae gevas “vir guns”. “Gaan maak al die Jode wat in Susan is, bymekaar en vas ter wille van my. Julle moet drie dae, dag en nag, niks eet en drink nie. Ek en my kameerpersoneel sal ook vas.” Ester. 4:16.  Hierdie vas (of die 7 dae vas) het nog ‘n voordeel. Die wat twisgierig is of nie kan ophou praat nie, sal te swak word om te praat.  Daarom sal jy leer om nie te argumenteer nie, en jy sal stiller word. 

Een-dag vas. Die een dag vas begin in die aand na aandete.  Jy drink net water totdat die 24-uur periode verby is; dan eet jy die volgende dag se aandete. Jy vas en bid gedurende hierdie tyd vir jou petisie. Die vas kan ‘n paar keer ‘n week gedoen word.

Sewe-dag vas. Daar is ‘n vas wat vir 7 dae aanhou. Dit wil voorkom asof sewe dae voltooiing voorstel.  “By die aanhoor van die woorde het ek gaan sit en gehuil en dae lank getreur.  Ek het gevas en tot die God van die hemel gebid.” Neh. 1:4.  Gewoonlik is dit gedurende groot smart dat jy “geroep” word om vir sewe dae te vas.  Wanneer jy honger of swak is, gebruik daardie tyd vir gebed en om Sy Woord te lees.  “My knieë knak al soos ek gevas het, my liggaam is uitgeteer en maer.” Ps. 109:24.

‘n Somber gesig.  Bly so stil as moontlik oor jou vas.  Gedurende die vas, moet jy stil wees, nooit kla of aandag trek nie.  “As julle vas, moet julle nie soos skynheiliges met lang gesigte rondloop nie. Hulle mismaak hulle gesigte sodat die mense kan sien hulle vas. Dit verseker Ek julle: Hulle het hulle beloning klaar weg. Nee, as jy vas, versorg jou hare en was jou gesig sodat niemand kan sien dat jy vas nie, behalwe jou Vader wat jy nie kan sien nie. Jou Vader wat sien wat verborge is, sal jou beloon.” Matt. 6:16-18.   

Die Here sal die stryd stry. Staan en kyk!  Sodra jy weet dat jy gebid het volgens wat ons deur die Skrif gelees het, doen dan soos dit sê - “Julle hoef nie te veg nie, neem net posisie in en staan en kyk na die oorwinning van die Here vir julle onthalwe.” 2Kron. 20:17.

Niemand moet op homself trots wees nie.  God sê ons is ‘n hardkoppige volk.  Wanneer die stryd oorwin is of wanneer die oorlog verby is, laat ons net op Hom trots wees.  Laat ons nederig bly. “Julle is inderdaad uit genade gered, deur geloof.  Hierdie redding kom nie uit julleself nie; dit is ‘n gawe van God.  Dit kom nie deur julle eie verdienste nie, en daarom het niemand enige rede om op homself trots te wees nie.” Efe. 2:8-9. “Wanneer die Here jou God hulle verdryf het, moet jy nie sê: ‘Die Here het my hierdie land in besit laat neem omdat ek volmaak is’ nie, want die Here het hierdie nasies verdryf omdat hulle so goddeloos is.  Dit is nie omdat jy volmaak en opreg is dat jy sal ingaan om hierdie land in besit te neem nie.  Omdat hierdie nasies so goddeloos is,…Jy is ‘n hardkoppige volk.” Deut. 9:4-7. Almal het gesondig en kom nie naby die glorie van God nie, so laat ons onthou wanneer die stryd gewen is, is ons geregtigheid niks anders as vuil klere nie.

Intensiteit van jou beproewings is ‘n teken dat jy na aan die oorwinning is. Jou beproewings mag vererger wanneer jy na aan die oorwinning is. “Daarom, hemel en die wat daarin bly, verheug julle. Maar vir julle, land en see, wag daar ellende omdat die duiwel na julle toe gekom het met groot woede en met die wete dat hy min tyd het.” Open. 12:12. Kom ons begin ons verbintenis deur Sy Woord te bid...

“Liewe Hemelse Vader, ek gaan in my bid kamer in, en noudat ek die deur toegemaak het, bid ek tot U, My Vader, in die geheim.  Soos U my hier in die geheim sien, sal U my openlik vergoed.  Daar word geskryf dat ‘as julle glo, sal julle alles ontvang wat julle in gebed vra.’ (Matt. 21:22)  O God, U is my God; Vroeg sal ek na U soek, my siel verlang na U in die droeë en dorstige land waar geen water is nie. Here daar is niemand anders as U wat kan help in die stryd van die kragtige teen die wat geen krag het nie;  help ons, O Here ons God, want ons vertrou op U, en in U naam kom ons teen die oormag.  O Here, U is my God; laat geen mens teen U seëvier nie.  U oeë is oral op die aarde sodat U dié kan help wat met hulle hele hart op U vertrou. Deursoek my hart.

Ons leef in ‘n menslike liggaam, maar ons voer nie die stryd met menslike wapens nie.  Die wapens van ons stryd is nie die wapens van die mens nie, maar die kragtige wapens van God wat vestings kan vernietig.  Daarmee vernietig ons die redenasies en elke hooghartige aanval wat teen die kennis van God gerig word. Ons neem elke gedagte gevange om dit aan Christus gehoorsaam te maak. Ons is ook gereed om met elke ongehoorsaamheid af te reken sodra julle eie gehoorsaamheid volkome is.

O maak ‘n einde aan die boosheid van die goddelose, maar ondersteun die regverdiges. Vir slegte tyding is ek nie bang nie, ek is gerus, ek vertrou op die Here. Ek voel veilig en is sonder vrees en sien die neerlaag van my vyand.  Laat my man se fontein gesëend wees en laat hy verheug wees oor sy eie vrou.  Laat ek, liewe Here,  so vol liefde, so mooi soos ‘n takbok, soos ‘n ribbok wees; laat my skoonheid veral innerlik wees: blywende beskeidenheid en ‘n gemoed wat kalm en rustig is, want dit is vir U kosbaar.  ‘n Mens se lewe lê oop voor die Here, elke tree wat jy gee, sien Hy.

Dit verseker Ek julle: Wat julle ook al op die aarde toesluit, sal in die hemel toegesluit bly; en wat julle ook al op die aarde oopsluit, sal in die hemel oopgesluit bly. Ek vra U, Hemelse Vader, om Satan te bestraf en te bind in die naam en deur die bloed van my Here Jesus Christus. Versper sy pad met doringtakke en kamp hom af sodat hy nie sy planne kan uitvoer nie. Die Here het vir my gesê: ‘Gaan knoop weer ‘n liefdesverhouding aan met ‘n man wat vir ander vrouens lief is en egbreuk pleeg.’ Daarom sal ek mooi met hom praat.  Daarom sal ‘n man sy vader en moeder verlaat en saam met sy vrou lewe, en hulle sal een word. 

Toe daar geen hoop meer was nie, het Abraham nog gehoop en geglo. Hy het nie in ongeloof begin twyfel aan die belofte van God nie, maar hy is in sy geloof versterk en het aan God die eer gegee. Hy was ook ten volle daarvan oortuig dat God mag het om te doen wat Hy beloof het. Ons is immers gered, en ons het nou hierdie hoop. Wat ‘n mens al reeds sien, hoop jy tog nie meer voor nie. Wie hoop nog op wat hy reeds sien? Maar as ons hoop op wat ons nie sien nie, wag ons daarop met volharding. As ek darem nie geglo het dat ek die goedheid  van die Here sal sien in die land van die lewendes nie! Vertrou op die Here! Wees sterk en hou goeie moed! Ja, vertrou op die Here. Maar die wat op die Here vertrou, kry nuwe krag. Hulle vlieg met arendsvlerke, hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle loop en raak nie afgemat nie. Van ouds af het niemand so iets gehoor nie, het niemand so iets verneem nie, het geen oog ‘n God gesien wat vir die wat op hom vertrou, doen wat U doen nie. U goedheid en liefde sal my hele lewe lank by my bly en ek sal tuis wees in die huis van die Here tot in lengte van dae. Amen”

Persoonlike verbintenis: Om eerder in gebed met ons Vader te praat as om vinnig met ons mans te praat. “Gebaseer op wat ek uit God se Woord geleer het, verbind ek myself daartoe om God toe te laat om my man deur Sy Heilige Gees te verander.  Ek sal eerder my begeertes en bekommernisse in gebed opdra deur die Woord te bid.  Ek verstaan dat die enigste manier om my man na geregtigheid te wen,  ‘sonder ‘n woord’ is en deur my eerbiedige en nederige gees”

As jy gereed is om 'n verbintenis met GOD te maak dat jy die kursus gaan voltooi, KLIK HIER dat jy saamstem en gereed is om elke stap van jou Reis na Herstel te dokumenteer in jou "My Daaglikse Joernaal" vorm. Vat jou tyd, sit, kry vir jou koffie of tee en stort jou hart uit in jou Joernaal.

As "ouer vroue...sodat julle die jonger vrouens kan leer..." (Titus 2:3) jy sal die geleentheid hê om met jonger vrouens te praat wat nog alleenlopend is as deel van jou bediening.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui