NEW-COVER-WW-AFR-Front-1593x2048-1

Hoofstuk 4 "Goedhartigheid Is Op Haar Tong" 


“As sy praat is dit met wysheid;
as sy leiding gee is dit met liefde."
Spreuke 31:26 Afr 38 vertaling.

Spraak is een van diĂ© belangrikste aspekte van ‘n huwelik en dit demonstreer die karakter van ‘n goddelike vrou. In die wĂȘreld vandag, het Satan ons weereens bedrieg; volgens “raadgewers” en “huweliks beraders” is dit ‘n tekort aan kommunikasie wat vernietig. Wanneer ons in die Bybel soek, wat vind jy wat God sĂȘ oor spraak? Volg my terwyl ons saam, die Waarheid ontdek:

Dit is nie ‘n tekort aan kommunikasie nie! Ons moet oplet hoeveel ons sĂȘ!

Baie woorde. Dit is nie aleenlik net ‘n tekort aan kommunikasie wat probleme veroorsaak nie, maar wanneer daar baie praat en besprekings is, kan oortreding (oortreding van God se Wette) nie vermy word nie.  “Met baie praat bly die sonde nie uit nie.” Spr. 10:19.  

Bly stil.  Ander sĂȘ ons moet ons menings lig en deel wat ons dink, maar God sĂȘ: “ ‘n Verstandige mens swyg.” Spr. 11:12. “Wie sy mond in bedwang hou behou sy lewe; wie sy mond nie kan hou nie, gaan sy ondergang tegemoet.” Spr. 13:3.

Hou jou mond toe. Eintlik sĂȘ God dat ons wysheid toepas en wys voorkom as ons niks sĂȘ nie. “As ‘n dwaas nie praat nie, kan selfs hy aangesien word vir ‘n wyse, en as hy sy mond toehou, vir ‘n verstandige mens.” Spr. 17:28. “Laat julle ‘ja’ eenvoudig ‘ja’ wees en julle ‘nee’ ‘nee’. Wat meer gesĂȘ word as dit, kom van die Bose.” Matt. 5:37.

Sonder ‘n woord. God praat direk met vrouens: “Vrouens, julle moet aan julle mans onderdanig wees. As daar van julle is met mans wat nie die Woord van God glo nie, en die mans sien hoe godvresend julle is en hoe voorbeeldig julle julle gedra, sal hulle vir Christus gewen kan word deur die gedrag van hulle vrouens. Dit sal nie eens nodig wees vir julle om ‘n woord te sĂȘ nie.” 1Pet. 3:1-2. “..moet die vrouens ook in julle byeenkomste stilbly.” 1Kor. 14:34.

Blywende beskeidenheid en kalmte van gees. ‘n Stil vrou is vir God kosbaar. Is dit jy? “...blywende beskeidenheid en ‘n gemoed wat kalm en rustig is.  Dit is vir God kosbaar.” 1Pet. 3:4 NLV. “Bewaar wat aan jou toevertrou is, vermy die onheilige sinlose praatjies en die redenasies van die ‘kennis’, soos dit verkeerdelik genoem word. Daar is mense wat daardie ‘kennis’ aanhang en so van die geloof afgedwaal het.” 1Tim. 6:20.

God sĂȘ ons moet versigtig wees met wat ons sĂȘ!

Hou jou mond en tong in toom. Hoeveel keer het jy al in die moeilikheid gekom met die woorde wat jy gespreek het? “Daar kom wysheid uit die mond van die regverdige, ‘n tong wat kwaad stig, sal uitgesny word.” Spr. 10:31. “Praat sonder om te dink kan soos dolksteke wees; wyse mense bring genesing met wat hulle sĂȘ.” Spr. 12:18. “Wie sy mond en sy tong in toom hou, hou hom uit gevaar. “ Spr. 21:23.

Wat by die mond uitkom? Die stelling is duidelik. Wat jy sĂȘ is baie belangrik. “Op grond van jou eie woorde sal jy vrygespreek of veroordeel word.” Matt. 12:37. “Dit is nie wat by die mond ingaan wat die mens onrein maak nie. Maar wat by die mond uitkom, dit maak ‘n mens onrein.” Matt. 15:11. “...maar nou moet julle al hierdie dinge laat staan: woede, haat, nyd en gevloek
” Kol. 3:8.

Skenk aandag aan jou woorde. Hierdie vers beskryf twee soorte vrouens. Watter een is jy? “‘n Knap vrou gee haar man hoĂ« aansien; een wat haar man in die skande steek, is vir hom soos vretende kanker.” Spr. 12:4. “Wie ag gee op die woorde van die Here, sal voorspoed geniet.” Spr. 16:20. 

Woorde wat reg gekies is. As jy jou man onteer het met wat jy vir (of oor) hom gesĂȘ het, of in jou houding teenoor hom, is God getrou om genesing te bied. “ ‘n Vrolike mens is ‘n gesonde mens, ‘n neerslagtige mens raak uitgeput.” Spr. 17:22. “Aangename woorde is heuning, soet en geneeskragtig vir die mens.” Spr. 16:24. “En as hy sy woorde reg kies,  kan hy ook ander leer.” Spr. 16:21. 

Eerlike mense. Is daar enige iemand wat nie ‘n vriendelike woord waardeer nie? “Eerlike mense geniet die koning se goedgesindheid; hy hou van mense wat die waarheid praat.” Spr. 16:13. “..en sing onder mekaar psalms, lofgesange en ander geestelike liedere; sing met julle hele hart tot eer van die Here.” Efe. 5:19.

Klaar met die dinge van ‘n kind. Het jy volwasse geword? Of is jy nog ‘n kind wat dinge sĂȘ wat ander seermaak? Een van die grootste leuens wat ons as kinders geleer het was Stokke en klippe mag my bene breek, maar woorde sal my nooit seermaak nie.  Ons het seker nog steeds nie herstel van goed wat vir ons as kinders gesĂȘ is nie. “Toe ek ‘n kind was, het ek gepraat soos ‘n kind, geredeneer soos ‘n kind.  Maar noudat ek ‘n man is, is ek klaar met die dinge van ‘n kind.” 1Kor. 13:11.  

Argumente en twis is NIE goed vir enige huwelik nie!

Staak die getwis. Die definisie van twis is ‘n verlengde stryd vir mag en meerwaardigheid. “Liewer ‘n stukkie droĂ« brood met vrede daarby as ‘n huis vol kos met ‘n getwis daarby.” Spr. 17:1. (‘n Huis met luidrugtige en oproerige kinders, is als behalwe stil. Maak seker jou kinders is stil en onder jou beheer! Sien les 14, “Jou Ma se Leringe.”) “Om rusie te begin, is om ‘n damwal te breek; staak liewer die getwis voor die vloed jou tref’” Spr. 17:14.  “ ‘n Dwaas praat hom in ‘n rusie in, hy soek slae met wat hy sĂȘ.” Spr.18:6

Is jy tevrede? “ Ek is dus tevrede met my swakhede, beledigings, ontberings, vervolgings, en benoudhede ter wille van Christus, want wanneer ek swak is, juis dán is ek sterk.” 2Kor. 12:10 NLV.  Hierdie vers lyk so ongelooflik onbereikbaar, maar dit is iets waarna ons moet streef.  Kom ons gaan deur van die ander verse saam met hul praktiese aanwending
.

Wees altyd bly. Die eerste stap tot oorwinning is om die Here te dank vir alle teenspoed. “Wees altyd bly in die Here! Ek herhaal wees bly!” Fil 4:4. Hou aan om Hom te dank, in jou gedagtes of hardop, afhangende van die omstandighede.   

Veronregte. "‘n Veronregte broer is ontoeganklier as ‘n vestingstad; rusie is soos die sluitbalk van ‘n fort.” Spr. 18:19. Moet jouself asseblief nie toelaat om veronreg te word deur iets wat vir jou gesĂȘ is of hoe dit gesĂȘ is nie; in plaas daarvan luister met ‘n oop hart.

Moet nie antwoord voor jy gehoor het nie. “Wie antwoord voor hy die vraag gehoor het, is dwaas en kom in skande” Spr. 18:13. Wanneer jy iemand in die rede val wat met jou praat, vlam humeure gewoonlik op! Weereens, luister na diegene wat tyd afstaan om met jou te praat, luister altyd vir die Waarheid in wat hul sĂȘ.

Die Waarheid sal jou vrymaak. “...en julle sal die Waarheid ken, en die Waarheid sal julle vry maak.” Joh. 8:32. Somtyds is dit moeilik om die Waarheid aan onsself te erken en veral aan iemand anders. Maar as jy dit eers probeer het, sal jy saamstem dat dit die mees bevrydendste ervaring op aarde is! Moenie bang wees om die waarheid oor jouself te praat nie; doen dit net!

Kom betyds tot ‘n skikking. Stem saam met jou man en ander, veral wanneer hulle kwaad is. “Kom betyds tot ‘n skikking solank jy nog op pad saam met hom hof toe is
” Spr. 20:3. “Dit is eerbaar om ‘n rusie te vermy ; enige dwaas kan ‘n rusie begin.” Matt. 5:25 Afr 83.  Gewoonlik gaan die een wat kwaad is tekere oor iets wat waar is of sommige waarhede as grondslag het.  Wanneer jy nederig genoeg is om met die ander persoon saam te stem, veral wanneer daardie persoon buite beheer is, bereik jy geestelike volwassenheid.

Gaan nog ‘n kilometer. Nadat jy met die ander persoon saamgestem het, is daar nog ‘n stap; jy moet toevoeg tot die belediging of kritiek. “Maar ek sĂȘ vir julle: Julle moet julle nie teen ‘n kwaadwillige mens verset nie. As iemand jou op die regterwang slaan, draai ook die ander wang na hom toe. As iemand jou hof toe wil vat om jou onderklere te eis, gee hom ook jou boklere. As iemand jou dwing om sy goed een kilometer ver te dra, dra dit vir hom twee kilometer.” Matt. 5:39-41. Hierdie toevoeging tot die belediging of kritiek moet ook in die vorm van ‘n kompliment aan die beskuldiger wees. “...moenie kwaad met kwaad vergeld of belediging met belediging nie. Inteendeel, antwoord met ‘n seĂ«nwens, want daartoe is julle geroep, sodat julle die seĂ«n van God kan verkry.” 1Pet. 3:9. 

Dit mag dalk onmoontlik voorkom of te ongelooflik om te glo; maar ek is nie die enigste vrou wat hierdie pad moes stap nie.  Baie van ons se mans het daardie tyd ook saam met ander vrouens gebly.  Hopelik, sal dit jou aanmoedig.  Jy moet glo dat jy kan doen wat die Woord vra, maak nie saak hoe jy voel nie.

Bely ons sondes. “Maar as ons ons sondes bely - Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid.” 1Joh 1:9. Belydenis is goed vir die siel; dit werk die heiligmaking van ons redding uit. “ My geliefdes, julle was altyd gehoorsaam wanneer ek by julle was. Des te meer moet julle gehoorsaam wees noudat ek nie daar is nie. Julle moet julle met eerbied en ontsag daarop toelĂȘ om as verloste mense te lewe
” Fil. 2:12.

Elimineer konstante wrywing. Is daar konstante wrywing in jou huis? “Die praktyke van die sondige natuur is algemeen bekend: ...towery, vyandskap, haat, naywer, woede, rusies, verdeeldheid 
”  Gal. 5:19-21. “As iemand ‘n ander leer verkondig en nie hou by die gesonde woorde van ons Here Jesus Christus en by die leer van ons godsdiens nie, is hy verwaand en weet hy niks. Hy het ‘n sieklike beheptheid met twisvrae en met stryery oor woorde. Daaruit ontstaan afguns, twis, beledigings, gemene verdagmakery, voortdurende rusie van mense wat verstandelik verward en van die waarheid beroof is
.” 1Tim. 6:3-5.

Nie teĂ«praterig nie. “Moet jou nie met dwase en sinlose strydvrae inlaat nie, want jy weet tog dat dit net rusies veroorsaak. En ‘n dienaar van die Here moenie rusie maak nie. Inteendeel, hy moet vriendelik wees teenoor almal, bekwaam om ander te leer en iemand wat onreg kan dra.” 2 Tim. 2:23. “Die slawe moet in alles aan hulle eienaars onderdanig wees en hulle eienaars tevrede stel. Hulle moenie teĂ«praat.” Titus 2:9.

Nie te gou kwaad word nie. Party mense sĂȘ dat, aangesien Jesus kwaad geword het en die tafels in die tempel omgegooi het, ons ook kan kwaad word. “My liewe broers, dit moet julle in gedagte hou: elke mens moet maar te gewillig wees om te luister, nie te gou praat nie en nie te gou kwaad word nie.  ‘n Mens wat kwaad word, doen nie wat voor God reg is nie.” Jak 1:19-20.

Twee van julle saamstem. Julle moet probeer om ‘n ooreenkoms te bereik in plaas van onenigheid. “Verder verseker Ek julle: As twee van julle op aarde oor enige saak saamstem en daaroor bid, sal my Vader wat in die hemel is, hulle dit laat kry.” Matt. 18:19.

God is baie spesifiek oor hoe ons moet antwoord!

Dink jy voor jy antwoord? Wanneer toorn of woede teen ons gemik word, vertel God ons hoe om te reageer om Hom sodoende te verheerlik as Christene. “ ‘n Sagte antwoord laat woede bedaar; ‘n krenkende antwoord laat woede ontvlam.” Spr. 15:1. “ ‘n Regverdige mens dink voor hy antwoord; goddelose mense sĂȘ net slegte dinge.” Spr. 15:28.

Antwoord jy voor jy luister? Hoeveel keer het jy ‘n ander persoon onderbreek voordat jy geluister het na wat hulle wou sĂȘ? “Wie antwoord voor hy die vraag gehoor het, is dwaas en kom in die skande.” Spr. 18:13. “Met geduld kan iemand in ‘n magsposisie tot ander insigte gebring word; met ‘n verstandige benadering word weerstand afgebreek.” Spr. 25:15. (Of “versigtige benadering” in die NLV)

Wees tevrede - moet NOOIT murmureer of kla nie!

Sonder kla of teĂ«praat. Selfs al hou ons op om met die ander persoon te baklei, hou ons miskien aan om baie saggies of agter die persoon se rug, te kla of teĂ«praat. “Sonder hout bly ‘n vuur nie brand nie; sonder ‘n kwaadstoker hou ‘n rusie nie aan nie.” Spr. 26:20, “Doen alles sonder kla of teĂ«praat.” Fil. 2:14. (“Murmurering en teĂ«spraak” AFR 53 Vertaling)

Leer om vergenoeg te wees. “Nie dat ek dit uit gebrek sĂȘ nie, want ek het geleer om vergenoeg te wees met die omstandighede waarin ek is.” Fil. 4:11.  “...wees tevrede (vergenoeg) met wat julle het.  Want God self het gesĂȘ: “Ek sal jou nooit verlaat nie, jou nooit in die steek laat nie.” Heb. 13:5. (My oorlede  ouma Brown was ‘n vrou wat die vrug van tevredenheid demonstreer het. Maak nie saak wat sy gedoen het nie, of dit nou vloere skrop op haar hande en knieĂ« was of  as sy met haar handewerk besig was, sy was gelukkig. Sy het nooit gekla nie. Sy het gesĂȘ sy het nooit gedink oor waar sy eerder wou wees of wat sy eerder sou wou doen nie) “Die godsdiens is ‘n groot wins as iemand tevrede is met wat hy het.” 1Tim. 6:6.    

Skynheilige woorde breek mense. Spreuke vertel ons ook wat ons spraak aan ons mans se gees kan doen. “Kalmerende woorde bring lewe, skynheilige woorde breek mense.” Spr. 15:4.  

Jou tong: klein, maar dodelik!

Uit die hel aan die brand gesteek. “So is die tong ook maar ‘n klein liggaamsdeeltjie, en tog het dit groot mag. ‘n Klein vuurtjie kan ‘n groot bos aan die brand steek.  Die tong is ook ‘n vuur, ‘n wĂȘreld vol ongeregtigheid, die deel van die liggaam wat die hele mens besmet.  Dit steek die hele lewe, van die geboorte af tot die dood toe, aan die brand, en self word dit uit die hel aan die brand gesteek.” Jak. 3:5-6.

Lof en vloek. “maar geen mens kan die tong tem nie.  Dit is ‘n rustelose kwaad, vol dodelike gif.  Met die tong loof ons die Here en Vader, en met die tong vloek ons die mense wat as die beeld van God gemaak is.  Uit dieselfde mond kom lof en vloek.  My  broers so moet dit nie wees nie.  ‘n Fontein laat tog nie uit dieselfde oog vars en brak water opborrel nie.” Jak. 3:8-11. Maar dank die Here dat “Niks vir God onmoontlik nie.” Lukas 1:37.

Ek wil nie ‘n woord praat nie. Hier is ‘n ontnugterende gedagte: “Daar is nog nie ‘n woord op my tong nie of U, Here, weet wat dit gaan wees.” Ps. 139:4. “Ek het gesĂȘ: “Ek wil sorgvuldig let op my lewe en nie sondig met wat ek sĂȘ nie. Ek wil nie ‘n woord praat as ‘n slegte mens my teĂ«staan nie.” Ps. 39:1. 

Wat dink God van ‘n tong wat lieg?

Waarvan Hy ‘n afsku het. Ons het geen idee hoe leuens ons getuienis as gelowiges kan beinvloed nie. “ Kalmerende woorde bring lewe, skynheilige woorde breek mense.” Spr. 15:4. “Die Here haat ses dinge nee, daar is sewe waarvan Hy ‘n afsku het: oĂ« wat straal van hoogmoed, ‘n tong wat lieg
.” Spr. 6:16-17.

Ses dinge wat die Here haat. Laat ons voortgaan om nog verse in Spreuke te lees wat ons meer vertel van lieg.  “Die Here haat ses dinge nee, daar is sewe waarvan Hy ‘n afsku het: oĂ« wat straal van hoogmoed, ‘n tong wat lieg, hande wat met bloed bevlek is
” Spr. 6:16-18. Meeste van ons is pro-lewe; maar het ons tyd gevat om te verstaan wat die vers vir ons sĂȘ? God haat nie net leuens en dink dit is ‘n gruwel nie, maar Hy vergelyk ‘n leuenaar met ‘n aborteur! “Red my uit die mag van leuenaars, Here, uit die mag van bedrieĂ«rs.” Ps. 120.2.

Die vader van die leuen. Ons wil nooit lieg nie want die duiwel is die vader van leuens! “Julle is kinders van die duiwel; hy is julle vader, en julle wil doen wat julle vader wil hĂȘ julle moet doen. Hy was van die begin af ‘n moordenaar. En hy staan nie aan die kant van die waarheid nie, omdat daar geen waarheid in hom is nie. Wanneer hy leuentaal praat, is dit volgens sy aard, want hy is ‘n leuenaar en die vader van die leuen.” Joh 8:44.

Wat het praat met misbuik te doen?

Soek slae. Hoeveel keer het ons ons mans aangehits met ons wrede woorde of snyende aanmerkings? “Wie aanhou onsin praat, kom tot ‘n val.” Spr. 10:8. “ ‘n Dwaas praat hom in ‘n rusie in, hy soek slae met wat hy sĂȘ.” Spr. 18:6

Mond in bedwang. “Wie sy mond in bedwang hou, behou sy lewe; wie sy mond nie kan hou nie, gaan sy ondergang tegemoet.” Spr. 13:3. Wanneer jy gou is om jou man te oordeel, te verkleineer, of uit te daag, kan jy dalk vir slae soek. In plaas daarvan, wees stil. “ ‘n Sagte antwoord laat woede bedaar; ‘n krenkende woord laat woede ontvlam.” Spr. 15:1.       

Om op te som:

  1. Let op hoeveel jy sĂȘ - met baie woorde bly die sonde nie uit nie. In plaas daarvan, laat jou kommunikasie wees “Ja, ja”of “Nee, nee”- enige iets meer as dit sal lei tot sonde.
  2. Wees versigtig wat jy sĂȘ - op grond van jou eie woorde sal jy vrygespreek of veroordeel word! Vrouens julle moet aan julle mans onderdanig wees. As daar van julle is met mans wat nie die woord van God glo nie, en die mans sien hoe godvresend julle julle gedra, sal hulle vir Christus gewen kan word deur die gedrag van hulle vrouens. Dit sal nie eens vir julle nodig wees om ‘n woord te sĂȘ nie.
  3. As genesing nodig is, onthou aangename woorde is heuning soet en geneeskragtig vir die mens. en as hy sy woorde reg kies, kan hy ook ander leer.
  4. Moet nie stry nie - stem gou saam met jou vyand!
  5. Dink voordat jy antwoord. Gee ‘n sagte antwoord, oorweeg (dink ‘n rukkie) hoe jy moet antwoord, en moenie antwoord voordat jy nie geluister het nie, dit is dwaas en skandelik!
  6. Neem tyd om te leer om te tevrede te wees. Tevredenheid word aangeleer. Jy moet leer om in enige omstandighede, tevrede te wees.
  7. Laat julle deur die Gees lei. As iets vir ons maklik is om te doen in die vlees, is dit van die vlees. As iets moeilik is om te doen en ons moet krag kry van die Heilige Gees, is dit gelei deur die Gees. “Wat ek bedoel, is dit: Laat julle lewe steeds deur die Gees van God beheers word, dan sal julle nooit swig voor begeertes van julle sondige natuur nie.” Gal. 5:16-17.

Laat ons eerstens daarna streef om wys voor te kom deur stil te bly.

Volgende, laat ons seker maak dat wanneer ons praat dit met wysheid, vriendelikheid en vir opbouing is.

Laat ons woorde aangenaam en sagmoedig wees.

Laat ons ‘n “kroon” vir ons mans wees en “kosbaar” vir God.

 

Mag God by jou wees soos jy daarna streef om meer soos Christus te wees!

 

Persoonlike verbintenis: Om my mond oop te maak met wysheid en goedhartigheid. “Gebaseer op wat ek uit God se Woord geleer het, verbind ek myself daartoe om stil te bly, te wag voordat ek antwoord, en slegs aangename woorde te spreek.

As jy gereed is om 'n verbintenis met GOD te maak dat jy die kursus gaan voltooi, KLIK HIER dat jy saamstem en gereed is om elke stap van jou Reis na Herstel te dokumenteer in jou "My Daaglikse Joernaal" vorm. Vat jou tyd, sit, kry vir jou koffie of tee en stort jou hart uit in jou Joernaal.

As "ouer vroue...sodat julle die jonger vrouens kan leer..." (Titus 2:3) jy sal die geleentheid hĂȘ om met jonger vrouens te praat wat nog alleenlopend is as deel van jou bediening.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui